WinskoopToerprys:
Original price was: R85,500.R72,490Current price is: R72,490.
Datums:
Aantal plekke:
24 in stock
Toer saam op ons Oos-Europatoer met André Rieu! Hierdie skatkis van 'n toer bevat werklik die heel mooiste besienswaardighede in Oos-Europa. En natuurlik is die kersie op die koek die wonderlike André Rieu-konsert in Maastricht!
>>BESPREEK NOU<<
Beleef saam met ons die mooiste klein dorpies en stede in Hongarye, Slowakye, Oostenryk, die Tsjeggiese Republiek, Duitsland en Nederland!
LET DAAROP DAT ALLE AANDETES (EN ONTBYTE) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE BY ONS PRYS INGESLUIT IS!
Saterdag, 28 Junie 2025
DAG 1 VAN ONS OOS-EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Johannesburg (Suid-Afrika) -
Ons toergroep vertrek vandag vanaf Johannesburg na Europa. Drankies en etes is ingesluit in die vlugpryse.
Sondag, 29 Junie 2025
DAG 2 VAN ONS OOS-EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Budapest (Hongarye) -
Ons arriveer in Budapest waar ons luukse toerbus op ons wag. Sodra almal op die bus is en ons toerleiers hulsef aan die groep voorgestel het, vertrek ons op ons eerste stadstoer. Budapest was eens die "Koningin van die Donau" genoem, en is lankal reeds die fokuspunt van die Hongaarse nasie en 'n lewendige kulturele sentrum. Die stad lê aan weerskante van die Donaurivier (Hongaars: Duna) in die manjifieke natuurlike omgewing waar die heuwels van Wes-Hongarye die vlaktes ontmoet. Dit bestaan uit twee dele, Buda en Pest, wat aan weerskante van die rivier geleë is en deur 'n reeks brûe verbind is.
Budapest, Hongarye
Ons toergroep oornag vir die volgende twee aande in Budapest.
Maandag, 30 Junie 2025
DAG 3 VAN ONS OOS-EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Budapest (Hongarye) -
Na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons na die Donaurivier se hawe vir ‘n bootvaart. Ons sien die Hongaarse parlementsgebou, ook bekend as die "huis van die land", wat 'n ikoniese gebou van Budapest se Wêrelderfenis is en die tuiste van die Hongaarse Heilige Kroon. Ons sien ook die Budakasteel.
Hongaarse parlementsgebou, Budapest
Hierna gaan ons groep saam heerlike Hongaarse wyn proe by ‘n plaaslike kelder. Vanmiddag besoek ons die impossante Gellért Heuwel Grotkerk (Gellért Hill Cave).
Gellért Heuwel Grotkerk, Budapest
Dinsdag, 1 Julie 2025
DAG 4 VAN ONS OOS-EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Bratislava (Slowakye) & Wenen (Oostenryk) -
Vroeg vanoggend vertrek ons toergroep na Bratislava. Bratislava, die hoofstad van Slowakye, is ook langs die Donaurivier op die grens van Oostenryk en Hongarye geleë. Dit word omring deur wingerde en die Klein Karpate-berge. Die 18de eeuse ou dorpie wat net vir voetgangers is, is bekend vir sy lewendige kroeë en kafees. Hier geniet ons groep vrye tyd om self die historiese area te verken.
Bratislava, Slowakye
Ons ry dan verder na Wenen waar ons die volgende twee aande gaan slaap. Na ons groep ingeteken het by ons hotel neem die bus ons na ‘n plaaslike Heuriger waar Beethoven aan sy negende simfonie gewerk het vir aandete.
Woensdag, 2 Julie 2025
DAG 5 VAN ONS OOS-EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Wenen (Oostenryk) -
Na ontbyt verken ons Wenen op ‘n stadstoer deur ‘n plaaslike gids. Die toergroep het hierna die res van die dag vrye tyd om self die verskeie museums en historiese geboue te besoek. Die artistieke en intellektuele nalatenskap van Wenen is gevorm deur sy inwoners, insluitend Mozart, Beethoven en Sigmund Freud. Die stad is ook bekend vir sy keiserlike paleise, insluitend Schönbrunn, die Habsburgers se somerwoning. In die museum-distrik vertoon historiese en kontemporêre geboue en werke van Egon Schiele, Gustav Klimt en vele ander kunstenaars.
Karlskirche in Wenen, Oostenryk
Donderdag, 3 Julie 2025
DAG 6 VAN ONS OOS-EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Český Krumlov & Praag (Tsjeggiese Republiek) -
Vanoggend vertrek ons na Český Krumlov, 'n stadjie in Suid-Boheme in die Tsjeggiese Republiek. Die Vltavarivier vloei deur hierdie pragtige stadjie, terwyl die 13de eeuse kasteel bo dit uittroon. Die kasteel het gotiese-, renaissance- en barokelemente, 'n tuin van 11 hektaar en 'n oorspronklike 17de eeuse barokteater. Daar is ‘n panoramiese uitsig oor die ou stad en die rivier vanaf die bopunt van sy ronde kloktoring.
Český Krumlov, Tsjeggiese Republiek
Hier geniet ons toergroep vrye tyd en kan jy ietsie kry vir middagete. Probeer gerus Tsjeggiese trdelník wat gemaak word van deeg wat om 'n stokkie gedraai word, dan gebak en met suiker en okkerneutmengsel bedek word.
Tsjeggiese trdelník
Later die middag vertrek ons na Praag. Ons slaap die volgende twee aande in Praag oor.
Vrydag, 4 Julie 2025
DAG 7 VAN ONS OOS-EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Praag (Tsjeggiese Republiek) -
Na ontbyt onderneem ons ‘n insiggewende stadstoer van hierdie pragtige hoofstad deur 'n plaaslike gids. Praag word deur die Vltavarivier in twee gedeel. Met die bynaam "die stad van 'n honderd torings," is dit bekend vir sy ou stadsplein, die hart van sy historiese kern, met kleurvolle barokgeboue en gotiese kerke.
Praag, Tsjeggiese Republiek
Die Klementinum is 'n historiese kompleks van geboue in Praag wat die Nasionale Biblioteek van die Tsjeggiese Republiek huisves. Hier geniet ons ‘n toer van die biblioteek en sien ook die beroemde Middeleeuse Astronomiese Klok, wat 'n geanimeerde uurlikse vertoning gee.
Die Klementinum Kompleks Biblioteek, Praag
Vanaand geniet ons ‘n heerlike Folklore-aand.
Saterdag, 5 Julie 2025
DAG 8 VAN ONS OOS-EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Meissen & Dresden (Duitsland) -
Ons ry vandag verder na Meissen in Duitsland. Meissen is die tuiste van Meissen-porselein, die Albrechtsburgkasteel, die gotiese Meissenkatedraal en die Meissen Frauenkirche. Hier besoek ons die Meissen-Porseleinmuseum en geniet ‘n demonstrasie (ingesluit by ons toerprys) van hoe hierdie delikate breekgoed gemaak word.
Meissen-porselein
Ons vertrek dan na Dresden, waar ons ‘n stadstoer deur 'n plaaslike gids geniet. In Dresden is die ruïnes van die Frauenkirche as 'n gedenkteken gehou tot in die 1990's, waarna dit toe herbou is.
Frauenkirche, Dresden
Ons slaap vanaand in ‘n gerieflike hotel in Dresden oor.
Sondag, 6 Julie 2025
DAG 9 VAN ONS OOS-EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Nürnberg (Duitsland) -
Vanoggend vertrek ons na Nürnberg. As gevolg van die stad se relevansie in die Heilige Romeinse Ryk en sy posisie in die middel van Duitsland, het die Nazi-party tydens die Nazi-Duitsland-era die stad gekies om die plek te wees van groot Nazi-party-konvensies: die Nürnberg-byeenkomste. Op die 2de Januarie 1945 is die Middeleeuse middestad stelselmatig gebombardeer deur die Geallieerde Magte en ongeveer 90% daarvan is in slegs een uur vernietig. Baie voorbeelde van Nazi-argitektuur kan nog in die stad gesien word.
Nürnberg, Duitsland
Ons stadstoer van Nürnberg deur 'n plaaslike gids beloof om baie insiggewend te wees. Hierna geniet ons vrye tyd. Ons oornag die volgende 2 aande in Nürnberg.
Maandag, 7 Julie 2025
DAG 10 VAN ONS OOS-EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Bamberg & Nürnberg (Duitsland) -
Na ontbyt neem ons toerbus ons na Bamberg waar ons die oggend gaan deurbring. Daarna ry ons terug na Nürnberg waar ons vrye tyd geniet en op ons eie die stad en omliggende omgewing verken.
Nürnberg, Duitsland
Dinsdag, 8 Julie 2025
DAG 11 VAN ONS OOS-EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Nürnberg & Rothenburg ob der Taube (Duitsland) -
Na ontbyt geniet ons nog vrye tyd in Nürnberg. Vanmiddag vertrek ons na Rothenburg ob der Tauber. Daar is baie min plekke elders in die wêreld met so 'n magdom oorspronklike geboue wat uit die Middeleeue dateer soos hier. Jy kan nie anders as om jouself af te vra of die tyd in Rothenburg ob der Tauber stilgestaan het nie.
Rothenburg ob der Tauber, Duitsland
Na lieflike vrye tyd vertrek ons na die universiteitstad Heidelberg. Ons geniet saam aandete by die hotel.
Woensdag, 9 Julie 2025
DAG 12 VAN ONS OOS-EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Heidelberg & Keulen (Duitsland) -
Na ‘n lekker vroeë ontbyt vertrek ons na Heidelberg se Bergbaan wat ons by die berg opneem na die antieke kasteel. Kaartjies vir die kasteel en die Bergbaan is ingesluit in die toerprys. Lede loop rustig deur die kasteel op hul eie pas en geniet vrye tyd vir die res van die oggend.
Heidelberg, Duitsland
Ons ry dan verder na die wonderlike Keulen. Hier geniet ons vrye tyd in die ou stad. Besoek gerus tydens hierdie tyd die Keulen Dom (katedraal) wat vandag nog met die grootste vensteroppervlakte van enige kerk ter wêreld spog (meer as 10 000 vierkante meter).
Keulen Katedraal, Duitsland
Later vertrek ons na Valkenburg waar ons die volgende twee aande oornag.
Donderdag, 10 Julie 2025
DAG 13 VAN ONS OOS-EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Valkenburg & Maastricht (Nederland) -
Ons geniet ‘n rustige oggend in Valkenburg. Ons bus neem ons later na Maastricht waar ons verdere vrye tyd geniet. Later die middag keer ons terug na ons hotel sodat ons kan regmaak vir vanaand se groot konsert. Ons geniet saam aandete as groep en vertrek dan na wat sekerlik die hoogtepunt van ons toer behoort te wees: die André Rieu-konsert (ingesluit by ons toerprys).
André Rieu-konsert, Maastricht
Vrydag, 11 Julie 2025
DAG 14 VAN ONS OOS-EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Amsterdam(Nederland) -
Na ‘n lekker laat ontbyt vertrek ons na Amsterdam vanwaar ons terugvlieg na Suid-Afrika.
Saterdag, 12 Julie 2025
DAG 15 VAN ONS OOS-EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Suid-Afrika -
Ons arriveer terug in Suid Afrika.
Ons toerprys is R72,490.00* per persoon wat deel.
Verwagte enkeltoeslag is R13,800.00 per persoon.
*Teen wisselkoers van R20.50 = 1 Euro
Ons toerprys sluit al die volgende in:
- Ekonomiese klas retoervliegkaartjie van Johannesburg na Budapest en van Amsterdam na Johannesburg.
- Lughawebelasting - behalwe wat mag bykom a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen).
- Gerieflike verblyf 3- of 4-sterhotelle (bed en buffet-ontbyt) in dubbel- of twinkamers met ‘n eie badkamer.
- Aandetes soos gemeld hierbo of ‘n subsidie van €15 per persoon vir aandete op die aande wat ons nie saam as groep in die hotel eet nie.
- ‘n Eie luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die hele tydperk.
- Fooi vir die busbestuurder: €26 per persoon.
- Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood noodsaaklike hulp kan verleen.)
- Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse vir insiggewende stadstoere (soos vermeld) – ‘n besonderse pluspunt op hierdie toer.
Die volgende uitstappies is ook ingesluit:
- Gellért Heuwel Grotkerk.
- Bootvaart in Budapest.
- Wynproe in Budapest.
- Klementinum Kompleks en Gotiese Biblioteek in Praag.
- Folklore-aand in Praag.
- Meissen-Porseleinmuseum.
- Heidelberg Bergbaan en Kasteel.
- André Rieu-konsert.
- Stadstoere deur plaaslike gidse in Budapest, Wenen, Praag, Dresden en Nürnberg.
Die Toerprys sluit nie die volgende in nie:
- Visumkoste.
- Mediese versekering.
- Bykomende lughawebelasting (volgens wisselkoers).
- Middagetes.
- Alle ander toegangsgelde (indien enige - alle groepsbesoeke is reeds ingesluit).
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
Geen bybetalings word van toerlede gevra tydens ons tyd in die Europa nie!
Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?
- Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort gereed om te kan oplaai
- Vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm in en betaal jou deposito van R6,000