Ons Toerprogram:
29 September 2022 tot 11 Oktober 2022
Ons Noord-Spanje toergroep vertrek van die OR Tambo Lughawe in Johannesburg. (Beperkte aantal Kaapstadvlugte is beskikbaar op aanvraag.)
Ons arriveer vanoggend in Madrid. Ons toerbus wag reeds op ons by die lughawe en ons vertrek na Potes.
Potes is een van die aantreklikste klein middeleeuse dorpies in Kantabrië – nie ver van die voortreflike berge in die Picos de Europa National Park nie. In hierdie skilderagtige omgewing bly ons drie dae oor, terwyl ons elke dag ‘n unieke program volg.
Elke toerlid ontvang vir die tydperk in Potes 15 Euro per aandete. Elkeen het dan die geleentheid om self te kies in watter van die gesellige eetplekke in die dorpie hy/sy aandete wil geniet.
Ons bly in Potes in netjiese driester selfsorgwoonstelle. Elke oggend eet ons ontbyt in die plaaslike hotel (by die toerprys ingesluit.) Verder gaan ons ruim geleentheid hê om die kos wat so eie aan hierdie gebied is, te geniet. Saans kuier ons heerlik op die dorpsplein tussen die plaaslike inwoners, terwyl hulle ons sekerlik ‘n hele paar Spaanse woorde gaan leer terwyl ons vir hulle My Sarie Marais gaan sing!
So lyk die pad na Fuente Dé, Picos de Europa, van Potes af.
Dit is wyd en plat (met ligte plaaslike verkeer by tye!)
Vandag onderneem ons Noord-Spanje toergroep ‘n uitstappie in die omgewing met ons eie bus. Ons ry ook met die beroemde kabelspoor Teleférico Fuente De: dit neem ons 1823 meter op in slegs vier minute tot in die hart van die Picos de Europa – absoluut verruklik!
Wat ‘n skilderagtige landskap wag vir ons daar bo! Daar gaan ons sorgvry wandel op verskillende bergpaadjies. Later, op die afgespreekte tyd, ry ons terug na Potes vir ‘n heerlike lafenissie op die markplein.
Vandag ry ons ietwat verder met ons eie bus. Ons uitstappie bring ons in die besondere stad Santander (spreek uit: Santan-dêr). Hierdie hawestad is die hoofstad van die outonome gemeenskap en die historiese streek van Kantabrië aan die noordkus van Spanje. Hier is so baie om te beleef en in te neem. Dit is ‘n pragtige skiereiland en interessante strandgebied.
On onderneem met ons aankoms ‘n besigtigingstoer met ons bus en sorg dat niks ongesiens by ons verbygaan nie!
Die voormalige koninklike Palacio de la Magdalena lê in die mond van die Baai van Santander. Dit was vroeër die koninklike somerpaleis op die rotsagtige La Magdalena Skiereiland.
Daarna gaan ons in die stad rondloop. Op die Paseo de Pereda promenade is die oulike beelde (kyk hieronder) oorkant die Jardines de Pereda tuine te sien.
En vir die swemmers onder ons is hier ‘n ideale geleentheid om op die strand uit te span! Later, op pad terug na Potes, besoek ons ook Santilana del Mar, een van die antieke dorpies daar naby.
Santilana del Mar
Na ontbyt in die hotel in Potes, vertrek ons met ons bagasie na die voortreflike stad, Bilbao. Dit is ‘n industriële hawestad in Noord-Spanje wat omring is deur groen berge. Dit is ook die de facto hoofstad van die Baskiese Gebied. Bilbao is die tiende grootste stad in Spanje.
Plaza Nueva/Plaza Barria
Bilbao is baie bekend vir die hiper-moderne Guggenheim Museum wat in 1997 in gebruik geneem is. Daarin is onder andere ‘n permanente versameling van die visuele kunste van die twintigste eeu. Elke toerlid ontvang hier sy eie toegangskaartjie om op sy eie tyd na al die interessante kunswerke in hierdie baie besondere museum te kyk. Dit is baie besonders!
Guggenheim Museum
Na ‘n genoeglike dag in hierdie besondere stad, slaap ons vanaand hier.
Ons besoek vanoggend eers die skilderagtige kusdorpie Leikeitio met sy baie bootjies.
Lleikeitio
Dan vertrek ons na San Sebastion, ‘n oord aan die sogenaamd Bay of Biscay in die bergagtige Baskiese Gebied. Hier is pragtige, skilderagtige eilande in die see.
San Sebastian
Jy kan hier ver gaan stap op die promenade teen die strand. Baie restaurante en winkels met plaaslike spesialiteite en wyn trek ook heelwat besoekers.
Daarna vertrek ons na die interessante dorpie Tolosa, in die vallei van die rivier Oria.
Hierna ry ons dan na Pamplona waar ons die volgende twee nagte slaap.
Pamplona is die hoofstad van die Navarra Provinsie. Dis hier waar elke jaar die Running of the Bulls plaasvind [sic!] Hier het elkeen vanoggend vrye tyd om die stad te beleef.
Pamplona
Later vandag ry ons ‘n entjie uit die stad om die Noain Aquaduct te besigtig. Dan gaan ons kyk na die voortreflike brug by die middeleeuse dorpie, Puente la Reina.
Nou het die tyd aangebreek om na die Spaanse Pireneë te ry! Dis ‘n taamlike lang pad voordat ons by die hoogste piek van die Pireneë kom. Hierdie formidabele berg heet Aneto en is Spanje se derde hoogste berg (3404 m).
Op ons pad vandag ry ons aan by een van die mooiste dorpies in die gebied: Alquézar. Dit is ‘n middeleeuse dorpie wat gedomineer word elfde eeuse kerk van Santa Maria. Die dorpie is geleë in die Natuur Reservaat van Sierra en Canyons of Guara. Weens ‘n groot aantal grottekeninge is Alquézar ‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied.
In hierdie aanskoulike omgewing is ‘n imposante dorpie met die naam van Vielha. Sy volle naam is Vielha e Mijaran en dit val in Katalonië. Die dorpie Vielha het skaars 5,000 inwoners
Ons slaap hier vanaand in ‘n hotel met ‘n mooi uitsig op die Aran Vallei.
Ons geniet vandag die rustigheid van Veilha en omgewing. Vanmiddag ry ons na Rialp waar ons die volgende twee nagte slaap.
Vandag ry ons eers na die dorp Sort. Die woord “sort” is die Katalaans vir “geluk”. Hier verwyl ons ‘n uur of twee, voordat ons verder ry na die dorpies Peramea en Gerri de la Sal.
Peramea is ‘n karaktervolle middeleeuse dorpie met net meer as tagtig inwoners. Die dorpie het gely onder die sterk invloed wat uitgegaan het van Gerri de la Salle en sy belangrike soutproduksie. Sout was die basis van die ekonomie, nie net plaaslik nie, maar die invloed daarvan het ver bo die normale uitgestyg.
Ons ry vervolgens na Gerri de la Sal daarnaby. Hier is die hele Gerri Klooster in die negende eeu op die rivierbank gebou. Dit was aktief tot die negentiende eeu. Vandag is hiervan net die kerkgebou te sien wat dateer uit 1149.
Die Gerri Klooster
Die oudste kern van die dorpie self is tussen die pad en die rivier geleë. Dit vorm ‘n geslote struktuur van huise, op so ‘n manier dat die agterste walle van die geboue van rol van ‘n groot wal vervul. In Katalaans staan dit bekend as ‘n vila closa (‘n ommuurde stad). In Gerri is die huise om ‘n sentrale plein gesentreer met drie nou bedekte stegies wat toegang tot die plein verleen. Op die plein staan die ou kerk Sant Feliu wat gerestoureer is.
Verder is daar ‘n middeleeuse brug, asook die Torre de la Presó (tronktoring) en die Sout Stoorhuis uit die sestiende eeu om te besigtig.
Na ons aangename tydjie in Gerri de la Sal ry ons weer terug na Rialp waar almal vrye tyd het.
Ons ry vandag langs die Parc Natural de Sant Llorenc verby en ons verwyl ‘n rukkie in Sabadell, die vyfde grootste stad in Katalonië.
In die negentiende eeu het dit die belangrikste wolstad in Spanje geword – vandaar die bynaam “Catalan Manchester“. Vandag kan vele gerestoureerde meulens uit daardie tyd gesien word.
Ons eindbestemming is Barcelona, waar ons vanaand gesellig saameet en in ‘n vierster-hotel oornag.
Barcelona
Vanoggend het ons vrye tyd in Barcelona om deur te bring soos ons wil, voordat ons vanmiddag na Barcelona Lughawe ry om ons vlug te haal na Dubai.
Aankoms op die OR Tambo Lughawe in Johannesburg.
Ons verwagte toerprys is slegs R38,990.00* pp wat deel.
Enkeltoeslag is R5,000.00 pp.
*Slegs R1,000 lughawebelasting is nie hierby ingesluit nie.
* Ekonomiese klas retoervliegkaartjie met Emirates van Johannesburg via Dubai
na Madrid, en van Barcelona via Dubai na Johannesburg. (Beperkte aantal Kaapstadvlugte beskikbaar is op aanvraag teen R3500 pp ekstra.)
* Lughawe- en ander belasting (behalwe R1,000 pp), en wat mag bykom weens wisselkoersverswakking (tans geen).
* Gerieflike verblyf (bed en meestal buffet-ontbyt) in dubbel- of twin-kamers met eie badkamer. Ons slaap drie aande in driester selfsorg-woonstelle in Potes. Verder bly ons oor in driesterhotelle, een nag in ‘n tweesterhotel in Viehla (wat ‘n 8.1 keuring op Google kry) en ‘n viersterhotel. (Enkelpersone slaap alleen in dubbel-woonstelle.)
* Vir aandetes soos gemeld hierbo, ontvang elke toerlid ‘n subsidie van €15 pp vir aandete op die aande wat ons nie saam as groep in hotelle eet nie. By die meeste plekke eet ons aandete in die hotel.
* ‘n Eie luuksebus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die hele tydperk.
* Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding.
(Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood noodsaaklike hulp kan verleen).
* Die gebruik van ons eie kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
* Toegangsgelde by:
Die toerprys sluit nie die volgende in nie:
Visumkoste (slegs Schengenvisum)
Reisversekering –
(LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24h of 48h
nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)
Ekstra lughawebelasting (bogenoemde R1,000.00 plus wat mag bykom agv wisselkoersverandering)
Middagetes
Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies.
Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur
Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard
Fooi vir die busbestuurder: €30 pp
Neem Kennis:
Uit die aard van die onvoorspelbaarheid van die COVID-19 pandemie en regulasies wat voortdurend verander mag dit dalk gebeur dat ons nie alle toegangskaartjies kan kry soos oorspronklik beplan nie. Sou dit gebeur, sal ons toerlede hiervan inlig en moontlike alternatiewe opsies aanbied of kaartjiefooie terugbetaal.
COVID-19 REGULASIES OM VAN KENNIS TE NEEM SOOS BEKEND SEP 2021
(LW. dit kan maklik verander)
—————-
WinskoopToere sal streng voldoen aan alle gesondheidsriglyne en -vereistes van COVID-19 (bv inentings, maskers, sosiale afstand) in enige land waarheen ons reis.
—————-
‘n Bewys van volledige inenting wat minstens 14 dae voor vertrek voltooi is, met ‘n EU goedgekeurde COVID-19-entstof (insluitend Pfizer, Moderna en Johnson & Johnson) word vereis.
—————-
Meeste lugrederye vereis ook ‘n onlangse (nie ouer as 48h) negatiewe COVID-19 uitslag ten tye van jou vlug.
—————-
Jy moet ‘n aanlynprofiel (of 2) invul voordat jy Europa besoek. WinskoopToere sal volledige inligting hieroor stuur aan toerlede.
—————-
Vir meer besonderhede kontak gerus ons kantoor.
Om jou plek te bespreek:
(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)
Hoe bespreek ek my plek?
(LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24h of 48h
nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)
Deur die deposito van R6,000.00 pp –
(verwysing: NSP22/Jou Voorletters en Van,
bv. NSP22/J.Coetzee) –
in die volgende (NUWE) bankrekening te betaal:
WinskoopToere
ABSA
(NUWE) Rekeningnommer: 9343 1803 92
** NB!! Stuur u inbetalingstrokie per e-pos na:
(Maak asb seker jou e-pos bevat jou e-pos adres/kontakbesonderhede)
OF
Laai jou strokie direk op WinskoopToere se sisteem:
WinskoopToere Bewys van Betaling
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.
2,787 keer gelees, 11 keer gelees vandag