fbpx skip to Main Content
Categories: , , ,

MED25: Ons Mediterreense Boottoer in 2025!

WinskoopToerprys:

Original price was: R78,670.Current price is: R54,990.

Datums:

08 – 19 Oktober 2025 (12 dae)

Aantal plekke:

40 in stock

MED25: Ons Mediterreense Boottoer in 2025!

Ons besoek: SPANJE, ITALIË EN FRANKRYK

LET DAAROP DAT ALLE AANDETES (en ontbyte) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE BY ONS PRYS INGESLUIT IS!

Geniet die sprankel van die Middellandse See tydens hierdie wonderlike vakansietoer!

 

WOENSDAG, 08 OKTOBER 2025

DAG 1 VAN ONS MEDITERREENSE BOOTTOER IN 2025

JOHANNESBURG

Ons vertrek met ‘n vlug van OR Tambo Lughawe in Johannesburg na Barcelona (aandete met drankies en ontbyt tydens die vlug). 'n Beperkte aantal Kaapstad vliegkaartjies is beskikbaar op aanvraag.

----------------------------------------------------------------

DONDERDAG, 09 OKTOBER 2025

DAG 2 VAN ONS MEDITERREENSE BOOTTOER IN 2025

BARCELONA - SPANJE

Ons land lekker vroeg in Barcelona waar ons luukse bus op ons wag. Ons begin met ‘n interessante stadsbesigtigingstoer per bus onder leiding van ‘n plaaslike Engelssprekende gids. Hierdie toer word afgesluit by die fenominale La Sagrada Familia Katedraal (toegangskaartjie ingesluit).

La Sagrada Familia Katedraal, Barcelona

 Werk aan hierdie katedraal het al in 1882 begin en dit word steeds nog voortgesit! Dit is een van die aller-uitsonderlikste plekke om te besigtig! Nou het jy genotvolle vrye tyd om Barcelona te verken. Jy kan na die indrukwekkende Akwarium gaan, in een van die hotelle se daktuine ‘n drankie gaan drink of sommer net in die bekende straat, La Rambla, gaan rondwandel en hier en daar inkopies doen. Jy sal ook genoeg tyd hê om op jou eie in die besonderse antieke Gotiese Buurt te gaan rondloop. Vroegmiddag neem die bus ons na ons pragtige luukse viersterhotel, geleë in ‘n kusdorpie buite die stad. Hier kan jy nou heerlik tyd op die strand geniet en vanaand eet ons saam aandete in ons hotel.

----------------------------------------------------------------

VRYDAG, 10 OKTOBER 2025

DAG 3 VAN ONS MEDITERREENSE BOOTTOER IN 2025

PEÑISCOLA & VALENCIA - SPANJE

Ons ry vanoggend al langs die kus af na Peniscola. Hierdie skat van ‘n klein kusdorpie met sy kasteel is ‘n heerlike verrassing – op ‘n skiereilandjie in die see, met pragtige loopstraatjies en -gangetjies, en oral oulike winkeltjies...

Peñíscola, Spanje

Dan ry ons na Valencia. Dit is ‘n pragtige, rustige stad met baie besonderse marmer-sypaadjies en statige geboue! Valencia is baie bekend vir sy Paella en in oulike eetplekkies kan jy dit sommer oor die toonbank koop (met ‘n glasie rooiwyn as jy wil!) Hier het ons almal vrye tyd en jy kan byvoorbeeld die Torres de Serranos (die oorblywende stadsmure) en die pragtige katedraal gaan besigtig. Die Beurs van Sy (waar sy verhandel is – Llotja de la Seda) is ‘n baie spesiale plek en is nie ver daarvandaan nie. Moet dit nie mis nie! Later ry ons groep na die fassinerende City of Arts and Sciences waar ons gaan rondloop en die buitekant van naderby besigtig. Ons oornag in ‘n pragtige viersterhotel. Ons geniet weer vanaand ‘n lekker aandete as groep in die hotel.

----------------------------------------------------------------

SATERDAG, 11 OKTOBER 2025

DAG 4 VAN ONS MEDITERREENSE BOOTTOER IN 2025

VALENCIA & MSC SPLENDIDA - SPANJE

Na ’n heerlike ontbyt geniet ons groep vrye tyd in Valencia se middestad. Dit is ‘n pragtige, rustige stad met baie besonderse marmer-sypaadjies en statige geboue! Valencia is baie bekend vir sy Paella en in oulike eetplekkies kan jy dit sommer oor die toonbank koop (met ‘n glasie rooiwyn as jy wil). Jy kan onder andere die Torres de Serranos (die oorblywende stadsmure) en die pragtige katedraal gaan besigtig. Die Beurs van Sy (waar sy verhandel is – Llotja de la Seda) is ‘n baie spesiale plek en is nie ver daarvandaan nie. Moet dit nie mis nie!

Valencia, Spanje

Later die middag vertrek ons na Valencia se hawe waar die MSC Splendida passasierskip op ons wag. Ontbyt, middagetes, aandetes en alle vermaak is ingesluit op die skip. Al ons toerlede kry ook balkonkajuite! Drankpakkete is beskikbaar en kan gekoop word op die skip.

----------------------------------------------------------------

SONDAG, 12 OKTOBER 2025

DAG 5 VAN ONS MEDITERREENSE BOOTTOER IN 2025

MSC SPLENDIDA

Ons spandeer die dag op die pragtige Meditereense Oseaan aan boord die MSC Splendida. Jy kan nou lekker ontspan of deelneem aan die vele aktiwiteite wat hul op die skip aanbied. Ons geniet as groep saam aandete op die skip.

Die MSC Splendida

----------------------------------------------------------------

MAANDAG, 13 OKTOBER 2025

DAG 6 VAN ONS MEDITERREENSE BOOTTOER IN 2025

LIVORNO & MSC SPLENDIDA - ITALIË

Na ‘n goeie nag se rus en ‘n smaaklike ontbyt is die eerste stad wat ons passasierskip besoek, Livorno. Livorno spog met verskeie historiese monumente – die ou vesting, die nuwe vesting en die Marzocco-toring – wat die fascistiese afbrekings en Geallieerde bombardering oorleef het. Die stad is 'n uitstekende beginpunt vir 'n verkenning van die Toskaanse kos- en wynkultuur: vars vrugte en groente, tipiese geregte uit die tradisionele see- en landkombuise, en natuurlik wynsoorte soos Chianti en Brunello di Montalcino.

Livorno, Italië

Na ‘n heerlike dag in Livorno keer ons op die afgespreekte tyd terug na die have. Ons geniet aandete aan boord die MSC Splendida.

----------------------------------------------------------------

DINSDAG, 14 OKTOBER 2025

DAG 7 VAN ONS MEDITERREENSE BOOTTOER IN 2025

CIVITAVECCHIA & MSC SPLENDIDA - ITALIË

Die hawe van Civitavecchia is een van die grootste in Italië. Civitavecchia het 'n stokouegeskiedenis te danke aan die inhamme langs die kus, wat 'n perfekte skuiling vir skepe gebied het en dit 'n natuurlike hawe gemaak. In Civitavecchia kan jy maklik die middestad te voet verken. Onder die belangrikste monumente om te besoek is die Forte Michelangelo (gebou deur Bramante in die 16de eeu), die antieke mure van die ou hawe (waar daar 'n fontein van travertynmarmer deur Vanvitelli is), en die "Rocca" ('n ondeurdringbare vesting wat al meer as 'n duisend jaar oor die stad en hawe uittroon).

Civitavecchia, Italië

Ons geniet aandete aan boord die MSC Splendida.

----------------------------------------------------------------

WOENSDAG, 15 OKTOBER 2025

DAG 8 VAN ONS MEDITERREENSE BOOTTOER IN 2025

PORTOFINO, GENUA & MSC SPLENDIDA - ITALIË

Na onbyt neem ‘n luukse bus ons na Portofino. Portofino is 'n vissersdorpie aan die Italiaanse Riviera-kuslyn, suidoos van die stad Genua. Pastelkleurige huise, luukse boetieks en seekosrestaurante omring sy Piazzetta, 'n klein geplaveide plein wat uitkyk oor die hawe.

Portofino, Italië

Ons keer dan terug na Genua waar ons die res van die dag deurbring.  Die poort na die Italiaanse Riviera - die hawe van Genua - is een van die belangrikste en grootste in Italië, 'n strategiese hawe sedert antieke tye. Sy vele besienswaardighede sluit in: die Genua-akwarium, ontwerp deur die argitek Renzo Piano, en die stad se prentjiemooi Boccadasse-distrik, 'n vissersdorpie langs die meer. Proe ook gerus kenmerkende geregte en disse van hierdie streek soos pesto Genovese en focaccia.

Genua, Italië

Ons eet dan aandete aan boord die MSC Splendida.

----------------------------------------------------------------

DONDERDAG, 16 OKTOBER 2025

DAG 9 VAN ONS MEDITERREENSE BOOTTOER IN 2025

MARSEILLE & MSC SPLENDIDA - FRANKRYK

Ons besoek vandag die pragtige Marseille. Die stad wat 2 600 jaar gelede deur Griekssprekende Phocaeërs gestig is, is Frankryk se oudste stad en bekoorbesoekers al eeue lank. Die terracotta-dakke, turkoois see, kalksteenrotse en lewendige straatkuns vorm 'n prentjie soos geen ander. Marseille is bekend vir sy diverse kulture wat weerspieël word in sy taal, kos, musiek en tradisies. Marseille is ook baie bekend vir die seep (Savon de Marseille) wat hier al vir oor die 600 jaar geproduseer word. Dit word spesifiek met Mediterreense seewater, olyfolie en alkaliese as van seeplante gemaak.

Marseille, Frankryk

Ons geniet ‘n heerlike dag van vrye tyd en eet dan aandete aan boord die MSC Splendida.

----------------------------------------------------------------

VRYDAG, 17 OKTOBER 2025

DAG 10 VAN ONS MEDITERREENSE BOOTTOER IN 2025

TARRAGONA & MSC SPLENDIDA - SPANJE

Na onbyt klim ons af in Tarragona. Tarragona is een van die belangrikste hawens van Katalonië en 'n gewilde toeristebestemming met goue strande en landskappe wat lyk asof dit direk uit 'n vakansie-poskaart kom. Baie ou ruïnes het oorgebly uit sy tyd as die Romeinse kolonie, Tarraco. Die Amfiteatre Romà is 'n 2de-eeuse arena wat na die Middellandse See kyk, die Necropolis bevat Romeinse grafte, en spore van die Forum staan ​​tussen die stegies van die ommuurde, Middeleeuse ou stad. 'n Looppad langs die walle, die Passeig Arqueològic, het asemrowende uitsigte oor die stad.

Tarragona, Spanje

Na ‘n lekker dag in hierdie stad van antieke skatte, geniet ons ‘n heerlike aandete aan boord die MSC Splendida.

----------------------------------------------------------------

SATERDAG, 18 OKTOBER 2025

DAG 11 VAN ONS MEDITERREENSE BOOTTOER IN 2025

VALENCIA & BARCELONA - SPANJE

Ons gooi anker in die hawe van Valencia en vertrek dan na Barcelona vanwaar ons vanaand terugvlieg na ons tuisland, Suid-Afrika.

----------------------------------------------------------------

SONDAG, 19 OKTOBER 2025

DAG 12 VAN ONS MEDITERREENSE BOOTTOER IN 2025

JOHANNESBURG

Ons arriveer terug in Suid-Afrika, en is vervul met nuwe ervarings, herinneringe en lewenslange vriende.

----------------------------------------------------------------

Ons verwagte toerprys is slegs R54,990.00 per persoon wat deel.

 

Ons toerprys sluit al die volgende in:

  • Ekonomiese klas retoervliegkaartjies na en van Barcelona, Spanje.
  • Alle lughawe- en brandstofbelasting (soos by kwotasie), behalwe wat mag bykom a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen).
  • Hotel-akkommodasie (met alle onbyte en aandetes) in twin- en dubbelkamers met eie badkamers in gerieflike viersterhotelle - die beste wat hierdie streek kan bied, maar wat steeds bekostigbaar is.
  • Sewe nagte aan boord die MSC Splendida (in Balkonkajuite!). Ontbyt, middagetes, aandetes en alle vermaak is ingesluit.
  • Luukse busvervoer voor en na die bootvaart.
  • Stadsbesigtigingstoere per bus en te voet soos gemeld met ‘n ervare plaaslike (Engelssprekende) gids in Barcelona.
  • Busrit na Portofino.
  • Fooi vir die busbestuurder (€8).
Die Toerprys sluit nie die volgende in nie:
  • Visumkoste.
  • Mediese- en/of reisversekering.
  • Bykomende lughawebelasting (volgens wisselkoers).
  • Middagetes tydens die bustoer.
  • Alle ander toegangsgelde (indien enige - alle groepsbesoeke is reeds ingesluit).
  • Fooitjies en uitgawes van 'n persoonlike aard.
Geen bybetalings word van toerlede gevra tydens ons tyd in die Europa nie!  

Hoe bespreek ek my plek?

Deur die deposito van R6,000.00 pp

- (verwysing: MED25/Jou Voorletters en Van bv. MED25/J.Coetzee)

in die volgende bankrekening te betaal:

WinskoopToere ABSA Rekeningnommer: 9343 1803 92

NB!! Stuur jou inbetalingstrokie na: droom@winskooptoere.co.za

(Maak asb seker jou e-pos bevat jou e-posadres/kontakbesonderhede en vir watter toer jy inskryf)

Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.

Elke toerlid moet asb die vorm invul en so spoedig moontlik na ons terugstuur.

*WinskoopToere behou die reg om die prys en toerprogram te wysig.
Back To Top