skip to Main Content
Category:

Noord-Spanje en die Spaanse Pireneë in 2024

WinskoopToerprys:

R55,990

Datums:

16 - 28 Junie 2024 (13 dae)

Aantal plekke:

22 plekke

REIS MET ‘N LUUKSEBUS NA KANTABRIË, DIE BASKIESE GEBIED, DIE SPAANSE PIRENEË EN KATALONIË

spanish-pyrenees

Spaanse Pireneë, Spanje

DAG 1 VAN ONS NOORD-SPANJE EN SPAANSE PIRENEË TOER, SONDAG 16 JUNIE 2024
JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA

Ons toergroep vertrek vanaf OR Tambo lughawe in Johannesburg.  (Beperkte aantal Kaapstadvlugte beskikbaar op aanvraag).

DAG 2 VAN ONS NOORD-SPANJE EN SPAANSE PIRENEË TOER, MAANDAG 17 JUNIE 2024
SANTILLANA DEL MAR, SPANJE

Ons arriveer in Madrid. Ons toerbus wag reeds op ons by die lughawe en ons vertrek na Santillana del Mar waar ons saam aandete eet en in ‘n lieflike viersterhotel oornag.

Santillana del Mar, Spanje

DAG 3 VAN ONS NOORD-SPANJE EN SPAANSE PIRENEË TOER, DINSDAG 18 JUNIE 2024
SANTANDER & SANTILLANA DEL MAR, SPANJE

Ons ry vanoggend na die besonderse stad Santander (spreek uit: Santan-dêr). Hierdie hawestad is die hoofstad van die outonome gemeenskap en die historiese streek van Kantabrië aan die noordkus van Spanje. Hier is so baie om te beleef en in te neem. Dit is ‘n pragtige skiereiland en interessante strandgebied.

Ons onderneem met ons aankoms ‘n besigtigingstoer met ons bus en sorg dat niks ongesiens by ons verbygaan nie!

Die voormalige koninklike Palacio de la Magdalena lê in die mond van die Baai van Santander. Dit was vroeër die koninklike somerpaleis op die rotsagtige La Magdalena Skiereiland.

castle-1261265_1920

Palacio de la Magdalena, Santander, Spanje

Daarna gaan ons in die stad rondloop. Op die Paseo de Pereda promenade is die oulike beelde (kyk hieronder) oorkant die Jardines de Pereda tuine te sien.

statues-2827693_1920

Paseo de Pereda promenade, Santander, Spanje

Hier is ook ‘n strand met swemplek. Geniet gerus tapas op die gewilde Plaza de Cañadίo of besoek die Santander katedraal wat dateer uit die 13de eeu.

santander

Santander, Spanje

Later ry ons terug na die antieke Santillana del Mar, wat ons ook nou gaan verken. Volgens Sartre is dit die mooiste dorpie in Spanje! Besoek gerus die Collegiate Church of Santa Juliana en die Belardes Paleis.

Ons eet vanaand saam in ‘n restaurant en slaap in dieselfde hotel in Santillana del Mar.

DAG 4 VAN ONS NOORD-SPANJE EN SPAANSE PIRENEË TOER, WOENSDAG 19 JUNIE 2024
POTES & SANTILLANA DEL MAR, SPANJE

Ons vertrek na Potes waar ons die dorpie en omgewing gaan verken.

Potes_1189110343

Potes, Spanje

Potes is een van die aantreklikste klein middeleeuse dorpies in Kantabrië – nie ver van die voortreflike berge in die Picos de Europa National Park nie.

Daarna ry ons met die beroemde kabelspoor Teleférico Fuente De: dit neem ons 1823 meter op in slegs vier minute tot in die hart van die Picos de Europa – absoluut verruklik!

teleferico-fuente-de

Teleférico Fuente De, Spanje

Wat ‘n skilderagtige landskap wag vir ons daar bo! Daar gaan ons sorgvry wandel op verskillende bergpaadjies. Later, op die afgespreekte tyd, ry ons terug na Santillana del Mar vir ‘n heerlike lafenissie by die restaurant waar ons saam aandete eet. Ons oornag in dieselfde hotel.

DAG 5 VAN ONS NOORD-SPANJE EN SPAANSE PIRENEË TOER, DONDERDAG 20 JUNIE 2024
LEKEITIO & BILBAO, SPANJE

Na ontbyt in die hotel vertrek ons na die kusdorpie, Lekeitio. Die vissersdorpie het ‘n eiland, ‘n berg, ‘n rivier en ‘n strand. En moet natuurlik nie die kerk vergeet nie (‘n gotiese basilica wat uittroon oor die dorp).

Lekeitio, Spanje

Later vertrek ons na die voortreflike stad, Bilbao. Dit is ‘n industriële hawestad in Noord-Spanje wat omring is deur groen berge. Dit is ook die de facto hoofstad van die Baskiese Gebied. Bilbao is die tiende grootste stad in Spanje. Ons ontmoet ons plaaslike gids vir ‘n stadstoer en later geniet ons vrye tyd.

Na ‘n genoeglike dag in hierdie besonderse stad, slaap ons vanaand hier.

Bilboa, Spanje

DAG 6 VAN ONS NOORD-SPANJE EN SPAANSE PIRENEË TOER, VRYDAG 21 JUNIE 2024
BILBOA & SAN SEBASTIAN & PAMPLONA, SPANJE

Bilbao is baie bekend vir die hiper-moderne Guggenheim Museum wat in 1997 in gebruik geneem is. Daarin is onder andere ‘n permanente versameling van die visuele kunste van die twintigste eeu.

Elke toerlid ontvang hier sy eie toegangskaartjie om op sy eie tyd na al die interessante kunswerke in hierdie baie besonderse museum te kyk. Dit is baie buitengewoon!

Dan vertrek ons na San Sebastian, ‘n oord aan die sogenaamde Bay of Biscay in die bergagtige Baskiese Gebied. Hier is pragtige, skilderagtige eilande in die see.

san-sebastian-447407_1920

San Sebastian, Spanje

Jy kan hier ver gaan stap op die promenade teen die strand. Baie restaurante en winkels met plaaslike spesialiteite en wyn trek ook heelwat besoekers.

Hierna ry ons dan na Pamplona waar ons die volgende twee nagte slaap.

DAG 7 VAN ONS NOORD-SPANJE EN SPAANSE PIRENEË TOER, SATERDAG 22 JUNIE 2024
PAMPLONA, SPANJE

Pamplona is die hoofstad van die Navarra Provinsie. Dis hier waar die Running of the Bulls elke jaar plaasvind. Hier het elkeen vanoggend vrye tyd om die stad te beleef.

Later vandag ry ons na Olite om die Koninklike Paleis van Olite te besoek.

Ons geniet vanaand saam aandete in ons hotel in Pamplona.

pamplona-navarra-in-spain-plaza-del-castillo-square-downtown-tono-balaguer

Pamplona, Spanje

DAG 8 VAN ONS NOORD-SPANJE EN SPAANSE PIRENEË TOER, SONDAG 23 JUNIE 2024
PIRENEË, AINSA & VIELHA, SPANJE

Nou het die tyd aangebreek om na die Spaanse Pireneë te ry!

spain-1892490_1280

Spaanse Pireneë, Spanje

Dis ‘n taamlike lang pad voordat ons by die hoogste piek van die Pireneë kom. Hierdie formidabele berg heet Aneto en is Spanje se derde hoogste berg (3404 m).

Aneto, Spanje

Op pad besoek ons ‘n juweel van ‘n dorpie, Ainsa, waar ons op die stadsmuur kan loop en ‘n lekker koue bier op die stadsplein geniet.

Ainsa, Spanje

Later vertrek ons na die imposante dorpie met die naam van Vielha. Sy volle naam is Vielha e Marjaran en dit val in Katalonië. Vielha het skaars 5,000 inwoners.

vielha-e-mijaran

Vielha e Mijaran, Spanje

Ons slaap die volgende twee nagte in die hartjie van die dorpie, so elkeen kan die omgewing verken op sy eie tyd.

DAG 9 VAN ONS NOORD-SPANJE EN SPAANSE PIRENEË TOER, MAANDAG 24 JUNIE 2024
VIELHA, SPANJE

Vanoggend vertrek ons na ‘n plaas in die omgewing om ‘n skaapboerdery te gaan besoek.

Vielha, Spanje

Ons geniet middagete by ‘n lieflike restaurant in die omgewing.

Ons vertrek terug na Vielha vir ‘n heerlike aand in die dorpie. Elkeen ontvang €15 subsidie vir aandete.

DAG 10 VAN ONS NOORD-SPANJE EN SPAANSE PIRENEË TOER, DINSDAG 25 JUNIE 2024
SORT, SPANJE

Vandag ry ons eers na die dorp Sort. Die woord “sort” is Katalaans vir “geluk”. Ons besoek ‘n plaaslike kaasmaker vir ‘n kaasproe.

Sort, Spanje

Ons ry later na Peramea – ‘n karaktervolle middeleeuse dorpie met net 83 inwoners.

Ons geniet ook saam ‘n heerlike middagete in hierdie plaaslike gemeenskap.

Peramea, Spanje

Hierna vertrek ons na Barcelona waar ons die volgende 2 aande slaap. Ons geniet aandete in die hotel.

DAG 11 VAN ONS NOORD-SPANJE EN SPAANSE PIRENEË TOER, WOENSDAG 26 JUNIE 2024
BESALU, GIRONA & BARCELONA, SPANJE

Ons ry vanoggend na die Kataloniese middeleuse stadjie, Besalu.

Besalu, Spanje

Later besoek ons die universiteitsstad, Girona, bekend vir sy twee kerke wat uittroon oor die stad.

Girona, Spanje

Ons slaap weer in Barcelona en geniet vir oulaas saam aandete in die hotel.

DAG 12 VAN ONS NOORD-SPANJE EN SPAANSE PIRENEË TOER, DONDERDAG 27 JUNIE 2024
BARCELONA, SPANJE

Vanoggend het ons vrye tyd in Barcelona om deur te bring soos ons wil, voordat ons vanmiddag na Barcelona Lughawe ry om ons vlug te haal.

gettyimages-1085317916_54_990x660

Barcelona, Spanje

DAG 13 VAN ONS NOORD-SPANJE EN SPAANSE PIRENEË TOER, VRYDAG 28 JUNIE 2024
JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA

Aankoms op die OR Tambo Lughawe in Johannesburg. Vergenoegd na ongelooflike natuurtonele en ervarings, is ons terug by die huis!*WinskoopToere kan steeds klein veranderinge aan hierdie toerprogram maak.

Ons toerprys is R55,990.00* per persoon wat deel.
*Teen wisselkoers van 1 Euro = R20.

Enkeltoeslag is R7,000 per persoon.

Ons toerprys sluit die volgende in:

  • Ekonomiese klas retoervliegkaartjie van Johannesburg na Madrid (met een oorstop) en van Barcelona na Johannesburg (met een oorstop). (Beperkte aantal Kaapstadvlugte moontlik beskikbaar op aanvraag.
  • Lughawe- en ander belasting behalwe wat mag bykom weens wisselkoersverswakking (tans geen).
  • Gerieflike verblyf (bed en meestal buffet-ontbyt) in dubbel- of twin-kamers met eie badkamer.
  • Vir aandetes soos gemeld hierbo, ontvang elke toerlid ‘n subsidie van €15 pp vir aandete op die aande wat ons nie saam as groep in hotelle eet nie. By die meeste plekke eet ons aandete in die hotel.
  • ‘n Eie luuksebus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die hele tydperk.
  • *Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding.(Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood noodsaaklike hulp kan verleen).
  • Die gebruik van ons eie kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
  • Fooi vir die busbestuurder: €26 pp
  • Stadsbesigtigingstoere o.l.v. Engelssprekende gidse in Santander, Bilbao, Pamplona
  • Kaasproe
  • Begeleide besoek aan skaapboerdery (proe van plaaslike produkte ingesluit)
  • Middagete naby die skaapboerdery
  • Privaat taxis om die groep na Peramea te neem
  • Kabelspoor toegang by Teleférico Fuente
  • Guggenheim Museum, Bilbao
  • Koninklike Paleis van Olite

Die toerprys sluit nie die volgende in nie:

  • Visumkoste (slegs Schengenvisum)
  • Reisversekering –(LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24h of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)
  • Ekstra lughawebelasting (wat mag bykom agv wisselkoersverandering)
  • Middagetes
  • Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies
  • Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard

Om jou plek te bespreek:

(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)

Hoe bespreek ek my plek?

(LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24h of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)

Deur die deposito van R6,500.00 pp– (verwysing: NSP24/Jou Voorletters en Van, bv. NSP24/J.Coetzee) –in die volgende (NUWE) bankrekening te betaal:WinskoopToere
ABSA
(NUWE) Rekeningnommer: 9343 1803 92**

NB!!  Stuur u inbetalingstrokie per e-pos na: admin@winskooptoere.co.za(Maak asb seker jou e-pos bevat jou e-pos adres/kontakbesonderhede)

Back To Top