fbpx skip to Main Content

SK24: Ons Onvergeetlike Skandinawië Boottoer in 2024!

WinskoopToerprys:

Original price was: R99,990.Current price is: R89,990.

Datums:

29 Julie tot 12 Augustus 2024 (15 dae)

Aantal plekke:

Out of stock

Ons Skandinawië Boottoer in 2024!

TOER SAAM NA DIE FABELAGTIGE SKATTE VAN SWEDE, DENEMARKE EN NOORWEË!

ONS SIEN OOK DIE MOOISTE KLEIN DORPIES, FJORDE, NATUURLANDSKAPPE EN SEETONELE AANBOORD DIE SPLINTERNUWE EN LUUKSE MSC EURIBIA.

DAG 1 VAN ONS SKANDINAWIË BOOTTOER – MAANDAG 29 JULIE 2024 Johannesburg (Suid-Afrika)

Ons vertrek vanaand met ‘n Emirates-vlug vanaf OR Tambo Lughawe in Johannesburg via Dubai na Stockholm. ('n Beperkte aantal Kaapstadvlugte op aanvraag beskikbaar.)

DAG 2 VAN ONS SKANDINAWIË BOOTTOER - DINSDAG 30 JULIE 2024 Stockholm (Swede)

Ons vliegtuig land in Stockholm waar ons luukse toerbus op ons wag. Die toer word afgeskop met ‘n heerlike begeleide toer van die Drottningholm-paleis. Hierdie paleis uit die 1600’s is op UNESCO se wêrelderfenislys en is die huidige tuiste van die Sweedse koninklike familie.

Die Drottningholm-paleis, Stockholm

Hierna neem ons bus ons na ons hotel waar ons die volgende twee aande gaan slaap. Ons geniet saam aandete in ons hotel.

DAG 3 VAN ONS SKANDINAWIË BOOTTOER – WOENSDAG 31 JULIE 2024 Stockholm (Swede)

Ons geniet vanoggend eers 'n stadsbesigtigingstoer per bus. Hierna word ons in die middestad afgelaai, en almal het dan vrye tyd om te doen wat hulle wil. Elkeen ontvang 20 Euro subsidie vir aandete. Besoek gerus die pragtige Storkykan Katedraal wat uit die dertiende eeu dateer. Stockholm het ook 'n lieflike Ou Stad-gedeelte met skatte om elke hoek.

Stockholm, Swede

Jy kan ook die Vasa Museum besoek. Geleë op die eiland Djurgården, vertoon die museum die enigste byna heeltemal ongeskonde 17de-eeuse skip wat nog ooit gered is.

DAG 4 VAN ONS SKANDINAWIË BOOTTOER – DONDERDAG 1 AUGUSTUS 2024 Skansen & Jönköping (Swede)

Vanoggend besoek ons die Skansen Museum en Dieretuin. Hier kan jy heerlik op jou eie rondloop en die gronde verken. Die Skansen Museum is die oudste van sy soort ter wêreld en hier word Swede se geskiedenis vir jou neergelê en jy kan uitvind hoe Swede eens geleef het volgens die veranderende seisoene, hul gebruike en tradisies, beroepe, vieringe en alledaagse lewe van vervloë tye. Dit is werklik ‘n belewenis!

Die Skansen Museum, Stockholm

Ons vertrek dan na die Sweedse platteland. Ons reis neem ons na die mooiste provinsie in Swede, Småland. Die grootste stad in hierdie streek is Jönköping, waar ons vanaand gaan oornag. Ons besoek eerste die Habo Kerk. Hierdie kerk het die afmetings van 'n katedraal, maar is heeltemal van hout gemaak.

Die Habo Kerk, Jönköping

Ons toerbus neem ons dan na ons hotel. Lede kan vanaand Jönköping op hul eie leer ken. Hierdie pragtige plattelandse stad is nie net 'n skilderagtige deel van Småland nie - dit is ook 'n plek met baie geskiedenis. Waar jy ook al jou voete in Jönköping sit, bevind jy jouself in 'n historiese omgewing. Dit was die eerste stad in Swede se geskiedenis wat sy stedelike regte toegeken is deur koning Magnus Ladulås in 1284.

DAG 5 VAN ONS SKANDINAWIË BOOTTOER – VRYDAG 2 AUGUSTUS 2024 Kopenhagen (Denemarke)

Ons toer vanoggend verder na Kopenhagen waar ons 'n insiggewende besigtigingstoer geniet. Ons ry onder andere na die klein eilandjie Slotsholmen waar ons die besondere Christiansborg Paleis (buite) besigtig. Dit is die setel van die Deense Parlement. In Skandinawië moet ons natuurlik ook die beroemde Klein Meermin, die brons standbeeld by Kopenhagen se hawe besoek! (Dit gaan pret wees om hierdie baie bekende beeld van naby te sien!)

Kopenhagen, Denemarke

Ons Skandinawië groep besoek dan die pragtige Renaissance Kasteel Rosenborg.

Kasteel Rosenborg, Kopenhagen

Ons slaap die volgende twee aande in ons lieflike hotel in Kopenhagen.

DAG 6 VAN ONS SKANDINAWIË BOOTTOER - SATERDAG 3 AUGUSTUS 2024 Kopenhagen (Denemarke)

Ons besoek vandag 'n aantal pragtige Skandinawiese plekke in Kopenhagen onder leiding van ons toerleier. (Toerlede is welkom om op hulle eie die stad te ontgin, as hulle dit so verkies. Hou in gedagte dat die publieke vervoer-infrastruktuur in Kopenhagen van die effektiefste en mees betroubaar ter wêreld is!) Ons Skandinawië groep gaan onder andere die “Shopping Mile” loop.

Die “Shopping Mile”, Kopenhagen

Ons gaan ook rustig verkeer by die interessante Nyhavn Hawe, die sewentiende-eeuse waterfront, kanaal en vermaak-distrik van Kopenhagen. Jy kan hier op jou eie die Skandinawiese Veteraan Skip en Hawe Museum besoek.

Nyhavn Hawe, Kopenhagen

Hier is ook gesellige restaurante en eetplekke. Hierdie streek is 'n heerlike plek om te vertoef! Ons ry later vanmiddag terug na ons hotel. Nou dat ons bietjie vertroud is met die stad, kan elkeen vanaand sy eie koers kies (onthou die uitstekende openbare vervoer). Toerlede ontvang 'n 20 Euro subsidie vir aandete.

DAG 7 VAN ONS SKANDINAWIË BOOTTOER - SONDAG 4 AUGUSTUS 2024 Kopenhagen (Denemarke) & MSC Euribia

Ons toergroep besoek vanoggend die Universiteit van Kopenhagen se Botaniese Tuine. Dit beslaan 'n oppervlakte van 10 hektaar en is veral bekend vir sy uitgebreide kompleks van historiese glashuise wat uit 1874 dateer. Toerlede kan hier rustig deur die tuine stap, en kan ook die indrukwekkende Palm Huis besoek (op eie koste). Die Botaniese Tuine, Kopenhagen

Later die middag vertrek ons na Kopenhagen se hawe waar die MSC Euribia passasierskip op ons wag.

DAG 8 VAN ONS SKANDINAWIË BOOTTOER - MAANDAG 5 AUGUSTUS 2024 MSC Euribia

Ons spandeer vandag die hele dag op die MSC Euribia in die Noord-Atlantiese Oseaan. Jy kan nou lekker ontspan of deelneem aan die vele aktiwiteite wat hul op die skip aanbied.

Die MSC Euribia

DAG 9 VAN ONS SKANDINAWIË BOOTTOER – DINSDAG 6 AUGUSTUS 2024 Hellesylt (Noorweë) & MSC Euribia

Die eerste dorpie wat ons besoek is Hellesylt. Hierdie klein dorpie is aan die westelike punt van die Geirangerfjord. Die dorpie word omring deur berge en valleie. Die Sunnylvenkerk is geleë in Hellesylt, wat die administratiewe sentrum van die voormalige gemeente Sunnylven was. Hellesylt word voortdurend bedreig deur die berg Åkerneset, wat op die punt is om in die Sunnylvsfjord te erodeer. 'n Ineenstorting kan veroorsaak dat 'n tsoenami die grootste deel van Hellesylt se middestad vernietig. Ons toergroep geniet 'n heerlike halfdag MSC bustoer van die Hellesylt en Geirangerfjord omgewing. Ons groep ry dan met die Strandafjellet Berg kabelkarre tussen die berge deur na die spits van berg Roalden waar ons die pragtige panoramiese uitsigte bewonder met 'n heerlike wafel en warm koppie koffie in die hand. Hierna neem ons luukse toerbus ons terug na Hellesylt.

Hellesylt, Noorweë

DAG 10 VAN ONS SKANDINAWIË BOOTTOER – WOENSDAG 7 AUGUSTUS 2024 Molde Fjord (Noorweë) & MSC Euribia

Tussen die besienswaardighede Romsdalseggen, Trollstigen en Atlanterhavsvegen is die fjordstad Molde, 'n aangename klein stad met sjarme en atmosfeer. Hier sal jy 'n unieke kombinasie van kulturele aanbiedinge, skouspelagtige natuur, sport en kulinêre plesier vind. Molde is langs die Romsdalsfjord geleë en is bekend vir sy pragtige omgewing en fantastiese uitsigte. Vanaf die uitsigpunt Varden kan jy die omliggende 222 bergpieke in die Molde-panorama geniet. Ons lekker besigtigingstoer (met luukse toerbus) sluit 'n besoek aan die opelug Romsdal Volksmuseum, een van die grootste provinsiale museums in Noorweë wat bestaan ​​uit meer as 40 geboue. Ons uitstappie neem ons ook oor die heuwels na Frænfjord en dan Bud, 'n bekoorlike vissersdorpie met die mooiste uitsigte van die see.  Ons ry dan verder met die indrukwekkende Atlantiese Oseaan-pad, bekend as een van die mooiste roetes ter wêreld en aangewys as Noorweë se konstruksie-wonder van die eeu. Op pad terug ry ons langs die Kornstadfjord en dan oorland terug na die hawe in Molde.

Molde Fjord, Noorweë

DAG 11 VAN ONS SKANDINAWIË BOOTTOER – DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2024 Flaam (Noorweë) & MSC Euribia

Aan die einde van Aurlandsfjord sit Flaam, 'n dorpie wat bekend is vir sy betowerende ligging tussen Noorweë se deurdringende blou fjords en vee berge. Soek 'n outentieke Noorse trui in Flaam se winkels of besoek een van sy vriendelike mikrobrouerye vir 'n plaaslik gebroude bier. Daar is baie verrassings te vinde in Flaam; van museums wat die streek se kultuur vier tot talle skilderagtige staproetes. Ons Flaam MSC uitstappie begin met 'n luukse bustoer wat in Flaam se hawe begin. Ons ry deur die steil en nou Nærøy-vallei en stop dan by die Tvindefossen waterval. Ons toer duur dan voort na die dorpie Voss, pragtig geleë op die Vangvatnet-meer. Hier klim ons op 'n trein wat ons verder neem deur 'n reeks skouspelagtige landskappe, voordat ons Myrdal bereik. Hier, op 867 meter bo seespieël, sal ons van trein verander en verder ry op die wêreldbekende Flaam-lyn na die asemrowende Flaam-vallei. Die uitstappie eindig by die Flaam-stasie vanwaar ons groep rustig terug kan stap na die hawe.

Flaam, Noorweë

DAG 12 VAN ONS SKANDINAWIË BOOTTOER – VRYDAG 9 AUGUSTUS 2024 MSC Euribia

Ons spandeer weer die dag op die pragtige Noord-Atlantiese Oseaan aan boord die MSC Euribia.

Die MSC Euribia

DAG 13 VAN ONS SKANDINAWIË BOOTTOER – SATERDAG 10 AUGUSTUS 2024 Kiel (Duitsland) & MSC Euribia

Kiel is die hoofstad van die Noord-Duitse deelstaat Sleeswyk-Holstein en het ongeveer 240 000 inwoners. Die stad, wat in die 13de eeu as "Holstenstadt tom Kyle" gestig is, is in 1900 na Kiel verander. Die ou stad strek vanaf die hawe van Kiel wat die hart van hierdie hawestad vorm. Hier vind jy die Sparkassen-Arena, een van die grootste geleentheidsplekke in Duitsland, sowel as die inkopiearkade Holstenstein. Hierdie gebied is reeds gedurende die 13de eeu bevolk en het grootliks ongeskonde gebly na die Tweede Wêreldoorlog. Ontdek die historiese geboue, soos die Nikoali-kerk, die klooster of die skeepsvaartmuseum.

Kiel, Duitsland

DAG 14 VAN ONS SKANDINAWIË BOOTTOER – SONDAG 11 AUGUSTUS 2024 MSC Euribia & Kopenhagen (Denemarke)

Ons meer vas in die hawe van Kopenhagen. Ons Skandinawië toergroep stap aan wal, en ons toerbus neem ons na die ou stad vir ‘n laaste bietjie vrye tyd.

Kopenhagen, Denemarke

Later die dag ry ons na die lughawe vanwaar ons terugvlieg na ons tuisland, Suid-Afrika.

DAG 15 VAN ONS SKANDINAWIË BOOTTOER – MAANDAG 12 AUGUSTUS 2024 Johannesburg, Suid-Afrika

Nou, aan die einde van hierdie wonderlike toer, sal jy weet: “Ek is nou anders as toe ek gekom het. Ek het soveel beleef, ek is verryk, en ek neem dit saam met my vir altyd!”

*WinskoopToere kan steeds veranderinge aan hierdie toerprogram maak.

Ons verwagte toerprys is slegs R89,990.00 pp wat deel!

*Teen 'n wisselkoers van €1 = R20.00

 

Kyk wat is ALLES in die toerprys ingesluit:

  • Ekonomiese klas retoervlugte. Daar is ‘n sekere aantal Kaapstad vlugte beskikbaar op aanvraag (teen ‘n bybetaling van R1,500 per persoon).
  • Lughawebelasting behalwe wat mag bykom vanweë wisselkoersverandering (tans geen).
  • Luuksebusvervoer (met lugverkoeling, ens.) in Kopenhagen en Swede.
  • Akkommodasie in twin-kamers (bed en ontbyt) in gerieflike drie- en viersterhotelle.
  • Sewe nagte aan boord die MSC Euribia (in Balkonkajuite). Ontbyt, middagetes, aandetes en alle vermaak is ingesluit.
  • Aandetes of ‘n subsidie van €20.00 per persoon vir ‘n aandete elke dag.
  • Twee bekwame toerleiers vergesel die Europa toergroep die hele tyd en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is altyd 'n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.)
  • Die gebruik van ons hoë gehalte radio’tjies (audiophones) sodat almal die gids ewe goed kan hoor.
  • Fooi vir die busbestuurder (€12 per persoon).

Die volgende toegangsgelde en uitstappies is ook ingesluit:

  • ‘n Begeleide toer van die Drottningholm-paleis.
  • Begeleide Stadsbesigtigingstoere van Stockholm en Kopenhagen.
  • Die Skansen Buitelugmuseum en Dieretuin.
  • 'n Besoek aan die Habo Kerk.
  • 'n Besoek aan die Rosenborg Kasteel.
  • Die volgende 3 MSC uitstappies is ook ingesluit in die toerprys (waarde: meer as R8,500pp):

    • In Hellesylt geniet ons groep ‘n bus- en kabelkartoer van die Hellesylt en Geiranger omgewing (koffie/tee en peuselhappies ingesluit).
    • In Molde onderneem ons ‘n besigtigingstoer van Molde en die omliggende omgewing.
    • In Flaam word ons bederf met ‘n treinrit op die bekende Flaam Spoorweg (middagete ingesluit).

Die toerprys sluit nie die volgende in nie:

  • Visumkoste.
  • Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting).
  • Middagetes.
  • Toegangsgelde van plekke wat jy dalk addisioneel wil besoek.
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.

LW: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.

Om jou plek te bespreek:

(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)

Hoe bespreek ek my plek vir die Onvergeetlike Skandinawië Boottoer in 2024?

Deur die deposito van R6,500.00 pp

– (verwysing: SK24/Jou Voorletters en Van bv. SK24/J.Coetzee) –

in die volgende (NUWE) bankrekening te betaal:

WinskoopToere ABSA (NUWE) Rekeningnommer: 9343 1803 92

** NB!!  Stuur u inbetalingstrokie na: admin@winskooptoere.co.za

(Maak asb seker jou E-pos bevat jou E-pos adres/kontakbesonderhede)

Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.

Elke toerlid moet asb die vorm invul en so spoedig moontlik na ons terugstuur/faks.

Covid-19 inligting:

Daar is tans geen inenting-vereistes in Europa nie.

—————-

WinskoopToere sal streng voldoen aan alle gesondheidsriglyne en -vereistes van COVID-19 (bv inentings, maskers, sosiale afstand) sou dit verander.

—————-

Vir meer besonderhede tree gerus met ons kantoor in verbinding.

**WinskoopToere behou die reg om die toerprogram en -prys te wysig.

Back To Top