fbpx skip to Main Content

ARP25: Europese Plattelandtoer met André Rieu in 2025!

WinskoopToerprys:

Original price was: R78,500.Current price is: R69,990.

Datums:

7 tot 20 Julie 2025 (14 dae)
(Datums nog nie vas nie.)

Aantal plekke:

39 in stock

Toer saam op ons Europese Plattelandtoer met André Rieu! Hierdie skatkis van 'n toer bevat werklik die heel mooiste dorpies in Duitsland, Nederland en Frankryk se platteland. En natuurlik is die kersie op die koek die wonderlike André Rieu-konsert in Maastricht!

Beleef saam met ons die mooiste klein dorpies en stede in Duitsland, Frankryk en Nederland!

LET DAAROP DAT ALLE AANDETES (EN ONTBYTE) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE BY ONS PRYS INGESLUIT IS!

Maandag, 7 Julie 2025

DAG 1 VAN ONS EUROPESE PLATTELANDTOER MET ANDRÉ RIEU

- Johannesburg (Suid-Afrika) -

Ons groep vertrek vanaf OR Tambo Lughawe na Amsterdam.  [Ons kry etes en drankies tydens die vlugte.]

Dinsdag, 8 Julie 2025

DAG 2 VAN ONS EUROPESE PLATTELANDTOER MET ANDRÉ RIEU

- Zaanse Schans & Putten (Nederland) -

Ons arriveer by Schiphol Lughawe in Amsterdam. Ons vertrek na Zaanse Schans, ‘n versameling van goedbewaarde, historiese windmeule en huise. Hier het ons vrye tyd om lekker rond te kyk of stroopwafels te koop.

Zaanse Schans, Nederland

Ons vertrek later vandag na ons hotel buite Putten in ‘n woud waar ons die volgende drie nagte oorslaap. Ons geniet aandete in die hotel.

Woensdag, 9 Julie 2025

DAG 3 VAN ONS EUROPESE PLATTELANDTOER MET ANDRÉ RIEU

- Giethoorn & Apeldoorn & Putten (Nederland) -

Vanoggend vertrek ons na die fraaie dorpie, Giethoorn, toe. Ook bekend as die "Nederlandse Venesië", bied Giethoorn idilliese kanale, bekoorlike grasdakkothuise en geen paaie. In plaas van motors, is die primêre vervoermiddel in die dorp per boot of te voet, met talle klein brûe wat verskillende dele van die dorp verbind. Ons het vrye tyd om hierdie interessante dorpie te beleef.

Giethoorn, Nederland

Later vertrek ons na die Paleis Het Loo in Apeldoorn wat dateer uit die 1600’s. Na ons besoek aan hierdie merkwaardige paleis het ons vrye tyd in Apeldoorn voor ons terugkeer na ons hotel buite Putten.

Paleis Het Loo, Apeldoorn

Donderdag, 10 Julie 2025

DAG 4 VAN ONS EUROPESE PLATTELANDTOER MET ANDRÉ RIEU

- Gouda & Putten (Nederland) -

Ons besoek vanoggend Gouda, die kaasstad van Nederland. Daar is baie om te sien en doen in Gouda, veral op ‘n Donderdag wanneer die kaasmark oop is. Ons besoek die Kaasmuseum waar ons leer oor kaasmakery. Dan het ons vrye tyd waartydens jy historiese hoogtepunte soos die Waag, die stadsaal en die Sint-Janskerk kan beleef. Ons geniet ook ‘n insiggewende demonstrasie en heerlike lekkers by die stroopwafelmuseum. Wat ‘n bederf!

Gouda kaasmark, Nederland

Ons vertrek weer na ons hotel buite Putten.

Vrydag, 11 Julie 2025

DAG 5 VAN ONS EUROPESE PLATTELANDTOER MET ANDRÉ RIEU

- Valkenburg (Nederland) -

Vanoggend vertrek ons na Valkenburg, wat beteken, Valk Kasteel. Bekend vir sy ryk geskiedenis, lewendige kultuur en asemrowende natuurskoon, het toerlede die geleentheid om die Valkenburgkasteel uit die 12de eeu te besoek, of om die fassinerende ondergrondse wêreld van Valkenburg se grotte, met antieke kalksteengroewe en versteekte gange, te ontdek. Hierdie grotte is o.a. as wegkruipplekke tydens die Tweede Wêreldoorlog gebruik.

Valkenburg, Nederland

Ons oornag die volgende twee aande hier.

Saterdag, 12 Julie 2025

DAG 6 VAN ONS EUROPESE PLATTELANDTOER MET ANDRÉ RIEU

- Maastricht & Valkenburg (Nederland) -

Vanoggend vertrek ons na Maastricht, een van die oudste stede in Nederland. Hier is 'n pragtige verskeidenheid Middeleeuse argitektuur, Romeinse ruïnes en skilderagtige strate. Besoek gerus van die gewilde landmerke, soos die Sint-Servaasbrug, Basiliek van St. Servatius en die Spaanse regeringsgebou. Vanaand wag ‘n baie groot bederf op ons. Ons toergroep gaan saam André Rieu se konsert bywoon op die stadsplein, Vrijthof, in dié gewilde musikant se tuisdorp.

André Rieu Konsert in Vrijthof

Ons slaap vanaand in dieselfde hotel as gisteraand.

Sondag, 13 Julie 2025

DAG 7 VAN ONS EUROPESE PLATTELANDTOER MET ANDRÉ RIEU

- Heidelberg (Duitsland) -

Ons ry na die universiteitstad Heidelberg. Dit is een van die mooiste stede in Duitsland. Dit is ook die tuiste van een van Duitsland se oudste universiteite: die 14de-eeuse Universiteit van Heidelberg is geleë in die ou stad. Hier besoek ons die ou kasteel bo-op die berg. (Vir die ouer knieë is daar gelukkig ‘n Bergbahn [treintjie] tot bo.) Vandaar het mens ‘n asemrowende uitsig oor die ou stad en die Neckarrivier. Kaartjies vir die kasteel is ingesluit in die toerprys.

Heidelberg, Duitsland

Lede loop rustig deur die kasteel op hul eie pas en geniet vrye tyd vir die res van die dag. Ons slaap vanaand in Heidelberg.

Maandag, 14 Julie 2025

DAG 8 VAN ONS EUROPESE PLATTELANDTOER MET ANDRÉ RIEU

- Strasbourg & Colmar (Frankryk) -

Na ‘n smaaklike ontbyt, ry ons verder na die mooie Strasbourg. Hier geniet ons toergroep ‘n stadstoer onder leiding van ‘n plaaslike gids en daarna het ons lekker vrye tyd om self die ou stad te leer ken. Die uitleg van die Grande-Île (eiland waarop die ou stad gebou is) van Strasbourg is relatief min geraak deur die vele oorloë geraak, en is steeds dié van sy oorspronklike struktuur.

Strasbourg, Frankryk

Later vertrek ons na Colmar, waar ons rustig kan rondstap en self die dorpie leer ken. Colmar is veral bekend vir sy goed bewaarde argitektoniese erfenis, sy ontelbare geplaveide strate asook die mooiste vakwerkhuises wat jou sal terugvoer na die Middeleeue.

Colmar, Frankryk

Ons slaap in Colmar.

Dinsdag, 15 Julie 2025

DAG 9 VAN ONS EUROPESE PLATTELANDTOER MET ANDRÉ RIEU

- Colmar & Riquewihr (Frankryk) -

Vanoggend het ons weer vrye tyd in Colmar om hierdie dorpie verder te verken. Daarna gaan ons na die baie besonderse middeleeuse dorpie, Riquewihr, waar alles lyk of die tyd eeue lank stilgestaan het. Riquewihr is 'n Middeleeuse dorpie reg in die hartjie van die Elsassiese wingerde, geklassifiseer onder die "mooiste dorpies in Frankryk" en was deels die inspirasie vir die tuisdorp van Belle in die Disney film “The Beauty and the Beast”.

Riquewihr, Frankryk

Ons slaap vanaand weer in dieselfde hotel in Colmar.

Woensdag, 16 Julie 2025

DAG 10 VAN ONS EUROPESE PLATTELANDTOER MET ANDRÉ RIEU

- Freiburg & Triberg & Singen (Duitsland) -

Vanoggend vertrek ons terug na Duitsland! Eerste gaan ons na Freiburg, aan die voet van die Swartwoud. Die ou stad het ‘n groot sisteem klein stroompies wat daardeur vloei. Die Munsterplatz is 'n wonderlike plek om jou toer deur Freiburg te begin, aangesien dit omring word deur van die stad se belangrikste landmerke en historiese terreine. Dit is die tuiste van die indrukwekkende Freiburg Minster, 'n Gotiese meesterstuk wat uit die 13de eeu dateer.

Freiburg, Duitsland

Later vertrek ons na Triberg, wat in die middel van die Swartwoud lê. Hierdie dorpie het onder minder as 5,000 inwoners. Die Triberg Watervalle is van die hoogstes in Duitsland.

Triberg Watervalle, Duitsland

Ons vertrek later vanmiddag na Singen, waar ons die volgende drie aande gaan oornag.

Donderdag, 17 Julie 2025

DAG 11 VAN ONS EUROPESE PLATTELANDTOER MET ANDRÉ RIEU

- Meersburg & Lindau & Singen (Duitsland) -

Ons ry vanoggend na Meersburg op die Bodensee. Hierdie Middeleeuse stadjie word gekenmerk deur ‘n Onderstad en ‘n Bostad wat slegs vir voetgangers is. Die twee dele word aanmekaar geheg deur trappe en ‘n steil straatjie.

Meersburg, Duitsland

Later ry ons na Lindau, waarvan die ou stad op ‘n eiland is, op die Bodensee. ’n Gunsteling staproete vir byna elke besoeker (as daar nie reën is nie!) is uit na die Lindau-vuurtoring en die Beierse leeu-beeldhouwerk by die hawe-ingang, wat spog met wonderlike uitsigte terug oor die water na Lindau se ou stad.

Lindau-vuurtoring en leeu, Lindau

Vanaand bly ons weer in Singen.

Vrydag, 18 Julie 2025

DAG 12 VAN ONS EUROPESE PLATTELANDTOER MET ANDRÉ RIEU

- Mainau Eiland & Konstanz & Singen (Duitsland) -

Vanoggend wag die Blomme-eiland in die Bodensee, Mainau, op ons. Hierdie ‘tuin’ met blomme het ook parke en ‘n groenhuis met ‘n tropiese klimaat en duisende skoenlappers.

Mainau Blomme-eiland, Duitsland

Later vandag vertrek ons na Konstanz, waar die Rynrivier uit die Bodensee vloei. Hier het ons vrye tyd om in die ou stad aan die suide van Konstanz rond te wandel. Konstanz het baie ou geboue en kronkelende stegies. Die stadshorison word oorheers deur die Konstanz-katedraal, verskeie ander kerke en drie torings wat van die stadsmuur oorgebly het.

Konstanz, Duitsland

Ons slaap vanaand weer in dieselfde hotel in Singen.

Saterdag, 19 Julie 2025

DAG 13 VAN ONS EUROPESE PLATTELANDTOER MET ANDRÉ RIEU

- Zürich (Switserland) -

Ons geniet saam ‘n gesellige ontbyt en vertrek dan na Zürich vir ‘n laaste bietjie vrye tyd. Ons besoek die ou stad met geplaveide strate vol gesellige kroeë, tradisionele Switserse restaurante en kunsmuseums soos die Kunsthaus. Hier kan jy ook ikoniese kerke soos die Fraumünster sien, met Chagall- en Giacometti-loodglasvensters.

Zürich, Switserland

Na ‘n heerlike laaste dag in Europa neem ons bus ons toergroep na die lughawe en vertrek ons terug na SA.

Sondag, 20 Julie 2025

DAG 14 VAN ONS EUROPESE PLATTELANDTOER MET ANDRÉ RIEU

- Suid-Afrika -

Ons arriveer terug in Suid-Afrika na ‘n wonderlike en onvergeetlike ervaring.

Ons verwagte toerprys is R69,990.00* per persoon wat deel.

Verwagte enkeltoeslag is R13,000.00 per persoon.

*Teen wisselkoers van R20.50 = 1 Euro

Ons toerprys sluit al die volgende in:

  • Ekonomiese klas retoervlugte met Emirates (‘n Beperkte aantal Kaapstad vliegkaartjies is beskikbaar op aanvraag.)
  • Lughawebelasting.
  • Luuksebusvervoer (met lugverkoeling, ens.) vir die volle tydperk.
  • Akkommodasie in twin-kamers (bed en ontbyt) in drie- en viersterhotelle.
  • Aandetes of ‘n subsidie van €15 per persoon vir ‘n aandete elke dag.
  • Twee toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood kan agterbly en noodsaaklike hulp verleen.)
  • Die gebruik van ons hoë gehalte radio’tjies (oudiofone) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
  • Fooi vir die busbestuurder (€24 per persoon).
  • Paleis Het Loo toegangskaartjies.
  • Kaasmuseum in Gouda met kaasproe.
  • Stroopwafelmuseum in Gouda.
  • André Rieu kaartjies.
  • Heidelberg Bergbaan en Kasteel kaartjies.
  • ‘n Stadstoer in Strasbourg onder leiding van ‘n professionele plaaslike gidse (Engelssprekend).
  • Bootvaart op die Bodensee.
  • Toegangskaartjies na Mainau eiland.

Die Toerprys sluit nie die volgende in nie:

  • Visumkoste.
  • Mediese versekering.
  • Bykomende lughawebelasting (volgens wisselkoers).
  • Middagetes.
  • Alle ander toegangsgelde (indien enige - alle groepsbesoeke is reeds ingesluit).
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.

Geen bybetalings word van toerlede gevra tydens ons tyd in die Europa nie!

Hoe bespreek ek my plek?

Deur die deposito van R6,000.00 pp

- (verwysing: ARP25/Jou Voorletters en Van bv. ARP25/J.Coetzee) –

in die volgende bankrekening te betaal:

WinskoopToere

ABSA

Rekeningnommer: 9343 1803 92

** NB!! Stuur jou inbetalingstrokie na: droom@winskooptoere.co.za

(Maak asb seker jou epos bevat jou epos adres/kontakbesonderhede)

Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.

Elke toerlid moet asb die vorm invul en so spoedig moontlik na ons terugstuur.

 

**WinskoopToere behou die reg om die prys en toerprogram te wysig.

Back To Top