-
- Kry Afslag Hier Groepe Lojaliteit Werwing
Verwysings
- "Aan die res van Winskooptoere – wel gedaan op ‘n wonderlike toer en definitief ‘n wenresep! Ons almal het die toergidse wat ons in Venesië, Milaan en Amsterdam gehad het baie geniet en so bly ons kon dit hê – want ons het baie geleer en gelag! As ek self getoer het sou ek dit sekerlik nie gehad het nie! Ek hoop om weer saam met julle te toer!"
Ursula van Straaten
Hoogtepunte van Europa 2018 - "Dit was 'n wonderlike toer en het uitstekende waarde vir geld gebied. Julle Hoogtepunte van Europa-toer het soveel hoogtepunte ingesluit dat dit moeilik is om sekere plekke uit te sonder. Die afwisseling van wêreldstede met kleiner plekke soos Colmar en Riquewhir was verfrissend. Verder sou ek ook nie graag Brugge wou mis nie. Baie dankie dat julle so betrokke was by elkeen in die groep en alles gegee het om ons gelukkig te hou. Ek bewonder julle daarvoor."
Cecilia Burger
Hoogtepunte van Europa 2018 - "Die gebruik van die radiotjies was wonderlik – veral as mens bietjie agter geraak het met die groep, was dit steeds moontlik om te hoor wat aangaan en dit het ook gehelp om nie die groep in die gemaal van mense te verloor nie."
Kleintjie Henning
Rusland 2018 - "Die Spanje en Portugal toer was ´n wonderlike ervaring saam met ´n baie aangename groep mede-reisgenote en bekwame toerleiers. Hiermee saam moet ek ook weereens die personeel van WinskoopToere bedank en gelukwens met hulle uitstekende vóٗóraf administrasie en reëlings, asook die fisiese aktiwiteite en gebeure tydens die toer. Dit het in totaal my verwagtinge oortref – ook al so aan heelwat van my vriende en familie getuig!"
Pine Oosthuizen
Spanje en Portugal Toer 2019 - Die toer was awesome. Dankie ook vir Fanus en Monika. Julle was puik. Dit was onvergeetlik. Sal beslis weer met Winskooptoere toer.
Manie en Alta Dampers
Toerlede Natuur-Spaartoer - Dankie julle almal vir 'n onvergeetlike toer. Ek hoop om julle weer raak te loop met my volgende Winskooptoer (Kerstoer 2017).
Roche du Plooy
Toerlid Natuur-Spaartoer - Net weereens 'n hartlike dankie vir die gedeelde memories, vriendskapsbande wat gesmee is en die voortreflike positiewe en prettige gees en gesindheid van almal op die toer. Ons kies al ons toere met Winskooptoere voortaan! Julle mag maar! Liefde.
Liezel en Brent
Toerlede Natuur-Spaartoer - "Dit was net ‘n vreugde om elke dag saam die mooi plekke in Rusland te ontdek. Wees verseker dat ek julle sonder skroom altyd as toergeselskap heelhartig sal aanbeveel!"
Kleintjie Henning
Rusland 2018