Ons Toere


Wat ons kliënte sê van verskeie Winskoop Toere


  • Pine Oosthuizen
    Spanje en Portugal Toer 2019
    "Die Spanje en Portugal toer was ´n wonderlike ervaring saam met ´n baie aangename groep mede-reisgenote en bekwame toerleiers. Hiermee saam moet ek ook weereens die personeel van WinskoopToere bedank en gelukwens met hulle uitstekende vóٗóraf administrasie en reëlings, asook die fisiese aktiwiteite en gebeure tydens die toer. Dit het in totaal my verwagtinge oortref – ook al so aan heelwat van my vriende en familie getuig!"
  • Manie en Alta Dampers
    Toerlede Natuur-Spaartoer
    Die toer was awesome. Dankie ook vir Fanus en Monika. Julle was puik. Dit was onvergeetlik. Sal beslis weer met Winskooptoere toer.
  • Roche du Plooy
    Toerlid Natuur-Spaartoer
    Dankie julle almal vir 'n onvergeetlike toer. Ek hoop om julle weer raak te loop met my volgende Winskooptoer (Kerstoer 2017).
  • Liezel en Brent
    Toerlede Natuur-Spaartoer
    Net weereens 'n hartlike dankie vir die gedeelde memories, vriendskapsbande wat gesmee is en die voortreflike positiewe en prettige gees en gesindheid van almal op die toer. Ons kies al ons toere met Winskooptoere voortaan! Julle mag maar! Liefde.
  • Kleintjie Henning
    Rusland 2018
    "Dit was net ‘n vreugde om elke dag saam die mooi plekke in Rusland te ontdek. Wees verseker dat ek julle sonder skroom altyd as toergeselskap heelhartig sal aanbeveel!"
  • Ursula van Straaten
    Hoogtepunte van Europa 2018
    "Aan die res van Winskooptoere – wel gedaan op ‘n wonderlike toer en definitief ‘n wenresep! Ons almal het die toergidse wat ons in Venesië, Milaan en Amsterdam gehad het baie geniet en so bly ons kon dit hê – want ons het baie geleer en gelag! As ek self getoer het sou ek dit sekerlik nie gehad het nie! Ek hoop om weer saam met julle te toer!"
  • Cecilia Burger
    Hoogtepunte van Europa 2018
    "Dit was 'n wonderlike toer en het uitstekende waarde vir geld gebied. Julle Hoogtepunte van Europa-toer het soveel hoogtepunte ingesluit dat dit moeilik is om sekere plekke uit te sonder. Die afwisseling van wêreldstede met kleiner plekke soos Colmar en Riquewhir was verfrissend. Verder sou ek ook nie graag Brugge wou mis nie. Baie dankie dat julle so betrokke was by elkeen in die groep en alles gegee het om ons gelukkig te hou. Ek bewonder julle daarvoor."
  • Kleintjie Henning
    Rusland 2018
    "Die gebruik van die radiotjies was wonderlik – veral as mens bietjie agter geraak het met die groep, was dit steeds moontlik om te hoor wat aangaan en dit het ook gehelp om nie die groep in die gemaal van mense te verloor nie."

Waarom kies mense Winskoop Toere?


Uitgesoekte Hotelle

Geniet verblyfskwaliteit terwyl ons jou toerprys bekostigbaar hou

Wêreldklas Diens en Ervaring

Ons besoek verskeie Europese lande al vir 15 jaar en maak dus seker dat jou ervaring besonders is

Onverbeterlike Pryse

Ons het 'n passie vir toerisme en het nie nodig om te prys soos "groter, duurder" spelers nie




0
Gelukkige Kliënte

0
Stede

0
Jaar Ervaring in Europa

0
Verwysings