Uit ons Hoofkantoor:
Die invloed van die Covid 19-virus op ons en ons toere:
In hierdie tyd waarin ons soveel onsekerhede het oor die Covid 19-virus en al die beperkinge wat dit meebring ten opsigte van oorsese reise, plaas ons desondanks ons toerprogramme op ons webblad. Hier kan julle detail lees oor die dagprogramme, en kan julle ‘n lekker lusmakertjie vir die toer beleef! Ons gaan voort met al die reis- en verblyfreëlings (asof die toer op die datums hierby voortgaan). Al die toerlede wat inskryf vir die toer word net soos altyd in kennis gestel van hulle inskrywing. Ons sal dan op ‘n later stadium – so gou dit moontlik is – finale besonderhede oor die toere, finale datums, toerpryse en reismaatreëls, ensovoorts bekend maak.
Ons glo dat ons uit die hand van ons Here Jesus nog heerlike toergeleenthede sal ontvang en dat Hy ook hierdie toer ryklik sal seën.
——-000——-
Ons Unieke Toer na die Balkanlande
13 tot 29 Oktober 2021
(17 dae)
WINSKOOPTOERE IS DIE ENIGSTE SUID-AFRIKAANSE TOEROPERATEUR WAT JOU OOK NA BOSNIË
EN HERZEGOVINA NEEM
Hierdie toer is reeds ons twaalfde toer na die Balkanlande!
Ons besoek: Kroasië, Slowenië, Montenegro, Bosnië en Herzegovina
gedurende die skilderagtige herfs!
Hierdie lande wat almal vroeër deel van Jugoslawië was, het in die oorgangstyd voor 1990 na onafhanklikheid gestreef, maar het toe in oorlogstryde onder mekaar verval. Die ergste stryd het in Bosnië en Herzegovina gewoed van 1992 tot 1995. Vredesonderhandelinge is in November 1995 gefinaliseer. Daar het dus reeds meer as twee dekades verloop sedert die gewapende konflik in hierdie streek.
WinskoopToere is dankbaar om weer eens vir Suid-Afrikaners die geleentheid te kan bied om hierdie interessante streek, met sy hartseer geskiedenis aan die een kant, en sy wonderlike natuurskoon aan die ander kant, te besoek. Daar is min sulke mooi plekke in die wêreld!
Hierdie toer is nou verder verfyn om jou ‘n onvergeetlike vakansie te bied!
Al die mooiste natuurgebiede is steeds by ons toerprogram ingesluit!
LET DAAROP DAT ALLE AANDETES (en ontbyte) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE BY ONS WINSKOOPPRYS INGESLUIT IS!
Beleef saam met ons die ongerepte natuurskoon van hierdie Balkanlande in die herfs!
Ons toerlede skryf só oor hierdie toer:
“Fanie en Lientjie weereens baie dankie vir ‘n heerlike toer” – Susan Beaurain
“Baie baie dankie vir ‘n onvergeetlike 2 weke vir almal se geduld en liefde. Fanie & Lientjie julle is tops!!!” – Juli Niemand
“Baie baie dankie vir ‘n fantastiese toer Fanie en Lientjie” – Tessa de Jager
“Baie dankie dit was baie baie lekker en die groep besonders. Goed gereël en baie glad verloop.” – Riette Badenhorst
“Dankie aan Fanie en Lientjie vir ‘n onvergeetlike ervaring” – Christene en Neels Heroldsbaai
“Baie dankie ook weer Fanie en Lientjie vir ‘n wonderlike ervaring!” – Hannalize Kriek
“BAIE dankie Fanie en Lientjie vir ‘n besonderse toer, uitstekende verblyf en wonderlike plekke gesien.
Joan en ek het dit regtig baie geniet.” – Johann v Rensburg
“Baie dankie aan Fanie en Lienkie vir ‘n mooi en lekker leersame toer.” – Piet Lourens
Bosnië: Het jy geweet?
*Die land is meestal bergagtig, en sluit die sentrale Dinariese Alpe in.
*Omtrent 50% van Bosnië en Herzegovina is beboste gebied.
*Die land het net ‘n 20 kilometer-lange kuslyn, by die dorp Neum.
*Daar is sewe groot riviere in die land, waarvan die Sava die grootste is.
Dit vorm die noordelike grens met Kroasië en loop uit in die Donou
en die Swart See.
*Die bevolking van Bosnië en Herzegovina behoort aan drie etniese groeperings:
die Bosniërs, Serwiërs en die Kroate.
*Bosnië se grondwet spesifiseer geen amptelike tale nie.
*Die drie tale van die genoemde groeperings word de facto (saam met Engels) as amptelike tale beskou.
Ons Toerprogram:
Ons Balkanlande toergroep vertrek vanaand van die OR Tambo Lughawe in Johannesburg na Europa (aandete met drankies en ontbyt tydens die vlug). (‘n Beperkte aantal vlugte vanaf Kaapstad is beskikbaar op aanvraag.)
Ons Balkanlande toergroep kom vroegoggend in Europa aan, en haal ‘n vlug na Venesië in Italië. Die luuksebus van ons Balkanlande toergroep wag reeds vir ons op die lughawe in Venesië. Hiervandaan vertrek ons na Bled in Slowenië. (Die gerieflike luuksebus is die hele tyd tot ons beskikking.)
Na ons aankoms in Bled, het al die lede van ons Balkanlande toergroep nou vrye tyd in hierdie skilderagtige dorpie. Ons bring die res van die dag hier rustig deur.
Bled – spogfoto van toerlid Phil Muller
Op die afgespreekte tyd vertrek ons Balkanlande toergroep per bus na die idilliese Bohinj daarnaby. Hier teken ons in by ‘n luukse vierster-hotel. Hierdie hotel is op die oewer van die Bohinj Meer geleë. Ons geniet vanaand ‘n smaaklike buffet-ete hier. Die volgende twee nagte gaan ons in hierdie verruklike omgewing oornag!
Ons Balkanlande toergroep ry vanoggend na die formidabele middeleeuse kasteel in Bled – die oudste kasteel in Slowenië. Van hier af het mens ‘n fenominale uitsig oor die Bled Meer. Hier leer ons ook meer van die ontstaan van hierdie gletser-meer.
Later vandag ry ons Balkanlande toergroep met die tradisionele platboom-bote (Pletna-bote) na die eilandjie in die Bled Meer. Die Pletna-bote se geskiedenis word teruggevoer tot 1590. Hierdie unieke bote word tans nog deur die plaaslike inwoners gemaak!
Op die eiland kan jy die pelgrimskerkie Assumption of Mary besigtig. Hier is ook ‘n gesellige restaurant vir heerlike koffie.
Vanmiddag besoek ons Balkanlande toergroep die Bohinj Meer en die pragtige natuurskoon daar.
Later ry ons Balkanlande toergroep ook na Ucanc (4 km) waar die Savica Waterval is. Hier stroom die water uit die rotse (van die Sewe Triglav mere-valleie af) in die walle van Komarca in die Savica Waterval – die beroemdste waterval in Slowenië. Ons slaap vanaand in dieselfde hotel aan die Bohinj Meer.
Na nog ‘n heerlike ontbyt, ry ons na die Vintgar Gorge daarnaby, waar ons ‘n onvergeetlike wandeling in die asemrowende ravyn gaan onderneem. (Elke toerlid stap teen sy eie pas, en besluit self hoe ver hy/sy wil stap.)
Hierna vertrek ons Balkanlande toergroep na die hoofstad van Slowenië, Ljubljana. Hier ontmoet ons ons plaaslike, Engelsssprekende gids. Ons beleef dan ‘n interessante stadbesigtigingstoer in een van die mooiste stede in die Balkan.
Vanaand geniet ons Balkanlande toergroep ‘n genotvolle Sloweense folklore-aand met ‘n tipiese Sloweense aandete, heerlike wyn, jolige musiek, pragtige volksdanse en oulike folkore-speletjies.
Daarna slaap ons in ‘n pragtige driesterhotel in die hartjie van Ljubljana.
Ons Balkanlande toergroep ry vanoggend vroeg na die unieke Renaissance kasteel, Predjama, naby Ljubljana. Hierdie besondere kasteel is in ‘n grot gebou en het ‘n interessante geskiedenis!
Vandag gaan ons Balkanlande toergroep een van die belangrikste en mees fenomenale grotte in die wêreld besigtig: die ongeskonde en beroemde Skocjan Grotte wat ook ‘n Wêrelderfenis-natuurgebied is. Hier verdwyn die Reka Rivier in die vallei.
Na hierdie verbysterende ervaring ry ons Balkanlande toergroep na die Istriaanse kus. Ons slaap die volgende twee aande in ‘n viersterhotel naby die strand in Portoroz. Hier kan jy vanmiddag rustig op die promenade langs die see gaan stap, of met ‘n plaaslike bus na die buurdorpie Piran ry.
Na die afgelope dae se wonderlike natuurbelewenisse, geniet ons vandag historiese uitstappies op die Istriaanse skiereiland.
‘n Plaaslike gids neem ons Balkanlande toergroep op ‘n baie interessante stadbesigtigingstoer in die ou (Romeinse!) stad Pula met sy besondere antieke amfiteater – die bes behoue Romeinse amfiteater van almal in Europa.
Daarna ry ons na Rovinj wat deur baie toeriste as een van die mooiste dorpies in Europa beskou word. Hier bring ons Balkanlande toergroep die res van die dag deur. Laatmiddag ry ons terug na ons hotel in Portoroz.
Ons Balkanlande toergroep vertrek vanoggend baie vroeg na die beroemde Nasionale Park Plitvice – een van die allermooiste natuurgebiede in Europa! Hier is sestien mere, ontelbare watervalle en strome water en ongeskonde, groen natuurskoon so ver jy kan sien!
Ons spandeer die res van die dag hier (olv. ‘n plaaslike gids). Ons Balkanlande toergroep hou piekniek langs een van die mere. Ons besoek vandag albei gedeeltes van hierdie meregebied. Dit is ‘n onbeskryflike belewenis!
Ons vaar ook met een van die elektriese (geluidlose) bote op een van die idilliese mere.
Na hierdie vyfsterdag van oorweldigende indrukke en lekker stap in die natuur, rus ons bietjie op ons bus tydens ons rit na ons hotel in Otocac. Dit is ‘n gesellige driester-familie hotel. Hier eet ons ‘n smaaklike “familiemaaltyd” voor ons lekker gaan slaap.
Vandag begin ons om antieke stadjies in Kroasië te besoek. Eers ry ons na die antieke stad Zadar en onderneem ‘n stadbesigtigingstoer onder leiding van ‘n plaaslike gids.
Hierna besoek ons die dorpie Trogir. Dit is tussen die 13de en 15de eeu gebou en is vandag ook ‘n Wêrelderfenisgebied.
Ons ry vervolgens na Split – die tweede grootste stad in Kroasië. Hierna ry ons direk na ons luukse viersterhotel in Podstrana reg langs die see. Hier gaan dit warm genoeg wees vir ‘n heerlike afkoel in die Adriatiese See. Dan volg ‘n smaaklike buffet-ete terwyl jy oor die see uitkyk!
Na ete gaan ons met ons bus ‘n kort besoek aan die Ou Stad bring. Dit is ‘n onvergeetlike ervaring om die grootse Middeleeuse Paleis so verlig in die aand te beleef! En oral is musikante besig om musiek te maak!
Vanoggend onderneem ons ‘n stadsbesigtigingstoer van Split se interessante Ou Stad onder leiding van ‘n plaaslike Engelssprekende gids. In Split is die besondere Paleis van Diocletianus, wat uit die 4de eeu behoue gebly het.
Na afloop van die toer het ons ruim vrye tyd om hier deur te bring.
In die antieke Paleis sing ‘n bedrewe Klapa-mannekoortjie in die mooiste akoestiese ruimte!
Na ons onvergeetlike besoek aan Split, vertrek ons Dubrovnik toe. Op pad besoek ons die stokou stadjie, Ston, met sy indrukwekkende, antieke stadsmuur.
In Dubrovnik gaan ons die volgende twee nagte in ‘n pragtige driesterhotel met die mooiste see-uitsig oorbly. Daar is onder andere ‘n pragtige swembad, en as jy verkies, kan jy ook in die see swem.
Ons begin die dag met ‘n interessante stadsbesigtigingstoer van Dubrovnik te voet onder leiding van ‘n plaaslike gids. Hierna het toerlede vrye tyd om die stad op hulle eie te verken. Ons gee vandag aan elke toerlid ‘n subsidie van 70 Kuna, wat jy bv. kan gebruik om op die stadsmure te gaan loop of om met die kabelkar teen die berg op te ry.
Bo-op die berg het mens ‘n wonderlike uitsig oor die stad en die Adriatiese kus. Die stappers onder ons kan hier ook ‘n hele ent op die rand van die berg gaan stap en die besondere natuurtonele indrink. (Bo-op die berg is ‘n restaurant waar mens kan ontspan en ‘n drankie kan geniet.)
Ons ontmoet mekaar in die middag weer by die Ou Hawe. Dan onderneem ons almal saam ‘n gesellige bootvaart op die see. Hierna neem die bus ons na ons hotel. Vanaand ry ons na ‘n ongerepte plasie waar ons ‘n baie besondere en beslis onvergeetlike folklore-aand met die heerlikste eg Kroatiese kos, wyn en Klapa-musikante uit die boonste rakke geniet!
Ons slaap vanaand weer in dieselfde hotel.
Ons vat vandag die pad Montenegro toe. Eers besoek ons die antieke dorpie Kotor. Ons maak ook ‘n draai by Perast, waar ons ‘n aangename tydjie in die natuur deurbring*.
(*Hier besoek ons nie die kerkie op die eiland nie, omdat die bestuur van Winskooptoere meen dat die bootjies wat die groep daarheen moet vervoer, deesdae nie veilig genoeg is nie.)
Later ry ons met die ou pas tot bo-op die berg tot by Cetinje waar mens ‘n asemrowende blik op Kotorbaai en die aangrensende baaie rondom die berg het. (Kyk die foto hieronder.) Hierdie belewenis – om met die ou pas tot bo-op die berg te ry – is uniek en sal jy beslis net tydens ‘n reis van Winskooptoere kry!
Vanmiddag kan jy in die Ou Stad van Budva gaan rondloop. Vanaand oornag ons in ‘n gerieflike vierster-hotel in Budva en hier nuttig ons ‘n smaaklike aandete.
Vanoggend maak ons eers ‘n fotopouse by die beroemde eilandjie Sveti Stefan waar Novak Djokovic en sy bruid getrou het.
Dan ry ons per bus na die mooi stad Trebinje wat in die Skrpska Republiek geleë is. (Die Skrpska Republiek is dele van die Serwiese Republiek wat binne die grense van Bosnië en Herzegovina geleë is.) Ons gaan nou by die grensoorgang in Bosnië in.
Na ons kort besoek aan Trebinje ry ons verder na Mostar. Hier ontmoet ons ‘n plaaslike gids en besigtig ons die dorp met sy beroemde brug. Hier het ons ook vrye tyd om inkopies te doen. Ons slaap vanaand in ‘n luukse vyfsterhotel in Mostar.
Na ‘n smaaklike ontbyt, vertrek ons na Sarajevo. Met ons aankoms daar ontmoet ons ons plaaslike gids. Hy neem ons eers na die aangrypende oorlogstonnel in Butmir wat so ‘n groot rol in die oorlewing van die beleërde stad gespeel het. Daarna loop ons saam met ons gids in die Ou Stad van Sarajevo. Hierna het almal vrye tyd vir inkopies.
Op die afgespreekte tyd ontmoet ons ons bus en teken ons in by ons hotel. Ons slaap vannag in ‘n deftige viersterhotel binne in die Ou Stad!
Vanaand woon ons ‘n baie besondere Bosniese Folklore-aand by (heeltemal anders as die vorige soortgelyke geleenthede waar ons was) en ons eet ‘n tipiese Bosniese aandete.
Na ‘n uitgebreide ontbyt vertrek ons op pad Kroasië toe. Ons ry na die Kroatiese stad Nova Gradiška. Hier gaan ons vanmiddag weer oor die grens na Kroasië. Ons geniet ‘n middagete êrens langs die pad. Ons bly vannag in Nova Gradiška oor.
Na ontbyt vertrek ons na Zagreb, die hoofstad van Kroasië. Hier neem ‘n plaaslike Engelssprekende gids ons op ‘n begeleide stadstoer te voet.
Hierna geniet almal vrye tyd in die stad.
Laatmiddag ry ons weer Slowenië toe. Ons slaap vanaand in ‘n gerieflike viersterhotel in die plattelandse dorpie Otocec. By Otocec is ‘n statige ou kasteel = 800 jaar oud. In hierdie kasteel sluit ons vanaand ons toer op ‘n hoogtepunt af met ‘n smaaklike vyfster-maaltyd!
Na ‘n smaaklike buffet-ontbyt ry ons terug na Kroasië. Ons besoek nog die skilderagtige dorpie, Samobor, waar ons vir oulaas heerlike Kremsnite (die geurige Sloweense melktert) gaan geniet! Hier het ons ook geleentheid om die dorpie te verken, voordat ons na Zagreb vertrek.
Vanmiddag vertrek ons van Zagreb Lughawe af na Johannesburg.
Ons land op OR Tambo Lughawe – van harte verryk deur al die baie besondere belewenisse van die mooiste dele in Europa!
Die verwagte toerprys vir hierdie besondere toer
is ongeveer R50,990* pp vir toerlede wat deel.
Die finale toerprys sal later bekend gemaak word.
*R1,000 lughawebelasting is nie by die toerprys ingesluit nie
Enkeltoeslag: R8,000
(1 EUR = R19.50)
LW: ALLE AANDETES EN GROEPSBESOEKE AAN
BESIENSWAARDIGHEDE, m.a.w. ALLE TOEGANGSGELDE,
IS BY ONS TOERPRYS INGESLUIT!
Hier is nie verskuilde koste vir ons toerlede nie.
Ons toerprys sluit AL die volgende in:
*Ekonomiese klas retoervliegkaartjie van Johannesburg na Venesië en terug van Zagreb na Johannesburg. ‘n Beperkte aantal vlugte vanaf Kaapstad is beskikbaar op aanvraag.
* Die lughawe- en brandstofbelasting (soos by kwotasie) (tans ? )
* Hotel-akkommodasie (met alle onbyte en aandetes) in twin– of dubbelkamers met eie badkamers in hoofsaaklik deftige viersterhotelle en een vyfsterhotel
* Luuksebusvervoer vir die hele tydperk
* Stadsbesigtigingstoere per bus soos gemeld
* Ervare plaaslike (Engelssprekende) gidse in die groot stede
* Die gerief van kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) tydens besigtigingstoere
* Die verantwoordelike en goed toegeruste span van WinskoopToere wat uit twee toerleiers bestaan en wat persoonlik oral saamtoer, veel waarde toevoeg en ‘n heerlike, gerieflike toer verseker!
* Die bootvaart op die Bled Meer
* Die Sloweense folklore-aand met aandete, wyn en musiek, danse ens. in Ljubljana
* ‘n Subsidie van 70 kuna tydens ons besoek aan Dubrovnik
* Die bootvaart op die see by Dubrovnik
* Die Kroatiese folklore-aand met aandete, wyn en Klapa-sangers buite Dubrovnik
* Die Bosniese folklore-aand met aandete, wyn en Bosniese musiek in Sarajevo
* Die driegangmaaltyd in Otocec Kasteel
*PLUS
AL die volgende toegangsgelde:
Bled Kasteel
Vintgar Gorge (indien beskikbaar)
Die Savica Waterval
Predjama Kasteel
Skocjan Grotte
Die Nasionale Park Plitvice (bootvaart op die meer ingesluit)
Die Oorlogtonnel in Sarajevo
Diocletianus se tempelkelder in Split
Pula Amfiteater
Die Toerprys sluit nie die volgende in nie:
-Visumkoste
-Mediese versekering
-Bykomende lughawebelasting (wat mag bykom volgens die wisselkoers)
-Middagetes
-Alle ander toegangsgelde (indien enige – alle groepsbesoeke is reeds ingesluit)
-Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard
-Fooi vir die busbestuurder (€30)
Let wel: vir hierdie toer word twee visums benodig!
LW: Op hierdie toer word uit die aard van die saak baie gestap.
Daar word wel nie van alle toerlede verwag om oral saam te stap nie. Toerlede wat nie kans sien om etlike kilometers te stap nie, kan dan slegs ‘n gedeelte van die afstand op eie pas stap of op ‘n plek vir die groep wag. Daar is slegs enkele plekke waar sulke persone heeltemal sal moet uitsit. Bel ons gerus hieroor.
Om jou plek te bespreek:
(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)
Hoe bespreek ek my plek?
Deur die deposito van R5,000.00 pp –
(verwysing: BALK21/Jou Voorletters en Van bv.
BALK21/J.Coetzee) –
in die volgende (NUWE) bankrekening te betaal:
WinskoopToere
ABSA
(NUWE) Rekeningnommer: 9343 1803 92
** NB!! Stuur jou inbetalingstrokie na:
admin@winskooptoere.co.za
CC asb:
(Maak asb seker jou e-pos bevat jou e-pos adres/kontakbesonderhede)
OF
Laai jou strokie direk op WinskoopToere se sisteem:
WinskoopToere Bewys van Betaling
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.
Kommentaar van ‘n paar van ons toerlede:
Christine de Klerk:
Dit was die beste toer ooit! Alles goed gereel, goeie hotelle, baaaaaaaiiiiieeee gesien in ‘n kort tyd, meer as die geld werd!
Gerda Walters:
Ek was saam met Winskooptoere in die Balkanlande. Ek wil net dankie sê vir ‘n wonderlike toer. As ek so na die foto’s, kyk dan besef ek weer hoe baie ons van elke land gesien het. Julle het die toer baie goed beplan sodat ons al die mooiste en mees interessante plekke kon sien in ‘n kort tyd. Tog was dit ‘n rustige toer saam met baie aangename toerlede en leiers. Van ons Kapenaars het al selfs weer saamgekuier met die Namibiërs en die toer van vooraf geniet. Baie dankie aan die hele Winskoopspan.
Charlotte Cloete:
Ek wil nog steeds sê dat ons vakansie (dit is die Balkanlande Toer) was een van die wonderlikste in my lewe.
Jeanet Domingues:
Sal beslis weer die (Balkan)lande besoek en met Winskoop Toere gaan toer want hul pryse is werklik ‘n winskoop.
Wikipedia: “Bosnia and Herzegovina remains one of the last undiscovered natural regions of the southern area of the Alps, with vast tracks of wild and untouched nature attracting adventurers and nature lovers. National Geographic magazine named Bosnia and Herzegovina as the best mountain biking adventure destination for 2012. The central Bosnian Dinaric Alps are favored by hikers and mountaineers, containing both Mediterreanean and Alpine climates. Whitewater rafting is somewhat of a national pastime, with three rivers, including the deepest river canyon in Europe, the Tara River Canyon.
Most recently, The Huffington Post named Bosnia and Herzegovina the “9th Greatest Adventure in the World for 2013”, adding that the country boasts “the cleanest water and air in Europe; the greatest untouched forests; and the most wildlife. The best way to experience is the three rivers trip, which purls through the best the Balkans have to offer.”
691 keer gelees, 2 keer gelees vandag
Unable to display Facebook posts.
Show error