fbpx skip to Main Content

HPE25: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof 2025!

WinskoopToerprys:

Original price was: R72,950.Current price is: R58,990.

Datums:

21 April 2025 – 3 Mei 2025 (14 dae)

Aantal plekke:

5 in stock

Hierdie immergewilde toer is reeds vol bespreek vir 2025 - maar moenie bekommer nie - ons het ‘n tweede Hoogtepunte van Europatoer (THP25) teen dieselfde prys - net vir jou -  vanaf 23 April - 5 Mei 2025.

DAG 1 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPATOER, MAANDAG 21 APRIL 2025 JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA

Ons groep vertrek van OR Tambo Lughawe na Europa. (‘n Beperkte aantal vlugte vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.)

DAG 2 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPATOER, DINSDAG 22 APRIL 2025 VENESIË & VERONA, ITALIË

Ons land op Venesië Lughawe. [Ons kry etes en  drankies tydens die vlugte.] Hier wag ons luuksebus vir ons by die lughawe in Venesië. (Ons ry die hele tydperk met hierdie bus.)

Die groep geniet aandete in Verona. Ons slaap in ‘n gerieflike driesterhotel in Verona.

Verona, Italië

DAG 3 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPATOER, WOENSDAG 23 APRIL 2025 VENESIË, ITALIË

Ons groep besoek die wonderstad op water, Venesië! Dan vaar ons met die boot na die Ou Stad, ons geniet ‘n stadstoer deur ‘n plaaslike gids, ons bewonder ‘n meesterlike glasblaser en ons stap lekker hier rond in ons vrye tyd. Ons vaar eers 17:00 weer met die boot terug na ons bus. Wat ‘n opwindende dag!

Ons eet vanaand in ‘n gesellige restaurant en ons slaap weer in dieselfde hotel in Verona.

cityscapes-lanterns-boats-venice-italy_www-paperhi-com_72Venesië, Italië

DAG 4 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPATOER, DONDERDAG 24 APRIL 2025 VERONA & COMO, ITALIË

Ons groep besoek die pragtige antieke stad Verona – vandag ‘n Wêrelderfenisgebied. Hierdie ou stad is bekend vir sy Romeinse arena uit die eerste eeu (hier word steeds konserte voor 15,000 mense op ‘n keer gehou), die eeue-oue stadsmure en die Ponte Pietra-brug (gebou in 100 vC!)

Die aanskoulike Lago di Como is ons volgende bestemming. Ons vertrek na hierdie aanskoulike mere-distrik in Italië. Hier gaan ons ‘n baie gesellige aand langs die beroemde meer geniet! Toerlede ontvang 'n €15 subsidie vir aandete. Ons slaap in ‘n gerieflike hotel in Como.

como-3475595_1920Lago di Como, Italië

DAG 5 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPATOER, VRYDAG 25 APRIL 2025 LUZERN, SWITSERLAND & COLMAR, FRANKRYK

Van die een hoogtepunt na die volgende: ons ry vandag deur ‘n pragtige natuurgebied Switserland toe vir ‘n verruklike dag in Luzern. Die groot Pilatusbergspits val mens eerste op, en die wonderskone Luzernmeer nooi jou uit vir ‘n onvergeetlike bootvaart. Eers gaan ons as groep na die aangrypende standbeeld van die gewonde leeu kyk, en daarna stap ons almal saam met die toerleiers na die eeue-oue stadsmuur en rivierbrûe. Die toergroep geniet dan 'n heerlike bootvaart op die meer. Hierna het almal vrye tyd om in die mooi Ou Stad rond te loop en inkopies te doen.

lucerne-4340260_1920Luzern, Switserland

Stop gerus ook by die Schwanenplatz “Chocolate World” met hulle sjokolade waterval wat teen ‘n hele muur afvloei. Jy kan nie in Switserland wees en nie hul sjokolade proe nie!

Schwanenplatz “Chocolate World” in Luzern, Switserland

Later vanmiddag sit ons ons reis in Europa voort, nou in die rigting van die Franse grens. Ons bly vannag oor in ‘n oulike hotel in Colmar, Frankryk. Aandete word in die hotel bedien vir ons groep.

DAG 6 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPATOER, SATERDAG 26 APRIL 2025 COLMAR & RIQUEWIHR, FRANKRYK & HEIDELBERG, DUITSLAND

Na ‘n smaaklike ontbyt, stap ons lustig rond in die skilderagtige Colmar met sy pragtige vakwerk-huisies.

colmar-4448709_1920Colmar, Frankryk

Daarna gaan ons na die baie besonderse middeleeuse dorpie, Riquewihr, waar alles lyk of die tyd eeue lank stilgestaan het.

rhdrRiquewihr, Frankryk

Dan ry ons na Heidelberg in Duitsland, waar ons vanaand oornag. Jy kan vanaand in hierdie pragtige universiteitstad gaan rondloop as jy wil. Elke toerlid ontvang ‘n aandete subsidie van €15.

DAG 7 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPATOER, SONDAG 27 APRIL 2025 HEIDELBERG, DUITSLAND & REIMS, FRANKRYK

Vandag bring ons eers tyd in Heidelberg deur. Dit is een van die mooiste stede in Duitsland. Hier kan ons heerlik rondloop en selfs tot bo-op die berg na die Ou Kasteel toe loop. (Vir die ouer knieë is daar gelukkig ‘n Bergbahn [treintjie] tot bo!) Vandaar het mens ‘n asemrowende uitsig oor die Ou Stad en die Neckarrivier.

heidelberg-3395743_1920Heidelberg, Duitsland

Later vandag ry ons groep diep in die Franse platteland in. Ons geniet die unieke natuur van hierdie gebied. Ons slaap vanaand in Reims in Frankryk en kry ook die geleentheid om dié stad se asemrowende katedraal te sien. Hier kry elke toerlid weer €15 vir aandete.

img_20190426_175239Die imposante katedraal in Reims, Frankryk

DAG 8 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPATOER, MAANDAG 28 APRIL 2025 PARYS, FRANKRYK

Ons vertrek vanoggend vroeg na Parys! Daar ontmoet ons ‘n plaaslike gids wat ons met die bus in die stad rondneem en ons meer vertel oor Parys se interessante geskiedenis. Ons het heerlike vrye tyd in Parys.

Die bekende Notre-Dame Katedraal in Parys, Frankryk

Later ry ons Europa toer groep dan met ons bus na ons hotel in Parys. Ons bly in ‘n lieflike hotel wat in die hartjie van Montmatre geleë is. Van hier af kan toerlede dié unieke kunstenaarsgebied verken, sowel as die pragtige beligte Sacre Coeur in die aand bewonder. Elkeen kry ‘n aandete subsidie van €15.

Sacre Coeur in Montmartre, Parys, Frankryk

DAG 9 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPATOER, DINSDAG 29 APRIL 2025 PARYS, FRANKRYK & BRUSSEL, BELGIË

Ons spandeer vanoggend nog ‘n paar ure in Parys. In hierdie vrye tyd kan toerlede gerus ‘n draai by die twaalfde-eeuse Notre Dame katedraal gaan maak. Die katedraal is egter in ‘n brand erg verwoes. Jy kan ook van die wonderlike museums en kunsgalerye besoek. Of jy kan net rustig langs die Seinerivier gaan piekniek hou.

Hierna ry ons na Brugge in België. Ons meld aan by ons hotel waarna ons die skatlike ou stadjie op ons eie kan gaan verken. (Vanaand kry elke toerlid weer ‘n aandete subsidie van €15.)

Brugge, België

DAG 10 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPATOER, WOENSDAG 30 APRIL 2025 BRUGGE, BELGIË & DELFT, NEDERLAND

Na ’n heerlike ontbyt geniet ons vryetyd in die Brugge met sy middeleeuse karakter, kanale, spitsdakhuisies en selfs nog perdekarre op die Markplein! Soek in die winkels vir jou ‘n stukkie van hulle beroemde kant. En moenie vergeet om van die onverbeterlike wafels en aarbeie op die markplein te eet nie!

belgium-3604045_1920Brugge, België

Later ry ons na die ou Nederlandse stad Delft. Hierdie stad is bekend vir sy blou porseleinkuns en die pragtige kanale wat deur die stad vloei. Hier het ons groep weer heerlike vrye tyd, voordat ons laatmiddag na ons hotel vertrek. (Elke toerlid kry €15 subsidie vir aandete.)

DAG 11 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPATOER, DONDERDAG 1 MEI 2025 KEUKENHOF, NEDERLAND

Ons groep ry vroeg reeds na die wonderlikste tuin in Europa – Keukenhof, met sy 7 miljoen tulpe. Dit is ‘n aangrypende ervaring om vroegoggend in die tuin rond te loop asof jy die enigste een daar is – want later trap die mense jou byna dood! Hierdie oggend word deur baie toerlede as die hoogtepunt van ons toer beleef.

Loer gerus hier vir meer ingligting: https://keukenhof.nl/en/

Die fantastiese tuine van Keukenhof, Nederland

Na ons blomme uitstappie stop ons by die Zaanse Schans. Stap verby sy windpompe, groen houthuise, handwerkwinkels en nywerhede, wat vir eeue die middelpunt van wêreldhandel was.

Later, op ons laaste aand, eet ons groep ‘n heerlike aandete gesellig saam in ons hotel .

DAG 12 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPATOER, VRYDAG 2 MEI 2025 AMSTERDAM

Vanoggend ry ons Amsterdam toe. Ons groep geniet ‘n baie interessante kanaalvaart deur die stadskern.

Dan het ons vrye tyd om ‘n museum of wat te besoek voordat ons bus ons na Schiphol Lughawe toe neem. Ons vertrek hiervandaan terug na Johannesburg.

amsterdam-4388160_1920Amsterdam, Nederland

DAG 13 VAN ONS HOOGTEPUNTE VAN EUROPATOER, SATERDAG 3 MEI 2025 JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA

Nou, aan die einde van hierdie wonderlike toer, sal jy weet: “Ek is nou anders as toe ek gekom het. Ek het soveel beleef, ek is verryk, en ek neem dit saam met my vir altyd!”

Hier volg ‘n kort video met uittreksels uit Italië, België en Nederland

Die toerprys is R58,990.00* per persoon wat deel.

Die enkeltoeslag is R11,250 per persoon.

*Teen wisselkoers 1 Euro = R20.50.

Kyk wat is ALLES in die toerprys ingesluit:

  • ‘n Ekonomiese klas retoervlugte. ‘n Beperkte aantal vlugte vanaf Kaapstad is beskikbaar op aanvraag.
  • Lughawebelasting.
  • Luukse busvervoer (met lugverkoeling, ens.) vir die volle tydperk.
  • Akkommodasie in twin-kamers (bed en ontbyt) in drie- en viersterhotelle.
  • Aandetes of ‘n subsidie van €15 per persoon vir ‘n aandete elke dag.
  • Professionele plaaslike gidse (Engelssprekend) soos hierbo aangedui.
  • Twee toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood kan agterbly en noodsaaklike hulp verleen).
  • Bootvaarte na Venesië se ou stad en terug.
  • 'n Bootvaart op die Luzern Meer.
  • Die kanaalvaart in Amsterdam.
  • Toegangskaartjie na Keukenhof.
  • Fooi vir die busbestuurder (€24 per persoon).

Die toerprys sluit nie die volgende in nie:

  • Addisionele lughawebelasting a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen).
  • Visumkoste.
  • Reisversekering. (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)
  • Middagetes.
  • Toegangsgelde van plekke wat jy dalk addisioneel wil besoek.
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.

LET WEL:

GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.

Hoe om jou plek te bespreek vir die tweede Hoogtepunte van Europatoer

(23 April - 5 Mei 2025)

LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting.

Hoe bespreek ek my plek?

Deur die deposito van R6,000.00 pp – (verwysing: THP25/Jou Voorletters en Van bv. THP25/J.Coetzee) – in die volgende bankrekening te betaal:

WinskoopToere ABSA spaarrekening 9343 1803 92

** NB!!  Stuur jou inbetalingstrokie na: admin@winskooptoere.co.za

(Maak asb seker jou e-pos bevat jou e-posadres/kontakbesonderhede)

Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons met jou in verbinding tree.

**WinskoopToere behou die reg om die toerprogram en -prys te wysig.

[pvc_stats]
Back To Top