WinskoopToerprys:
R59,990
Datums:
Aantal plekke:
20 plekke
Die beste van Europa met André Rieu Toer in 2024!
BESOEK DIE MOOISTE JUWELE VAN EUROPA!
DAG 1 VAN ONS BESTE VAN EUROPA TOER – DONDERDAG 11 JULIE 2024
Johannesburg, Suid-Afrika
Ons toergroep vertrek vanaf Johannesburg. (‘n Beperkte aantal Kaapstad vliegkaartjies is beskikbaar op aanvraag.)
DAG 2 VAN ONS BESTE VAN EUROPA TOER – VRYDAG 12 JULIE 2024
Parys, Frankryk
Ons arriveer in die pragtige Parys! Met aankoms geniet ons ‘n stadstoer om al die moet-sien plekke van Parys te beleef: die Arc de Triomphe, die Eiffeltoring, Champs-Élysées, Notre Dame katedraal en vele meer… Ons geniet saam aandete in die hotel.
Arc de Triomphe, Frankryk
DAG 3 VAN ONS BESTE VAN EUROPA TOER – SATERDAG 13 JULIE 2024
Parys, Frankryk
Ons groep geniet vandag heerlike vrye tyd in Parys. Later die aand kan jy saam met die toerleiers die kunstenaarsomgewing, Montmartre, besoek.
Eiffeltoring, Frankryk
DAG 4 VAN ONS BESTE VAN EUROPA TOER – SONDAG 14 JULIE 2024
Brussel, België
Vanoggend vertrek ons groep na Brussel. Hier geniet ons eers ‘n stadstoer, waarna ons vrye tyd het by die Grote Mark. Moenie ‘n eg Belgiese wafel en bier misloop nie! (Elkeen ontvang €15 vir aandete.) Ons slaap die volgende twee aande in Brussel.
Die Grote Mark van Brussel, België
DAG 5 VAN ONS BESTE VAN EUROPA TOER – MAANDAG 15 JULIE 2024
Brussel & Brugge, België
Vanoggend besoek ons na die pragdorpie Brugge waar ons vrye tyd geniet. Skilderagtige geplaveide lanings en dromerige kanale verbind fotogeniese markpleine wat met stygende torings, historiese kerke en laning vir laning van ou witgekalkte aalmoeshuise gevoer is. Verloor jouself in die Grote Markt, geniet ‘n toer ter perdekoets of besoek die Basiliek van die Heilige Bloed. Hierna keer ons terug na Brussel.
Brugge, België
DAG 6 VAN ONS BESTE VAN EUROPA TOER – DINSDAG 16 JULIE 2024
Amsterdam, Nederland
Na ontbyt ry ons na Amsterdam. Eers onderneem ons ‘n gesellige kanaalvaart tot in die hawe. Daar word na Amsterdam verwys as die “Venesië van die Noorde”, vanweë die groot aantal kanale wat ‘n UNESCO-wêrelderfenisgebied vorm. Dan besoek ons saam die Van Gogh Museum. Amsterdam is by die Amstel gestig, wat opgedam is om oorstromings te beheer; die stad se naam kom van die Amsteldam af. Ons groep geniet dan heerlike vrye tyd in Amsterdam. Ons slaap die volgende 2 aande in die omliggende gebied.
Zaanse Schans, Nederland
DAG 7 VAN ONS BESTE VAN EUROPA TOER – WOENSDAG 17 JULIE 2024
Gouda & Delft, Nederland
Ons besoek vanoggend vir Gouda, die kaasstad van Holland. Daar is baie om te sien en doen in Gouda. Besoek historiese hoogtepunte soos die Waag, die stadsaal en die Sint-Janskerk. Ontdek die versteekte skatte in Museum Gouda, leer oor kaasmakery by die Gouda Kaaservaring en geniet heerlike lekkers by die stroopwafelfabriek. Wat ‘n bederf! Later ry ons na die ou Nederlandse stad Delft. Hierdie stad is bekend vir sy blou porseleinkuns en die pragtige kanale wat deur die stad vloei. Hier het ons Europa toergroep weer heerlike vrye tyd, voordat ons laatmiddag terugkeer na ons hotel.
Gouda, Nederland
DAG 8 VAN ONS BESTE VAN EUROPA TOER – DONDERDAG 18 JULIE 2024
Maastricht, Nederland
Vanoggend vertrek ons na Maastricht. Maastricht is een van die oudste stede in Holland, soos jy vinnig sal ontdek wanneer jy deur die historiese middestad stap. Vanaand wag ‘n baie groot bederf op ons. Ons toergroep gaan saam ‘n André Rieu konsert bywoon. Hierna neem ons bus ons weer terug na ons hotel.
‘n André Rieu konsert in Maastricht, Nederland
DAG 9 VAN ONS BESTE VAN EUROPA TOER – VRYDAG 19 JULIE 2024
Luxembourg, Luxembourg & Strasbourg, Duitsland
Vanoggend ry ons toergroep na Luxembourg. Aangesien die hele Ou Stad ‘n UNESCO-wêrelderfenisgebied is, is ontspannende wandelings en fassinerende insigte in die geskiedenis van die land en die stad feitlik onafskeidbaar. Ons groep onderneem ‘n begeleide stadstoer van Luxembourg se Ou Stad. Ons vertrek dan na Strasbourg, waar ons vanaand slaap.
Luxembourg, Luxembourg
DAG 10 VAN ONS BESTE VAN EUROPA TOER – SATERDAG 20 JULIE 2024
Strasbourg & Ribbeauville, Duitsland
Vanoggend geniet ons die mooie Strasbourg (met ‘n stadstoer en vrye tye). Hierna vertrek ons na die skilderagtige dorpie Ribbeauville. Ons genet hier vrye tyd voor ons weer terugkeer na ons hotel in Strasbourg. Toerlede ontvang 15 Euro subsidie vir aandete en kan self die naglewe van Strasbourg gaan verken.
Strasbourg, Duitsland
DAG 11 VAN ONS BESTE VAN EUROPA TOER – SONDAG 21 JULIE 2024
Heidelberg, Duitsland
Ons ry na die universiteitstad Heidelberg. Dit is een van die mooiste stede in Duitsland. Hier kan ons heerlik rondloop. Ons besoek selfs die ou kasteel bo-op die berg. (Vir die ouer knieë is daar gelukkig ‘n Bergbahn [treintjie] tot bo!) Vandaar het mens ‘n asemrowende uitsig oor die Ou Stad en die Neckarrivier. Elkeen ontvang dan 15 Euro subsidie vir aandete en ons geniet heerlike vrye tyd. Ons slaap vanaand in Heidelberg.
Heidelberg, Duitsland
DAG 12 VAN ONS BESTE VAN EUROPA TOER – MAANDAG 22 JULIE 2024
Frankfurt, Duitsland
Vanoggend vertrek ons na Frankfurt waar ons toergroep heerlike vrye tyd in die Ou Stad gaan geniet. Hierna neem die bus ons na Frankfurt se lughawe vanwaar ons terugvlieg na Suid-Afrika.
Frankfurt, Duitsland
DAG 13 VAN ONS BESTE VAN EUROPA TOER – DINSDAG 23 JULIE 2024
Johannesburg, Suid-Afrika
Nou, aan die einde van hierdie wonderlike toer, sal jy weet: “Ek is nou anders as toe ek gekom het. Ek het soveel beleef, ek is verryk, en ek neem dit saam met my vir altyd!”
*WinskoopToere kan steeds veranderinge aan hierdie toerprogram maak.
Ons toerprys is slegs R59,990.00 pp wat deel!
Enkeltoeslag is R13,300.00.
*Teen wisselkoers van 1 Euro : R20.00.
Kyk wat is ALLES in die toerprys ingesluit:
- Ekonomiese klas retoer vliegkaartjies.
- Aandetes of €15 subsidie soos aangedui hierbo.
- Ontbyte.
- Akkommodasie in 3-4* hotelle in twin of dubbelkamers.
- Luukse busvervoer gedurende die toer.
- Stadstoere met professionele Engelssprekende gidse in Parys, Luxembourg en Strasbourg.
- Gouda Kaasmuseum.
- Van Gogh museum.
- Klas 3 André Rieu konsertkaartjies in Maastricht.
- Kanaalvaart in Amsterdam.
- Heidelberg Bergbaan en kasteel toegangskaartjie met begeleide toer of oudiogids.
- Fooitjies vir die busbestuurder.
- Twee toerleiers, o.a. Marius Greeff, wat oral saamtoer, veel waarde toevoeg en ‘n heerlike, gerieflike toer verseker!
Die toerprys sluit nie die volgende in nie:
- Visumkoste.
- Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting).
- Middagetes.
- Toegangsgelde van plekke wat jy dalk addisioneel wil besoek.
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
LW: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.
Hoe werk die visum?
‘n Schengen visum deur Nederland word benodig vir hierdie toer.
Visumaansoeke in Suid-Afrika word deur die visumsentrum VFS Global (met kantore in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad of Durban) verwerk.
Die koste is ongeveer R2200 per persoon en aansoeke moet in persoon gedoen word. Die aansoekproses word gewoonlik eers 3 maande voor die vertrekdatum begin. Ons sal nader aan die tyd volledige inligting in hierdie verband aan jou stuur.
Wat van reisversekering?
Voldoende reisversekering word benodig om ‘n Schengen visum te kan kry. Dit gee ook die nodige gemoedsrus wat jy benodig wanneer jy reis. Elke toerlid is egter self verantwoordelik vir reisversekering. WinskoopToere kan jou van hulp wees om reisversekering deur Bryte Travel Insurance te verkry, maar dit moet spesifiek deur ons kantoor aangevra word. Daar is verskillende polisse beskikbaar vir ouderdom vanaf 3 maande tot 69 jaar en die kostewissel tussen R1,000 en R2,000 per persoon. Voldoende reisversekering vir senior burgers is ook beskikbaar op aanvraag.
Om jou plek te bespreek:
(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)
Hoe bespreek ek my plek vir die Keukenhof tot Kopenhagen Toer in 2024?
Deur die deposito van R6,500.00 pp
– (verwysing: JLIG24/Jou Voorletters en Van bv. JLIG24/J.Coetzee) –
in die volgende (NUWE) bankrekening te betaal:
WinskoopToere
ABSA
(NUWE) Rekeningnommer: 9343 1803 92
** NB!! Stuur u inbetalingstrokie na: admin@winskooptoere.co.za
(Maak asb seker jou E-pos bevat jou E-pos adres/kontakbesonderhede)
OF
Laai jou strokie direk op WinskoopToere se sisteem:
WinskoopToere Bewys van Betaling
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.
Elke toerlid moet asb die vorm invul en so spoedig moontlik na ons terugstuur/faks.
Covid-19 inligting:
Daar is tans geen inenting-vereistes in Europa nie.
—————-
WinskoopToere sal streng voldoen aan alle gesondheidsriglyne en -vereistes van COVID-19 (bv inentings, maskers, sosiale afstand) sou dit verander.
—————-
Vir meer besonderhede tree gerus met ons kantoor in verbinding.
**WinskoopToere behou die reg om die toerprogram en -prys te wysig.