Met hulle terugkeer na Suid-Afrika is Fanie Jooste as lektor in die Departement Musiek van die Potchefstroomse Universiteit aangestel. Daar het hy 28 jaar lank gewerk, en het hy in 1993 Departementshoof en Professor geword. Gedurende hierdie jare is hy gereeld op akademiese en kulturele besoeke na verskeie lande in Europa en hy het dit graag met allerlei toere op die kontinent gekombineer. So het hy Europa net nog beter leer ken.
Reeds in 1996 het hy sy eerste toer vir ‘n toergroep na Europa georganiseer. Hy het ook al meer betrokke geraak by die organisasie van toere na Suid-Afrika vir musiekgroepe.
Intussen het sy toere na Europa vinnig vermeerder, en was hy gou bekend vir musiektoere wat konserte van die hoogste gehalte oral in Europa ingesluit het. Mettertyd het hy hom egter al meer op Europatoere vir toeriste toegespits, en vandag is Winskooptoere alombekend in Suid-Afrika vir kwaliteit toere na Europa teen beskostigbare pryse.
Aan die einde van 2006 het hy die Noordwes Universiteit (vroeër die Puk) verlaat, en sedertdien lê hy hom voltyds op Europese toere toe.
Hy en Ems het vier kinders:
Katrien beman saam met Emma ons admin-kantoor in Johannesburg. Sy is ook ‘n professionele violis en speel gereëld in simfonieorkeste in Johannesburg.
Pieter is ‘n veelsydige kunstenaar. Hy is veral bekend as skilder, maar doen ook smee-ysterwerk, staalwerk, houtwerk en is kreatief betrokke by konstruksiewerk.
Lientjie is ‘n aktuariële analis wat tans by Ernest & Young in Londen werksaam is. Sy is ook ‘n bedrewe violis en is lid van die City of London Symphony Orchestra.
Emma was vroeër ‘n maatskaplike werker by ICAS, maar is nou voltyds in diens van Winskooptoere en lewer ‘n groot bydrae in ons admin-kantoor. Sy is ook ‘n bedrewe fagottis (soos haar pa).
Ems hou skool by Potch Boys High, gee deeltyds musiekonderrig tuis en is dekades reeds orrelis en koorleier van die NG Kerk Miederpark.
Intussen het Katrien met Jaco Klopper (bariton en bedryfsielkundige) getrou en hulle het twee seuns: Andre (5) en Stef (2).
Pieter is met Brechtje Odendaal (tans ‘n tolk by NWU, en pianis). Hulle eersteling is aan die einde van September 2016 op pad.
Emma is getroud met Fanus Howell. Hy was vroeër ‘n rekenmeester, maar is van vanjaar af voltyds by ‘n groot wildsboerdery betrokke.
Al ons kinders en skoonkinders tree as toerleiers en toerassistente tydens ons toere op, en lewer uitmuntende diens!
Unable to display Facebook posts.
Show error