fbpx skip to Main Content
Categories: , , ,

RKERS24: Ons André Rieu Kerstoer in 2024!

WinskoopToerprys:

Original price was: R89,990.Current price is: R63,990.

Datums:

12 – 23 Desember 2024

Aantal plekke:

1 in stock

Ons André Rieu Kerstoer in Desember 2024!

GENIET EUROPA SE SPRANKEL IN DIE FEESTYD

DAG 1 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER – DONDERDAG 12 DESEMBER 2024 Johannesburg, Suid-Afrika

Ons Rieu-Kerstoer begin op OR Tambo Lughawe waar die opgewonde toerlede bymekaarkom! Ons vertrek na Amsterdam in Nederland. Etes en drankies tydens die vlugte is ingesluit. ‘n Beperkte aantal Kaapstadvlugte is beskikbaar op aanvraag - doen vroegtydig hiervoor aansoek.

DAG 2 VAN ANDRÉ RIEU KERSTOER - VRYDAG 13 DESEMBER 2024 Zaandam & Putten, Nederland

Ons arriveer in Amsterdam. Hier wag ons luukse toerbus reeds op ons. Hierdie gerieflike bus bly ons s'n vir die hele Kerstoer. Ons vertrek na Zaandam waar ons die Zaanse Dickens Kersmark besoek - dit is bekend vanwee Charles Dickens se “A Christmas Carol”. Hier word ons verplaas na ‘n negentiende-eeuse Kersfees met allerlei markstalletjies met snuisterye, en eetgoed. Later vertrek ons met ons bus na ons lieflike hotel buite Putten. Hier geniet ons almal saam ‘n smaaklike aandete.

Zaandam, Nederland

DAG 3 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER – SATERDAG 14 DESEMBER 2024 Amsterdam, Nederland

Na ontbyt vertrek ons na Amsterdam. Dit is volgens vele “die Venesie van die Noorde” vanwee die groot aantal kanale (wat ‘n UNESCO-wêrelderfenisgebied vorm). Toerlede het vrye tyd om hierdie historiese stad op hul eie te verken. Hier is ‘n verskeidenheid stalletjies. Oral sien jy kore wat a capella Kersliedere sing in die magiese winterlandskap. Trek dus jou winterjas en warm skoene aan, kom kuier saam met ‘n warm sjokolade, 'n glasie glühwein of koop ‘n paar geskenke. Daar is ook verskeie museums en ander indrukwekkende besienswaardighede om te besoek in Amsterdam. Ons toergroep besoek saam die bekende Van Gogh Museum. Sodra dit donker word geniet ons ‘n betowerende Ligfees Kanaalvaart.

Amsterdam, Nederland

Ons ontmoet weer mekaar op die afgespreekte plek en tyd en die bus neem ons toergroep terug na ons hotel buite Putten.

DAG 4 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER – SONDAG 15 DESEMBER 2024 Maastricht, Nederland

Na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons groep na Maastricht. Ons groep geniet eers vrye tyd voordat die bus ons na die André Rieu konsert wat om 15:00 begin, neem. Hier betower André Rieu en sy simfonie-orkes ons met ‘n pragtige Kersspel. ‘n Ervaring van ‘n leeftyd! André Rieu, die ”Koning van die Wals”, is 'n Nederlandse violis en dirigent van die Johann Strauss Orkes. Die orkes bestaan uit 60 musikante en voer gewilde klassieke werke en walse uit.

Maastricht, Nederland

Ons bus neem ons dan na ons hotel in Valkenburg waar ons inteken en die aand oornag.

DAG 5 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER – MAANDAG 16 DESEMBER 2024 Bonn & Köln, Duitsland

Na ontbyt vertrek ons groep na Bonn vir ‘n heerlike oggenduitstappie en vrye tyd.

Bonn, Duitsland

Vroegmiddag vertrek ons na Köln waar ons eers ‘n interessante stadstoer geniet. Hierna neem die bus ons na ons hotel waar ons inteken. Ons hotel lê in die hartjie van Köln se Ou Stad en toerlede kan die area te voet op hul eie leer ken. Kersmarkte is gedurende die Advent periode regdeur Köln versprei, wat die hele stad in een groot sprokieswêreld omskep. Die hoof-Kersmark is geleë by die Kölner Dom (katedraal) – een van Europa se grootste en mooiste Gotiese kerke. Lede ontvang ‘n €20 subsidie vir aandete.

Köln, Duitsland

DAG 6 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER - DINSDAG 17 DESEMBER 2024 Wiesbaden & Heidelberg, Duitsland

Ons vertrek vanoggend eers na Wiesbaden, en dan na die beroemde universiteitstad Heidelberg waar ons oornag.

Wiesbaden, Duitsland

Ons groep besoek saam die eeue-oue kasteel wat oor die Ou Stad waak en later kan jy ronddwaal en verlore raak in die atmosfeer van die seisoen. Ons ontmoet mekaar op die afgespreekte plek en keer terug na ons hotel vir die aand.

Heidelberg, Duitsland

DAG 7 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER - WOENSDAG 18 DESEMBER 2024 Baden-Baden, Duitsland & Strasbourg, Frankryk

Na ontbyt vertrek ons na Baden-Baden. Ons ervaar die betyowerende Advents-atmoesfeer van hierdie wêrelderfenisstad omring deur die Swartwoud en die berge.

Baden-Baden, Duitsland

Hierna ry ons verder na Strasbourg wat spog met van die mooiste versierde strate ter wêreld tydens die Kersseisoen. Teen die aand begin duisende kersliggies en kersversierings skitter en glinster. Toerlede geniet hier vrye tyd. Ons vertrek dan na Colmar waar ons vanaand gaan oornag.

Strasbourg, Duitsland

DAG 8 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER - DONDERDAG 19 DESEMBER 2024 Colmar & Riquewihr, Frankryk

Ons verken die Elsasgebied verder en stap eers heerlik deur die pragtige Colmar met sy vakwerkhuisies en baie stalletjies.

Colmar, Frankryk

Dan ry ons na die goed behoue middeleeuse dorpie Riquewihr. Hierdie dorpie is gekies as een van die mooiste dorpies in Frankryk en is omring deur die wingerde van Elsas. Na ons besoek hier keer ons weer terug na Colmar waar ons groep ‘n betowerende aand in Colmar se Ou Stad gaan deurbring. Elkeen ontvang €20 subsidie vir aandete.

Riquewihr, Frankryk

DAG 9 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER – VRYDAG 20 DESEMBER 2024 Rothenburg ob der Tauber & Nürnberg, Duitsland

Vanoggend ry ons na nog ‘n juweelstadjie uit die Middeleeue: Rothenburg ob der Tauber. Jy kan nie anders as om jouself af te vra of die tyd in Rothenburg stilgestaan ​​het vanaf die Middeleeue nie. Daar is baie min plekke elders in die wêreld met so baie oorspronklike geboue wat uit die Middeleeue dateer soos in hierdie dorpie. Ons geniet hier vrye tyd.

Rothenburg ob der Tauber, Duitsland

Ons toerbus neem ons dan na Nürnberg waar ons vanaand oornag. Na ons by ons hotel in die Ou Stad ingeteken het kan toerlede gerus in die unieke Kersatmosfeer van Nürnberg gaan rondloop. In die houthokkies van die “stadjie van hout en lap” vind ’n mens tradisionele, dikwels handgemaakte Kersversierings en lekkernye soos gemmerkoek en Spekulatius-amandelkoekies. Elkeen ontvang €20 subsidie vir aandete.

Neurenberg, Duitsland

DAG 10 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER – SATERDAG 21 DESEMBER 2024 Nürnberg , Duitsland

Na ontby vertrek ons groep op ‘n besondere stadstoer van die mooie ou Nürnberg met sy kasteel wat omstreeks 1140 gebou is. Nürnberg se historiese myl eindig (of begin) by die kasteel en beskik oor pragtige kerke, uitgebreide fonteine ​​en die Tucherschloss-museum. In skrille kontras dien ander terreine in Nürnberg as noodsaaklike herinneringe aan die donkerder jare in die stad se lang geskiedenis, o.a. waar die hoofoortreders van die Nazi-gruweldade in 1946 verhoor en skuldig bevind is.

Neurenberg, Duitsland

Na ons stadstoer keer ons terug na ons hotel in die Ou Stad. Toerlede kan nou weer vrye tyd geniet voor hul moet terugkeer na ons hotel vir aandete.

DAG 11 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER – SONDAG 22 DESEMBER 2024 München, Duitsland

Ons groep vertrek vanoggend na München vir ons laaste dag in Europa. Ons begin die oggend met ‘n stadstoer saam met ‘n plaaslike gids. München, Beiere se hoofstad, is die tuiste van eeue oue geboue en talle museums. Na ons stadstoer geniet ons vir oulaas ‘n heerlike Kersmark in die hartjie van München op die Marienplatz. Die sowat 2,500 liggies van die groot Kersboom skitter teen die romantiese agtergrond van die Neues Rathaus (nuwe stadsaal). Besoekers kom van heinde en verre om deel te hê aan die feesgees en Kersfeestradisies wat by hierdie bekoorlike Kersmark gevier word. En natuurlik vir die Glühwein en vars geroosterde amandels en kastaiings.

München, Duitsland

Na ons onsself flou geëet en gestap het is dit tyd om Europa te groet en met ons toerbus na die lughawe te ry. Ons vertrek met ‘n aandvlug terug na ons tuisland.

DAG 12 VAN ONS ANDRÉ RIEU KERSTOER – MAANDAG 23 DESEMBER 2024 Johannesburg, Suid-Afrika

Ons arriveer in Suid-Afrika en so kom ons lieflike Kerstoer tot ‘n einde. En ons weet: die herinneringe bly nou verder by ons vir die res van ons lewens!

*WinskoopToere kan steeds veranderinge aan hierdie toerprogram maak.

Ons toerprys is slegs R63,990.00 pp wat deel!

Enkeltoeslag is R11,500.00.

Kyk wat is ALLES in die toerprys ingesluit:

  • Ekonomiese klas retoervlugte met Emirates. ‘n Beperkte aantal vlugte vanaf Kaapstad is beskikbaar op aanvraag.
  • Lughawebelasting (behalwe wat mag bykom vanweë wisselkoersverandering).
  • Luuksebusvervoer (met lugverkoeling, ens.) vir die volle tydperk.
  • Akkommodasie in twin-kamers (bed en ontbyt) in drie- en viersterhotelle.
  • Aandetes of ‘n subsidie van €20 per persoon vir ‘n aandete elke dag.
  • Twee toerleiers, o.a. Marius Greeff, vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is altyd 'n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.)
  • Die gebruik van ons hoë gehalte radio’tjies (oudiofone) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
  • Van Gogh Museum kaartjies.
  • ‘n Ligfees Kanaalvaart in Amsterdam.
  • Stadstoere in Köln, Neurenberg en München met professionele plaaslike gidse (Engelssprekend).
  • Klas 2 André Rieu konsertkaartjies in Maastricht.
  • Toegang na die Heidelberg Kasteel en Bergbahn.
  • Toegang na die Köln Dom (Katedraal).

Die toerprys sluit nie die volgende in nie:

  • Visumkoste.
  • Reisversekering. (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting.)
  • Middagetes.
  • Toegangsgelde van plekke wat jy dalk addisioneel wil besoek.
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
  • Fooi vir die busbestuurder (€24 per persoon).

LW: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.

Hoe werk die visum?

‘n Schengen visum deur Nederland word benodig vir hierdie toer. Visumaansoeke in Suid-Afrika word deur die visumsentrum VFS Global (met kantore in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad of Durban) verwerk. Die koste is ongeveer R2200 per persoon en aansoeke moet in persoon gedoen word. Die aansoekproses word gewoonlik eers 3 maande voor die vertrekdatum begin. Ons sal nader aan die tyd volledige inligting in hierdie verband aan jou stuur.

Wat van reisversekering?

Voldoende reisversekering word benodig om ‘n Schengen visum te kan kry. Dit gee ook die nodige gemoedsrus wat jy benodig wanneer jy reis. Elke toerlid is egter self verantwoordelik vir reisversekering. WinskoopToere kan jou van hulp wees om reisversekering deur Bryte Travel Insurance te verkry, maar dit moet spesifiek deur ons kantoor aangevra word. Daar is verskillende polisse beskikbaar vir ouderdom vanaf 3 maande tot 69 jaar en die kostewissel tussen R1,000 en R2,000 per persoon. Voldoende reisversekering vir senior burgers is ook beskikbaar op aanvraag.

Om jou plek te bespreek:

(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)

Hoe bespreek ek my plek vir die Rieu-Kerstoer in 2024?

Deur die deposito van R6,500.00 pp

– (verwysing: RKERS24/Jou Voorletters en Van bv. RKERS24/J.Coetzee) –

in die volgende (NUWE) bankrekening te betaal:

WinskoopToere ABSA (NUWE) Rekeningnommer: 9343 1803 92

** NB!!  Stuur u inbetalingstrokie na: admin@winskooptoere.co.za

(Maak asb seker jou E-pos bevat jou E-pos adres/kontakbesonderhede)

OF

Laai jou strokie direk op WinskoopToere se sisteem:

WinskoopToere Bewys van Betaling

Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.

Elke toerlid moet asb die vorm invul en so spoedig moontlik na ons terugstuur/faks.

 

Covid-19 inligting:

Daar is tans geen inenting-vereistes in Europa nie.

—————-

WinskoopToere sal streng voldoen aan alle gesondheidsriglyne en -vereistes van COVID-19 (bv inentings, maskers, sosiale afstand) sou dit verander.

—————-

Vir meer besonderhede tree gerus met ons kantoor in verbinding.

**WinskoopToere behou die reg om die toerprogram en -prys te wysig.

Back To Top