WinskoopToerprys:
Original price was: R91,250.00.R67,990.00Current price is: R67,990.00.
Datums:
Hierdie toer is reeds vol bespreek, maar kyk gerus na ons Frankryk Plattelandtoer 2026!
VERSTEEKTE JUWELE VAN FRANKRYK
ERVAAR DIE BESONDERSE KULTUUR, ARGITEKTUUR EN NATUUR OP HIERDIE HEERLIKE FRANSE PLATTELANDTOER IN DIE JUNIEVAKANSIE.
DAG 1 VAN ONS VERRUKLIKE FRANKRYK PLATTELANDTOER – SATERDAG 14 JUNIE 2025 JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA
Ons Franse Platteland toer vertrek van OR Tambo Lughawe in Johannesburg na Parys (ons stop in Dubai).
DAG 2 VAN ONS VERRUKLIKE FRANKRYK PLATTELANDTOER - SONDAG 15 JUNIE 2025 PARYS & DIJON, FRANKRYK
Ons arriveer op Charles de Gaulle Lughawe in Parys. Hier wag ons luukse bus, wat ons deur die Franse platteland gaan neem, reeds op ons. Ons vertrek na die platteland van hierdie lieflike land.
Ons besoek Vézelay, ‘n aantreklike dorpie wat oor die kruin van ‘n heuwel met uitgestrekte uitsigte op die Monts de Morvan (heuwels van Morvan) geleë is. Dit is op die randjie van Morvan Regional Park. Hierdie dorpie het al in die 11de eeu rondom die Basilica ontstaan. (Die dorpie en die Basilica self is ‘n UNESCO wêrelderfenisgebied.) Dit was ‘n belangrike pelgrimsdorpie met die Basilica wat tot eer van St. Maria Magdalena gebou is.
Ons ry later na Dijon, ‘n stad in die Boergondië-streek. Dit val in een van die land se hoofwynbougebiede. Ons gaan die volgende twee dae in Dijon oorbly en die omgewing verken.
DAG 3 VAN ONS VERRUKLIKE FRANKRYK PLATTELANDTOER – MAANDAG 16 JUNIE 2025 VÉZELAY & DIJON, FRANKRYK
Ons spandeer vandag in en om Dijon. Buite die stad besoek ons een van die wynhuise in hierdie gewilde wynstreek en geniet ons ‘n wynproe. Daarna vertrek ons na die ou stad van Dijon om hier vrye tyd te geniet. Ons slaap weer in dieselfde hotel vanaand.
Dijon, Frankryk
DAG 4 VAN ONS VERRUKLIKE FRANKRYK PLATTELANDTOER – DINSDAG 17 JUNIE 2025 BEAUNE & ANNECY, FRANKRYK
Vanoggend ry ons na die pragdorpie Beaune. Die ou stad is veral bekend vir die Hôtel Dieu – ‘n unieke Middeleeuse hospice wat nogsteeds gebruik is as ‘n hospitaal tot laat in die 20ste eeu. Ons besoek as groep hierdie gebou met sy unieke Boergondiese dak met gekleurde geglasuurde teëls.
Beaune, Frankryk
Van hier ry ons verder na die Auvergne-Rhônestreek in die Alpe. Ons besoek Annecy, ‘n skilderagtige dorpie in die Alpe aan die Switserse grens, bekend vir sy meer en kanale wat deur die ou stad vloei.
Annecy, Frankryk
Ons slaap vanaand en moreaand in hierdie mooi omgewing in 'n hotel in die hartjie van Annecy.
DAG 5 VAN ONS VERRUKLIKE FRANKRYK PLATTELANDTOER – WOENSDAG 18 JUNIE 2025 ANNECY & YVOIRE, FRANKRYK
Ons vat vanoggend die pad na een van die mooiste dorpies in Frankryk – Yvoire.
Yvoire, Frankryk
Hierdie klein Middeleeuse stadjie is teenaan Genève in Switserland geleë. Daar word dikwels na hierdie dorpie verwys as die “Pêrel van die Genève-meer”. Ons spandeer ‘n onvergeetlike oggend hier in die keisteen-stegies met hulle pragtige blomversierings en stadspoorte wat dateer uit die Middeleeue. Ons groep geniet 'n heerlike bootvaart op die meer en besoek ook die besondere “Garden of the 5 senses”.
“Garden of the 5 senses” – Yvoire, Frankryk
Ons slaap weer vanaand in Annecy.
DAG 6 VAN ONS VERRUKLIKE FRANKRYK PLATTELANDTOER - DONDERDAG 19 JUNIE 2025 PÉROUGES & AVIGNON, FRANKRYK
Ons groep se volgende stop in die Franse platteland is Pérouges. In hierdie Middeleeuse dorpie wat op ‘n heuwel uittroon met die Franse Alpe in die agtergrond, voel dit of tyd gaan stilstaan het. Die dorpie wat dateer uit die jaar 1100, met sy gotiese argitektuur en stadsmure wat steeds om die Oustad staan, het vandag maar 100 inwoners.
Pérouges, Frankryk
Ons reistog na die suide van Frankryk duur voort. Ons ry na Avignon, vanwaar ons die volgende drie dae Provence verken. In Avignon besigtig ons die Paleis van die Pouse en die beroemde Avignon brug.
Paleis van die Pouse in Avignon, Frankryk
Ons slaap die volgende drie nagte in die hartjie van Avignon.
DAG 7 VAN ONS VERRUKLIKE FRANKRYK PLATTELANDTOER - VRYDAG 20 JUNIE 2025 SAINT REMY DE PROVENCE & LOURMARIN, FRANKRYK
Hier in Provence is ons in die omgewing wat vir Vincent van Gogh soveel inspirasie gebied het. Ons besoek Saint Remy de Provence, vanwaar Van Gogh meer as 150 skilderye van die omgewing geskilder het. Ons besoek ook die inrigting waar hy was. Die historiese dorpie is gebou op een van die oudste argeologiese plekke in Europa.
Saint Remy de Provence, Frankryk
Van hier ry ons na Lourmarin. Hierdie duisend jaar oue dorpie is een van die mooistes in Frankryk en is bekend as ‘n kunstenaarsdorpie.
Lourmarin, Frankryk
Laventelvelde naby Lourmarin, Frankryk
Hierna keer ons terug na ons hotel by Avignon.
DAG 8 VAN ONS VERRUKLIKE FRANKRYK PLATTELANDTOER - SATERDAG 21 JUNIE 2025 APT & ROUSSILLON & GORDES, FRANKRYK
Die unieke dorp, Apt word vandag besoek. Op ‘n Saterdag verander die plaaslike inwoners van die omgewing feitlik die hele dorp in ‘n buitelug mark waar ons groep heerlik kan rondloop en die plaaslike produkte kan bewonder (en proe!).
Apt, Frankryk
Roussillon met sy rooi kranse en oker steengroewe is volgende aan die beurt. Die kleurvolle dorpie troon uit op ‘n heuwel vanwaar mens pragtige uitsigte kan geniet. Ons spandeer tyd hier om deur die dorpie te wandel.
Roussillon, Frankryk
Gordes is nog ‘n juweel in Provence wat op ‘n heuwel lê. Die huise in wit en grys stene spiraal boontoe om die rots waarop dit gebou is. Heelbo op die punt is ‘n kerk en kasteel geleë wat uitkyk oor die heuwels van die Luberon-bergreeks.
Gordes, Frankryk
Na ons vrye tyd hier ry ons terug na ons hotel.
DAG 9 VAN ONS VERRUKLIKE FRANKRYK PLATTELANDTOER – SONDAG 22 JUNIE 2025 ARLES & CARCASSONNE, FRANKRYK
Vanoggend vertrek ons eerstens na Arles. Hierdie stad het 'n lang geskiedenis en was van aansienlike belang vir die Romeine. Die Romeinse monumente van Arles is in 1981 as UNESCO-wêrelderfenisgebiede gelys vir hul getuienis oor die geskiedenis van die streek. Baie kunstenaars het ook in hierdie area gewoon en gewerk, insluitend Pablo Picasso, Paul Gauguin en Jacques Réattu, sowel as Vincent van Gogh.
Die Romeinse Amfiteater van Arles, Frankryk
Na ons die stad van Arles beter leer ken het vertrek ons na die imposante dorpie Carcassonne. Carcassonne se kasteel is 'n Middeleeuse vesting wat terugdateer na die Gallo-Romeinse tydperk. Dit is vandag 'n UNESCO-Wêrelderfenisgebied. Kaartjies na die kasteel is ingesluit.
Carcassonne, Frankryk
Ons ry dan verder na Toulouse, waar ons die aand gaan oornag.
DAG 10 VAN ONS VERRUKLIKE FRANKRYK PLATTELANDTOER – MAANDAG 23 JUNIE 2025 SAINT EMILION & BORDEAUX, FRANKRYK
Vanoggend vertrek ons na Saint-Emilion, 'n Middeleeuse stad met 'n lang lewende geskiedenis van wynmaak. Hierdie UNESCO dorpie, omring deur wingerde, spog ook met sy Romaanse kerke en ruïnes wat al langs sy steil en smal strate strek. Ons toergroep geniet 'n stadstoer onder leiding van 'n plaaslike gids.
Saint-Emilion, Frankryk
Ons groep ry dan verder na Bordeaux. Bordeaux is 'n wêreldhoofstad van wyn. Die wingerdstok is deur die Romeine in die Bordeaux-streek ingebring (waarskynlik in die middel van die eerste eeu) om wyn vir plaaslike verbruik te verskaf en wynproduksie is sedertdien voortdurend in die streek. Die "Port of the Moon" ('n UNESCO-wêrelderfenisgebied wat vir honderde jare die meerderheid van Europa met wyn, koffie, kakao, suiker, katoen en indigo voorsien het) het in die 1800's Frankryk se besigste hawe geword asook die tweede besigste hawe in die wêreld naas Londen.
Bordeaux, Frankryk
Ons oornag in Bordeaux.
DAG 11 VAN ONS VERRUKLIKE FRANKRYK PLATTELANDTOER – DINSDAG 24 JUNIE 2025 AMBOISE & LOIRE VALLEI, FRANKRYK
Ons vertrek na die lieflike Loire Vallei. Ons besoek die Château du Clos Lucé in Amboise. Hierdie paleis het verskeie bekende eienaars soos die Franse koning Charles VIII en Leonardo da Vinci gehad. Dit is in 1855 omskep in 'n museum wat handel oor die die bekende kunstenaar en argitek se lewe, werk en ontdekkings. Leonardo da Vinci is op 2 Mei 1519 in sy kamer by die Clos Lucé oorlede.
Château du Clos Lucé in Amboise, Frankryk
Na ons uitstappie het lede nou lekker vrye tyd om die res van Amboise te verken. Die Koningklike Château d'Amboise is 'n uitstekende paleis om te besoek tydens jou vrye tyd en spog met pragtige uitstallings en kunswerke vanuit die Renaissance. Die klein historiese strate van Amboise bevat ook 'n paar pragtige voorbeelde van historiese houthuise vanuit die 1400's en is 'n plesier om te verken.
Koningklike Château d'Amboise, Frankryk
Ons oornag in Amboise die volgende twee nagte.
DAG 12 VAN ONS VERRUKLIKE FRANKRYK PLATTELANDTOER - WOENSDAG 25 JUNIE 2025 CHâTEAU DE CHENONCEAU & LOIRE VALLEI, FRANKRYK
Na 'n lekker rustige ontbyt vertrek ons groep na die pragtige Château de Chenonceau. Chenonceau is een van Frankryk se mees elegante kastele. Dit is versier met seldsame meubels en 'n kunsversameling wat werke van Tintoretto, Correggio, Rubens, Murillo, Van Dyck en Ribera insluit. Hierdie skouspelagtige kompleks is grootliks die werk van verskeie merkwaardige vroue regdeur geskiedenis (vandaar sy bynaam, die Dames Château).
Château de Chenonceau, Frankryk
Beide die befaamde Diane de Poitiers en die koningin Catherine de Medici was uiters geheg aan hierdie lieflike kasteel. Dit beliggaam werklik die elegansie van die 16de eeuse Renaissance-era in die Loire-vallei. Ons geniet 'n besigtigingstoer van hierdie château en het dan vrye tyd om self die tuine en kasteel verder te verken.
Château de Chenonceau, Frankryk
Ons oornag weer in ons hotel in die Loire Vallei.
DAG 13 VAN ONS VERRUKLIKE FRANKRYK PLATTELANDTOER – DONDERDAG 26 JUNIE 2025 VAN PARYS TERUG NA SUID-AFRIKA
Vanoggend spandeer ons nog lekker tyd in die Loire Vallei voordat ons na Parys vertrek vanwaar ons weer ons ons vlug terug na Suid-Afrika neem.
DAG 14 VAN ONS VERRUKLIKE FRANKRYK PLATTELANDTOER – VRYDAG 27 JUNIE 2025 JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA
Ons arriveer terug in Johannesburg, vervul na soveel fantastiese belewenisse in Frankryk wat ons elkeen vir altyd verander het.
*WinskoopToere kan steeds veranderinge aan hierdie toerprogram maak.
Ons toerprys is R67,990.00* per persoon wat deel.
Die enkeltoeslag is R14,000 per persoon.
*Teen wisselkoers 1 Euro = R20.50.
Kyk wat is ALLES in die toerprys ingesluit:
- Ekonomiese klas retoervlugte met Emirates.
- Lughawebelasting behalwe wat mag bykom vanweë wisselkoersverandering (tans geen).
- Luuksebusvervoer (met lugverkoeling, ens.) vir die volle tydperk.
- Akkommodasie in twin-kamers (bed en ontbyt) in gerieflike drie- en viersterhotelle.
- Aandetes of ‘n subsidie van €20.00 per persoon vir ‘n aandete elke dag.
- Professionele plaaslike gids (Engelssprekend) in Dijon.
- Twee bekwame toerleiers vergesel die Europa toergroep die hele tyd en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.)
- Die gebruik van ons hoë gehalte radio’tjies (audiophones) sodat almal die gids ewe goed kan hoor.
- Fooi vir die busbestuurder (€24 per persoon).
Die volgende toegangsgelde en uitstappies is ook ingesluit:
- Toegangskaartjie vir die Klooster van Saint-Paul de Mausole by Saint Remy de Provence.
- Toegangskaartjie na die Hotel Dieu Hospice in Beaunne.
- Stadstoer in Saint Emilon.
- "Garden of the senses" toegangskaartjie.
- Bootvaart in Yvoire.
- Besoeke aan Carcasonne kasteel, Château du Clos Lucé en Chateau Chenonceau.
Die toerprys sluit nie die volgende in nie:
- Visumkoste.
- Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting).
- Middagetes.
- Toegangsgelde van plekke wat jy dalk addisioneel wil besoek.
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
Om jou plek te bespreek:
(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)
Hoe bespreek ek my plek vir die Frankryk Platteland Toer in 2024?
Deur die deposito van R6,000.00 pp
– (verwysing: FRA25/Jou Voorletters en Van bv. FRA25/J.Coetzee) –
in die volgende (NUWE) bankrekening te betaal:
WinskoopToere ABSA (NUWE) Rekeningnommer: 9343 1803 92
** NB!! Stuur u inbetalingstrokie na: droom@winskooptoere.co.za
(Maak asb seker jou E-pos bevat jou E-pos adres/kontakbesonderhede)
OF
Laai jou strokie direk op WinskoopToere se sisteem:
WinskoopToere Bewys van Betaling
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.
Elke toerlid moet asb die vorm invul en so spoedig moontlik na ons terugstuur/faks.
Covid-19 inligting:
Daar is tans geen inenting-vereistes in Europa nie.
—————-
WinskoopToere sal streng voldoen aan alle gesondheidsriglyne en -vereistes van COVID-19 (bv inentings, maskers, sosiale afstand) sou dit verander.
—————-
Vir meer besonderhede tree gerus met ons kantoor in verbinding.
**WinskoopToere behou die reg om die toerprogram en -prys te wysig.