fbpx skip to Main Content
Category:

ITA24: Ons Bekoorlike Italiëtoer 2024!

WinskoopToerprys:

Original price was: R85,990.Current price is: R61,990.

Datums:

17 – 30 September 2024 (14
dae)

Aantal plekke:

Out of stock

St Petrus Plein, Rome, Italië

Die Amalfikus, die hoofstad, Rome, en die wingerde van die Toskaanse gebied;

Florence se kuns, die toring van Pisa en die verruklike Cinque Terre is alles op ons reisplan.

Dan voortreflike gastronomiese hoogtepunte in die Emilia-Romagna streek!

Ons besoek ‘n meesterlike glasblaser in Venesië en nog vele meer!

Met ons fantastiese Italië toer kry jy ‘n besonderse ervaring van hierdie land – jy beleef die beste van hulle kultuur, natuur, kos en kuns!

DAG 1 VAN ONS ITALIË TOER, DINSDAG 17 SEPTEMBER 2024 JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA

Ons vertrek vanmiddag met groot opwinding vanaf OR Tambo Lughawe in Johannesburg na Rome!

DAG 2 VAN ONS ITALIË TOER, WOENSDAG 18 SEPTEMBER 2024 ROME & CASERTA, ITALIË

Ons arriveer in Rome en ons luuksebus staan gereed om ons na ons pragtige, gerieflike viersterhotel in Caserta te neem waar ons die eerste twee aande slaap. Ons geniet vanaand aandete as ‘n groep in ons hotel.

Reggia di Caserta (koninklike paleis), Italië

DAG 3 VAN ONS ITALIË TOER, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2024 POSITANO & AMALFI, ITALIË

Ons besoek vandag die bekoorlike kusdorpie Positano.

Positano, Italië

Om daar te kom, neem ons bus ons na die hawe in Salerno. Daar haal ons die veerboot na Positano. Ons bring ruim vrye tyd daar deur en loop met ons voete in die see! Later vaar ons van Positano se hawe met die veerboot na Amalfi (Veerboot kaartjies ingesluit.) (Dit is die beste manier om hierdie pragtige kus te besigtig!)

Amalfi, Italië

Ons bring ‘n heerlike tydjie in Amalfi deur. Dan vaar ons per veerboot terug Salerno toe. Hiervandaan ry ons dan terug na ons hotel in Caserta.

DAG 4 VAN ONS ITALIË TOER, VRYDAG 20 SEPTEMBER 2024 POMPEIÏ & ROME, ITALIË

Na ontbyt ry ons groep al langs die beroemde Vesuvius–berg tot by Pompeii. Hierdie antieke Romeinse dorp is in 79 nC onder meters as en fyn vulkaniese stof begrawe na die uitbarsting van die vuurspuwende berg Vesuvius. Dis ‘n baie interessante plek om te besoek. Hier neem ‘n plaaslike (Engelssprekende) gids ons rond.

Pompeiï met die Vesuviusberg, Italië

Na ons besoek vertrek ons na ons hotel in Rome. In Rome gaan ons meestal van openbare vervoer gebruik maak, en die middestad gaan ons te voet verken. Dink net hoe lekker gaan ons in die aand in Rome rondloop!

Trevi-fonteine

Trevi-Fontein, Rome, Italië

DAG 5 VAN ONS ITALIË TOER, SATERDAG 21 SEPTEMBER 2024 ROME, ITALIË

Vandag bring ons die hele dag in Rome deur! Ons plaaslike gids neem ons na die Colosseum en dan na die Forum Romanum. Ons groep het ook genoeg vrye tyd om op hulle eie te doen wat hulle wil.

Colosseum, Rome, Italië

Daarna vertrek ons na dieselfde hotel as die vorige aand.

DAG 6 VAN ONS ITALIË TOER, SONDAG 22 SEPTEMBER 2024 VATIKAANSTAD & ROME & TOSKANE, ITALIË

Vanoggend besoek ons die Basilica di San Pietro (St Petrus Katedraal) – een van die grootste basilikas in Europa. Daarna besigtig ons ook die unieke Sistynse Kapel met Michaelangelo se wonderbaarlike kunswerke en die Vatikaan museums.

St. Petrus Katedraal, Vatikaanstad

Sistynse Kapel, Vatikaanstad

Verryk deur alles wat ons in die “ewige stad” beleef het, vertrek ons weer met ons eie bus na ons hotel in die Toskaanse gebied buite Siena.

Toskaanse gebied, Italië

Ons slaap die volgende twee aande tussen die wingerde by ‘n pragtige hotel. Hier geniet ons vanaand ‘n smaaklike aandete saam as groep.

DAG 7 VAN ONS ITALIË TOER, MAANDAG 23 SEPTEMBER 2024 SAN GIMIGNANO, ITALIË

Vanoggend ry ons na die beroemde dorpie San Gimignano waar ons ‘n genotvolle oggend vertoef.

San Gimignano, Italië

Hierna keer ons lekker vroeg terug na ons hotel buite Siena, om langs die swembad uit te span en die wingerde te geniet.

DAG 8 VAN ONS ITALIË TOER, DINSDAG 24 SEPTEMBER 2024 FLORENCE & PISA & LA SPEZIA, ITALIË

Die buitengewone kunsstad Florence word vandag besoek. Hier kan jy vandag die Ponte Vecchio brug en die pragtige Duomo (katedraal) besigtig. In die Accademia wag die beroemde Dawidbeeld van Michaelangelo en ander baie besonderse beelde op jou! (Reël gerus met ons kantoor as ons vir jou vooraf ‘n toegangskaartjie vir laasgenoemde moet koop.)

(https://www.galleriaaccademiafirenze.it/)

Florence, Italië

Die Dawidbeeld van Michaelangelo in Florence, Italië

Florence, Italië

Hierna vertrek ons na Pisa om die indrukwekkende toring te besoek.

Pisa, Italië

Ons slaap vanaand in La Spezia.

DAG 9 VAN ONS ITALIË TOER, WOENSDAG 25 SEPTEMBER 2024 CINQUE TERRE & LA SPEZIA, ITALIË

Vandag besoek ons ‘n juweel in Italië: Cinque Terre. Dit is vyf eeue-oue stranddorpies aan die Italiaanse Riviera-kuslyn. In elk van die vyf dorpe is kleurvolle huise en wingerde. Probeer gerus hier smaaklike seekospesialiteite saam met die beroemde sous van die gebied – pesto. Die Sentiero Azzurro-wandelroete verbind die dorpe en bied pragtige uitsigte oor die see. Elke toerlid kry ‘n veerbootkaartjie om tussen die vier van die vyf dorpies te beweeg. En vanaand slaap ons weer in La Spezia.

Cinque Terre, Italië

DAG 10 VAN ONS ITALIË TOER, DONDERDAG 26 SEPTEMBER 2024 PARMA, ITALIË

Ons ry vanoggend na Parma, die universiteitstad in die Emilia-Romagna streek. Die streek is bekend vir Parmesan kaas en Parma-ham. Maak gerus ‘n draai by die Parma katedraal en Baptistery.

Parma, Italië

In Die Galleria van Palazzo Della Pilotta is kunswerke van Correggio en Canaletto.

Hierna vertrek ons op ‘n Parmigiano Reggiano kaastoer. Ons spandeer die middag op ‘n wynplaas in die streek waar ons ‘n wynproe en middagete geniet. Ons slaap vanaand in die omgewing.

DAG 11 VAN ONS ITALIË TOER, VRYDAG 27 SEPTEMBER 2024 MODENA & VERONA, ITALIË

Vanoggend ry ons in die rigting van Modena. Hier het Balsamiese asyn sy oorsprong. Daarom besoek ons ‘n Balsamiese asynmaker en geniet ons die delikatesse hier (Ingesluit by die toerprys.)

Ons laaste bestemming vandag is Verona – vandag ‘n Wêrelderfenisgebied. Hier neem ‘n plaaslike gids ons deur die stad. In die fenominale Romeinse Arena uit die eerste eeu n.C., word vandag steeds konserte voor 15,000 mense op ‘n keer gehou.

Verona, Italië

Ons gaan ook die eeue-oue stadsmure te siene kry. Ons besigtig ook die Ponte Pietra-brug wat reeds in die jaar 100 v.C. gebou is!

Ons slaap die volgende twee aande slaap ons in ‘n voorstad van Verona.

DAG 12 VAN ONS ITALIË TOER, SATERDAG 28 SEPTEMBER 2024 VENESIË, ITALIË

Ons groep vertrek vandag na die verruklike Venesië. Ons bus neem ons na die tronchetto (waar die motors en ons bus parkeer). Daarvandaan vaar ons per boot na die ou stad van Venesië.

Venesië, Italië

Hier ontmoet ons ’n plaaslike gids wat baie interessante feite met ons deel en die belangrikste besienswaardighede aan ons uitwys.

Aan die einde van die stadstoer kan ons ‘n glasblaser dophou wat met hierdie baie ou kuns – eie aan die stad – ‘n meesterlike demonstrasie vir ons lewer. Die res van die dag het ons vrye tyd om Venesië intens te geniet.

Image result for venice

Venesië, Italië

Ons eet vanaand saam as groep aandete in ons hotel in Treviso.

DAG 13 VAN ONS ITALIË TOER, SONDAG 29 SEPTEMBER 2024 VENESIË, ITALIË

Ons gaan die laaste dag in hierdie omgewing spandeer voordat ons na Venesië Lughawe vertrek, vanwaar ons vanmiddag terugkeer na Suid-Afrika.

DAG 14 VAN ONS ITALIË TOER, MAANDAG 30 SEPTEMBER 2024 JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA

Ons land vandag in Suid-Afrika – met die wete dat ons op ‘n wonderlike wyse verryk is deur al die onvergeetlike beelde en belewenisse! Dit is onbeskryflike herinneringe vir altyd!

*WinskoopToere kan steeds klein veranderinge aan hierdie toerprogram maak.

Ons  toerprys is slegs R61,990.00 pp wat deel.

*TEEN WISSELKOERS VAN 1 EURO = R20

Verwagte Enkeltoeslag is R12,350.00 PER PERSOON

Ons Winskooptoerprys sluit AL die volgende in:

  • ‘n Ekonomiese klas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Rome, en terug van Venesië na Johannesburg. (Kaapstadvlugte is moontlik beskikbaar teen ‘n toeslag op aanvraag.)
  • Lughawebelasting behalwe wat mag bykom vanweë wisselkoersveranderinge (tans geen).
  • Hotel-akkommodasie (bed en ontbyt) in twin-kamers met eie badkamers in gerieflike hotelle (meestal driesterhotelle).
  • Alle aandetes (Wanneer aandetes nie in die hotel geëet word nie, kry elke toerlid ‘n subsidie van €15 vir aandete).
  • Luuksebusvervoer met lugverkoeling, yskas, ens. vir die hele tydperk (Rome-middestad uitgesluit)
  • 5 Metrobus kaartjies in Rome.
  • Stadsbesigtigingstoere per bus en te voet soos aangedui met ervare plaaslike Engelssprekende gidse in die stede soos hierbo aangedui (‘n Beduidende pluspunt by ons toer!).
  • Die verantwoordelike en goed toegeruste span van twee WinskoopToerleiers wat persoonlik oral saamtoer en veel waarde toevoeg en ‘n heerlike, gerieflike toer verseker!
  • Fooi vir busbestuurder (€30)
Die volgende toegangsgelde is alles INGESLUIT!
  • Toegangsgelde na Pompeii.
  • Die Colosseum in Rome.
  • Die Forum Romanum in Rome.
  • Die Vatikaanstad museums en die Sistynse Kapel.
  • Die veerbootvaarte (Positano – Amalfi en Cinque Terre).
  • Die proe van die Balsamiese asyn.
  • ‘n Parmigiano Reggiano kaastoer met middagete en wynproe.
  • Die bootvaart vanaf die tronchetto by Venesië na die Ou Stad (retoer).

Die toerprys sluit nie die volgende in nie:

  • Middagetes
  • Visumkoste (slegs Schengenvisum)
  • Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24h of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)
  • Ekstra lughawebelasting weens wisselkoersveranderinge
  • Enige ander toegangsgelde (volgens toerlid se eie keuse)
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard

Om jou plek te bespreek:

(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)

Hoe bespreek ek my plek?

(LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24h of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)

Deur die deposito van R6,000.00 pp – (verwysing: ITA24/Jou Voorletters en Van bv.   ITA24/J.Coetzee) – in die volgende bankrekening te betaal:

WinskoopToere ABSA Spaarrekening 9343 1803 92

** NB!!  Stuur u inbetalingstrokie na: admin@winskooptoere.co.za

(Maak asb seker jou e-pos bevat jou e-pos adres/kontakbesonderhede)

Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons met jou in verbinding tree.

Covid-19 inligting:

Daar is tans geen inenting-vereistes in Europa nie.

—————-

WinskoopToere sal streng voldoen aan alle gesondheidsriglyne en -vereistes van COVID-19 (bv inentings, maskers, sosiale afstand) sou dit verander.

—————-

Vir meer besonderhede tree gerus met ons kantoor in verbinding.

**WinskoopToere behou die reg om die toerprogram en -prys te wysig.

 
Back To Top