WinskoopToerprys:
Original price was: R69,500.R57,990Current price is: R57,990.
Datums:
Aantal plekke:
40 in stock
REIS MET ‘N LUUKSEBUS NA KANTABRIË, DIE BASKIESE GEBIED, DIE SPAANSE PIRENEË EN KATALONIË MET ONS NOORD-SPANJE EN DIE SPAANSE PIRENEËTOER!
Spaanse Pireneë, Spanje
LET DAAROP DAT ALLE AANDETES (EN ONTBYTE) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE BY ONS PRYS INGESLUIT IS!
Vrydag, 5 September 2025
DAG 1 VAN ONS NOORD-SPANJE EN DIE SPAANSE PIRENEËTOER
- Johannesburg (Suid-Afrika) -
Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer vertrek vanaf OR Tambo Lughawe na Barcelona. [Ons kry etes en drankies tydens die vlugte.]
Saterdag, 6 September 2025
DAG 2 VAN ONS NOORD-SPANJE EN DIE SPAANSE PIRENEËTOER
- Barcelona, Besalú en Girona -
Ons arriveer in Barcelona waar ons luukse toerbus op ons wag. Ons vertrek heel eerste na die Kataloniese middeleuse stadjie, Besalú. Besalú is in 1966 as 'n historiese nasionale eiendom aangewys. Die dorp se belangrikste kenmerk is sy 12de-eeuse Romaanse brug oor die Fluvià-rivier. Besoek gerus die pragtige ou kerk van Sant Pere wat in 1003 ingewy is. Die dorp het pragtige middeleeuse strate en pleine en ook 'n besonderse gerestoureerde mikveh, 'n rituele Joodse bad wat uit die elfde of twaalfde eeu dateer.
Die Romaanse brug in Besalú
Later besoek ons die universiteitstad, Girona, bekend vir sy twee kerke wat uittroon oor die stad asook sy Middeleeuse argitektuur, ommuurde ou kwartier (Barri Vell) en die Romeinse oorblyfsels van die Força Vella-vesting.
Die katedraal en die basiliek van Sant Feliu, Girona
Na heerlike vrye tyd in hierdie pragtige stad vertek ons terug na Barcelona waar ons vanaand gaan oornag.
Sondag, 7 September 2025
DAG 3 VAN ONS NOORD-SPANJE EN DIE SPAANSE PIRENEËTOER
- Castell d'Encus, Gerri de la Sal, Peramea & Vielha -
Vanoggend vertrek ons na Castell d'Encus en geniet ‘n heerlike middagete en wynproe by 'n plaaslike wynmakery. Ons ry dan verder na Gerri de la Sal vanwaar ons met taxis na die besondere Peramea met slegs 83 inwoners vertrek. Dit is so ‘n treffende plekkie! Nou het die tyd aangebreek om na die Spaanse Pireneë te ry! Dis ‘n taamlike lang pad voordat ons by die hoogste piek van die Pireneë kom (3404 m). Hierdie formidabele berg heet Aneto en is Spanje se derde hoogste berg. In hierdie aanskoulike omgewing is ‘n imposante dorpie met die naam van Vielha.
Vielha
Sy volle naam is Vielha e Mijaran en dit val in Katalonië. Nou is ons midde-in die asemrowende berggebied. Dink net hoe lekker gaan ons hier wandel in die vrye natuur! Dit is in Vielha waar ons die volgende twee aande heerlik gaan kuier en oorslaap! Ons geniet die aand en lede ontvang €15 subsidie vir aandete.
Maandag, 8 September 2025
DAG 4 VAN ONS NOORD-SPANJE EN DIE SPAANSE PIRENEËTOER
- Vielha -
Vanoggend geniet ons groep heerlike vrye tyd in Vielha. Besoek gerus die Kerk van Sant Miquèu, met Romaanse en gotiese elemente (die portaal), wat die Christus van Mijaran huisves, 'n Romaanse kerfwerk wat as die belangrikste beeldhou-uitstalling in Aran beskou word. Ons ontmoet dan ons bus en vertrek na ‘n plaas in die omgewing om ‘n skaapboerdery te besoek. Ons geniet middagete by ‘n lieflike restaurant in die omgewing.
Die Aran-Vallei
Ons vertrek terug na Vielha vir ‘n heerlike aand in die dorpie. Elkeen ontvang €15 subsidie vir aandete.
Dinsdag, 9 September 2025
DAG 5 VAN ONS NOORD-SPANJE EN DIE SPAANSE PIRENEËTOER
- Ainsa, Olite & Pamplona -
Vandag ry ons verder deur die Pireneë. Op pad besoek ons 'n juweel van 'n dorpie, Ainsa, waar ons op die stadsmuur kan loop en 'n lekker koue bier op die stadsplein geniet. Benewens die omliggende berglandskap, is die 12de-eeuse Iglesia parroquial de Santa María-kerk en die 11de-eeuse kasteel die belangrikste besienswaardighede van die dorp.
Ainsa
Later vandag ry ons na Olite om die Koninklike Paleis van Olite te besoek. Die vesting is beide 'n kasteel en paleis, hoewel dit meer soos 'n hofgebou gebou is om 'n militêre funksie te vervul. Sedert die 13de eeu word die Kasteel van Olite die Paleis van die Koning van Navarra genoem.
Die Paleis van die Koning van Navarra
Hierna ry ons na Pamplona. Pamplona is die hoofstad van die Navarra Provinsie. Die stad is wêreldwyd bekend vir die hardloop van die bulle tydens die San Fermín-fees, wat jaarliks van 6 Julie tot 14 Julie gehou word. Ons slaap die volgende twee aande in Pamplona. Ons geniet vanaand saam aandete in ons hotel in Pamplona.
Woensdag, 10 September 2025
DAG 6 VAN ONS NOORD-SPANJE EN DIE SPAANSE PIRENEËTOER
- Pamplona -
Na ‘n stadsbesigtigingstoer o.l.v. ‘n plaaslike gids, het elkeen die res van die dag vry om op ons eie die stad te beleef. Pamplona se historiese middestad behou steeds sy Middeleeuse karakter. Die Santa María-katedraal is 'n moet-sien besoekpunt. Moenie mislei word deur die streng neoklassieke fasade nie, want binne sal jy jou verwonder aan die asemrowende Spaanse gotiese werke.
Jy moet ook tyd maak om die stad se Renaissance-juweel, wat die Pamplona-stadsmure is, te sien. Na meer as 500 jaar en verskeie oorloë is hierdie mure steeds in onberispelike toestand. Dit kom as geen verrassing dat dit as 'n nasionale monument en 'n bate van kulturele belang verklaar is nie. Die beste deel is dat jy bo-op die mure kan stap en die pragtige plekke en panoramiese uitsigte, wat oor die historiese stadsentrum en die Taconera-tuine uitkyk, kan geniet. Die roete bereik die Sitadel, wat 'n ikoon van die stad is.
Elkeen ontvang €15 subsidie vir aandete.
Pamplona
Donderdag, 11 September 2025
DAG 7 VAN ONS NOORD-SPANJE EN DIE SPAANSE PIRENEËTOER
- San Sebastián -
Vanoggend vertrek ons na San Sebastián, ‘n oord aan die sogenaamde Baai van Biskaje in die bergagtige Baskiese gebied. Hier is ‘n paar skilderagtige eilande in die see. Ons geniet ‘n insiggewend stadstoer onder leiding van ‘n plaaslike gids. Hierna ry ons na ons hotel waar ons inteken. Daarna het ons heerlike vrye tyd om die stad te leer ken. Jy kan lekker ver gaan stap op die promenade teen die strand.
San Sebastián
Baie restaurante en winkels met plaaslike spesialiteite en wyn trek ook heelwat besoekers. Elkeen ontvang €15 subsidie vir aandete. Ons oornag in San Sebastian.
Vrydag, 12 September 2025
DAG 8 VAN ONS NOORD-SPANJE EN DIE SPAANSE PIRENEËTOER
- Lekeitio & Bilbao -
Na ontbyt in die hotel vertrek ons na die kusdorpie, Lekeitio. Die vissersdorpie het ‘n eiland, ‘n berg, ‘n rivier en ‘n strand. En moet natuurlik nie die kerk vergeet nie (‘n gotiese basilica wat uittroon oor die dorp). Later vertrek ons na die voortreflike stad, Bilbao. Dit is ‘n industriële hawestad in Noord-Spanje wat omring is deur groen berge. Dit is ook die de facto hoofstad van die Baskiese Gebied. Bilbao is die tiende grootste stad in Spanje. Ons ontmoet ons plaaslike gids vir ‘n stadstoer en later geniet ons vrye tyd.
Bilbao
Na ‘n genoeglike dag in hierdie besonderse stad, slaap ons vanaand hier.
Saterdag, 13 September 2025
DAG 9 VAN ONS NOORD-SPANJE EN DIE SPAANSE PIRENEËTOER
- Bilbao & Santillana del Mar -
Bilbao is baie bekend vir die hiper-moderne Guggenheim Museum wat in 1997 in gebruik geneem is. Daarin is onder andere ‘n permanente versameling van die visuele kunste van die twintigste eeu. Elke toerlid ontvang hier sy eie toegangskaartjie om op sy eie tyd na al die interessante kunswerke in hierdie baie besonderse museum te kyk. Dit is baie buitengewoon!
Die Guggenheim Museum
Later vertrek ons na Santilana del Mar, een van die antieke dorpies hier naby. Volgens Sartre is dit die mooiste dorpie in Spanje! Eers besoek ons die Altamira Nasionale Museum en Navorsingsentrum. Die permanente uitstalling "The Times of Altamira" laat besoekers die voorgeskiedenis van Spanje verken. Die museum bevat ook 'n presiese replika van die Altamira-grotte en die Paleolitiese grotskilderye wat 'n rewolusie in argeologie veroorsaak het.
Die Altamira Nasionale Museum en Navorsingsentrum
Hierna teken ons in by ons lieflike hotel buite Santillana del Mar waar ons vir die volgende drie aande gaan oornag. Ons eet saam aandete in ‘n heerlike plaaslike restaurant naby ons hotel.
Sondag, 14 September 2025
DAG 10 VAN ONS NOORD-SPANJE EN DIE SPAANSE PIRENEËTOER
- Santander & Santillana del Mar -
Vandag se uitstappie neem ons na die besondere stad Santander. Die hawestad is die hoofstad van die outonome gemeenskap en die historiese streek van Kantabrië aan die Noordkus van Spanje. Die voormalige koninklike Palacio de la Magdalena lê in die mond van die Baai van Santander. Dit was vroeër die koninklike somerpaleis op die rotsagtige La Magdalena Skiereiland. Ons onderneem met ons aankoms ‘n besigtigingstoer met ons bus en sorg dat niks ongesiens by ons verbygaan nie!
Santander
Op die Paseo de Pereda promenade is daar pragtige beelde oorkant die Jardines de Pereda tuine te sien. Hier is ook ‘n strand met swemplek. Geniet gerus tapas op die gewilde Plaza de Cañadίo of besoek die Santander katedraal wat dateer uit die 13de eeu. Later neem ons bus on sterug na ons hotel buite Santillana del Mar waar lede kans kry om bietjie te rus. Laatmiddag besoek ons Santillana del Mar vir vrye tyd. Besoek gerus die Collegiate Church of Santa Juliana of die Belardes Paleis.
Santillana del Mar
Ons keer dan terug na ons hotel. Ons eet weer saam as groep.
Maandag, 15 September 2025
DAG 11 VAN ONS NOORD-SPANJE EN DIE SPAANSE PIRENEËTOER
- Fuente Dé, Potes & Santillana del Mar -
Na ontbyt onderneem ‘n uitstappie in die omgewing. Ons ry met die beroemde kabelspoor Teleférico Fuente Dé: dit neem ons 1823 meter op in slegs vier minute tot in die hart van die Picos de Europa – absoluut verruklik! Wat ‘n skilderagtige landskap wag vir ons daar bo! Daar gaan ons sorgvry wandel op verskillende bergpaadjies.
Teleférico Fuente Dé
Ons vertrek dan na Potes. Potes is een van die aantreklikste klein Middeleeuse dorpies in Kantabrië – nie ver van die voortreflike berge in die Picos de Europa National Park nie.
Potes
Na heerlike vrye tyd in die pragtige dorpie ry ons terug na ons hotel buite Santillana del Mar waar ons vir oulaas saam heerlike aandete geniet.
Dinsdag, 16 September 2025
DAG 12 VAN ONS NOORD-SPANJE EN DIE SPAANSE PIRENEËTOER
- Segovia & Madrid -
Na ontbyt vertrek ons na Segovia, waar ons die middag deurbring.
Segovia
Ons vertrek laatmiddag na die lughawe buite Madrid vanwaar ons vanaand terugreis na Suid-Afrika.
Woensdag, 17 September 2025
DAG 13 VAN ONS NOORD-SPANJE EN DIE SPAANSE PIRENEËTOER
- Johannesburg (Suid-Afrika) -
Aankoms op die OR Tambo Lughawe in Johannesburg. Vergenoegd na ongelooflike natuurtonele en ervarings, is ons terug by die huis!*WinskoopToere kan steeds klein veranderinge aan hierdie toerprogram maak.
Ons verwagte toerprys is R57,990.00* per persoon wat deel.
Verwagte enkeltoeslag is R10,000.00 per persoon.
*Teen wisselkoers van R20.50 = 1 Euro
Ons toerprys sluit al die volgende in:
- Ekonomiese klas retoervliegkaartjie van Johannesburg na Barcelona (met een oorstop) en van Madrid na Johannesburg (met een oorstop). (Beperkte aantal Kaapstadvlugte moontlik beskikbaar op aanvraag.)
- Lughawe- en ander belasting behalwe wat mag bykom weens wisselkoersverswakking (tans geen).
- Gerieflike verblyf (bed en meestal buffet-ontbyt) in dubbel- of twin-kamers met eie badkamer.
- Vir aandetes soos gemeld hierbo, ontvang elke toerlid ‘n subsidie van €15 pp vir aandete op die aande wat ons nie saam as groep in hotelle eet nie. By die meeste plekke eet ons aandete in die hotel.
- ‘n Eie luuksebus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die hele tydperk.
- *Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding.(Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood noodsaaklike hulp kan verleen).
- Die gebruik van ons eie kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
- Fooi vir die busbestuurder: €26 pp
- Stadsbesigtigingstoere o.l.v. Engelssprekende gidse in Santander, Bilbao, Pamplona
- Kaasproe
- Begeleide besoek aan skaapboerdery (proe van plaaslike produkte ingesluit)
- Middagete naby die skaapboerdery
- Privaat taxis om die groep na Peramea te neem
- Kabelspoor toegang by Teleférico Fuente
- Guggenheim Museum, Bilbao
- Koninklike Paleis van Olite
Die Toerprys sluit nie die volgende in nie:
- Visumkoste.
- Mediese versekering.
- Bykomende lughawebelasting (volgens wisselkoers).
- Middagetes.
- Alle ander toegangsgelde (indien enige - alle groepsbesoeke is reeds ingesluit).
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
Geen bybetalings word van toerlede gevra tydens ons tyd in die Europa nie!
Hoe bespreek ek my plek?
Deur die deposito van R6,000.00 pp
- (verwysing: NSP25/Jou Voorletters en Van bv. NSP25/J.Coetzee) –
in die volgende bankrekening te betaal:
WinskoopToere
ABSA
Rekeningnommer: 9343 1803 92
** NB!! Stuur jou inbetalingstrokie na: droom@winskooptoere.co.za
(Maak asb seker jou epos bevat jou epos adres/kontakbesonderhede)
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.
Elke toerlid moet asb die vorm invul en so spoedig moontlik na ons terugstuur.
**WinskoopToere behou die reg om die prys en toerprogram te wysig.