Paspoortbesonderhede
Indien jy dubbelburgerskap het, moet jy altyd Suid-Afrika met jou Suid-Afrikaanse paspoort verlaat en binnekom, maar jy mag die ander paspoort op die toer en vir visumdoeleindes gebruik. Enige paspoort moet vir ten minste ses maande, nadat jy van hierdie toer af teruggekeer het, steeds geldig wees.
(WinskoopToere mag ongelukkig nie visumaansoeke namens toerlede behartig nie. Ons rus ons toerlede met volledige visumaansoekgidse toe. Ons stuur ook alle stawende dokumentasie sowat drie maande voor vertrek, mits jou toergelde ten volle vereffen is.)
Ons moet op die laatste ‘n afskrif van jou geldige paspoort ontvang teen drie maande voor die vertrekdatum. Dit bly elke toerlid se eie verantwoordeikheid om vir ‘n visum aansoek te doen, maar WinskoopToere sal jou deur die proses lei. Geen stawende visumdokumente kan egter sonder 'n geldige paspoort uitgestuur word nie.
Sodra jy jou paspoort ontvang het, stuur dit asb aan leef@winskooptoere.co.za.