WinskoopToerprys:
R51,990
Datums:
Aantal plekke:
1 plekke
ERVAAR DIE BESONDERSE KULTUUR, ARGITEKTUUR EN NATUUR VAN EUROPA!
Ons WinskoopToerprys is slegs R51,990.00* per persoon wat deel!
*TEEN WISSELKOERS VAN 1 EURO = 19 RAND.
DAG 1 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPA TOER, SONDAG 21 APRIL 2024
JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA
Ons groep vertrek van OR Tambo Lughawe na Europa. (‘n Beperkte aantal vlugte vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.)
DAG 2 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPA TOER, MAANDAG 22 APRIL 2024
VENESIË & VERONA, ITALIË
Ons land op Venesië Lughawe. [Ons kry etes en drankies tydens die vlugte.] Hier wag ons luuksebus vir ons by die lughawe in Venesië. (Ons ry die hele tydperk met hierdie bus.)
Die groep geniet aandete in Verona. Ons slaap in ‘n gerieflike driesterhotel in Verona.
Verona, Italië
DAG 3 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPA TOER, DINSDAG 23 APRIL 2024
VENESIË, ITALIË
Ons groep besoek die wonderstad op water, Venesië! Dan vaar ons met die boot na die Ou Stad, ons geniet ‘n stadstoer deur ‘n plaaslike gids, ons bewonder ‘n meesterlike glasblaser en ons stap lekker hier rond in ons vrye tyd. Ons vaar eers 17:00 weer met die boot terug na ons bus. Wat ‘n opwindende dag!
Ons eet vanaand in ‘n gesellige restaurant en ons slaap weer in dieselfde hotel in Verona.
Venesië, Italië
DAG 4 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPA TOER, WOENSDAG 24 APRIL 2024
VERONA & COMO, ITALIË
Ons groep besoek die pragtige antieke stad Verona – vandag ‘n Wêrelderfenisgebied. Hierdie ou stad is bekend vir sy Romeinse arena uit die eerste eeu (hier word steeds konserte voor 15,000 mense op ‘n keer gehou), die eeue-oue stadsmure en die Ponte Pietra-brug (gebou in 100 vC!)
Die aanskoulike Lago di Como is ons volgende bestemming. Ons vertrek na hierdie aanskoulike mere-distrik in Italië. Hier gaan ons ‘n baie gesellige aand langs die beroemde meer geniet! Ons slaap in ‘n gerieflike hotel in Como. Ons eet vanaand saam in ‘n restaurant naby ons hotel.
Lago di Como, Italië
DAG 5 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPA TOER, DONDERDAG 25 APRIL 2024
LUZERN, SWITSERLAND & COLMAR, FRANKRYK
Van die een hoogtepunt na die volgende: ons ry vandag deur ‘n pragtige natuurgebied Switserland toe vir ‘n verruklike dag in Luzern. Die groot Pilatusbergspits val mens eerste op, en die wonderskone Luzernmeer nooi jou uit vir ‘n onvergeetlike bootvaart. Eers gaan ons as groep na die aangrypende standbeeld van die gewonde leeu kyk, en daarna stap ons almal saam met die toerleiers na die eeue-oue stadsmuur en rivierbrûe. Die toergroep geniet dan ‘n heerlike bootvaart op die meer. Hierna het almal vrye tyd om in die mooi Ou Stad rond te loop en inkopies te doen. Jy kan ook met die boot op die meer gaan vaar as jy wil!
Luzern, Switserland
Stop gerus ook by die Schwanenplatz “Chocolate World” met hulle sjokolade waterval wat teen ‘n hele muur afvloei. Jy kan nie in Switserland wees en nie hul sjokolade proe nie!
Schwanenplatz “Chocolate World” in Luzern, Switserland
Later vanmiddag sit ons ons reis in Europa voort, nou in die rigting van die Franse grens. Ons bly vannag oor in ‘n oulike hotel in Colmar, Frankryk. Aandete word in die hotel bedien vir ons groep.
DAG 6 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPA TOER, VRYDAG 26 APRIL 2024
COLMAR & RIQUEWIHR, FRANKRYK & HEIDELBERG, DUITSLAND
Na ‘n smaaklike ontbyt, stap ons lustig rond in die skilderagtige Colmar met sy pragtige vakwerk-huisies.
Colmar, Frankryk
Daarna gaan ons na die baie besonderse middeleeuse dorpie, Riquewihr, waar alles lyk of die tyd eeue lank stilgestaan het.
Riquewihr, Frankryk
Dan ry ons na Heidelberg in Duitsland, waar ons vanaand oornag. Jy kan vanaand in hierdie pragtige universiteitstad gaan rondloop as jy wil. Elke toerlid ontvang ‘n aandete subsidie van €15.
DAG 7 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPA TOER, SATERDAG 27 APRIL 2024
HEIDELBERG, DUITSLAND & REIMS, FRANKRYK
Vandag bring ons eers tyd in Heidelberg deur. Dit is een van die mooiste stede in Duitsland. Hier kan ons heerlik rondloop en selfs tot bo-op die berg na die Ou Kasteel toe loop. (Vir die ouer knieë is daar gelukkig ‘n Bergbahn [treintjie] tot bo!) Vandaar het mens ‘n asemrowende uitsig oor die Ou Stad en die Neckarrivier.
Heidelberg, Duitsland
Later vandag ry ons groep diep in die Franse platteland in. Ons geniet die unieke natuur van hierdie gebied. Ons slaap vanaand in Reims in Frankryk en kry ook die geleentheid om dié stad se asemrowende katedraal te sien. Hier kry elke toerlid weer €15 vir aandete.
Die imposante katedraal in Reims, Frankryk
DAG 8 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPA TOER, SONDAG 28 APRIL 2024
PARYS, FRANKRYK
Ons vertrek vanoggend vroeg na Parys! Daar ontmoet ons ‘n plaaslike gids wat ons met die bus in die stad rondneem en ons meer vertel oor Parys se interessante geskiedenis. Ons het heerlike vrye tyd in Parys.
Die bekende Notre-Dame Katedraal in Parys, Frankryk
Later ry ons Europa toer groep dan met ons bus na ons hotel in Parys. Ons bly in ‘n lieflike hotel wat in die hartjie van Montmatre geleë is. Van hier af kan toerlede dié unieke kunstenaarsgebied verken, sowel as die pragtige beligte Sacre Coeur in die aand bewonder. Elkeen kry ‘n aandete subsidie van €15.
Sacre Coeur in Montmartre, Parys, Frankryk
DAG 9 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPA TOER, MAANDAG 29 APRIL 2024
PARYS, FRANKRYK & BRUSSEL, BELGIË
Ons spandeer vanoggend nog ‘n paar ure in Parys. In hierdie vrye tyd kan toerlede gerus ‘n draai by die twaalfde-eeuse Notre Dame katedraal gaan maak. Die katedraal is egter in ‘n brand erg verwoes. Jy kan ook van die wonderlike museums en kunsgalerye besoek. Of jy kan net rustig langs die Seinerivier gaan piekniek hou.
Hierna ry ons na die hoofstad van België, Brussel. Ons meld aan by ons hotel in die Ou Stad waarna ons die stad kan gaan verken en op die Groote Markt ‘n Belgiese bier kan geniet. (Vanaand kry elke toerlid weer ‘n aandete subsidie van €15.)
Brussel, België
DAG 10 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPA TOER, DINSDAG 30 APRIL 2024
BRUGGE, BELGIË & DELFT, NEDERLAND
Ons groep ry vroeg vanoggend na die skatlike ou stadjie Brugge met sy middeleeuse karakter, kanale, spitsdakhuisies en selfs nog perdekarre op die Markplein! Soek in die winkels vir jou ‘n stukkie van hulle beroemde kant. En moenie vergeet om van die onverbeterlike wafels en aarbeie op die markplein te eet nie!
Brugge, België
Later ry ons na die ou Nederlandse stad Delft. Hierdie stad is bekend vir sy blou porseleinkuns en die pragtige kanale wat deur die stad vloei. Hier het ons groep weer heerlike vrye tyd, voordat ons laatmiddag na ons hotel vertrek. (Elke toerlid kry €15 subsidie vir aandete.)
DAG 11 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPA TOER, WOENSDAG 1 MEI 2024
KEUKENHOF, NEDERLAND
Ons groep ry vroeg reeds na die wonderlikste tuin in Europa – Keukenhof, met sy 7 miljoen tulpe. Dit is ‘n aangrypende ervaring om vroegoggend in die tuin rond te loop asof jy die enigste een daar is – want later trap die mense jou byna dood! Hierdie oggend word deur baie toerlede as die hoogtepunt van ons toer beleef.
Loer gerus hier vir meer ingligting: https://keukenhof.nl/en/
Die fantastiese tuine van Keukenhof, Nederland
Ons stop by Zaanse Schans en later besoek ons ook die mooie ou hawedorpie Volendam. Hier moet jy beslis soos die Nederlanders ‘n heerlike sagte zoute haring eet! Later, op ons laaste aand, eet ons groep ‘n heerlike aandete gesellig saam in ons hotel .
DAG 12 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPA TOER, DONDERDAG 2 MEI 2024
AMSTERDAM
Vanoggend ry ons Amsterdam toe. Ons groep geniet ‘n baie interessante kanaalvaart deur die stadskern.
Dan het ons vrye tyd om ‘n museum of wat te besoek voordat ons bus ons na Schiphol Lughawe toe neem. Ons vertrek hiervandaan terug na Johannesburg.
Amsterdam, Nederland
DAG 13 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPA TOER, VRYDAG 3 MEI 2024
JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA
Nou, aan die einde van hierdie wonderlike toer, sal jy weet: “Ek is nou anders as toe ek gekom het. Ek het soveel beleef, ek is verryk, en ek neem dit saam met my vir altyd!”
Hier volg ‘n kort video met uittreksels uit Italië, België en Nederland
Die WinskoopToerprys vir hierdie toer is:
R51,990.00* per persoon wat deel!
Enkeltoerslag is R9,400.00 per persoon.
*Teen wisselkoers van 1 Euro = 19 Rand.
Kyk wat is ALLES in die toerprys ingesluit:
- ‘n Ekonomiese klas retoervlugte. ‘n Beperkte aantal vlugte vanaf Kaapstad is beskikbaar op aanvraag.
- Lughawebelasting.
- Luuksebusvervoer (met lugverkoeling, ens.) vir die volle tydperk.
- Akkommodasie in twin-kamers (bed en ontbyt) in drie- en viersterhotelle.
- Aandetes of ‘n subsidie van €15 per persoon vir ‘n aandete elke dag.
- Professionele plaaslike gidse (Engelssprekend) soos hierbo aangedui.
- Twee toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood kan agterbly en noodsaaklike hulp verleen).
- Bootvaarte na Venesië se Ou Stad en terug.
- ‘n Bootvaart op die Luzern Meer.
- Die kanaalvaart in Amsterdam.
- Toegangskaartjie na Keukenhof.
- Die gebruik van ons hoë gehalte radio’tjies (oudiofone) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
- Fooi vir die busbestuurder (€24 per persoon).
Die toerprys sluit nie die volgende in nie:
- Addisionele lughawebelasting a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen).
- Visumkoste.
- Reisversekering. (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)
- Middagetes.
- Toegangsgelde van plekke wat jy dalk addisioneel wil besoek.
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
LET WEL:
GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.
Om jou plek te bespreek:
LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting.
Hoe bespreek ek my plek?
Deur die deposito van R6,000.00 pp – (verwysing: HPE24/Jou Voorletters en Van bv. HPE24/J.Coetzee) – in die volgende bankrekening te betaal:
WinskoopToere
ABSA spaarrekening
9343 1803 92
** NB!! Stuur jou inbetalingstrokie na: admin@winskooptoere.co.za
(Maak asb seker jou e-pos bevat jou e-posadres/kontakbesonderhede)
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons met jou in verbinding tree.
**WinskoopToere behou die reg om die toerprogram en -prys te wysig.