WinskoopToerprys:
Original price was: R82,500.R69,990Current price is: R69,990.
Datums:
Aantal plekke:
40 in stock
Toer saam deur die mooiste dele en dorpe van Europa! Hierdie juweel van 'n toer bevat werklik die heel mooiste stede, dorpies en plattelandtonele in Nederland, Belgiё, Duitsland, Frankryk, Switzerland en Italiё. En natuurlik is die kersie op die koek die wonderlike André Rieu-konsert in Maastricht!
Beleef saam met ons die mooiste klein dorpies en stede in Nederland, Belgiё, Duitsland, Frankryk, Switzerland en Italiё!
LET DAAROP DAT ALLE AANDETES (EN ONTBYTE) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE BY ONS PRYS INGESLUIT IS!
Donderdag, 10 Julie 2025
DAG 1 VAN ONS SOMER EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Johannesburg (Suid-Afrika) -
Ons groep vertrek vanaf OR Tambo Lughawe na Amsterdam. [Ons kry etes en drankies tydens die vlugte.]
Vrydag, 11 Julie 2025
DAG 2 VAN ONS SOMER EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Amsterdam (Nederland) -
Ons arriveer in Amsterdam. Daar word na Amsterdam verwys as die "Venesië van die Noorde", vanweë die groot aantal kanale wat 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied vorm. Ons skop die toer af met ‘n kanaalvaart. Toerlede het dan vrye tyd om hierdie historiese stad op hul eie te verken. Daar is ook menigde museums en ander indrukwekkende besienswaardighede om te besoek in Amsterdam. Ons slaap vanaand in ‘n lieflike hotel buite Haarlem, waar ons ‘n ete uit die boonste rakke saam as groep geniet om ons aankoms in Europa te vier.
Amsterdam, Nederland
Saterdag, 12 Julie 2025
DAG 3 VAN ONS SOMER EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Valkenburg & Maastricht (Nederland) -
Dou voor dag vertrek ons groep na die Aalsmeer Blommemark. Blomme van regoor die wêreld - Europa, Israel, Ecuador, Colombia, Ethiopië, Kenia en ander lande - word elke dag in hierdie reusagtige gebou verhandel. Ongeveer 43 miljoen blomme word daagliks verkoop.
Aalsmeer Blommemark toeriste-stalletjie, Nederland
Ons groep vertrek dan na Maastricht. Die toergroep geniet hier eers vrye tyd voordat die bus ons na ons hotel (in Valkenburg) neem om mooi te maak vir vanaand se hoogtepunt; die André Rieu konsert. Die groep eet saam aandete. Ons ry dan na Vrijthof Plein waar André Rieu en sy simfonie-orkes ons met hul pragtige musiek betower. ‘n Ervaring van ‘n leeftyd! André Rieu, die “Koning van die Wals”, is 'n Nederlandse violis en dirigent van die Johann Strauss Orkes. Die orkes bestaan uit 60 musikante en voer gewilde klassieke werke en walse uit.
André Rieu konsert, Maastricht (Nederland)
Ons bus neem ons dan terug na ons hotel.
Sondag, 13 Julie 2025
DAG 4 VAN ONS SOMER EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Brussel (België) -
Na ontbyt vertrek ons na die hoofstad van België, Brussel. Hier gaan ons heerlike tyd hê om die stad te verken vanaf ons sentraal-geleë hotel. Hierdie stad bied soveel unieke besienswaardighede, insluitend pragtige pleine, interessante museums en die eienaardige Manneken Pis. Dan bied Brussel ook ‘n gastronomiese ervaring wat jy altyd sal onthou: 'n legendariese Belgiese biertoneel, die verleidelike Belgiese sjokolade deur die beste chocolatiers, ‘n vars Belgiese wafel met room, of die immergewilde aartappelskyfies en mossels. Vanaand kuier die wat wil sommer tot laat op die Grote Mark stadsplein.
Grote Mark, Brussel (België)
Maandag, 14 Julie 2025
DAG 5 VAN ONS SOMER EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Brugge & Brussel (België) -
Ons ry vanoggend na die skatlike ou stadjie Brugge met sy Middeleeuse karakter, spitsdakhuisies en selfs nog perdekarre op die markplein. Skilderagtige geplaveide lanings en dromerige kanale verbind fotogeniese markpleine wat met stygende torings, historiese kerke en laning vir laning van ou witgekalkte aalmoeshuise gevoer is. Verloor jouself in die Grote Mark, geniet ‘n perdekoetsrit of besoek die Basilika van die Heilige Bloed. Daar is ook baie winkels om in rond te soek vir daardie stukkie egte kant.
Brugge, België
Hierna keer ons weer terug na Brussel.
Dinsdag, 15 Julie 2025
DAG 6 VAN ONS SOMER EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Giverny & Parys (Frankryk) -
Giverny is 'n dorpie in die streek van Normandië in die noorde van Frankryk. Die impressionistiese skilder Claude Monet het hier gewoon en gewerk vanaf 1883 tot sy dood in 1926. Monet was deur sy tuine geïnspireer en het ure spandeer om die landskap te vervolmaak met duisende blomme en pragtige bome. Hy het gereeld sy eie huis en tuin geskilder, waarvan die waterlelies in die dam, die Japannese brug en 'n huilende wilgeboom sy gunsteling samestelling was.
Monet se tuin, Giverny (Frankryk)
Na ‘n besoek aan die Claude Monet huis en tuine ry ons verder na Parys, waar ons die volgende twee aande slaap. Ons bly in ‘n lieflike hotel wat in die hartjie van Montmartre geleë is. Van hier af kan toerlede saam met die toerleiers dié unieke kunstenaarsgebied verken, sowel as die pragtige beligte Sacré-Cœur in die aand bewonder.
Sacré-Cœur, Parys (Frankryk)
Woensdag, 16 Julie 2025
DAG 7 VAN ONS SOMER EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Parys (Frankryk) -
Vandag beleef ons Parys! Ons ontmoet eers ‘n plaaslike gids wat ons met die bus in die stad rondneem en ons meer vertel oor Parys se interessante geskiedenis. Ons geniet dan heerlike vrye tyd in Parys. In hierdie vrye tyd kan toerlede gerus ‘n draai by die twaalfde-eeuse Notre-Dame katedraal gaan maak. Tydens 'n herstelveldtog het 'n brand op 15 April 2019 op die katedraal se solder uitgebreek, en die massiewe brand het die grootste deel van die dak vernietig. Notre-Dame sal op 8 Desember 2024 heropen, na 'n herstelprojek wat na raming meer as €700 miljoen sal kos.
Notre-Dame katedraal, Parys (Frankryk)
Besoek gerus die Musée d'Orsay of Musée de l'Orangerie om Monet se waterlelies, na gister se besoek aan Giverny, op ‘n ander manier te waardeer. Ons geniet ook saam ‘n bootvaart op die Seine rivier en sien Parys uit ‘n ander oogpunt.
Eifeltoring van die Seine, Parys (Frankryk)
Na ‘n heerlike dag neem ons bus ons terug na ons hotel.
Donderdag, 17 Julie 2025
DAG 8 VAN ONS SOMER EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Reims (Frankryk) -
Na ontbyt vertrek ons na Reims in die sjampanje streek van Frankryk. Reims, lieflik bekend as die Stad van Sjampanje, het 'n indrukwekkende geskiedenis wat teruggaan tot voordat die Romeine die streek beset het. Reims se imposante gotiese katedraal (die Reims Notre-Dame) was eens gebruik om 30 Franse konings van 1223 tot 1825 te kroon. Dit is 'n pragtige voorbeeld van hoë Gotiese argitektuur en sy noord-oostelike fasade het 'n indrukwekkende roosvenster met standbeelde van heiliges op sy boonste vlak. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die katedraal beskadig en van die loodglasvensters in die koorstalletjies is vervang met ontwerpe deur kunstenaar Marc Chagall.
Reims se Notre-Dame katedraal, Frankryk
As die Sjampanjestad van Frankryk kan jy nie hier ry voor jy ‘n sjampanjehuis besoek het nie! Na ons heerlik gesmul het aan egte Franse sjampanje neem ons bus ons na die hotel waar ons vanaand gaan oornag.
Vrydag, 18 Julie 2025
DAG 9 VAN ONS SOMER EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Colmar & Riquewihr (Frankryk) -
Ons vertrek na die Alsace-streek in Frankryk. Colmar is veral bekend vir sy goed bewaarde argitektoniese erfenis, sy ontelbare geplaveide strate asook die mooiste vakwerkhuises wat jou sal terugvoer na die Middeleeue.
Colmar, Frankryk
Daarna gaan ons na die baie besonderse Middeleeuse dorpie, Riquewihr, waar alles lyk of die tyd eeue lank stilgestaan het. Riquewihr word genoem een van die "mooiste dorpies in Frankryk".
Riquewihr, Frankryk
Ons slaap die volgende twee aande in ‘n lieflike hotel in Colmar.
Saterdag, 19 Julie 2025
DAG 10 VAN ONS SOMER EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Strasbourg & Colmar (Frankryk) -
Ons ry vanoggend na die mooie Strasbourg. Hier geniet ons toergroep ‘n stadstoer onder leiding van ‘n plaaslike gids en daarna het ons lekker vrye tyd om self die ou stad te leerken. Die uitleg van die Grande-Île (eiland waarop die ou stad gebou is) van Strasbourg is relatief min geraak deur die vele oorloë, en is steeds dié van sy oorspronklike struktuur.
Strasbourg, Frankryk
Na ‘n heerlike dag in Strasbourg neem ons bus ons terug na ons hotel in Colmar.
Sondag, 20 Julie 2025
DAG 11 VAN ONS SOMER EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Luzern (Switzerland) & Como (Italië) -
Ons ry vandag deur ‘n pragtige natuurgebied Switserland toe vir ‘n verruklike dag in Luzern. Die groot Pilatusbergspits val mens eerste op, en die wonderskone Luzernmeer nooi jou uit vir ‘n onvergeetlike bootvaart.
Gewonde Leeu, Luzern (Italië)
Eers gaan ons as groep na die aangrypende standbeeld van die gewonde leeu kyk en daarna stap ons almal saam met die toerleiers na die eeue-oue rivierbrûe.
Rivierbrûe van Luzern, Switserland
Die toergroep geniet dan 'n heerlike bootvaart op die meer. Hierna het almal vrye tyd om in die mooi ou stad rond te loop en inkopies te doen. Ons vertrek dan na die mere-distrik van Italië. Die aanskoulike Como Meer is ons volgende bestemming. Ons slaap die volgende twee aande in ‘n hotel in Como.
Como, Italië
Maandag, 21 Julie 2025
DAG 12 VAN ONS SOMER EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Lugano (Switserland) & Como (Italië) -
Vanoggend besoek ons Lugano. Dit is die grootste stad in die Italiaanssprekende suide van Switserland en lê aan die voet van die Switserse Alpe. Lugano lê reg langs die Lugano Meer. Die Monte Brè Funikulêr bestaan sedert 1908 en neem ons na die spits van Monte Brè, ook bekend as die sonnigste berg in Switserland. Dit word gekenmerk deur asemrowende uitsigte van die Lugano Meer en omliggende berge. Bo-op die berg kan jy 'n entjie gaan stap, 'n piekniek hou of by 'n restaurant ietsie drink of eet.
Monte Brè Funikulêr, Switserland
Terug onder, is die historiese ou stad 'n skatkis vol juwele wat wag om ontdek te word. Die Santa Maria Degli Angioli katedraal is 'n moet om te besoek en spog met fresko's uit die 16de eeu. Een van die fresko's is 'n massiewe uitbeelding van die kruisiging. Dit is Switserland se bekendste Renaissance-fresko.
Fresko's in die Santa Maria Degli Angioli katedraal in Lugano, Switserland
Na 'n heerlike wyle hier vertrek ons terug na Como.
Dinsdag, 22 Julie 2025
DAG 13 VAN ONS SOMER EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Ballagio & Como (Italië) -
Kan jy jou voorstel wat 'n genot dit is om met die veerboot van Como na Bellagio te vaar? Ons vaar twee ure lank op die pragtige Como Meer – ‘n ervaring wat jy sekerlik vir altyd sal onthou! In Bellagio self spandeer ons ‘n hele paar genotvolle ure! Hierdie klein dorpie is bekend vir sy geplaveide lanings, elegante geboue en Villa Serbelloni Park, 'n 18de-eeuse terrastuin met pragtige uitsigte oor die Como Meer landskap.
Bellagio, Italië
Ons keer dan later weer terug na ons hotel in Como.
Woensdag, 23 Julie 2025
DAG 14 VAN ONS SOMER EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Milaan (Italië) -
Ons vertrek vanoggend na Milaan. Hier ontmoet ons ‘n plaaslike Engelssprekende gids wat ons in die stad rondwys. Dan het ons vrye tyd en kan ons op ons eie die wonderlike stad geniet en inkopies doen in die Galleria Vittorio Emanuele.
Duomo di Milano, Milaan (Italië)
Met 'n dag in Milaan kan jy op hierdie drie hoofbesienswaardighede fokus; die Laaste Avondmaal van Leonardo da Vinci (in die eetsaal van Santa Maria delle Grazie Kerk), die Duomo di Milano, en die Castello Sforzesco.
Laaste Avondmaal van Leonardo da Vinci, Milaan (Italië)
Laatmiddag neem ons bus ons na die lughawe, vanwaar ons terugkeer na ons tuisland.
Donderdag, 24 Julie 2025
DAG 15 VAN ONS SOMER EUROPATOER MET ANDRÉ RIEU
- Suid-Afrika -
Ons arriveer terug in Suid-Afrika na ‘n wonderlike en onvergeetlike ervaring.
Ons verwagte toerprys is R69,990.00* per persoon wat deel.
Verwagte enkeltoeslag is R13,000.00 per persoon.
*Teen wisselkoers van R20.50 = 1 Euro
Ons toerprys sluit al die volgende in:
- Ekonomiese klas retoervlugte met Emirates. (‘n Beperkte aantal Kaapstad vliegkaartjies is beskikbaar op aanvraag.)
- Lughawebelasting.
- Luukse busvervoer (met lugverkoeling, ens.) vir die volle tydperk.
- Akkommodasie in twin-kamers (bed en ontbyt) in drie- en viersterhotelle.
- Aandetes of ‘n subsidie van €15 per persoon vir ‘n aandete elke dag.
- Twee toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. Wees ook gerus: Daar is altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood kan agterbly en noodsaaklike hulp verleen. L.W: Met hierdie toer ontvang die toerleiers die groep met aankoms op Schiphol-lughawe en besorg hulle op hulle terugvlug vanaf Milaan (die toerleiers vlieg dus nie saam met die groep nie).
- Fooi vir die busbestuurder (€24 per persoon).
- ‘n Kanaalvaart in Amsterdam.
- Besoek aan die Aalsmeer Blommemark Veiling.
- André Rieu Konsert kaartjies.
- Besoek aan die Claude Monet Huis en Tuine.
- Stadstoere in Parys, Strasbourg en Milaan
- Bootvaarte op die Seine Rivier en Luzern Meer.
- Besoek aan die Reims Katedraal.
- Sjampanjehuis besoek in Reims.
- Monte Brè Funikulêr kaartjies in Lugano.
Die Toerprys sluit nie die volgende in nie:
- Visumkoste.
- Mediese versekering.
- Bykomende lughawebelasting (volgens wisselkoers).
- Middagetes.
- Alle ander toegangsgelde (indien enige - alle groepsbesoeke is reeds ingesluit).
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
Geen bybetalings word van toerlede gevra tydens ons tyd in die Europa nie!
Hoe bespreek ek my plek?
Deur die deposito van R6,000.00 pp
- (verwysing: SAR25/Jou Voorletters en Van bv. SAR25/J.Coetzee) –
in die volgende bankrekening te betaal:
WinskoopToere
ABSA
Rekeningnommer: 9343 1803 92
** NB!! Stuur jou inbetalingstrokie na: droom@winskooptoere.co.za
(Maak asb seker jou epos bevat jou epos adres/kontakbesonderhede)
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.
Elke toerlid moet asb die vorm invul en so spoedig moontlik na ons terugstuur.
**WinskoopToere behou die reg om die prys en toerprogram te wysig.