WINSKOOPTOERE IS DIE ENIGSTE
SUID-AFRIKAANSE TOEROPERATEUR
WAT JOU OOK NA BOSNIË
EN HERZEGOVINA NEEM
Hierdie toer is reeds ons negende toer daarheen!
Ons besoek:
Kroasië
Slowenië
Montenegro
Bosnië en Herzegovina
Hierdie lande wat almal vroeër deel van Jugoslawië was, het in die oorgangstyd voor 1990 na onafhanklikheid gestreef, maar het toe in oorlogstryde onder mekaar verval. Die ergste stryd het in
Bosnië en Herzegovina gewoed van 1992 tot 1995. Vredesonderhandelinge is in November 1995 gefinaliseer.
Daar het dus reeds meer as twee dekades verloop sedert die gewapende konflik in hierdie streek.
Winskoop Toere is dankbaar om weer eens vir Suid-Afrikaners
die geleentheid te kan bied om hierdie interessante streek,
met sy hartseer geskiedenis aan die een kant, en sy wonderlike natuurskoon aan die ander kant, te besoek.
Daar is min sulke mooi plekke in die wêreld!
Hierdie toer is nou verder verfyn om jou ‘n onvergeetlike vakansie te bied!
Al die mooiste natuurgebiede is steeds by ons toerprogram ingesluit!
LET DAAROP DAT ALLE AANDETES (en ontbyte)
EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE
BY ONS WINSKOOPPRYS INGESLUIT IS!
Beleef saam met ons die ongerepte natuurskoon van hierdie Balkanlande!
Met hierdie toer gaan ons ons beslis verlustig in baie van die pragtige herfskleure in die natuur!
Ons September 2018 toerlede skryf
die volgende oor ons Balkan Toer:
“Fanie en Lientjie weereens baie dankie vir ‘n heerlike toer” – Susan Beaurain
“Namens myself en Kitty baie baie dankie vir ‘n onvergeetlike 2 weke
vir almal se geduld en liefde. Fanie en Lientjie julle is tops!!!” – Juli Niemand
“Baie baie dankie vir ‘n fantastiese toer Fanie en Lientjie” – Tessa de Jager
“Baie dankie dit was baie baie lekker en die groep besonders. Goed gereel
en baie glad verloop.” – Riettte Badenhorst
“Dankie aan Fanie en Lientjie vir ‘n onvergeetlike ervaring” – Christene en Neels Heroldsbaai
“Baie dankie ook weer Fanie en Lientjie vir ‘n wonderlike ervaring!” – Hannalize Kriek
“BAIE dankie Fanie en Lientjie vir ‘n besonderse toer, uitstekende verblyf en wonderlike
plekke gesien. Joan en ek het dit regtige baie geniet.” – Johann v Rensburg
“Baie dankie aan Fanie en Lienkie vir ‘n mooi en lekker leersame toer.” – Piet Lourens
Bosnië: Het jy geweet?
*Die land is meestal bergagtig, en sluit die sentral Dinariese Alpe in.
*Omtrent 50% van Bosnië en Herzegovina is beboste gebied.
*Die land het net ‘n 20 kilometer-lange kuslyn, by die dorp Neum.
*Daar is sewe groot riviere in die land, waarvan die Sava die grootste is.
Dit vorm die noordelike grens met Kroasië en loop uit in die Donou
en die Swart See.
*Die bevolking van Bosnië en Herzegovina behoort aan drie etniese groeperings:
die Bosniërs, Serwiërs en die Kroate.
*Bosnië se grondwet spesifiseer geen amptelike tale nie.
*Die drie tale van die genoemde groeperings word de facto (saam met Engels) as amptelike tale beskou.
Kommentaar van ‘n paar van verlede jaar se toerlede – kyk onderaan.
Hier volg nou ons voorlopige program vir 2019 se toer:
Ons kom vroegoggend in Europa aan, en haal ‘n vlug na Venesië (Italië). Ons luuksebus wag ons in op die lughawe in Venesië en ons vertrek na Bled in Slowenië. Die gerieflike luuksebus is die hele tyd tot ons beskikking. Met ons aankoms by die pragtige dorpie Bled met sy skilderagtige meer het al die toerlede vrye tyd om die verryklike atmosfeer in Bled te geniet.
Later ry ons met ons bus na Bohinj wat ‘n paar kilometer daarvandaan geleë is. Hier gaan ons tuis in ‘n lieflike vierster-hotel aan die Bohinj Meer. In hierdie idilliese omgewing teen die Juliaanse Alpe bly ons twee nagte. Vanaand eet ons ‘n smaaklike vierster-buffet-ete (met gratis wyn en bier!) gesellig saam.
[Spogfoto deur toerlid Phil Grobler – 2013]
Hier leer ons ook meer van die ontstaan van die gletser-meer by Bled.
Later vandag ry ons met die tradisionele platboom-bote (Pletna-bote) na die eilandjie in die Bled Meer. Die Pletna-bote se geskiedenis word teruggevoer tot 1590 en hierdie bote word tans nog deur die plaaslike inwoners gemaak.
Op die eiland kan jy die pelgrimskerkie Assumption of Mary besigtig of net daar rondstap en koffie drink by die restaurant.
Hierna geniet ons vrye tyd in Bled. Hier is oulike winkeltjies om te besoek, en die fikses gaan sekerlik die pragtige roete om die meer stap.
Later vanmiddag ry ons weer na die Bohinj Meer. So 4 km anderkant die meer is die plekkie Ucanc waar die Savica Waterval is. Hier stroom die water uit die rotse (van die Sewe Triglav mere-valleie af) in die walle van Komarca in die Savica Waterval – die beroemdste waterval in Slowenië. Diegene wat kans sien vir heelwat trappies kan dan met die voetpaadjie soontoe stap. Daar is ook ‘n gesellige restaurant waar mens tussen die bome kan ontspan en die natuur kan geniet. Later ry ons terug na ons hotel toe.
Ons eet weer vanaand ‘n smaaklike ete hier saam. Na ete kan mens heerlik langs die Bohinj Meer gaan wandel.
Hierna vertrek ons dan na die hoofstad van Slowenië, Ljubljana, en ons ontmoet ons plaaslike gids wat ons op ‘n interessante stadbesigtigingstoer in hierdie pragtige stad neem. Dan het almal vrye tyd om die stad van naderby te leer ken.
Vanaand geniet ons ‘n genotvolle Sloweense folklore-aand met ‘n tipiese Sloweense aandete, heerlike wyn, jolige musiek, pragtige volksdanse en oulike folklore-speletjies. Daarna slaap ons in ‘n deftige vierster-hotel in Ljubljana.
Ons ry vanoggend eers na die unieke Renaissance kasteel, Predjama, naby Ljubljana. Hierdie besondere kasteel is in ‘n grot gebou!
Dan gaan ons een van die belangrikste en mees fenominale grotte in die wêreld besigtig: die ongeskonde en beroemde Skocjan Grotte wat ook ‘n Wêrelderfenis-natuurgebied is. Hier verdwyn die Reka Rivier in die vallei, en ons gaan ook in die nuwe gedeelte wat onlangs geopen is, al langs hierdie rivier ondergronds stap. Hierdie fenominale ervaring is beslis een van die hoogtepunte van hierdie toer!
Na hierdie wonderlike oggend ry ons na die Istriaanse kus. Ons slaap die volgende twee aande in ‘n viersterhotel in die kusdorp Portoroz. Hier kan jy rustig al met die promenade langs die see gaan stap, of met ‘n plaaslike bus na die oulike buurdorpie Piran (waar die violis Tartini gebore is) ry.
Eers neem ‘n plaaslike gids ons op ‘n baie interessante stadbesigtigingstoer in die ou (Romeinse!) stad Pula. Hier besoek ons sy besondere antieke amfiteater wat die bes behoue Romeinse amfiteater van almal in Europa is.
Later ry ons na Rovinj wat deur baie toeriste as een van die mooiste dorpies in Europa beskou word. Hier bring ons die res van die dag deur.
Na ‘n genoeglike dag ry ons weer terug na ons hotel in Portoroz en eet ons vanaand weer gesellig saam.
Rovinj
Ons vertrek vroegoggend na die beroemde Nasionale Park Plitvice – een van die allermooiste natuurgebiede in Europa! Hier is sestien mere, ontelbare watervalle en strome water en ongeskonde, groen natuurskoon so ver jy kan sien! Ons spandeer die res van die dag hier (onder leiding van ‘n plaaslike gids), ons hou piekniek langs een van die mere en ons besoek albei gedeeltes van hierdie meregebied. Dis ‘n onbeskryflike belewenis!
Ons vaar ook met een van die geluidlose elektriese bote op een van die mere.
Na hierdie vyfsterdag – kry die moeë bene hulle wel verdiende rus op die bus as ons dan na ons hotel in Otocac ry. Dit is ‘n gesellige driester-familie hotel, en ons eet ‘n heerlike aandete hier saam.
Vandag begin ons om antieke stadjies in Kroasië besoek. Eers ry ons na die antieke stad Zadar en onderneem ‘n stadbesigtigingstoer onder leiding van ‘n plaaslike gids. Hier is heelwat geboue uit die elfde en twaalfde eeu.
Die volgende antieke dorpie wat ons besoek, is Trogir. Hierdie dorpie is tussen die 13de en 15de eeu gebou. Dit is vandag ook ‘n Wêrelderfenisgebied.
Hierna ry ons dan na Split – die tweede grootste stad in Kroasië. Ons ry direk na ons luukse viersterhotel in Podstrana reg langs die see, waar ons vanaand oornag. Hier sal jy nog tyd hê om na hartelus in die Adriatiese See te swem!
Na ‘n smaaklike aandete op die veranda (met ‘n lieflike uitsig op die see) gaan ons nog met ons bus na die Ou Stad toe. Dis ‘n onvergeetlike ervaring om die ou Paleis so verlig in die aand te beleef!
Vanoggend onderneem ons ‘n stadsbesigtigingstoer van Split se interessante Ou Stad onder leiding van ‘n plaaslike Engelssprekende gids. In Split besoek ons die Paleis van Keiser Diocletianus, wat uit die 4de eeu behoue gebly het.
Na afloop van die toer het ons ruim vrye tyd om hier deur te bring.
In die antieke paleis sing ‘n bedrewe Klapa-mannekoortjie in die mooiste akoestiese ruimte!
Na ons heerlike besoek aan Split, vertrek ons Dubrovnik toe. Op pad besoek ons ook die stadjie, Ston, met sy indrukwekkende, antieke stadsmuur.
In Dubrovnik gaan ons die volgende twee nagte in ‘n pragtige vierster strandhotel met die mooiste see-uitsig oorbly. Daar is onder andere ‘n pragtige swembad, en as jy verkies, kan jy ook in die see swem.
Na ‘n heerlike buffetete ry ons vanaand net eers na die Ou Stad toe om die onvergeetlike ondervinding van “Dubrovnik in die Aand” te ervaar.
Ons begin die dag met ‘n interessante stadsbesigtigingstoer van Dubrovnik te voet onder leiding van ‘n plaaslike gids.
Na die besigtigingstoer het toerlede vrye tyd om die stad op hulle eie te verken. Ons gee vandag aan elke toerlid ‘n subsidie van 70 kuna, wat jy kan gebruik soos jy wil – bv. om op die stadsmure te gaan loop of om met die kabelkar teen die berg op te ry.
Bo-op die berg het mens ‘n wonderlike uitsig oor die stad en die Adriatiese kus. Die stappers onder ons kan hier ook op die rand van die berg ‘n hele ent gaan stap en die besondere natuurtonele indrink. (Bo-op die berg is ‘n restaurant waar mens kan ontspan en ‘n drankie kan geniet.)
Ons ontmoet mekaar in die middag weer almal by die Ou Hawe. Dan onderneem ons ‘n gesellige bootvaart op die see. Hierna neem die bus ons na ons hotel toe.
Vanaand ry ons na ‘n ongerepte plasie waar ons ‘n baie besondere en beslis onvergeetlike folklore-aand met die heerlikste eg Kroatiese kos, wyn en Klapa-musikante uit die boonste rakke geniet! Ons slaap vanaand weer in dieselfde hotel.
Ons vat vandag die pad Montenegro toe. Eers besoek ons die antieke dorpie Kotor onder leiding van ‘n gids. Daarna maak ons ook ‘n draai by Perast. Hier is ‘n mooi eiland met ‘n kerkie, maar weens veiligheidsredes vaar ons nie meer met die klein bootjies daarheen nie. Ons stap net rustig in die dorpie rond.
Later ry ons met die ou pas tot bo-op die berg tot by Cetinje waar mens ‘n asemrowende blik op Kotorbaai en die aangrensende baaie rondom die berg het. (Kyk die foto hieronder.) Hierdie belewenis – om met die ou pas tot bo-op die berg te ry – is uniek en sal jy beslis net tydens ‘n reis van Winskooptoere kry!
Met ons aankoms in Budva gaan ons eers in die Ou Stad – met sy antieke geboue en kerke – rondloop.
Vanaand oornag ons in ‘n vierster-hotel in Budva. Hier kan ons saam, na nog ‘n baie besondere dag, dan ontspanne ‘n smaaklike aandete nuttig.
Vanoggend neem ons eers mooi foto’s van die beroemde eilandjie Sveti Stefan waar Novak Djokovic en sy bruid getrou het.
Ons ry dan na die Skadar Meer waar ons binne die Skadar Nasionale Park ‘n twee-uurlange bootrit onderneem en die pragtige natuurskoon geniet. Hierdie meer is geleë op die grens met Albanië (‘n gedeelte van die meer val inderdaad in Albanië).
Na ons bootvaart kuier ons gesellig saam in ‘n buitelug-restaurant onder idilliese groot bome en geniet middagete daar.
Dan vertrek ons per bus verder (ongeveer 3 ure) na die die mooi stad Trebinje. Hier gaan ons Bosnië binne. Ons bly vannag in ‘n pragtige vyfster-hotel in Trebinje oor. (Trebinje is vanjaar een van die nuwe toevoegings tot hierdie toer).
Trebinje is ‘n pragtige ou stad in die Skrpska Republiek, soos die Serwiese Republiek heet wat binne die grense van Bosnië en Herzegovina geleë is. Ons bus neem ons na die stadkern en hier het ons vanaand die geleentheid om in die stad rond te loop. Elke toerlid ontvang die ekwivalent van 20 euro vir aandete. Die bus kom die groep weer later haal terug hotel toe.
Vanoggend vertrek ons na die interessante stad Mostar, waar ons ‘n stadbesigtigingstoer onder leiding van ‘n plaaslike Engelssprekende gids gaan onderneem.
Dis hier waar die eeue-ou brug (foto hierby) tydens die burgeroorlog in Joegoslawië verwoes is. Hierna het almal vrye tyd om al die winkeltjies en stalletjies te verken. (Dis ‘n heerlike plek vir inkopies – sê die dames!)
Teen 14:00 vertrek ons na die hoofstad van Bosnië, Sarajevo. Met ons aankoms het almal eers die geleentheid om in die Ou Stad inkopies te doen.
Vanaand woon ons hier ‘n baie besondere Bosniese Folklore-aand by (heeltemal anders as die vorige soortgelyke geleenthede waar ons was) en ons eet ‘n tipiese Bosniese aandete. Ons slaap vannag in ‘n luukse vierster-hotel in Sarajevo.
Om 11:00 vertrek ons na die stad Nova Gradiška in Kroasië. Ons ry oor Jajce waar ons ook na die antieke watermeulens gaan kyk.
In Nova Gradiška gaan ons eers oor die grens, en bly dan aan die Kroatiese kant sodat ons die volgende oggend direk na Zagreb kan vertrek.
Ons vertrek vanoggend na Zagreb, die hoofstad van Kroasië, waar ‘n Engelssprekende gids weereens op ons wag om ons deur die interessante stad te neem.
Hierna geniet ons vrye tyd in die pragtige stad.
Laatmiddag ry ons Slowenië toe. Ons slaap vanaand in die plattelandse dorpie Otocec in ‘n deftige viersterhotel. Hier sluit ons ons toer op ‘n hoogtepunt af met ‘n smaaklike driegang-maaltyd in die 800-jarige kasteel van Otocec.
Na ‘n smaaklike buffet-ontbyt vertrek ons na Zagreb. Ons bring eers ‘n besoek aan die skilderagtige dorpie, Samobor waar ons vir oulaas heerlike Kremsnite (die geurige Sloweense melktert) gaan geniet!! Hier het ons ook geleentheid om die dorpie te verken, voordat ons verder ry.
Die bus laai ons later af by Zagreb Lughawe, waar ons dan via Dubai na Johannesburg toe vlieg.
Ons Winskoopprys vir hierdie
besondere herfstoer
is R46,990* pp
vir toerlede wat deel.
*R1,000 lughawebelasting is nie by die toerprys ingesluit nie
Enkeltoeslag: R7100
LW:
ALLE AANDETES EN GROEPSBESOEKE AAN
BESIENSWAARDIGHEDE, m.a.w. ALLE TOEGANGSGELDE,
IS OOK BY ONS TOERPRYS INGESLUIT!
Ons toerprys sluit AL die volgende in:
*Ekonomiese klas retoervliegkaartjie van Emirates Airlines van Johannesburg of Kaapstad na Istanbul en dan na Venesië en terug van Zagreb oor Dubai na Johannesburg/Kaapstad.
* Die lughawe- en brandstofbelasting (soos by kwotasie) (tans R1257)
* Hotel-akkommodasie (met alle onbyte en aandetes) in twin– of dubbelkamers met eie badkamers in hoofsaaklik deftige viersterhotelle – van die beste wat hierdie streek kan bied.
* Luuksebusvervoer vir die hele tydperk
* Stadsbesigtigingstoere per bus soos gemeld
* Ervare plaaslike (Engelssprekende) gidse in die groot stede
* Die gerief van kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) tydens besigtigingstoere
* Die verantwoordelike en goed toegeruste span van WinskoopToere onder leiding van dr Fanie Jooste, wat persoonlik oral saamtoer, veel waarde toevoeg en ‘n heerlike, gerieflike toer verseker!
* Die bootvaart op die Bled Meer
* Die Sloweense folklore-aand met aandete, wyn en musiek, danse ens. in Ljubljana
* ‘n Subsidie van 70 kuna tydens ons besoek aan Dubrovnik
* Die bootvaart op die see by Dubrovnik
* Die Kroatiese folklore-aand met aandete, wyn en Klapa-sangers buite Dubrovnik
* Die bootvaart op die Skadar Meer
* Die middagete in Virpazar
* Die Bosniese folklore-aand met aandete, wyn en Bosniese musiek in Sarajevo
* Die driegangmaaltyd in Otocec Kasteel
*PLUS
AL die volgende toegangsgelde:
Bled Kasteel
Vintgar Gorge (indien beskikbaar)
Predjama Kasteel
Skocjan Grotte
Die Nasionale Park Plitvice (bootvaart op die meer ingesluit)
Die Oorlogtonnel in Sarajevo
Diocletianus se tempelkelder in Split
Pula Amfiteater
Die Toerprys sluit nie die volgende in nie:
-Visumkoste
-Mediese versekering
-Bykomende lughawebelasting (wat mag bykom volgens die wisselkoers)
-Middagetes
-Alle ander toegangsgelde van plekke wat jy individueel wil besoek (indien enige). (Alle groepsbesoeke is reeds ingesluit)
-Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard
-Fooi vir die busbestuurder (€30)
Let wel: vir hierdie toer word twee visums benodig!
Om jou plek te bespreek:
(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)
Hoe bespreek ek my plek?
Deur die deposito van R4,000.00 pp –
(verwysing: HBAL19/Jou Voorletters en Van bv.
HBAL19/J.Coetzee) –
in die volgende (NUWE) bankrekening te betaal:
WinskoopToere
ABSA
(NUWE) Rekeningnommer: 9343 1803 92
** NB!! Stuur u inbetalingstrokie na:
renee@winskooptoere.co.za
CC asb:
(Maak asb seker jou e-pos bevat jou e-pos adres/kontakbesonderhede)
OF
Laai jou strokie direk op WinskoopToere se sisteem:
WinskoopToere Bewys van Betaling
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.
Kommentaar van ‘n paar van verlede jaar se toerlede:
Christine de Klerk:
Dit was die beste toer ooit! Alles goed gereel, goeie hotelle, baaaaaaaiiiiieeee gesien in ‘n kort tyd, meer as die geld werd!
Gerda Walters:
Ek was saam met Winskooptoere in die Balkanlande. Ek wil net dankie sê vir ‘n wonderlike toer. As ek so na die foto’s, kyk dan besef ek weer hoe baie ons van elke land gesien het. Julle het die toer baie goed beplan sodat ons al die mooiste en mees interessante plekke kon sien in ‘n kort tyd. Tog was dit ‘n rustige toer saam met baie aangename toerlede en leiers. Van ons Kapenaars het al selfs weer saamgekuier met die Namibiërs en die toer van vooraf geniet. Baie dankie aan die hele Winskoopspan.
Charlotte Cloete:
Ek wil nog steeds sê dat ons vakansie (dit is die Balkanlande Toer) was een van die wonderlikste in my lewe.
Jeanet Domingues:
Sal beslis weer die (Balkan)lande besoek en met Winskoop Toere gaan toer want hul pryse is werklik ‘n winskoop.
Wikipedia: “Bosnia and Herzegovina remains one of the last undiscovered natural regions of the southern area of the Alps, with vast tracks of wild and untouched nature attracting adventurers and nature lovers. National Geographic magazine named Bosnia and Herzegovina as the best mountain biking adventure destination for 2012. The central Bosnian Dinaric Alps are favored by hikers and mountaineers, containing both Mediterreanean and Alpine climates. Whitewater rafting is somewhat of a national pastime, with three rivers, including the deepest river canyon in Europe, the Tara River Canyon.
Most recently, The Huffington Post named Bosnia and Herzegovina the “9th Greatest Adventure in the World for 2013”, adding that the country boasts “the cleanest water and air in Europe; the greatest untouched forests; and the most wildlife. The best way to experience is the three rivers trip, which purls through the best the Balkans have to offer.”
532 keer gelees, 2 keer gelees vandag
Unable to display Facebook posts.
Show error