PASSIESPELE 2022
Na die verskuiwing weens die Corona virus,
vind die Passiespele weer in 2022 in Oberammergau plaas.
WINSKOOPTOERE beplan drie verskillende toere in 2022
wat toerlede ook na die Passiespele sal neem.
Hoogtepunte van Europa met Passiespele in die Julievakansie 2022
26 Junie 2022 – 9 Julie 2022
Ons ry eerstens na die pragtige antieke stad Verona – vandag ‘n Wêrelderfenisgebied. Hier is die beroemde Romeinse arena uit die eerste eeu – wat ‘n gesig om te sien! In hierdie Arena word steeds konserte voor 15,000 mense op ‘n keer gehou. Ons gaan ook die eeue-oue stadsmure te siene kry en die Ponte Pietra-brug wat dateer uit die eerste eeu voor Christus! Vanaand eet ons Passiespele toer groep almal gesellig saam in ‘n aangename restaurant naby ons hotel. Ons slaap twee nagte in ‘n gerieflike hotel
in Verona.
Vandag besoek ons Passiespele toer groep die wonderstad op water, Venesië! Ons geniet ‘n heerlike vaart met die boot na die Ou Stad. Dan geniet ons ‘n stadstoer wat spesiaal deur ‘n plaaslike gids vir ons Passiespele toergroep gereël is. (Aan elke toerlid word oorfoontjies beskikbaar gestel sodat die almal die gids ewe goed kan hoor.)
Ons stadstoer word afgesluit met ‘n wonderlike demonstrasie deur ‘n meesterlike glasblaser. Daarna kry almal die geleentheid om die stad op hulle eie verder te verken. Ons vaar eers 17:00 weer met ons boot terug na ons bus. Wat ‘n genoeglike dag!
Ons eet vanaand weer in ‘n restaurant in Verona gesellig saam. Ons slaap weer in dieselfde hotel in Verona.
Ons ry na ontbyt na die unieke vakansiedorpie Sirmione aan die Garda Meer. Hier het ons almal vrye tyd om rustig rond te loop en die antieke kasteel te besigtig.
Van Sirmione af vertrek ons na Trento. Hierdie pragtige stad met sy kasteel lê aan die Adige rivier.
Na ‘n aangename tydjie in die stad, ry ons dan na ons hotel in Pergine Valsugana. Ons gaan vanaand in ‘n restaurant langs die Caldonazzo Meer daar naby eet.
Ons vertrek vanoggend na die hoofstad van die Tirool Innsbruck. Hier geniet ons vrye tyd om sorgvry rond te loop. Hierna ry ons na Seefeld in Oostenryk. Ons geniet vanmiddag hierdie mooi gebied.
Ons slaap die volgende twee nagte naby Seefeld in ‘n viersterhotel. Ons Passiespele toer groep eet vanaand ‘n heerlik driegang-maaltyd in die hotel saam.
Later vanmiddag sit ons ons reis voort. Nou ry ons in die rigting van die Franse grens, want ons slaap vanaand in Colmar, Frankryk. Hier eet ons almal ‘n smaaklike aandete in die hotel.
Hierna het ons almal vrye tyd om die plekke te besoek waarin ons belangstel. Kies gerus uit kunsmuseums, katedrale, die pragtige operahuis en nog veel meer. Jy kan ook langs die Seine gaan piekniek hou. Om 17:00 ontmoet ons ons bus en ry terug na ons hotel toe, wat in die lieflike Montmatre geleë is.
Vir die lewenslustiges onder ons bied vanaand nog ‘n geleentheid om die omgewing verder te verken..
Ons spandeer vanoggend nog ‘n rukkie in Parys voordat ons België toe vertrek. Ons ry dan na Brugge met sy middeleeuse karakter, kanale, spitsdakhuisies en selfs nog perdekarre op die Markplein! Soek in die winkels vir jou ‘n stukkie van hulle beroemde kant, en moenie vergeet om van die onverbeterlike wafels en aarbeie op die markplein te eet nie!
Na ‘n heerlike tyd in Brugge, ry ons Brussel toe waar ons gaan oornag.
Later ry ons na die Nederlandse opelugmuseum, Zaanse Schans. Hier kan jy heerlike Nederlandse pannekoek proe. Klompe word hier ook voor jou oë gemaak!
So kom ons Passiespele toer dan tot ‘n einde. Ons bus neem ons na Schiphol Lughawe. Hiervandaan vertrek ons vanaand terug na Johannesburg.
Terug in Suid-Afrika, so verryk na ‘n onvergeetlike twee weke in Europa.
Winskooptoerprys:
R52,990*
per persoon wat deel
*Slegs R1,000.00 lughawebelasting nie hierby ingesluit nie
Enkeltoeslag: R6,500.00
LW. Slegs ‘n beperkte aantal enkelkamers is tydens ons eennag-verblyf
in die Oberammergau-omgewing beskikbaar.
Kyk wat is ALLES in die toerprys ingesluit:
*Jou kaartjie vir die Passiespel in die Passiespel-teater, ‘n Passiespel Gedenkprogram, plaaslike belastings en ‘n aandete.
*Een nagverblyf in ‘n hotel/gastehuis in die Oberammergau-omgewing.
* ‘n Ekonomiese klas retoervlugte met Emirates.
* Lughawebelasting (behalwe R1,000, en wat nog mag bykom as gevolg van wisselkoerswisseling – sedert die kwotasie
tot met die uitreiking van die vliegkaartjie).
* Luuksebusvervoer (met lugverkoeling, ens.) vir die volle tydperk
* Akkommodasie in twin-kamers (bed en ontbyt) in drie- en vierster-hotelle
* Aandetes of ‘n subsidie van €15 per persoon vir ‘n aandete elke dag
* Professionele plaaslike gidse (Engelssprekend) soos hierbo aangedui
* Twee ervare Winskooptoerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding.
(Wees ook gerus: Daar is altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood kan agterbly en noodsaaklike hulp verleen)
* Bootvaarte na Venesië se Ou Stad en terug
* Toegangskaartjie tot die Eiffeltoring (met die hysbak tot 2de vlak)
* Die kanaalvaart in Amsterdam
* Die gebruik van ons hoë gehalte radio’tjies (audiophones) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
Die toerprys sluit nie die volgende in nie:
Lughawebelasting-bybetaling van R1,000.00 pp
Ekstra lughawebelasting agv wisselkoers (tans geen)
Visumkoste
Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24h of 48h
nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)
Middagetes
Toegangsgelde van plekke wat jy dalk addisioneel wil besoek
Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard
Fooi vir die busbestuurder (€26 per persoon)
LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa
van ons toerlede gevra nie.
Neem Kennis:
Uit die aard van die onvoorspelbaarheid van die COVID-19 pandemie en regulasies wat voortdurend verander mag dit dalk gebeur dat ons nie alle toegangskaartjies kan kry soos oorspronklik beplan nie. Sou dit gebeur, sal ons toerlede hiervan inlig en moontlike alternatiewe opsies aanbied of kaartjiefooie terugbetaal.
COVID-19 REGULASIES OM VAN KENNIS TE NEEM SOOS BEKEND SEP 2021
(LW. dit kan maklik verander)
—————-
WinskoopToere sal streng voldoen aan alle gesondheidsriglyne en -vereistes van COVID-19 (bv inentings, maskers, sosiale afstand) in enige land waarheen ons reis.
—————-
‘n Bewys van volledige inenting wat minstens 14 dae voor vertrek voltooi is, met ‘n EU goedgekeurde COVID-19-entstof (insluitend Pfizer, Moderna en Johnson & Johnson) word vereis.
—————-
Meeste lugrederye vereis ook ‘n onlangse (nie ouer as 48h) negatiewe COVID-19 uitslag ten tye van jou vlug.
—————-
Jy moet ‘n aanlynprofiel (of 2) invul voordat jy Europa besoek. WinskoopToere sal volledige inligting hieroor stuur aan toerlede.
—————-
Vir meer besonderhede kontak gerus ons kantoor.
Bespreek nou reeds jou plek. Betaal ‘n deposito* van R6,000 pp in ons bankrekening en stuur die bewys daarvan
aan een van ons toerorganiseerders (met die volgende kode: JPS22 en jou naam).
Dan is jy verseker van ‘n plek.
LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting.
Om jou plek te bespreek:
(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)
Hoe bespreek ek my plek?
Deur die deposito van R15,000.00 pp –
(verwysing: JPS22/Jou Voorletters en Van bv.
JPS22/J.Coetzee) –
in die volgende (NUWE) bankrekening te betaal:
WinskoopToere
ABSA
(NUWE) Rekeningnommer: 9343 1803 92
** NB!! Stuur u inbetalingstrokie na:
katrien@winskooptoere.co.za
CC asb:
(Maak asb seker jou e-pos bevat jou e-pos adres/kontakbesonderhede)
OF
Laai jou strokie direk op WinskoopToere se sisteem:
WinskoopToere Bewys van Betaling
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons jou op hoogte hou van hierdie 2022 toer.
6,872 keer gelees, 1 keer gelees vandag