Hier volg ‘n kort video met uittreksels uit Italië, België en Nederland
Ons Europa toer groep ry dan na die pragtige antieke stad Verona – vandag ‘n Wêrelderfenisgebied. Hierdie ou stad is bekend vir sy Romeinse arena uit die eerste eeu (hier word steeds konserte voor 15,000 mense op ‘n keer gehou), die eeue-oue stadsmure en die Ponte Pietra-brug (gebou in 100 vC!). Ons geniet aandete in hierdie prag-stad. Ons slaap in ‘n gerieflike driesterhotel in Verona.
Ons Europa toer groep besoek die wonderstad op water, Venesië! Ons vaar met die boot na die Ou Stad, ons geniet ‘n stadstoer deur ‘n plaaslike gids, ons bewonder ‘n meesterlike glasblaser en ons stap lekker hier rond in ons vrye tyd. Ons vaar eers 17:00 weer met ons boot terug na ons bus. Wat ‘n opwindende dag!
Ons eet vanaand in ‘n gesellige restaurant en ons slaap weer in dieselfde hotel in Verona.
Dan het ons vrye tyd en kan ons op ons eie die wonderlike stad geniet, en inkopies doen.
Die aanskoulike Lake Como is ons volgende bestemming. Ons vertrek uit Milaan na hierdie aanskoulike mere-distrik in Italië. Hier gaan ons ‘n baie gesellige aand langs die beroemde meer geniet! Ons slaap in ‘n gerieflike hotel in Como. Ons eet vanaand saam in ‘n restaurant naby ons hotel.
Later vanmiddag sit ons ons Europa reis voort, nou in die rigting van die Franse grens. Ons bly vannag oor in ‘n oulike hotel in Colmar, Frankryk. Aandete word in die hotel bedien vir ons groep.
Na ‘n smaaklike ontbyt, stap ons lustig rond in die skilderagtige Colmar met sy pragtige vakwerk-huisies.
Daarna gaan ons na die baie besondere middeleeuse dorpie, Riquewihr, waar alles lyk of die tyd eeue lank stilgestaan het.
Dan ry ons na Heidelberg in Duitsland, waar ons vanaand oornag. Jy kan vanaand in hierdie pragtige universiteitstad gaan rondloop as jy wil. Elke toerlid ontvang ‘n aandete subsidie van €15.
Vandag bring ons eers tyd in Heidelberg deur. Dit is een van die mooiste stede in Duitsland. Hier kan ons heerlik rondloop en selfs tot bo-op die berg na die Ou Kasteel toe loop. (Vir die ouer knieë is daar gelukkig ‘n Bergbahn [treintjie] tot bo!) Vandaar het mens ‘n asemrowende uitsig oor die Ou Stad en die Neckarrivier.
Later vandag ry ons Europa toer groep diep in die Franse platteland in. Ons geniet die unieke natuur van hierdie gebied. Ons slaap vanaand in Reims in Frankryk en kry ook die geleentheid om dié stad se asemrowende katedraal te sien. Hier kry elke toerlid weer €15 vir aandete.
Ons vertrek vanoggend vroeg na Parys! Daar ontmoet ons Europa toer groep eers ‘n plaaslike gids wat ons met die bus in die stad rondneem en ons meer vertel oor Parys se interessante geskiedenis.
Hierna gaan ons almal saam na die Eiffeltoring. Ons gaan saam op tot by die 2de vlak om die uitsig te bewonder.
Na die opwinding van die Eiffeltoring ry ons Europa toer groep dan met ons bus na ons hotel in Parys. Ons bly in ‘n lieflike hotel wat in die hartjie van Montmatre geleë is. Van hier af kan toerlede saam met die toerleiers dié unieke kunstenaarsgebied verken, sowel as die pragtige beligte Sacre Coeur in die aand bewonder. Elkeen kry ‘n aandete subsidie van €15.
Ons spandeer vanoggend nog ‘n paar ure in Parys. In hierdie vrye tyd kan toerlede gerus ‘n draai by die twaalfde-eeuse Notre Dame katedraal gaan maak. Die katedraal is egter in ‘n brand erg verwoes. Jy kan ook van die wonderlike museums en kunsgalerye besoek. Of jy kan net rustig langs die Seinerivier gaan piekniek hou.
Hierna ry ons na die hoofstad Brussel in België. Ons meld aan by ons hotel in die Ou Stad waarna ons die stad kan gaan verken en op die Groote Markt ‘n Belgiese bier kan geniet. (Vanaand kry elke toerlid weer ‘n aandete subsidie van €15.)
Ons Europa toer groep ry vroeg vanoggend na die skatlike ou stadjie Brugge met sy middeleeuse karakter, kanale, spitsdakhuisies en selfs nog perdekarre op die Markplein! Soek in die winkels vir jou ‘n stukkie van hulle beroemde kant. En moenie vergeet om van die onverbeterlike wafels en aarbeie op die markplein te eet nie!
Later ry ons na die ou Nederlandse stad Delft. Hierdie stad is bekend vir sy blou porseleinkuns en die pragtige kanale wat deur die stad vloei. Hier het ons Europa toer groep weer heerlike vrye tyd, voordat ons laatmiddag na Noordwijk reis om daar te oornag – in ‘n pragtige hotel by die see! (Elke toerlid kry €15 subsidie vir aandete.)
Ons Europa toer groep ry vroeg reeds na die wonderlikste tuin in Europa – Keukenhof, met sy 7 miljoen tulpe. Dit is ‘n aangrypende ervaring om vroegoggend in die tuin rond te loop asof jy die enigste een daar is! Later trap die mense jou byna dood! Hierdie oggend word deur baie toerlede as die hoogtepunt van ons toer beleef.
Loer gerus hier vir meer ingligting: https://keukenhof.nl/en/
Later ry ons na die Zaanse Schans. Ons besoek ook die mooie ou hawedorpie Volendam. Hier moet jy beslis soos die Nederlanders ‘n heerlike sagte zoute haring eet! Later, op ons laaste aand, eet ons Europa toer groep ‘n heerlike aandete gesellig saam in ons hotel .
Vanoggend ry ons Amsterdam toe. Eers ontmoet ons Europa toer groep ons gids wat ons op ‘n baie interessante stadsbesigtigingstoer deur die stadskern neem. Daarna gaan ons op ‘n heerlike kanaalvaart (tot in die hawe).
Dan het ons vrye tyd om ‘n museum of wat te besoek voordat ons bus ons na Schiphol Lughawe toe neem. Ons vertrek hiervandaan terug na Johannesburg.
Nou, aan die einde van hierdie wonderlike toer, sal jy weet: “Ek is nou anders as toe ek gekom het. Ek het soveel beleef, ek is verryk, en ek neem dit saam met my vir altyd!”
Ons WinskoopToerprys is slegs
R43,990.00 pp
wat deel.
Enkel toeslag is R6,900.00
Kyk wat is ALLES in die toerprys ingesluit:
Neem Kennis:
Uit die aard van die onvoorspelbaarheid van die COVID-19 pandemie en regulasies wat voortdurend verander mag dit dalk gebeur dat ons nie alle toegangskaartjies kan kry soos oorspronklik beplan nie. Sou dit gebeur, sal ons toerlede hiervan inlig en moontlike alternatiewe opsies aanbied of kaartjiefooie terugbetaal.
Die toerprys sluit nie die volgende in nie:
LET WEL:
GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word
in Europa van ons toerlede gevra nie.
COVID-19 REGULASIES OM VAN KENNIS TE NEEM SOOS BEKEND JUNIE 2022
(LW. dit kan maklik verander)
—————-
WinskoopToere sal streng voldoen aan alle gesondheidsriglyne en -vereistes van COVID-19 (bv inentings, maskers, sosiale afstand) in enige land waarheen ons reis.
—————-
Vir meer besonderhede kontak gerus ons kantoor.
Om jou plek te bespreek:
LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting.
Hoe bespreek ek my plek?
Deur die deposito van R6,000.00 pp –
(verwysing: HPE23/Jou Voorletters en Van bv.
HPE23/J.Coetzee) –
in die volgende bankrekening te betaal:
WinskoopToere
ABSA spaarrekening
9343 1803 92
** NB!! Stuur jou inbetalingstrokie na:
admin@winskooptoere.co.za
(Maak asb seker jou e-pos bevat jou e-posadres/kontakbesonderhede)
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons met jou in verbinding tree.
**WinskoopToere behou die reg om die toerprogram en -prys te wysig.
1,303 keer gelees, 1 keer gelees vandag