skip to Main Content
Categories: , ,

Ons Keurige Keukenhof tot Kopenhagen Toer in 2025

WinskoopToerprys:

Kontak ons vir prys

Datums:

Mei 2025

Aantal plekke:

25 plekke

Die Keukenhof tot Kopenhagen Toer in 2025!

BELEEF DIE VERSTEEKTE JUWELE VAN NOORD-OOS EUROPA!

DAG 1 VAN ONS KEUKENHOF TO KOPENHAGEN TOER
Johannesburg, Suid-Afrika

Ons groep vertrek vanaf OR Tambo Lughawe met ‘n direkte vlug na Amsterdam. (’n Beperkte aantal Kaapstad vlugte is beskikbaar op aanvraag.)

DAG 2 VAN ONS KEUKENHOF TO KOPENHAGEN TOER
Zaanse Schans & Putten, Nederland

Ons toergroep arriveer in Amsterdam waar ons luukse toerbus reeds op ons wag. Ons ry dan na die Zaanse Schans. Hierdie buitelugmuseum bestaan uit ‘n klompie houthuisies en windmeulens wat saam geplaas is om dit te bewaar (hoewel Zaanse Schans reeds sedert 1574 bestaan ​​het). Die verskillende meulens, huise en alles wat ons kan sien is verskuif na hierdie museum sodat dit bewaar kon word vir toekomstige geslagte.

Zaanse Schans, Nederland

 Ons toergroep ry dan na ons hotel in ‘n lieflike woud buite Putten, waar ons die volgende drie nagte gaan slaap.

DAG 3 VAN ONS KEUKENHOF TO KOPENHAGEN TOER
Keukenhof & Amersfoort & Putten, Nerderland

Vanoggend ry ons vroeg na die ongerepte tuine van Keukenhof. Ons groep geniet die hele oggend hier. Keukenhof, ook bekend as die Tuin van Europa, is een van die wêreld se grootste blomtuine aangesien dit ‘n oppervlakte van 32 hektaar beslaan en ongeveer 7 miljoen blombolle word jaarliks ​​in die tuin geplant.

Die tuine van Keukenhof, Nederland

Hierna besoek ons die lieflike klein dorpie, Amersfoort. Hierdie dorpie se oorsprong dateer terug na die Middeleeue en het ‘n ryke geskiedenis wat jy kan sien in die eeue-oue straatpatroon, die historiese geboue en sy goed versorgde monumente.

Amersfoort, Nederland

Met sy lieflike kanale, lewendige pleine, kafees, restaurante en winkelstrate is Amersfoort werklik ‘n wonderlike dorp om te verken!

DAG 4 VAN ONS KEUKENHOF TO KOPENHAGEN TOER
Utrecht & Gouda & Putten, Nederland

Ons besoek vanoggend die pragtige stad, Utrecht. Hier geniet ons toergroep heerlike vrye tyd. Die stad spog met pragtige kanale en parke, lewendige restaurante en kafees, fassinerende museums en merkwaardige historiese geboue. Utrecht se antieke middestad beskik oor baie geboue en strukture, verskeie wat so ver terug as die Hoë Middeleeue dateer.

Utrecht, Nederland

Ons groep ry dan na Gouda, die kaasstad van Holland. Daar is baie om te sien en doen in Gouda in jou vrye tyd. Besoek historiese hoogtepunte soos die Waag, die stadsaal en die Sint-Janskerk. Ontdek die versteekte skatte in die Gouda Museum en geniet heerlike lekkers by die stroopwafelfabriek. Ons gaan ook saam as groep leer oor kaasmakery by die Gouda Kaaservaring! Wat ‘n bederf!

Gouda, Nederland

DAG 5 VAN ONS KEUKENHOF TO KOPENHAGEN TOER
Giethoorn & Bremen, Nederland

Vanoggend spandeer ons tyd in die lieflike Giethoorn. Hierdie dorpie is hoofsaaklik ‘n voetganger gebied, met toegang tot die dorp deur middel van bote op een van die baie kanale.

Giethoorn, Nederland

Na heerlike vrye tyd hier vertrek dan na Bremen. Die Hansestad Bremen is die lewendige hart van Noordwes-Duitsland en die tuiste van die bekende Bremen Dorpsmusikante. Dit is ‘n stad waar verskillende aspekte van geskiedenis, tradisie, wetenskap, natuur en kultuur bymekaarkom om ‘n fassinerende geheel te vorm. Die middestad word beskou as een van die pragtigste bewaarde historiese woonbuurte in Duitsland.

Bremen, Duitsland

Ons geniet hier lekker vrye tyd in Bremen se oustad en elkeen ontvang 15 Euro subsidie vir aandete. Ons slaap die volgende drie nagte in ‘n lieflike hotel in Bremen.

DAG 6 VAN ONS KEUKENHOF TO KOPENHAGEN TOER
Hamburg & Bremen, Duitsland

Ons reis vanoggend na Hamburg. Die Speicherstadt en Kontorhausviertel is in 2015 deur UNESCO as Wêrelderfenisgebiede verklaar. Hamburg se riviere en kanale word deur ongeveer 2 500 brûe gekruis, wat dit die stad maak met die meeste brûe in Europa. Die naam Hamburg kom van die eerste permanente gebou op die terrein, ‘n kasteel wat die keiser Karel die Grote in 808 n.C. laat bou het. Ons geniet ‘n stadstoer van Hamburg onder leiding van ‘n plaaslike Engelssprekende gids, waarna ons die stad verder leer ken ter boot.

Hamburg, Duitsland

Ons toergroep besoek ook die ongelooflike Miniatuur Wunderland wat volgens Guinness World Records, die grootste modelspoorwegstelsel ter wêreld is.  Die uitstalling sluit ongeveer 1 120 digitaal beheerde treine met meer as 10 000 waens in. Die Wonderland is ook ontwerp met ongeveer 4 300 huise en brûe, meer as 10 000 voertuie – waarvan ongeveer 350 onafhanklik op die installasie ry – 52 vliegtuie en ongeveer 290 000 figure.

Miniatuur Wunderland, Hamburg

DAG 7 VAN ONS KEUKENHOF TO KOPENHAGEN TOER
Hanover & Bremen, Duitsland

Vanoggend ry ons toergroep na Hanover. Sedert 1636 is Hanover die setel van die Koninkryk van Hanover. Wat vroeër ‘n majestueuse historiese stad was, is tydens die Tweede Wêreldoorlog verwoes. 90% Van die stad is vernietig. Vandag is Hanover wel ‘n baie lewendige stad, met ‘n mengelmoes van argitektuur en ‘n atmosfeer wat so maklik is om te geniet. Die mees bekende besienswaardigheid van die stad is die Nuwe Stadsaal. Dit is aan die begin van die 20ste eeu gebou, in 1913 voltooi en dit is nie net pragtig van buite nie, maar ook van binne.

Hanover, Duitsland

Dit is werklik die moeite werd om vir ‘n oomblik hier te stop en die vier miniatuur dorpsmodelle wat wys hoe Hanover vroeër gelyk het teenoor die huidige stad van vandag te besigtig. Hierdie oorsig wys op kleinskaal die dramatiese veranderinge in die geskiedenis van die stad.

Dorpsmodel van Hanover

Ons keer dan terug na Bremen, waar ons groep die aand in die oustad gaan geniet. Elkeen ontvang 15 Euro subsidie vir aandete.

DAG 8 VAN ONS KEUKENHOF TO KOPENHAGEN TOER
Ribe & Esbjerg, Denemarke

Ons toergroep reis vandag verder Noord. Ons eerste stop is in Ribe, Denemarke se oudste dorpie. Die smal geplaveide straatjies, die goed bewaarde huise en gedenkplate vertel elkeen hul deel van die trotse geskiedenis wat terug strek tot ongeveer 710 nC. Denemarke is bekend vir sy Vikings, en vanaf Ribe het hul houtskepe na Europa vertrek om handel te dryf (asook vrees te versprei).

Ribe, Denemarke

Na ‘n heerlike wyle hier ry ons verder na Esbjerg waar ons die aand gaan oornag.

DAG 9 VAN ONS KEUKENHOF TO KOPENHAGEN TOER
Roskilde & Kopenhagen, Denemarke

Na ontbyt ry ons na Roskilde, net wes van Kopenhagen, waar ons lekker vrye tyd gaan geniet. Langs sy hawe huisves die Viking-skip Museum vaartuie uit die 11de-eeu. Jy kan hier ‘n egte Viking ervaring op ‘n replika van ‘n viking-skip ervaar. Of besoek gerus die Roskilde-katedraal. Die manjifieke rooibaksteenkatedraal met sy indrukwekkende hoë torings word as een van Denemarke se belangrikste argitektoniese monumente beskou. Dit is sedert 1995 ‘n UNESCO-wêrelderfenisgebied.

Roskilde, Denemarke

Elkeen ontvang 15 Euro subsidie vir aandete. Ons slaap die volgende drie aande in ‘n lieflike hotel in Kopenhagen.

DAG 10 VAN ONS KEUKENHOF TO KOPENHAGEN TOER
Kopenhagen, Denemarke

Ons geniet vandag alles wat wonderlike Kopenhagen het om te bied. Kopenhagen was oorspronklik ‘n Viking-vissersdorpie wat in die 10de eeu in die omgewing gestig is en is bevestig as die hoofstad van Denemarke vanaf die vroeë 15de eeu. Die Dene tel onder die wêreld se gelukkigste mense, en in Kopenhagen is dit nie moeilik om te sien hoekom nie. Ons geniet ‘n stadsbesigtigingstoer in hierdie fassinerende stad.

Kopenhagen, Denemarke

Ons besoek ook Rosenborg Kasteel. Die pragtige kasteel beskik oor 400 jaar se koninklike skatte, die kroonjuwele en koninklike regalia. Dit is werklik iets om te beleef! Hierna geniet ons toergroep heerlike vrye tyd.

Rosenborg Kasteel, Denemarke

DAG 11 VAN ONS KEUKENHOF TO KOPENHAGEN TOER
Kopenhagen, Denemarke

Ons toergroep het vanoggend kans om rustig ontbyt te eet en lede kan dan vandag Kopenhagen se skatte op hul eie gaan ontdek en besoek. Ons geniet vir oulaas saam aandete in ons hotel.

Kopenhagen, Denemarke

DAG 12 VAN ONS KEUKENHOF TO KOPENHAGEN TOER
Johannesburg, Suid-Afrika

Ons toergroep vlieg vanoggend met ‘n  dagvlug terug na Suid Afrika.

Nadat ons soveel gesien en beleef het, gaan ons nog jare lank die mooiste herinneringe hieraan koester!

*WinskoopToere kan steeds veranderinge aan hierdie toerprogram maak.

Ons verwagte toerprys sal binnekort bekendgemaak word.

Kyk wat is ALLES in die toerprys ingesluit:

  • Ekonomiese klas retoervlugte. Daar is ‘n sekere aantal Kaapstad vlugte beskikbaar op aanvraag (teen ‘n bybetaling van R4,700 per persoon).
  • Lughawebelasting behalwe wat mag bykom vanweë wisselkoersverandering (tans geen).
  • Luuksebusvervoer (met lugverkoeling, ens.) vir die volle tydperk.
  • Akkommodasie in twin-kamers (bed en ontbyt) in gerieflike drie- en viersterhotelle.
  • Aandetes of ‘n subsidie van €15.00 per persoon vir ‘n aandete elke dag.
  • Twee bekwame toerleiers vergesel die Europa toergroep die hele tyd en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.)
  • Die gebruik van ons hoë gehalte radio’tjies (audiophones) sodat almal die gids ewe goed kan hoor.
  • Fooi vir die busbestuurder (€24 per persoon).

Die volgende toegangsgelde en uitstappies is ook ingesluit:

  • Stadstoere in Bremen, Hamburg en Kopenhagen.
  • Die Gouda Kaaservaring.
  • ‘n Boottoer in Hamburg.
  • Die Miniatuur Wunderland in Hamburg.
  • ‘n Besoek aan die Nuwe Stadsaal van Hanover.
  • ‘n Besoek aan die Rosenborg Kasteel.

Die toerprys sluit nie die volgende in nie:

  • Visumkoste.
  • Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting).
  • Middagetes.
  • Toegangsgelde van plekke wat jy dalk addisioneel wil besoek.
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.

LW: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.

Om jou plek te bespreek:

(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)

Hoe bespreek ek my plek vir die Keukenhof tot Kopenhagen Toer in 2024?

Deur die deposito van R7,500.00 pp

– (verwysing: KK25/Jou Voorletters en Van bv. KK25/J.Coetzee) –

in die volgende (NUWE) bankrekening te betaal:

WinskoopToere
ABSA
(NUWE) Rekeningnommer: 9343 1803 92

** NB!!  Stuur u inbetalingstrokie na: admin@winskooptoere.co.za

(Maak asb seker jou E-pos bevat jou E-pos adres/kontakbesonderhede)

OF

Laai jou strokie direk op WinskoopToere se sisteem:

WinskoopToere Bewys van Betaling

Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.

Elke toerlid moet asb die vorm invul en so spoedig moontlik na ons terugstuur/faks.

Covid-19 inligting:

Daar is tans geen inenting-vereistes in Europa nie.

—————-

WinskoopToere sal streng voldoen aan alle gesondheidsriglyne en -vereistes van COVID-19 (bv inentings, maskers, sosiale afstand) sou dit verander.

—————-

Vir meer besonderhede tree gerus met ons kantoor in verbinding.

**WinskoopToere behou die reg om die toerprogram en -prys te wysig.

Back To Top