skip to Main Content
Category:

Ons Verruklike Franse Platteland Toer in 2024

WinskoopToerprys:

R65,990

Datums:

15 - 28 Junie 2024 (14 dae)

Aantal plekke:

14 plekke

Die Frankryk Platteland Toer in die 2024 Junievakansie!

VERSTEEKTE JUWELE VAN FRANKRYK

ERVAAR DIE BESONDERSE KULTUUR, ARGITEKTUUR EN NATUUR OP HIERDIE HEERLIKE FRANSE PLATTELAND TOER IN DIE JUNIEVAKANSIE.

DAG 1 VAN ONS FRANKRYK PLATTELAND TOER – SATERDAG 15 JUNIE 2024
JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA

Ons Franse Platteland toer vertrek van OR Tambo Lughawe in Johannesburg met ‘n direkte vlug na Parys.

DAG 2 VAN ONS FRANKRYK PLATTELAND TOER – SONDAG 16 JUNIE 2024
PARYS & DIJON, FRANKRYK

Ons  arriveer op Charles de Gaulle Lughawe in Parys. Hier wag ons luuksebus, wat ons deur die Franse platteland gaan neem, reeds op ons. Ons vertrek na die platteland van hierdie lieflike land. Ons ry na Dijon, ‘n stad in die Boergondië-streek. Dit val in een van die land se hoofwynbougebiede.

Dijon, Frankryk

Ons gaan die volgende twee dae in Dijon oorbly en die omgewing verken.

DAG 3 VAN ONS FRANKRYK PLATTELAND TOER – MAANDAG 17 JUNIE 2024
VÉZELAY & DIJON, FRANKRYK

Ons ry vanoggend na Vézelay, ‘n aantreklike dorpie wat oor die kruin van ‘n heuwel met uitgestrekte uitsigte op die Monts de Morvan (heuwels van Morvan) geleë is. Dit is op die randjie van Morvan Regional Park. Hierdie dorpie het al in die 11de eeu rondom die Basilica ontstaan. (Die dorpie en die Basilica self is ‘n UNESCO wêrelderfenisgebied.) Dit was ‘n belangrike pelgrimsdorpie met die Basilica wat tot eer van St. Maria Magdalena gebou is.

Vézelay, Frankryk

Hierna ry ons terug na Dijon. Buite die stad besoek ons een van die wynhuise in hierdie gewilde wynstreek en geniet ons ‘n wynproe. Daarna vertrek ons na die Oustad van Dijon om hier vrye tyd te geniet. Ons slaap weer in dieselfde hotel vanaand.

DAG 4 VAN ONS FRANKRYK PLATTELAND TOER – DINSDAG 18 JUNIE 2024
BEAUNE & ANNECY, FRANKRYK

Vanoggend ry ons na die pragdorpie Beaune. Die Oustad is veral bekend vir die Hôtel Dieu – ‘n unieke Middeleeuse hospice wat nogsteeds gebruik is as ‘n hospitaal tot laat in die 20ste eeu. Ons besoek as groep hierdie gebou met sy unieke Boergondiese dak met gekleurde geglasuurde teëls.

Beaune, Frankryk

Van hier ry ons verder na die Auvergne-Rhône streek in die Alpe. Ons besoek Annecy, ‘n skilderagtige dorpie in die Alpe aan die Switserse grens, bekend vir sy meer en kanale wat deur die Oustad vloei.

Annecy, Frankryk

Ons slaap vanaand en moreaand in hierdie mooi omgewing in ‘n hotel in die hartjie van Annecy.

DAG 5 VAN ONS FRANKRYK PLATTELAND TOER – WOENSDAG 19 JUNIE 2024
ANNECY & YVOIRE, FRANKRYK

Ons vat vanoggend die pad na een van die mooiste dorpies in Frankryk – Yvoire.

Yvoire, Frankryk

Hierdie klein Middeleeuse stadjie is teenaan Genève in Switserland geleë. Daar word dikwels na hierdie dorpie verwys as die “Pêrel van die Genève-meer”. Ons spandeer ‘n onvergeetlike oggend hier in die keisteen-stegies met hulle pragtige blomversierings en stadspoorte wat dateer uit die Middeleeue. Ons groep geniet ‘n heerlike bootvaart op die meer en besoek ook die besondere “Garden of the 5 senses”.

“Garden of the 5 senses” – Yvoire, Frankryk

Ons slaap weer vanaand in Annecy.

DAG 6 VAN ONS FRANKRYK PLATTELAND TOER – DONDERDAG 20 JUNIE 2024
PÉROUGES & AVIGNON, FRANKRYK

Ons groep se volgende stop in die Franse platteland is Pérouges. In hierdie Middeleeuse dorpie wat op ‘n heuwel uittroon met die Franse Alpe in die agtergrond, voel dit of tyd gaan stilstaan het. Die dorpie wat dateer uit die jaar 1100, met sy gotiese argitektuur en stadsmure wat steeds om die Oustad staan, het vandag maar 100 inwoners.

Pérouges, Frankryk

Ons reistog na die suide van Frankryk duur voort. Ons ry na Avignon, vanwaar ons die volgende drie dae Provence verken. In Avignon geniet ons ‘n stadstoer en besigtig die Paleis van die Pouse en die beroemde Avignon brug.

Paleis van die Pouse in Avignon, Frankryk

Ons slaap die volgende drie nagte in die hartjie van Avignon.

DAG 7 VAN ONS FRANKRYK PLATTELAND TOER – VRYDAG 21 JUNIE 2024
SAINT REMY DE PROVENCE & LOURMARIN, FRANKRYK

Hier in Provence is ons in die omgewing wat vir Vincent van Gogh soveel inspirasie gebied het. Ons besoek Saint Remy de Provence, vanwaar Van Gogh meer as 150 skilderye van die omgewing geskilder het. Ons besoek ook die inrigting waar hy was. Die historiese dorpie is gebou op een van die oudste argeologiese plekke in Europa.

Saint Remy de Provence, Frankryk

Van hier ry ons na Lourmarin. Hierdie duisend jaar oue dorpie is een van die mooistes in Frankryk en is bekend as ‘n kunstenaarsdorpie.

Lourmarin, Frankryk

Na ons vrye tyd hier, ry ons na die laventel landerye wat in hierdie tyd ook beloof om te blom.

Laventelvelde naby Lourmarin, Frankryk

Hierna keer ons terug na ons hotel by Avignon.

DAG 8 VAN ONS FRANKRYK PLATTELAND TOER – SATERDAG 22 JUNIE 2024
APT & ROUSSILLON & GORDES, FRANKRYK

Die unieke dorp, Apt word vandag besoek. Op ‘n Saterdag verander die plaaslike inwoners van die omgewing feitlik die hele dorp in ‘n buitelug mark waar ons groep heerlik kan rondloop en die plaaslike produkte kan bewonder (en proe!).

Apt, Frankryk

Roussillon met sy rooi kranse en oker steengroewe is volgende aan die beurt. Die kleurvolle dorpie troon uit op ‘n heuwel vanwaar mens pragtige uitsigte kan geniet. Ons spandeer tyd hier om deur die dorpie te wandel.

Roussillon, Frankryk

Gordes is nog ‘n juweel in Provence wat op ‘n heuwel lê. Die huise in wit en grys stene spiraal boontoe om die rots waarop dit gebou is. Heelbo op die punt is ‘n kerk en kasteel geleë wat uitkyk oor die heuwels van die Luberon-bergreeks.

Gordes, Frankryk

Na ons vrye tyd hier ry ons terug na ons hotel.

DAG 9 VAN ONS FRANKRYK PLATTELAND TOER – SONDAG 23 JUNIE 2024
ARLES & CARCASSONNE, FRANKRYK

Vanoggend vertrek ons eerstens na Arles. Hierdie stad het ‘n lang geskiedenis en was van aansienlike belang vir die Romeine. Die Romeinse monumente van Arles is in 1981 as UNESCO-wêrelderfenisgebiede gelys vir hul getuienis oor die geskiedenis van die streek. Baie kunstenaars het ook in hierdie area gewoon en gewerk, insluitend Pablo Picasso, Paul Gauguin en Jacques Réattu, sowel as Vincent van Gogh.

Die Romeinse Amfiteater van Arles, Frankryk

Na ons die stad van Arles beter leer ken het vertrek ons na die imposante dorpie Carcassonne. Carcassonne se kasteel is ‘n Middeleeuse vesting wat terugdateer na die Gallo-Romeinse tydperk. Dit is vandag ‘n UNESCO-Wêrelderfenisgebied. Kaartjies na die kasteel is ingesluit.

Carcassonne, Frankryk

Ons ry dan verder na Toulouse, waar ons die aand gaan oornag.

DAG 10 VAN ONS FRANKRYK PLATTELAND TOER – MAANDAG 24 JUNIE 2024
SAINT EMILION & BORDEAUX, FRANKRYK

Vanoggend vertrek ons na Saint-Emilion, ‘n Middeleeuse stad met ‘n lang lewende geskiedenis van wynmaak. Hierdie UNESCO dorpie, omring deur wingerde, spog ook met sy Romaanse kerke en ruïnes wat al langs sy steil en smal strate strek. Ons toergroep geniet ‘n heerlike oggend van vrye tyd en later gaan ons almal saam wyn proe.

Saint-Emilion, Frankryk

Ons groep ry dan verder na Bordeaux. Bordeaux is ‘n wêreldhoofstad van wyn. Die wingerdstok is deur die Romeine in die Bordeaux-streek ingebring (waarskynlik in die middel van die eerste eeu) om wyn vir plaaslike verbruik te verskaf en wynproduksie is sedertdien voortdurend in die streek. Die “Port of the Moon” (‘n UNESCO-wêrelderfenisgebied wat vir honderde jare die meerderheid van Europa met wyn, koffie, kakao, suiker, katoen en indigo voorsien het) het in die 1800’s Frankryk se besigste hawe geword asook die tweede besigste hawe in die wêreld naas Londen.

Bordeaux, Frankryk

Ons oornag in Bordeaux.

DAG 11 VAN ONS FRANKRYK PLATTELAND TOER – DINSDAG 25 JUNIE 2024
AMBOISE & LOIRE VALLEI, FRANKRYK

Ons vertrek na die lieflike Loire Vallei. Ons besoek die Château du Clos Lucé in Amboise. Hierdie paleis het verskeie bekende eienaars soos die Franse koning Charles VIII en Leonardo da Vinci gehad. Dit is in 1855 omskep in ‘n museum wat handel oor die die bekende kunstenaar en argitek se lewe, werk en ontdekkings. Leonardo da Vinci is op 2 Mei 1519 in sy kamer by die Clos Lucé oorlede.

Château du Clos Lucé in Amboise, Frankryk

Na ons uitstappie het lede nou lekker vrye tyd om die res van Amboise te verken. Die Koningklike Château d’Amboise is ‘n uitstekende paleis om te besoek tydens jou vrye tyd en spog met pragtige uitstallings en kunswerke vanuit die Renaissance. Die klein historiese strate van Amboise bevat ook ‘n paar pragtige voorbeelde van historiese houthuise vanuit die 1400’s en is ‘n plesier om te verken.

Koningklike Château d’Amboise, Frankryk

Ons oornag in Amboise die volgende twee nagte.

DAG 12 VAN ONS FRANKRYK PLATTELAND TOER – WOENSDAG 26 JUNIE 2024
CHâTEAU DE CHENONCEAU & LOIRE VALLEI, FRANKRYK

Na ‘n lekker rustige ontbyt vertrek ons groep na die pragtige Château de Chenonceau. Chenonceau is een van Frankryk se mees elegante kastele. Dit is versier met seldsame meubels en ‘n kunsversameling wat werke van Tintoretto, Correggio, Rubens, Murillo, Van Dyck en Ribera insluit. Hierdie skouspelagtige kompleks is grootliks die werk van verskeie merkwaardige vroue regdeur geskiedenis (vandaar sy bynaam, die Dames Château).

Château de Chenonceau, Frankryk

Beide die befaamde Diane de Poitiers en die koningin Catherine de Medici was uiters geheg aan hierdie lieflike kasteel. Dit beliggaam werklik die elegansie van die 16de eeuse Renaissance-era in die Loire-vallei. Ons geniet ‘n besigtigingstoer van hierdie château en het dan vrye tyd om self die tuine en kasteel verder te verken.

Château de Chenonceau, Frankryk

Ons oornag weer in ons hotel in die Loire Vallei.

DAG 13 VAN ONS FRANKRYK PLATTELAND TOER – DONDERDAG 27 JUNIE 2024
VAN PARYS TERUG NA SUID-AFRIKA

Vanoggend spandeer ons nog lekker tyd in die Loire Vallei voordag ons na Parys vertrek vanwaar ons weer ons direkte vlug terug na Suid-Afrika neem.

DAG 14 VAN ONS FRANKRYK PLATTELAND TOER – VRYDAG 28 JUNIE 2024
JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA

Ons arriveer terug in Johannesburg, vervul na soveel fantastiese belewenisse in Frankryk wat ons elkeen vir altyd verander het.

*WinskoopToere kan steeds veranderinge aan hierdie toerprogram maak.

Ons toerprys is slegs R65,990.00 pp* wat deel!

Enkeltoeslag is R13,800.00 per persoon.

*Teen wisselkoers van 1 EURO = R20.50

Kyk wat is ALLES in die toerprys ingesluit:

  • Ekonomiese klas retoervlugte met KLM (direk na en van Parys).
  • Lughawebelasting behalwe wat mag bykom vanweë wisselkoersverandering (tans geen).
  • Luuksebusvervoer (met lugverkoeling, ens.) vir die volle tydperk.
  • Akkommodasie in twin-kamers (bed en ontbyt) in gerieflike drie- en viersterhotelle.
  • Aandetes of ‘n subsidie van €20.00 per persoon vir ‘n aandete elke dag.
  • Professionele plaaslike gidse (Engelssprekend) in Dijon en Avignon.
  • Twee bekwame toerleiers vergesel die Europa toergroep die hele tyd en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.)
  • Die gebruik van ons hoë gehalte radio’tjies (audiophones) sodat almal die gids ewe goed kan hoor.
  • Fooi vir die busbestuurder (€24 per persoon).

Die volgende toegangsgelde en uitstappies is ook ingesluit:

  • Toegangskaartjie vir die Klooster van Saint-Paul de Mausole by Saint Remy de Provence.
  • Toegangskaartjie na die Hotel Dieu Hospice in Beaunne.
  • Wynproe in Boergondië en Saint Emilon.
  • Garden of the senses” toegangskaartjie.
  • Bootvaart in Yvoire.
  • Besoeke aan Carcasonne kasteel, Château du Clos Lucé en Chateau Chenonceau.

Die toerprys sluit nie die volgende in nie:

  • Visumkoste.
  • Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting).
  • Middagetes.
  • Toegangsgelde van plekke wat jy dalk addisioneel wil besoek.
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.

LW: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.

Om jou plek te bespreek:

(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)

Hoe bespreek ek my plek vir die Frankryk Platteland Toer in 2024?

Deur die deposito van R6,000.00 pp

– (verwysing: FRA24/Jou Voorletters en Van bv. FRA24/J.Coetzee) –

in die volgende (NUWE) bankrekening te betaal:

WinskoopToere
ABSA
(NUWE) Rekeningnommer: 9343 1803 92

** NB!!  Stuur u inbetalingstrokie na: admin@winskooptoere.co.za

(Maak asb seker jou E-pos bevat jou E-pos adres/kontakbesonderhede)

OF

Laai jou strokie direk op WinskoopToere se sisteem:

WinskoopToere Bewys van Betaling

Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.

Elke toerlid moet asb die vorm invul en so spoedig moontlik na ons terugstuur/faks.

 

Covid-19 inligting:

Daar is tans geen inenting-vereistes in Europa nie.

—————-

WinskoopToere sal streng voldoen aan alle gesondheidsriglyne en -vereistes van COVID-19 (bv inentings, maskers, sosiale afstand) sou dit verander.

—————-

 

Vir meer besonderhede tree gerus met ons kantoor in verbinding.

**WinskoopToere behou die reg om die toerprogram en -prys te wysig.

Back To Top