skip to Main Content
Categories: ,

Ons Wonderlike Turkye Toer in 2024!

WinskoopToerprys:

R39,990

Datums:

20 - 29 September 2024 (10 dae)

Aantal plekke:

28 plekke

BELEEF DIE PLEKKE WAARVAN IN HANDELINGE, DIE BRIEWE VAN PAULUS EN OPENBARINGE GESKRYF IS.

Met hierdie uiters bekostigbare toer kry jy ‘n besondere veelsydige en verrykende oorsig van hierdie land.

‘n Beduidende PLUS: Teologiese Professor Henk Stoker* van Potchefstroom (GKSA) tree op as geestelike toerleier van hierdie Turkye Toer.

*Hy het reeds meer as sewe keer Christene na hierdie gebied geneem en gee deurlopend verrykende Nuwe Testamentiese kommentaar.

Hierdie is ‘n toer wat besonderse plekke in die Bybel besoek. Onder die leiding van Prof. Henk Stoker leer ken en verstaan ons soveel meer van o.a. Handelinge en Openbaring. Die toergroep word ook vergesel van ‘n groep teologiese studente wat ‘n besondere bydrae aan die toer verleen.

KOM DEEL IN HIERDIE GELOOFSERVARING!

DAG 1, 20 SEPTEMBER 2024
JOHANNESBURG

Ons Turkye toergroep vertrek per vliegtuig na Istanboel.

DAG 2, 21 SEPTEMBER 2024
KAPPADOSIË

Ons arriveer op die lughawe buite Istanboel. Vandaar af neem ons dan ‘n binnelandse Turkse vlug na Kappadosië. Na die aankoms in Kappadosië word ons ontmoet deur ‘n plaaslike Turkse gids wat ons deurgaans verder vergesel.

Met ons bus wat die hele tyd tot ons beskikking is, vertrek ons dan deur die gebiede van Frigië en Galasië (Hand.2:10 & 16:6) na Nevsehir die hoofstad van Kappadosië (Hand. 2:9). Hier geniet ons aandete en bly twee nagte oor in ‘n viersterhotel.

DAG 3, 22 SEPTEMBER 2024
KAPPADOSIË

Die naam, Kappadosië, is deur eeue heen in Christelike bronne gebruik. Dit word steeds as ‘n internasionale toerisme-konsep gebruik om ‘n streek met uitsonderlike natuurlike wonders aan te dui, wat veral gekarakteriseer word deur sprokies, skoorstene en ‘n unieke historiese en kulturele erfenis.

Na ontbyt vertrek ons met ons bus.  Ons ry deur hierdie gebied wat meer as ‘n duisend jaar lank ʼn belangrike rol in die geskiedenis van die Christendom gespeel het. Dit is ook ‘n baie interessante gebied met natuurlike en mensgemaakte rotsformasies, asook pragtige panoramas met verstommende natuurprag.

Ons hele dag in Kappadosië sluit verskeie historiese besienswaardighede, kerke en ‘n teologiese instituut uit die eerste eeue in. Ook besoek ons Turkye toergroep plekke by Urgup, waar die eerste Christene in grotte en gate gebly het (Heb. 11:38).

By Avanos is die dorpies beroemd vir hulle rooi klei pottebakkerswerk. Die Zvelve Opelugmuseum is vandag ‘n besondere grot-dorp met religieuse en sekulêre kamers. Die Monks Valley was die tuiste van ‘n groep monnike wat hulle eenvoudige huisies en kerke uit die klip self gekerf het. Op sommige kan mens nog steeds geverfde frescos sien.

Ons bly vanaand in dieselfde hotel oor en geniet aandete daar.

DAG 4, 23 SEPTEMBER 2024
HIËRAPOLIS – KONYA – COLOSSAE – PAMUKKALE

Ons vertrek vandag met die antieke sy-roete weswaarts na Hiërapolis. Ons besoek die Dove Valley en Uchisar Kasteel waarvandaan mens ‘n onverbeterlike uitsig op Kappadosië het.

Een van die beroemde ikone van Kappadosië is die ondergrondse stede waar ons ook die antieke kamers gaan besigtig. Op pad na Pamukkale gaan ons Turkye toergroep by die Sultanhanie Karavanserai aan.

Pamukkale is ‘n wonderskone natuurlike formasie van minerale waar warm water vrylik vloei. Hier gaan ons in die heerlike warm water swem!

Ons slaap vanaand by Pamukkale in ons hotel en ons geniet aandete daar.

DAG 5, 24 SEPTEMBER 2024
HIËRAPOLIS – LAODISEA – FILADELFIA – SARDIS

Na ontbyt begin ons Turkye toergroep vandag met ons besoek aan die plekke waar die sewe gemeentes van Openbaring 2 & 3 gewoon het. Eers besoek ons Hiërapolis/Pammukale (Kol. 4:13), en daarna Laodisea (Op. 3:14-22), Filadelfia (Alasehir – Op. 3:7-13) en Sardis (Op. 3:1-6).

Ons slaap twee nagte in ʼn pragtige viersterhotel in Efese by Kusadasi. Heerlike aandetes en ontbyt is weereens ingesluit.

DAG 6, 25 SEPTEMBER 2024
EFESE

Vandag is nog ʼn hoogtepunt. Ons bring die hele dag in die Ou Stad van Efese deur (Hand. 19; Ef. 1-6; 1&2 Tim; Op. 2:1-7; Op. 21). Ons stap rustig deur hierdie goed bewaarde stad uit die tyd van die Nuwe Testament (Efese nr.3). Ons Turkye toergroep besoek ook die Tempel van Artemis (Efese nr. 2 = Hand. 19:23-28) en die Basilika van Johannes (Efese nr.4).

Ons slaap vanaand in dieselfde hotel by Kusadasi, waar ons ook weer aandete geniet.

DAG 7, 26 SEPTEMBER 2024
SMIRNA – PERGAMON

Ons besoek vandag Smirna (Izmir – Op.2:8-11) en Pergamon (Bergama – Op. 2:12-17). Die Pergamon altaar in die Pergamon Museum in Berlyn is afkomstig van hierdie Pergamon. Ons slaap vannag in ‘n viersterhotel in Canakkale (Hand. 16:8-10). Ons eet vanaand weer almal saam aandete.

*Die Pergamon altaar in die Pergamon Museum in Berlyn is afkomstig van hierdie Pergamon.

Ons  eet vanaand weer almal saam aandete. Ons slaap vannag in ‘n besonderse viersterhotel in Canakkale (Hand. 16:8-10).

DAG 8, 27 SEPTEMBER 2024
ISTANBOEL

Na ontbyt reis ons Turkye toergroep vandag deur Misië en Bitinië (Hand. 16:7) en besoek Nicea (waar ons geloofsbelydenis opgestel is), op pad na Konstantinopel (Istanboel). Ons vaar op die Bosporus – die waterkanaal wat Asië en Europa skei.

Ons slaap in ‘n viersterhotel naby die markte wat ons die volgende gaan besoek.

DAG 9, 28 SEPTEMBER 2024
ISTANBOEL

Op ons laaste dag bring ons die oggend deur by die beroemde Grand Bazaar in Istanboel. Ons doen ook inkopies by die bekende Spesery Mark.

Dan ry ons na die lughawe vir ons vlug terug Suid-Afrika toe.

DAG 10, 29 SEPTEMBER 2024
JOHANNESBURG

Ons Turkye toergroep land op OR Tambo Lughawe verryk met wonderlike belewenisse.

Ons verwagte WinskoopToerprys is
R39,990 per persoon wat deel!

Verwagte enkeltoeslag: R8,500 pp.

Ons toerprys sluit al die volgende in:

  • Ekonomiese klasretoervliegkaartjie van Johannesburg na Istanboel en die retoervlug van Istanboel na Johannesburg. (Kaapstadvlugte is beskikbaar teen ‘n toeslag van R850.00 per persoon.)
  • Ekonomiese binnelandse vlug van Istanboel na Nevsehir.
  • Lughawe- en ander belasting.
  • Gerieflike verblyf (bed en buffet-ontbyt) in dubbel- of twin-kamers met eie badkamer in gerieflike viersterhotelle.
  • Aandetes (plus minstens twee op die vliegtuig).
  • ‘n Eie luuksebus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die hele tydperk.
  • Prof Henk Stoker van die NWU Teologiese skool as toerleier, plus nog ‘n WinskoopToereleier vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood noodsaaklike hulp kan verleen.)
  • ‘n Plaaslike, gekwalifiseerde Engelssprekende gids uit Turkye wat die toerleiers deurgaans bystaan.
  • Die gebruik van ons eie kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
  • Toegangsgelde by al die besienswaardighede wat ons groep besoek.
  • Alle fooitjies – vir die busbestuurder, gids en hotelportiere.

Geen bybetalings word van toerlede gevra tydens ons tyd in Turkye nie!

LW: Die Turkse Visum word aanlyn verkry. Dit is gratis vir Suid-Afrikaners.

Die Toerprys sluit nie die volgende in nie:

  • Mediese en reisversekering.
  • Middagetes.
  • Alle ander toegangsgelde van plekke wat jy individueel wil besoek of ‘n aktiwiteit waaraan jy ekstra wil deelneem (kyk hieronder.) (Alle groepsbesoeke is reeds ingesluit.)
  • Enige ander uitgawes van persoonlike
    aard.

Hoe bespreek ek my plek?

Deur die deposito van R6,500.00 pp

– (verwysing: TURK24/Jou Voorletters en Van bv. TURK24/J.Coetzee) –

in die volgende bankrekening te betaal:

WinskoopToere
ABSA
Rekeningnommer: 9343 1803 92

** NB!! Stuur jou inbetalingstrokie na: admin@winskooptoere.co.za

(Maak asb seker jou epos bevat jou epos adres/kontakbesonderhede)

Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.

Elke toerlid moet asb die vorm invul en so spoedig moontlik na ons terugstuur.

Ons Turkse agent bied ekstra aktiwiteite aan (wat nie deel is van ons geestelike toer nie, en dus ook nie by ons toerprys ingesluit is nie.) Enkele toerlede het egter in die verlede hieroor navraag gedoen. Indien toerlede wel daaraan wil deelneem, raai die agent ons aan om so gou as moontlik besprekings daarvoor te doen.

  • Cappadocia – Hot Air Balloon –Experience the world from a whole new angle, take a Hot air balloon ride and view the light of the dawn breaking the horizon and cast long shadows of the rock formations. 175 Euro Per Person.
  • Pamukkale – Hot Air Balloon – Take a tour that shows off the ‘Cotton Castle’ and the ancient settlement from a hot air balloon. 160 Euros Per Person.
  • Pamukkale – Paragliding – Those who want to experience Pamukkale from above and enjoy an adrenaline experience this is the perfect way to paraglide over the landscape with only the wind below you. 60 Euro Per Person.
  • Ephesus – Turkish Bath– Take time to relax, refresh and pamper yourself with this traditional Turkish bath. 40 Euro Per Person.
Back To Top