Ons Unieke Balkanlande Toer
3 tot 17 Junie 2023
(15 dae)
Weens die huidige politieke omstandighede in Bosnië en omliggende lande het ons besluit om nie meer Bosnië en Montenegro in ons Balkanlande toer in te sluit nie.
Hierdie toer is reeds ons dertiende toer na die Balkanlande!
Ons besoek: Kroasië en Slowenië gedurende die lieflike lente!
Hierdie toer is nou verder verfyn om jou ‘n onvergeetlike vakansie te bied!
Al die mooiste natuurgebiede is steeds by ons toerprogram ingesluit!
LET DAAROP DAT ALLE AANDETES (en ontbyte) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE BY ONS WINSKOOPPRYS INGESLUIT IS!
Beleef saam met ons die ongerepte natuurskoon van hierdie Balkanlande!
Ons toerlede skryf só oor hierdie toer:
“Weereens baie dankie vir ‘n heerlike toer” – Susan Beaurain
“Baie baie dankie vir ‘n onvergeetlike 2 weke vir almal se geduld en liefde. Julle is tops!!!” – Juli Niemand
“Baie baie dankie vir ‘n fantastiese toer!” – Tessa de Jager
“Baie dankie dit was baie baie lekker en die groep besonders. Goed gereël en baie glad verloop.” – Riette Badenhorst
“Dankie aan Fanie en Lientjie vir ‘n onvergeetlike ervaring” – Christene en Neels Heroldsbaai
“Baie dankie vir ‘n wonderlike ervaring!” – Hannalize Kriek
“BAIE dankie vir ‘n besonderse toer, uitstekende verblyf en wonderlike plekke gesien.
Ons het dit regtig baie geniet.” – Johann v Rensburg
“Baie dankie vir ‘n mooi en lekker leersame toer.” – Piet Lourens
Ons Toerprogram:
Ons Balkanlande toer groep vertrek vanaand van die OR Tambo Lughawe in Johannesburg na Europa (aandete met drankies en ontbyt tydens die vlug). (‘n Beperkte aantal vlugte vanaf Kaapstad is beskikbaar op aanvraag.)
Ons Balkanlande toer groep kom vroegoggend in Europa aan, en haal ‘n vlug na Venesië in Italië. Die luuksebus van ons Balkanlande toer groep wag reeds vir ons op die lughawe in Venesië. Hiervandaan vertrek ons na Bled in Slowenië. (Die gerieflike luuksebus is die hele tyd tot ons beskikking.)
Na ons aankoms in Bled, het al die lede van ons Balkanlande toer groep nou vrye tyd in hierdie skilderagtige dorpie. Ons bring die res van die dag hier rustig deur.
Bled – spogfoto van toerlid Phil Muller
Die Balkanlande toer groep arriveer by ons hotel in die pragtige omgewing. Ons geniet vanaand ‘n smaaklike buffet-ete hier. Die volgende twee nagte gaan ons in hierdie verruklike omgewing oornag!
Vanoggend ry ons Balkanlande toer groep na die formidabele middeleeuse kasteel in Bled – die oudste kasteel in Slowenië. Van hier af het mens ‘n fenominale uitsig oor die Bled Meer. Hier leer ons ook meer van die ontstaan van hierdie gletser-meer.
Later vandag ry ons Balkanlande toer groep met die tradisionele platboom-bote (Pletna-bote) na die eilandjie in die Bled Meer. Die Pletna-bote se geskiedenis word teruggevoer tot 1590. Hierdie unieke bote word tans nog deur die plaaslike inwoners gemaak!
Op die eiland kan jy die pelgrimskerkie Assumption of Mary besigtig. Hier is ook ‘n gesellige restaurant vir heerlike koffie.
Vanmiddag besoek ons Balkanlande toer groep die Bohinj Meer en die pragtige natuurskoon daar.
Later ry ons Balkanlande toer groep ook na Ucanc (4 km) waar die Savica Waterval is. Hier stroom die water uit die rotse (van die Sewe Triglav mere-valleie af) in die walle van Komarca in die Savica Waterval – die beroemdste waterval in Slowenië. Vanaand slaap ons in dieselfde hotel en geniet weer aandete in die hotel.
Na nog ‘n heerlike ontbyt, ry ons na die Vintgar Gorge daarnaby, waar ons ‘n onvergeetlike wandeling in die asemrowende ravyn gaan onderneem. (Elke toerlid stap teen sy eie pas, en besluit self hoe ver hy/sy wil stap.)
Hierna vertrek ons Balkanlande toer groep na die hoofstad van Slowenië, Ljubljana. Hier ontmoet ons ons plaaslike, Engelsssprekende gids. Volgende beleef ons ‘n interessante stadbesigtigingstoer in een van die mooiste stede in die Balkan.
Vanaand geniet ons Balkanlande toer groep ‘n genotvolle Sloweense folklore-aand met ‘n tipiese Sloweense aandete, heerlike wyn, jolige musiek, pragtige volksdanse en oulike folkore-speletjies.
Daarna slaap ons in ‘n pragtige driesterhotel in die hartjie van Ljubljana.
Ons Balkanlande toer groep ry vanoggend vroeg na die unieke Renaissance kasteel, Predjama, naby Ljubljana. Hierdie besondere kasteel is in ‘n grot gebou en het ‘n interessante geskiedenis!
Vandag gaan ons Balkanlande toer groep een van die belangrikste en mees fenomenale grotte in die wêreld besigtig: die ongeskonde en beroemde Skocjan Grotte wat ook ‘n Wêrelderfenis-natuurgebied is. Hier verdwyn die Reka Rivier in die vallei. (https://www.park-skocjanske-jame.si/en/)
Na hierdie verbysterende ervaring ry ons Balkanlande toer groep na die Istriaanse kus. Ons slaap die volgende twee aande in ‘n viersterhotel naby die strand in Portoroz. Hier kan jy vanmiddag rustig op die promenade langs die see gaan stap, of met ‘n plaaslike bus na die buurdorpie Piran ry.
Vandag verken ons die omgewing verder. Ons besoek Marezige waar die eerste wyn-fontein in Slowenië gevind word. Hierna doen ons ook ‘n wynproe in die omgewing.
Van hier ry ons verder na Hrastovlje, ‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied waar ons vrye tyd geniet. Besoek gerus die Kerk van die Heilige Drie-Eenheid wat uit die 13de eeu dateer.
Ons slaap vanaand weer in Portoroz en geniet saam ‘n heerlike buffet aandete in die hotel.
Na die afgelope dae se wonderlike natuurbelewenisse, geniet ons vandag historiese uitstappies op die Istriaanse skiereiland.
‘n Plaaslike gids neem ons Balkanlande toer groep op ‘n baie interessante stadbesigtigingstoer in die ou (Romeinse!) stad Pula met sy besondere antieke amfiteater – die bes behoue Romeinse amfiteater van almal in Europa.
Daarna ry ons na Rovinj wat deur baie toeriste as een van die mooiste dorpies in Europa beskou word. Hier bring ons Balkanlande toer groep die middag deur. Daarna ry ons na Opatija, waar ons vanaand oorslaap.
Vandag wag ‘n hoogtepunt op ons. Ons Balkanlande toer groep vertrek vanoggend baie vroeg na die beroemde Nasionale Park Plitvice – een van die allermooiste natuurgebiede in Europa! Hier is sestien mere, ontelbare watervalle en strome water en ongeskonde, groen natuurskoon so ver jy kan sien!
Ons spandeer die res van die dag hier (olv. ‘n plaaslike gids). Ons Balkanlande toer groep hou piekniek langs een van die mere. Ons besoek vandag albei gedeeltes van hierdie meregebied. Dit is ‘n onbeskryflike belewenis!
Ons vaar ook met een van die elektriese (geluidlose) bote op een van die idilliese mere.
Na hierdie vyfsterdag van oorweldigende indrukke en lekker stap in die natuur, rus ons bietjie op ons bus tydens ons rit na ons hotel in Otocac. Dit is ‘n gesellige driester-familie hotel. Hier eet ons ‘n smaaklike “familiemaaltyd” voor ons lekker gaan slaap.
Vandag begin ons om antieke stadjies in Kroasië te besoek. Eers ry ons na die antieke stad Zadar en onderneem ‘n stadbesigtigingstoer onder leiding van ‘n plaaslike gids.
Hierna besoek ons die dorpie Trogir. Dit is tussen die 13de en 15de eeu gebou en is vandag ook ‘n Wêrelderfenisgebied.
Ons ry vervolgens na Split – die tweede grootste stad in Kroasië. Hierna ry ons direk na ons luukse viersterhotel in Podstrana reg langs die see. Hier gaan dit, as ons gelukkig is, warm genoeg wees vir ‘n heerlike afkoel in die Adriatiese See. Dan volg ‘n smaaklike ete terwyl jy oor die see uitkyk!
Na ete gaan ons met ons bus ‘n kort besoek aan die Ou Stad bring. Dit is ‘n onvergeetlike ervaring om die grootse Middeleeuse Paleis so verlig in die aand te beleef! En oral is musikante besig om musiek te maak!
Vanoggend onderneem ons ‘n stadsbesigtigingstoer van Split se interessante Ou Stad onder leiding van ‘n plaaslike Engelssprekende gids. In Split is die besondere Paleis van Diocletianus, wat uit die 4de eeu behoue gebly het.
Na afloop van die toer het ons ruim vrye tyd om hier deur te bring.
In die antieke Paleis sing ‘n bedrewe Klapa-mannekoortjie in die mooiste akoestiese ruimte!
Na ons onvergeetlike besoek aan Split, vertrek ons Dubrovnik toe. Op pad besoek ons die stokou stadjie, Ston, met sy indrukwekkende, antieke stadsmuur.
In Dubrovnik gaan ons die volgende twee nagte in ‘n pragtige driesterhotel met die mooiste see-uitsig oorbly. Daar is onder andere ‘n pragtige swembad, en as jy verkies, kan jy ook in die see swem.
Ons begin die dag met ‘n interessante stadsbesigtigingstoer van Dubrovnik te voet onder leiding van ‘n plaaslike gids. Hierna het toerlede vrye tyd om die stad op hulle eie te verken. Ons gee vandag aan elke toerlid ‘n subsidie van 70 Kuna, wat jy bv. kan gebruik om op die stadsmure te gaan loop of om met die kabelkar teen die berg op te ry.
Bo-op die berg het mens ‘n wonderlike uitsig oor die stad en die Adriatiese kus. Die stappers onder ons kan hier ook ‘n hele ent op die rand van die berg gaan stap en die besondere natuurtonele indrink. (Bo-op die berg is ‘n restaurant waar mens kan ontspan en ‘n drankie kan geniet.)
Ons ontmoet mekaar in die middag weer by die Ou Hawe. Dan onderneem ons almal saam ‘n gesellige bootvaart op die see. Hierna neem die bus ons na ons hotel. Vanaand ry ons na ‘n ongerepte plasie waar ons ‘n baie besondere en beslis onvergeetlike folklore-aand met die heerlikste eg Kroatiese kos, wyn en Klapa-musikante uit die boonste rakke geniet!
Ons slaap vanaand weer in dieselfde hotel.
Na ‘n uitgebreide ontbyt vertrek ons na Zagreb, die hoofstad van Kroasië. Hier neem ‘n plaaslike Engelssprekende gids ons op ‘n begeleide stadstoer te voet.
Hierna geniet almal vrye tyd in die stad.
Laatmiddag ry ons weer Slowenië toe. Ons slaap vanaand in ‘n gerieflike viersterhotel in die plattelandse dorpie Otocec. By Otocec is ‘n statige ou kasteel = 800 jaar oud. In hierdie kasteel sluit ons vanaand ons toer op ‘n hoogtepunt af met ‘n smaaklike vyfster-maaltyd!
Na ‘n smaaklike buffet-ontbyt ry ons terug na Kroasië. Ons besoek nog die skilderagtige dorpie, Samobor, waar ons vir oulaas heerlike Kremsnite (die geurige Sloweense melktert) gaan geniet! Hier het ons ook geleentheid om die dorpie te verken, voordat ons na Zagreb vertrek.
Vanmiddag vertrek ons van Zagreb Lughawe af na Johannesburg.
Ons land op OR Tambo Lughawe – van harte verryk deur al die baie besondere belewenisse van die mooiste dele in Europa!
Die verwagte toerprys vir hierdie besondere toer
is ongeveer R49,990.00* pp vir toerlede wat deel.
Die finale toerprys sal later bekend gemaak word.
Enkeltoeslag: R7,000.00
LW: ALLE AANDETES EN GROEPSBESOEKE AAN
BESIENSWAARDIGHEDE, m.a.w. ALLE TOEGANGSGELDE,
IS BY ONS TOERPRYS INGESLUIT!
Hier is nie verskuilde koste vir ons toerlede nie.
Ons toerprys sluit AL die volgende in:
*Ekonomiese klas retoervliegkaartjie van Johannesburg na Venesië en terug van Zagreb na Johannesburg.
‘n Beperkte aantal vlugte vanaf Kaapstad is beskikbaar op aanvraag en teen ‘n bybetaling.
* Die lughawe- en brandstofbelasting (soos by kwotasie)
* Hotel-akkommodasie (met alle onbyte en aandetes) in twin– of dubbelkamers met eie badkamers in hoofsaaklik deftige viersterhotelle
* Luuksebusvervoer vir die hele tydperk
* Stadsbesigtigingstoere per bus soos gemeld
* Ervare plaaslike (Engelssprekende) gidse in die groot stede
* Die gerief van kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) tydens besigtigingstoere
* Die verantwoordelike en goed toegeruste span van WinskoopToere wat uit twee toerleiers bestaan en wat persoonlik oral saamtoer, veel waarde toevoeg en ‘n heerlike, gerieflike toer verseker!
* Die bootvaart op die Bled Meer
* Die Sloweense folklore-aand met aandete, wyn en musiek, danse ens. in Ljubljana
* ‘n Subsidie van 70 kuna tydens ons besoek aan Dubrovnik
* Die bootvaart op die see by Dubrovnik
* Die Kroatiese folklore-aand met aandete, wyn en Klapa-sangers buite Dubrovnik
* Die driegangmaaltyd in Otocec Kasteel
*PLUS
AL die volgende toegangsgelde:
Bled Kasteel
Vintgar Gorge (indien beskikbaar)
Die Savica Waterval
Predjama Kasteel
Skocjan Grotte
Die Nasionale Park Plitvice (bootvaart op die meer ingesluit)
Diocletianus se tempelkelder in Split
Pula Amfiteater
Die Toerprys sluit nie die volgende in nie:
-Visumkoste (LW: Jy benodig 2 visums vir hierdie toer)
-Reisversekering
(LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24h of 48h
nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)
-Bykomende lughawebelasting (wat mag bykom volgens die wisselkoers)
-Middagetes
-Alle ander toegangsgelde (indien enige – alle groepsbesoeke is reeds ingesluit)
-Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard
-Fooi vir die busbestuurder (€26)
Let wel: vir hierdie toer word twee visums benodig!
LW: Op hierdie toer word uit die aard van die saak baie gestap.
Daar word wel nie van alle toerlede verwag om oral saam te stap nie. Toerlede wat nie kans sien om etlike kilometers te stap nie, kan dan slegs ‘n gedeelte van die afstand op eie pas stap of op ‘n plek vir die groep wag. Daar is slegs enkele plekke waar sulke persone heeltemal sal moet uitsit. Bel ons gerus hieroor.
Neem Kennis:
Uit die aard van die onvoorspelbaarheid van die COVID-19 pandemie en regulasies wat voortdurend verander mag dit dalk gebeur dat ons nie alle toegangskaartjies kan kry soos oorspronklik beplan nie. Sou dit gebeur, sal ons toerlede hiervan inlig en moontlike alternatiewe opsies aanbied of kaartjiefooie terugbetaal.
COVID-19 REGULASIES OM VAN KENNIS TE NEEM SOOS BEKEND JUN 2022
(LW. dit kan maklik verander)
—————-
WinskoopToere sal streng voldoen aan alle gesondheidsriglyne en -vereistes van COVID-19 (bv inentings, maskers, sosiale afstand) in enige land waarheen ons reis.
—————-
Vir meer besonderhede kontak gerus ons kantoor.
Om jou plek te bespreek:
(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)
Hoe bespreek ek my plek?
(LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24h of 48h
nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)
Deur die deposito van R6,000.00 pp –
(verwysing: BALK23/Jou Voorletters en Van bv.
BALK23/J.Coetzee) –
in die volgende (NUWE) bankrekening te betaal:
WinskoopToere
ABSA
(NUWE) Rekeningnommer: 9343 1803 92
** NB!! Stuur jou inbetalingstrokie na:
admin@winskooptoere.co.za
(Maak asb seker jou e-pos bevat jou e-pos adres/kontakbesonderhede)
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.
Kommentaar van ‘n paar van ons toerlede:
Christine de Klerk:
Dit was die beste toer ooit! Alles goed gereel, goeie hotelle, baaaaaaaiiiiieeee gesien in ‘n kort tyd, meer as die geld werd!
Gerda Walters:
Ek was saam met Winskooptoere in die Balkanlande. Ek wil net dankie sê vir ‘n wonderlike toer. As ek so na die foto’s, kyk dan besef ek weer hoe baie ons van elke land gesien het. Julle het die toer baie goed beplan sodat ons al die mooiste en mees interessante plekke kon sien in ‘n kort tyd. Tog was dit ‘n rustige toer saam met baie aangename toerlede en leiers. Van ons Kapenaars het al selfs weer saamgekuier met die Namibiërs en die toer van vooraf geniet. Baie dankie aan die hele Winskoopspan.
Charlotte Cloete:
Ek wil nog steeds sê dat ons vakansie (dit is die Balkanlande Toer) was een van die wonderlikste in my lewe.
Jeanet Domingues:
Sal beslis weer die (Balkan)lande besoek en met Winskoop Toere gaan toer want hul pryse is werklik ‘n winskoop.
2,715 keer gelees, 2 keer gelees vandag