skip to Main Content
Categories: , , ,

Spanje en Portugal Hoogtepunte toer 2025!

WinskoopToerprys:

R56,990

Datums:

20 April - 3 Mei 2025 (14 dae)

Aantal plekke:

40 plekke

WAARDE VIR GELD EN PROPVOL VERRASSINGS!

Lissabon, Portugal

DAG 1 VAN ONS SPANJE EN PORTUGAL TOER, SONDAG 20 APRIL 2025
JOHANNESBURG

Ons groep vertrek van OR Tambo Lughawe in Johannesburg af na Barcelona in Spanje.

DAG 2 VAN ONS SPANJE EN PORTUGAL TOER, MAANDAG 21 APRIL 2025
BARCELONA, SPANJE

Ons  groep arriveer by Barcelona Lughawe in Spanje. Hier wag ons luuksebus, wat ons vir die hele tydperk deur Spanje en Portugal gaan neem, reeds op ons.

Barcelona is ‘n wonderlike stad in Spanje! Dit het ongeveer 4,7 miljoen inwoners en dit is die stad met die sewende meeste inwoners in die Europese Unie. Dit word beskou as “one of the world’s most global cities”.

Barcelona

Die wonderlike stad, Barcelona, Spanje

Ons begin met ‘n interessante stadsbesigtigingstoer per bus onder leiding van ‘n plaaslike Engelssprekende gids. Elke toerlid ontvang ‘n radio’tjie en oorfone waarmee hulle die toerleier baie goed kan volg (WinskoopToere het hulle eie sisteem aangekoop en dit is telkens op die toer vir al die toerlede beskikbaar). Eers neem die gids ons per bus na ‘n hele aantal interessante besienswaardighede in die stad.

Hierdie toer word afgesluit by die fenominale La Sagrada Familia Katedraal (toegangskaartjie ingesluit). Werk aan hierdie katedraal het al in 1882 begin en dit word steeds nog voortgesit! Dit is een van die aller-uitsonderlikste plekke om te besigtig!

la_sagrada_familia

La Sagrada Familia Katedraal, Barcelona, Spanje

Na ons stadsbesigtigingstoer neem die bus ons na ons hotel, waar ons vanaand almal saam gesellig aandete nuttig.

Ons groep slaap die volgende twee nagte in ‘n pragtige luukse viersterhotel in een van die (nabygeleë) buitewyke van die stad.

DAG 3 VAN ONS SPANJE EN PORTUGAL TOER, DINSDAG 22 APRIL 2025
BARCELONA, SPANJE

Ons het nog ‘n heerlike vol dag in Barcelona vandag! Nou het jy genotvolle vrye tyd om Barcelona, Spanje se tweede grootste stad, te verken. Jy kan na die indrukwekkende Akwarium gaan, in een van die hotelle se daktuine ‘n drankie gaan drink of sommer net in die bekende straat, La Rambla, gaan rondwandel en hier en daar inkopies doen. Jy sal ook genoeg tyd hê om op jou eie (byvoorbeeld) in die besonderse antieke Gotiese Buurt te gaan rondloop.

Gedurende die dag is daar genoeg tyd om die beroemde Benediktynse Klooster Montserrat (ongeveer 38 km buite Barcelona, Spanje) (op eie koste) te gaan besoek. ‘n Mens kan per trein of per bus soontoe ry en ook die wonderlike natuurskoon geniet.

Ons bus kom haal ons groep op die afgespreekte plek en tyd (in die middestad van Barcelona, Spanje), en neem ons hotel toe. As jy egter in die middestad van Barcelona wil agterbly om die aand daar deur te bring, kan jy dit ook doen. Die bus ry weer hotel toe om 21:00.  Elke toerlid kry ‘n subsidie van €15 p.p. om ‘n eg Spaanse aandete in Barcelona te geniet.

DAG 4 VAN ONS SPANJE EN PORTUGAL TOER, WOENSDAG 23 APRIL 2025
PENISCOLA & VALENCIA, SPANJE

Ons groep ry vanoggend al langs die kus af na Peniscola, Spanje. Hierdie skat van ‘n klein kusdorpie met sy kasteel  is ‘n heerlike verrassing – op ‘n skiereilandjie in die see, met pragtige loopstraatjies en -gangetjies, en oral oulike winkeltjies…

Peniscola

Die fraaie kusdorpie, Peniscola, Spanje

Dan ry ons na Valencia, Spanje. Dit is ‘n pragtige, rustige stad met baie uitsonderlike marmer-sypaadjies en statige geboue!

Valencia

Die pragtige stad, Valencia, Spanje

Valencia is baie bekend vir sy Paella en jy dit sommer oor die toonbank koop in oulike eetplekkies (met ‘n glasie rooiwyn as jy wil!)

paella

Eg spaanse Paella, soos jy dit net in Valencia, Spanje kan kry.

Hier het ons almal vrye tyd en jy kan byvoorbeeld die Torres de Serranos (die oorblywende stadsmure) en die pragtige katedraal gaan besigtig. Die Beurs van Sy (waar sy verhandel is – Llotja de la Seda) is ‘n baie buitengewone plek en is nie ver daarvandaan nie. Moet dit nie mis nie!

Later ry ons groep na die fassinerende City of Arts and Sciences in ‘n ander deel van Valencia, Spanje, waar ons gaan rondloop en die buitekant gaan besigtig.

valencia-1049389_960_720

City of Arts and Sciences, Valencia, Spanje

Ons oornag in ‘n pragtige viersterhotel in Valencia. Ons geniet weer vanaand ‘n lekker Spaanse aandete as groep in die hotel.

DAG 5 VAN ONS SPANJE EN PORTUGAL TOER, DONDERDAG 24 APRIL 2025
ALICANTE & GRANADA, SPANJE

Vandag ry ons eers tot by die hawestad Alicante aan die Costa Brava in Spanje – met die ou kasteel op die berg. Daar geniet ons ‘n aangename tydjie langs die Spaanse kus.

Alicante, Spanje

Dan vat ons groep die pad na die beroemde stad Granada, Spanje waar top belewenisse op ons wag!

granada

In Granada gaan ons eers in die stad rondloop voordat ons by ons hotel aanmeld.

Vanaand het ons weer wonderlike vrye tyd in die stad. En buite, so in die aandlug, sien mens dan die grote Alhambra teen die berg!

ALHAMBRA0117

Die Alhambra in Granada, Spanje

DAG 6 VAN ONS SPANJE EN PORTUGAL TOER, VRYDAG 25 APRIL 2025
GRANADA & RONDA & CORDOBA, SPANJE

Omdat ons vandag ‘n lekker vol dag het, vertrek ons na die baie besonderse stad Ronda, Spanje met die brug Puente Nuevo uit 1793. Dit oorspan ‘n ravyn van 300 voet!

Ronda

Die besonderse brug in Ronda, Spanje

In die dorpie is daar ook ‘n uitsonderlike bulgeveg-arena, die Plaza de Toros. Na hierdie interessante gedeelte van Ronda, vertrek ons na Cordoba, Spanje. In Cordoba gaan ons genoeg tyd hê om saam met ‘n amptelike Engelssprekende gids die buitengewone moskee-katedraal te besoek (toegang ingesluit). Ons bly vanaand oor in Cordoba in ‘n viersterhotel en nuttig almal saam ons smaaklike aandete in die hotel.

DAG 7 VAN ONS SPANJE EN PORTUGAL TOER, SATERDAG 26 APRIL 2025
CORDOBA & SEVILLA, SPANJE

Vanoggend het ons eers vrye tyd vir allerlei inkopies in Cordoba, voordat ons na die baie beroemde stad in Spanje, Sevilla vertrek. Daar neem ‘n gids ons deur die belangrikste dele van die stad en besoek ons onder andere die pragtige Plaza di España. Hier is soveel mooie kuns dat mens nie kan ophou foto’s neem nie! Daarna gaan ons almal op ons eie in die pragtige Ou Stad met sy imposante katedraal rondloop.

Seville-spanish-square

Plaza di España in Sevilla, Spanje

Ons het heelwat tyd in hierdie pragtige, beroemde stad om dit op ons eie te ontgin. Ons slaap vanaand in Sevilla, Spanje – ook in ‘n gerieflike viersterhotel in die stad.

DAG 8 VAN ONS SPANJE EN PORTUGAL TOER, SONDAG 27 APRIL 2025
LISSABON, PORTUGAL

Ons vertrek vanoggend vroegerig na Lissabon in Portugal. Hierdie stad is (naas Athene) Europa se tweede oudste hoofstad en dit is hiervandaan waar Vasco da Gama sy seereise aangepak het! Dit is ‘n rustige kusdorp – ryk aan geskiedenis en ons ontmoet hier weer ‘n Engelssprekende gids wat ons in die stad rondneem en vele plekke van historiese belang aan ons uitwys. Op ‘n hele paar plekke gaan ons skakels tussen Portugal en Suid-Afrika ontdek. Sy vertel ons ook van die Portugese se gewoontes en later gaan ons van hulle beroemde vla-tertjies – so eie aan Lissabon en Portugal – eet.

Lisbon-alfama-1500x850

Die pragtige stad, Lissabon, Portugal

Na ons stadstoer het ons vrye tyd om oral in die stad rond te dwaal. Jy moet beslis ook in Trem n0. 28 (‘n outydse trem op ‘n interessante roete) gaan ry. Dit is ‘n onvergeetlike belewenis (maar pasop tog net vir sakkerollers!)

lisabona

‘n Trem in Lissabon, Portugal

Ons slaap vanaand in ‘n voorstad van Lissabon, Portugal. Ons geniet saam aandete in ons hotel.

DAG 9 VAN ONS SPANJE EN PORTUGAL TOER, MAANDAG 28 APRIL 2025
OBIDOS & PORTO, PORTUGAL

Vandag ry ons noord in Portugal en besoek die skilderagtige dorpie Obidos met net 3,100 inwoners. Hier is ‘n antieke stadsmuur en die dorpie beskik ook oor ‘n pragtige kasteel!

obidos_castle_by_roman_gp-d6rqg9k

Die kasteel in Obidos, Portugal

Obidos

Kyk net hoe fraai lyk sommige van die straatjies in Obidos, Portugal

Hierna besoek ons groep die Portugal se tweede grootste stad, Porto. Dit is aan die pragtige Douro-rivier geleë. Die historiese kern van Porto is ‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied. Ons bring die res van die dag in hierdie pragtige stad van Portugal deur. Ons hotel is naby die sentrale besigheidsgebied en hier moet ons vanaand beslis ook van hulle eie egte port gaan geniet! (Subsidie van €15 p.p. word aan elke toerlid gegee om aandete by ‘n plek van jou keuse in die Ou Stad van Porto te geniet.) Vanaand is ons laaste aand in Portugal, voor ons weer na Spanje vertrek.

Porto, Portugal

DAG 10 VAN ONS SPANJE EN PORTUGAL TOER, DINSDAG 29 APRIL 2025
SALAMANCA & SEGOVIA, SPANJE

Ons ry vanoggend weer Spanje binne, op pad na Salamanca. Die Ou Stad van Salamanca is ook ‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied en is een van die belangrikste universiteitstede in Spanje. Hierdie universiteit is reeds in 1134 gestig – die oudste universiteit in Spanje.

Dit is werklik ‘n belewenis om in hierdie stokou Spaanse stad met sy ryke geskiedenis rond te loop. Vyftien van die boë in die antieke brug oor die rivier wat na die Ou Stad lei, kom byvoorbeeld uit die Romeinse tydperk – uit die eerste eeu voor Christus! Ons slaap vanaand in Salamanca, Spanje oor.

salamanca-ou-brug

Die imposante brug in Salamanca, Spanje

DAG 11 VAN ONS SPANJE EN PORTUGAL TOER, WOENSDAG 30 APRIL 2025
SEGOVIA – MADRID

Ons ry vanoggend na Segovia, Spanje – ook weer ‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied as gevolg van al die historiese geboue daarin. Die stad beskik oor ‘n aqueduct wat uit die laat eerste eeu n.C. dateer en dit word as die belangrikste antieke Romeinse ingenieurswerk in Spanje beskou.

The famous ancient aqueduct in Segovia, Castilla y Leon, Spain

Die akwaduk in Segovia, Spanje

In Segovia ontmoet ons ‘n plaaslike Engelssprekende gids wat ons in die stad rondneem. As groep besigtig ons ook die pragtige Alcazar Kasteel (toegang ingesluit).

Na vrye tyd in Segova, ry ons per bus na Spanje se hoofstad, Madrid, waar ons die volgende twee nagte gaan oornag. Ons bly hier weer in ‘n luukse viersterhotel in ‘n mooi buurt wat ‘n entjie van die middestad af geleë is.

DAG 12 VAN ONS SPANJE EN PORTUGAL TOER, DONDERDAG 01 MEI 2025
TOLEDO & MADRID, SPANJE

Vanoggend ry ons groep na die beroemde stad in Spanje, Toledo (ook ‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied) waar ‘n gids ons gaan rondneem. Sinagoges, moskees en kerke staan langs mekaar in die historiese ou stadsgebied. Hier is ook ‘n magdom museums, ou brûe, poorte, kloosters en vele meer om te sien. Hier kan die mans hulle reghou om van die baie beroemde Toledo messe koop!

toledo

Toledo, Spanje

Na ons heerlike besoek aan Toledo ry ons terug na Madrid, Spanje vir die tweede besigtigingstoer van die dag. Met ‘n amptelike gids leer ons die besonderse besienswaardighede van Madrid ken.  Sy toon ons onder andere ook die Koninklike Paleis waar die Koninklike Familie van Spanje woonagtig is (wanneer hulle in Madrid oorbly). Dit is een van die grootste paleise in Europa.

Vir die sokkergeesdriftiges is dit ‘n belewenis om die Real Madrid Stadion van naby af te sien. Dan is daar die Plaza de Toros de Las Ventas, die bulgeveg arena in Madrid waar ons beslis ook ‘n draai gaan maak.

Later geniet ons vrye tyd in die stad. Daarna vertrek ons na ons hotel in Madrid en geniet saam aandete.

madrid_1920x800

Madrid, Spanje

DAG 13 VAN ONS SPANJE EN PORTUGAL TOER, VRYDAG 02 MEI 2025
MADRID, SPANJE

Ons laaste dag bied nog vele geleenthede om van die baie besienswaardighede in Madrid op ons eie te besigtig.  Doen byvoorbeeld die bekende Hop On Hop Off  Bustoer of besoek die beroemde Prado Museum (https://www.museodelprado.es/en). Dit is Spanje se beroemdste kunsmuseum met ‘n ontsaglike versameling kunswerke.

madrid-TT-hres-2011_8-xlarge

Spanje se hoofstad, Madrid

Op die boonste verdieping van die koninklike paleis van Spanje (wat ons juis die vorige dag gesien het) kan jy ‘n drankie gaan drink terwyl jy ‘n fantastiese uitsig op die stad het. Daar is natuurlik ook baie tyd om allerlei interessante inkopies in die stad te doen.

Madrid_GettyImages

Madrid, Spanje

Later ry ons per bus na die lughawe vanwaar ons vanaand vanaf Spanje terug Suid-Afrika toe vertrek.

DAG 14 VAN ONS SPANJE EN PORTUGAL TOER, SATERDAG 03 MEI 2025
JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA

Ons land in Johannesburg. Nadat ons soveel gesien en beleef het, gaan ons nog jare lank die mooiste herinneringe hieraan koester!

Ons verwagte WinskoopToerprys is R56,990.00 per persoon wat deel.

Die verwagte enkeltoeslag is R9,000 per persoon.

Ons toerprys sluit al die volgende in:

  • Ekonomiese klas retoervliegkaartjie van Johannesburg na Barcelona en van Madrid na Johannesburg. ‘n Beperkte aantal Kaapstad retoervliegkaartjies is ook beskikbaar op aanvraag.
  • Gerieflike verblyf (bed en buffet-ontbyt) in dubbel- of twin-kamers met eie badkamer. Ons slaap 9 aande in vierster-hotelle.
  • Aandetes soos gemeld hierbo of ‘n subsidie van €15 p.p. vir aandete op die aande wat ons nie saam as groep in die hotel eet nie.
  • ‘n Eie luuksebus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die hele toer in Spanje en Portugal.
  • Fooi vir die busbestuurder:  €26 p.p.
  • *Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood noodsaaklike hulp kan verleen.)
  • Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse vir insiggewende stadstoere (soos vermeld) –  ‘n besonderse pluspunt op hierdie toer na Spanje en Portugal. Hierdie koste – meer as R1,000 p.p. – is by ons toerprys ingesluit.
  • Die gebruik van ons eie kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
  • Toegangsgelde by:
    • La Sagrada Familia Katedraal in Barcelona, Spanje
    • Moskee-Katedraal in Cordobo, Spanje
    • Alcazar Kasteel in Segovia, Spanje
    • Universiteit in Salamanca, Spanje
    • Flamenco vertoning in Sevilla, Spanje
    • Katedraal in Sevilla, Spanje

Die toerprys sluit slegs die volgende NIE in nie:

  • Visumkoste (slegs Schengenvisum).
  • Reisversekering. (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)
  • Ekstra lughawebelasting wat mag bykom agv wisselkoersverandering (tans geen).
  • Middagetes.
  • Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies.
  • Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur.
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.

Om jou plek te bespreek:

(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)

Hoe bespreek ek my plek?

Deur die deposito van R6,000.00 p.p. – (verwysing: SP25/Jou Voorletters en Van bv. SP25/J.Coetzee) – in die volgende bankrekening te betaal:

WinskoopToere
ABSA
Spaarrekening
9343 1803 92

** NB!! Stuur u inbetalingstrokie na: admin@winskooptoere.co.za

(Maak asb seker jou e-pos bevat jou e-posadres/kontakbesonderhede)

Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons met jou in verbinding tree.

sp21-kaart-2

 

Hier volg ‘n kort video oor Spanje:

SPANJE EN PORTUGAL IS FANTASTIES!

KOM ERVAAR HIERDIE UNIEKE RYKE KULTUUR!
**WinskoopToere behou die reg om die toerprogram te wysig.
Back To Top