Uit ons Hoofkantoor:
Die invloed van die Covid 19-virus op ons en ons toere:
In hierdie tyd waarin ons soveel onsekerhede het oor die Covid 19-virus en al die beperkinge wat dit meebring ten opsigte van oorsese reise, plaas ons desondanks ons toerprogramme op ons webblad. Hier kan julle detail lees oor die dagprogramme, en kan julle ‘n lekker lusmakertjie vir die toer beleef! Ons gaan voort met al die reis – en verblyfreëlings (asof die toer op die datums hierby voortgaan). Al die toerlede wat inskryf vir die toer, word net soos altyd in kennis gestel van hulle inskrywing. Ons sal dan op ‘n later stadium – so gou dit moontlik is – finale besonderhede oor die toere, finale datums, toerpryse, en reismaatreëls, ensovoorts bekend maak.
Ons glo dat ons uit die hand van ons Here Jesus nog heerlike toergeleenthede sal ontvang
en dat Hy ook hierdie toer ryklik sal seën.
Ons Adellike Stede toer groep vertrek
van OR Tambo Lughawe na Europa. (‘n Beperkte aantal vlugte vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.)
Ons Adellike Stede toer groep land in Krakow. (Ons kry etes en drankies tydens die vlugte.) Hier wag ons luuksebus vir ons by die lughawe. (Ons ry die hele tydperk met hierdie bus.)
Vandag besoek ons Adellike Stede toer groep die wêreldberoemde soutmyn in die dorp Wieliczka naby Krakow. Dit is een van die wêreld se oudste myne. (Dit dateer uit die dertiende eeu.) Dit is ook as ‘n Wêrelderfenisgebied verklaar.
Ons oornag die volgende twee nagte in Krakow.
Vanoggend beleef ons die Auschwitz-Birkenau Konsentrasiekamp – 70 km vanaf Krakow.
Sodra ons Adellike Stede toer groep terug is in Krakow, gaan ons op ‘n baie insiggewende stadstoer. Daarna het ons die geleentheid om in die baie mooi en interessante Ou Stadgedeelte van Krakow rond te loop.
Ons Adellike Stede toer groep vertrek vanoggend per bus na Budapest in Hongarye. Op pad daarheen stop ons by die Orava Kasteel in Slowakye waar ons vir ‘n uur vertoef. Dit word beskou as een van die mooiste kastele in Slowakye.
Daarna besoek ons Adellike Stede toer groep die pragtige klein dorpie, Banská Štiavnica, waar almal vrye tyd (en middagete) geniet. Hierdie dorpie het geheel en al sy Middeleeuse karakter behou en is dus ook as ‘n Wêrelderfenisgebied verklaar.
Ons Adellike Stede toer groep arriveer laatmiddag in Budapest by ons hotel waar ons vanaand oornag.
Na ‘n heerlike ontbyt, vertrek ons Adellike Stede toer groep na die middestad waar ons ons plaaslike gids ontmoet vir ‘n baie interessante stadstoer.
Ons spandeer die res van die dag in Budapest. Gaan stap gerus in die beroemde Váci Utca (straat) en verken die wonderlike Ou Marksaal – met alles en nog wat te koop! Ons Adellike Stede toer groep geniet ook vandag ‘n unieke Hongaarse wynproe. Laatmiddag is daar nog ‘n hoogtepunt – ‘n bootvaart op die Donou!
Vanoggend ry ons Adellike Stede toer groep na Bratislava, die hoofstad van Slowakye. Bratislava se oudste nedersetting dateer vanaf 5000 v.C. Hier het ons vrye tyd en ook die geleentheid om middagete te nuttig.
Dan ontmoet die toergroep mekaar op die afgespreekte tyd by ons bus en ons vertrek na Wenen (Oostenryk). Met ons aankoms daar geniet ons ‘n verrykende stadstoer onder leiding va ‘n plaaslike gids. Ons eet aandete by die Heuriger wat Beethoven graag besoek het. Ons slaap vanaand in Wenen.
Ons geniet vanoggend vrye tyd in Wenen. Hierdie eeue oue musiekstad bied baie om te sien en te beleef.
Toerlede kan hierdie tyd gebruik om die beroemde Stephansdom Katedraal, die Belvedere Paleis (met kuns van o.a. Monet en Van Gogh), die Mozarthaus, die Schönbrunn Paleis, die Haus der Musik of die Naschmarkt te besoek. Hierna vertrek ons na Cesky Krumlov in die Tsjeggiese Republiek, waar ons oornag in die hartjie van die Ou Stad.
Vanoggend vertoef ons Adellike Stede toer groep in die skilderagtige Cesky Krumlov. Hierdie dorpie word oorheers deur ‘n kasteel uit die 13de eeu. Die kasteel het Gotiese, Renaissance en Barok elemente, ‘n tuin van 11 hektaar en ‘n oorspronklike Barokteater uit die 17de eeu.
Ons ry vanmiddag met ons Adellike Stede toer bus na Praag (die hoofstad van die Tsjeggiese Republiek). Hier ontmoet ons ons stadgids wat ons op ‘n insiggewende stadstoer van hierdie 700 jaar oue stad neem. Ons geniet dan vrye tyd.
Vanaand beleef ons die beste van die Tsjeggiese kultuur wanneer ons ‘n luisterryke folklore aand bywoon. Ons gaan ons verlustig in smaaklike Tsjeggiese kos, wyn, danse en musiek! Ons oornag in Praag.
Vanoggend het ons vrye tyd in Praag. Maak seker jy stap oor die gewilde Karelsbrug en eet ‘n trdelník.
Dan ry ons na die Lughawe toe. Ons vertrek vanaand na Johannesburg (aandete en ontbyt word weer tydens die vlug bedien).
Nou, aan die einde van hierdie wonderlike toer, sal jy weet: “Ek is nou anders as toe ek gekom het. Ek het soveel beleef, ek is verryk, en ek neem dit saam met my vir altyd!”
Ons verwagte toerprys is slegs R38,990* pp wat deel.
Enkeltoeslag is R7,000 pp.
*Slegs R1,000 lughawebelasting is nie hierby ingesluit nie.
(1 EUR = R19.50)
Kyk wat is ALLES in die toerprys ingesluit:
• Ekonomiese klas retoervlugte. ‘n Beperkte aantal Kaapstadvlugte is beskikbaar op aanvraag.
• Lughawebelasting (behalwe R1,000 en wat nog mag bykom as gevolg van wisselkoerswisseling – sedert die kwotasie tot met die
uitreiking van die vliegkaartjie).
• Luuksebusvervoer (met lugverkoeling, ens.) vir die volle tydperk.
• Akkommodasie (en ontbyt): Twee nagte in vyf-ster hotelle en verder in vier-ster hotelle.
• Aandetes of ‘n subsidie van €15 per persoon vir ‘n aandete elke dag.
• Professionele plaaslike gidse (engelssprekend).
• Twee toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is altyd ‘n ekstra persoon
wat in geval van nood noodsaaklike hulp verleen)
• Toegangskaartjie na die Wieliczka soutmyne.
• Toegangskaartjie na die Auschwitz-Birkenau konsentrasiekamp.
• Toegangskaartjie na die Orava Kasteel in Slowakye.
• Middagete in Banská Štiavnica, Slowakye.
• Bootvaart en wynproe in Budapest.
• Tsjeggiese folklore aand in Praag.
• Die gebruik van ons hoë gehalte radio’tjies (audiophones) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor
Die toerprys sluit nie die volgende in nie:
GEEN ekstra betalings word in Europa van ons toerlede gevra nie.
** Indien die randwaarde verswak, sal die prys dienooreenkomstig aangepas word.
LET WEL:
GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word
in Europa van ons toerlede gevra nie.
Om jou plek te bespreek:
(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)
Hoe bespreek ek my plek?
Deur die deposito van R6,000.00 pp –
ADEL21/Jou eie voorletters en van (bv. ADEL21/JG du Plooy) –
in die volgende (NUWE) bankrekening te betaal:
WinskoopToere
ABSA
(NUWE) Rekeningnommer: 9343 1803 92
** NB!! Stuur jou inbetalingstrokie na:
admin@winskooptoere.co.za
CC asb:
(Maak asb seker jou e-pos bevat jou e-posadres/kontakbesonderhede)
OF
Laai jou strokie direk op WinskoopToere se sisteem:
WinskoopToere Bewys van Betaling
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.
Elke toerlid moet asb die vorm invul en so spoedig moontlik na ons terugstuur.
**WinskoopToere behou die reg om die toerprogram en -prys te wysig.
451 keer gelees, 1 keer gelees vandag
Unable to display Facebook posts.
Show error