LAUD27 55 plekke "*" dui verpligte velde aan 12345678 VORDERING Hierdie is die inskrywingsvorm vir die LAUDEM DEI KOORTOER na Frankryk en Italië vanaf 30 JUNIE tot 13 JULIE 2027 (LAUD27) (asook die opsionele toere wat slegs Frankryk of slegs Italië insluit). Wat jy benodig om die inskrywingsproses te kan begin: * Tien minute van jou tyd. * 'n Digitale afskrif van jou geldige paspoort. (Indien jy nie tans 'n geldige paspoort het nie, kan jy steeds inskryf en dit later vir ons stuur.) * 'n Digitale informele gesigsfoto. (Kan ook later aan ons gestuur word.) Vul asb. een vorm per persoon in. (Indien jy dus vir jouself en jou toermaat inskryf moet daar 'n aparte inskrywingsvorm vir elkeen wees.) Deur in te skryf vir ‘n toer deur WinskoopToere, gee jy toestemming dat WinskoopToere jou persoonlike besonderhede uitdruklik mag gebruik soos vereis deur Artikel 11(1)(a) van die “Protection of Personal Information Act of 2013” (‘POPI’). Alle persoonlike inligting wat met WinskoopToere gedeel word sal slegs gebruik word vir besprekings vir akkommodasie en vlugte van toepassing op die toer en om die deposito van R10,000 p.p. betaalbaar aan WinskoopToere te verhaal.Persoonlike inligtingIs jy 'n koorlid / 'plus een'?* Koorlid 'Plus een' Indien jy 'n koorlid is, tot watter stemgroep behoort jy?* Sopraan 1 Sopraan 2 Alt 1 Alt 2 Tenoor 1 Tenoor 2 Bas 1 Bas 2 Dirigent Watter toer onderneem jy?* Volledige 14-dag toer na Frankryk en Italië Nege-dag toer slegs na Frankryk Ses-dag toer slegs na Italië Titel*Dr.MissMr.Mrs.Ms.Mx.Prof.Rev.Volle name*(Soos op paspoort)Van*(Soos op paspoort)Noemnaam*Identiteitsnommer*Indien jy 75 jaar en ouer is, moet jy asb. drie maande voor die vertrekdatum 'n bevestiging deur 'n dokter stuur wat verklaar dat jy fiks en gesond genoeg is om die toer (waar daar baie geloop en gestaan word) mee te maak. Daar word ook van jou verwag dat jy self verantwoordelikheid vir jou bagasie sal neem en dat jy saam met ‘n begeleidingspersoon, wat ondersteuning kan verleen, sal toer.Selfoonnommer*Bv. +27823456789E-posadres* Woonadres*Bv. 12 THIRD AVE, CENTURION, PRETORIA, 0157, GAUTENG, SOUTH AFRICA (in Engels asb.)Het jy tans 'n informele gesigsfoto van jouself?*'n Bekendstellingsfotoblad met informele foto's word voor die toer se vertrek aan toerlede gesirkuleer om mekaar sodoende beter te kan leer ken. Ja Nee Indien 'Ja', laai asb. nou die foto op*Max. file size: 64 MB. Stuur asb. vir ons so spoedig moontik aparte informele gesigsfoto's van jouself en jou toermaat (met LAUD27 as verwysing) na doks@winskooptoere.co.za PaspoortbesonderhedeIndien jy dubbelburgerskap het, moet jy altyd Suid-Afrika met jou Suid-Afrikaanse paspoort verlaat en binnekom. Jy mag die ander paspoort op die toer en vir visumdoeleindes gebruik. Enige paspoort moet vir ten minste ses maande, nadat jy van hierdie toer af teruggekeer het, steeds geldig wees. WinskoopToere sal jou in die visumaansoekproses vir hierdie toer lei.Het jy tans ‘n geldige paspoort?* Ja Nee Indien 'Ja', laai asb. nou ‘n afskrif van jou paspoort op*Max. file size: 64 MB. Paspoortnasionaliteit*SOUTH AFRICANAMIBIAAnderIndien 'Ander', spesifiseer asb.*Paspoortnommer*Vervaldatum op paspoort*Bv. 20330925Ons moet op die laatste drie maande voor die toer se vertrekdatum ‘n afskrif van jou geldige paspoort ontvang. Dit bly elke toerlid se eie verantwoordelikheid om vir ‘n visum aansoek te doen, maar WinskoopToere sal jou deur die proses lei. Geen stawende visumdokumente kan egter sonder 'n geldige paspoort uitgestuur word nie. Sodra jy jou paspoort ontvang het, stuur dit asb (met die toerkode as verwysing) aan doks@winskooptoere.co.za VlugteHierdie toer vertrek slegs vanaf die O.R. Tambo Internasionale lughawe in Johannesburg. Vliegkaartjies word sowat een maand voor die vertrekdatum uitgereik en met ‘n gids, vir hulp met sitplekbesprekings, aan jou gestuur. Jy sal dan reeds self jou sitplek (dikwels gratis, hoewel sekere lugrederye 'n fooi hef) kan bespreek of na 'n beter sitplek, met meer beenruimte, kan opgradeer. Lg. is teen 'n ekstra koste wat jy direk aan die lugredery betaal.Kies asb. die opsie wat jou pas:* Ek gaan definitief van die groepsvlugte gebruik maak. Ek gaan definitief my eie vlugte reël. Ek sal finaal besluit oor groepsvlugte wanneer die groepsvlugpryse beskikbaar is. AkkommodasieKies asb. jou voorkeurakkommodasie* Enkelkamer (daar is, per toer, ‘n addisionele enkeltoeslag betaalbaar vir ‘n enkelkamer) Dubbelkamer met ‘n dubbelbed Dubbelkamer met twee enkelbeddens Driebedkamer, indien beskikbaar Familiekamer (vier beddens), indien beskikbaar Gaan jy met jou eie 'plus een' 'n kamer deel?* Ja Nee Indien 'Ja', verskaf asb. die persoon se naam aan ons hieronder:* ReisversekeringWinskoopToere beveel omvattende reisversekering aan. Vir hierdie toer is groepsreisversekering reeds in die prys ingesluit. Addisionele inligtingHet jy enige mediese toestand waarvoor jy medikasie neem of wat jou mobiliteit tydens die toer kan inperk en jou afhanklik van ander persone kan maak? Gee asb. meer inligting, indien van toepassing?* Ja Nee Inligting m.b.t. enige medikasie en/of beperkings wat jou mobiliteit tydens die toer aanbetref en waarvan die toerorganiseerders-/leier moet kennis neem:Het jy enige van die volgende dieetvoorkeure?* Geen Diabeet Vegetaries Vegan Geen vark Geen vis Geen skulpvis Geen gluten Geen suiwel Geen eiers Ander Indien 'Ander', spesifiseer asb.?*Lys asb. enige allergieë*Vul asb. 'Geen' in indien jy geen allergieë het nie.Naasbestaande wat jou NIE op hierdie toer gaan vergesel nie* Naam en van Naasbestaande verhouding*Bv. Eggenoot(e), Pa, Ma, Seun, Dogter, Skoonseun, Skoondogter, Swaer, Skoonsuster, Vriend(in)Naasbestaande selnommer*Bv. +2712345678Naasbestaande woonadres*Bv. DERDELAAN 12, CENTURION, PRETORIA, 0157, GAUTENG, SUID-AFRIKA BemarkingHoe het jy van WinskoopToere te hore gekom?* Facebook Google Groot Ontbyt Instagram Koor Oud-toerlid Pretoria FM RSG Self 'n oud-toerlid Web Ander Indien 'Ander', spesifiseer asb.?*Foto’s van my mag op WinskoopToere se bemarkingsmateriaal, webblad en sosiale mediablaaie gebruik word* Ja Nee Indien 'Nee', onthou asb. om jouself van groepsfoto's te verskoon wanneer dit tydens die toer geneem word.WinskoopToere mag my e-posadres gebruik om bemarkingsmateriaal van slegs WinskoopToere aan my stuur* Ja Nee Bepalings en voorwaardesEk bevestig hiermee dat ek fiks en gesond genoeg is om gemaklik met tye lank te kan staan, saam met 'n groep te kan beweeg en tot 8km per dag te kan stap* Ja, ek is fiks genoeg vir 'n WinskoopToer.Ek bevestig hiermee dat ek vir LAUD27 inskryf, WinskoopToere se bepalings en voorwaardes gelees het en dit aanvaar* Ja, ek aanvaar WinskoopToere se bepalings en voorwaardes.Lees volledige bepalings en voorwaardes hier.Ek neem ook hiermee kennis dat my inskrywing eers suksesvol is met die betaling van die deposito van R10,000.00 per persoon per toer* JaDeposito* Prys: Totaal BELANGRIK: * Moet asb. nêrens op die blad kliek wanneer jy wag vir die betalingsblad om te verskyn nie. Dit neem soms 'n rukkie. * Gebruik asb. die koeponkode WTLAUD27. Alle bewyse van balansbetalings moet aan fin@winskooptoere.co.za gestuur word. * Jy sal binnekort 'n bevestigings-e-pos van ons ontvang. * Indien jy vir nog 'n toerlid wil inskryf, gaan asb. weer na https://winskooptoere.co.za/product/laud27koor/ Δ LAUD27 quantity REGISTREER EN BETAAL