PASSIESPELE 2022
Na die verskuiwing weens die Corona virus,
vind die Passiespele weer in 2022 in Oberammergau plaas.
WINSKOOPTOERE beplan drie verskillende toere in 2022
wat toerlede ook na die Passiespele sal neem.
Passiespele en Europa Platteland
Toer Julievakansie 2022
28 Junie 2022 tot 11 Julie 2022
Toeropsomming:
Worms
Heidelberg
Riquewihr
Colmar
Freiburg, Swartwoud, Triberg
Hohentwiel (uitgewerkte vulkaan)
Bodensee: Konstanz, Mainau (blomme-eiland)
Lindau, Meersburg,
Vorarlberg, Lech, Seefeld,
Parnach Gorge by Garmischparten-Kirchen,
Zugspitze – hoogste Alpe-piek in Duitsland
Mittenwald, Neuschwanstein Kasteel
Oberammergau: Passiespele
Herrenchiemsee Paleis,
München
Ons Passiespele toer groep land op Frankfurt Lughawe. [Ons kry etes en drankies tydens die vlugte.] Hier wag ons Passiespele luuksebus vir ons by die lughawe. (Ons ry die hele tydperk met hierdie bus.)
Ons Passiespele toer groep ry eerstens na Worms, waar ons kortliks die beroemde Reformasie Standbeeld (ook bekend as die Luther Monument) besoek. Ons Passiespele toer groep besoek ook kortliks die oudste Joodse begraafplaas in Europa. Hier dateer die oudste grafsteen uit die jaar 1058.
Ons Passiespele toer groep se volgende bestemming is die universiteitstad Heidelberg, een van die mooiste stede in Duitsland.
Ons Passiespele toer groep slaap vanaand in Heidelberg. Ons Passiespele toer groep geniet saam aandete in die hotel.
Na ‘n vroeë ontbyt gaan ons Passiespele toer groep op hulle eie in Heidelberg rondloop. Hulle kan selfs bo na die ou Kasteel toe loop! (Vir die ouer knieë is daar gelukkig ‘n Bergbahn tot bo!) Vandaar het mens ‘n asemrowende uitsig oor die Ou Stad en die Neckar rivier.
Later ry ons na Frankryk met ons Passiespele toer groep bus. Ons besoek dan die idilliese middeleeuse stadjie Riquewihr. Dit vorm deel van die bekoorlike wynroete in die Elsass provinsie. Hier het ons die onvergeetlike geleentheid – vir diegene wat wil – om met die mooiste roete deur die wingerde heen vanaf die buurdorpie Mittelwihr na Riquewihr te stap! [Selfs al reën dit ‘n bietjie, is dit steeds ‘n verruklike ervaring!]
Na die genotvolle tyd in Riquewihr, gaan slaap ons Passiespele toer groep vanaand in Colmar. (Colmar is ook in die beroemde Elsass-provinsie geleë.)
Vanoggend bring ons Passiespele toer groep vrye tyd in die pragtige Colmar deur. Dit is ‘n treffende stad met die wonderlikste skilderagtige vakwerkhuisies denkbaar!
Dan ry ons Passiespele toer groep verder na Freiburg wat in die Swartwoud geleë is. Freiburg is ook ‘n beroemde en bekoorlike universiteitstad.
Hierdie gerestoureerde stad uit die middeleeue het ‘n baie besondere karakter. Hier geniet ons weer vrye tyd en ons slaap vanaand in ‘n gesellige hotel in Freiburg.
Ons Passiespele toer groep ry noord vandag: deur die skilderagtige Swartwoud tot by die oulike dorpie, Triberg. Hier is onder andere ‘n besondere waterval. Maar eintlik moet jy vir jou hier gereed hou om ‘n pragtige koekoek-horlosie te koop! (Daar wag dalk ‘n spesiale een net vir jou!)
In Schönach, naby Triberg, is een van die wêreld se grootste koekoek-horlosies. Ons Passiespele toer groep gaan dit beslis besigtig!
Hierna vat ons Passiespele toer groep die pad na die skilderagtige Bodensee. Op pad daarheen ry ons verby die “Festungs-ruïne” (die Berg) by Hohentwiel. Op hierdie uitgewerkte vulkaan in die Hegau distrik van Baden-Württemberg is nog eeue-oue oorblyfsels van ‘n kasteel.
Ons slaap die volgende drie nagte in dieselfde hotel in die bekoorlike Bodensee-omgewing.
‘n Lieflike dag wag vir ons! Ons Passiespele toer groep besoek eers die stad Konstanz aan die Bodensee. Na ons kuier daar, gaan ons na Mainau, die wonderlike blomme-eiland in die Bodensee. (Die toegang van €21.50 is ingesluit in ons toerprys.)
Die somer is die allermooiste tyd om hierdie pragtige 45 hektaar tuin met alles wat dit bied, te geniet! Die res van die dag bring ons hier deur en elkeen het vrye tyd.
Hier is só baie te doen! (Kyk by https://www.mainau.de/en/explore.html)
‘n Groot aantrekkingskrag op die eiland is die sg. Schmetterlingshaus (skoenlapperhuis). Hier is ongeveer 120 spesies vry vlieënde tropiese skoenlappers uit Afrika, Asië, Sentraal en Suid-Amerika. 70% van hierdie skoenlappers kom direk van broeiplase in die lande waaruit hulle afkomstig is.
Vandag besoek ons Passiespele toer groep die skilderagtige meerdorpie Meersburg (met ‘n stokou kasteel en interessante winkeltjies).
Ons gaan ook na Lindau (wat op ‘n eiland in die Bodensee geleë is.)
Vanaand slaap ons weer in dieselfde hotel.
Meersburg
Lindau
Vandag ry ons Passiespele toer groep deur die aanskoulike Alpe-gebied bekend as die Vorarlberg Provinsie van Oostenryk – dit is asemrowend!
In die beroemde ski-dorpie Lech maak ons ‘n pouse, en geniet die wonderskone natuur.
Net om deur die dorpie te stap is al ‘n onvergeetlike belewenis! Diegene wat wil, kan selfs met die Sesselbahn (‘n kabelspoor met ‘n bankie in die vrye lug – kyk die foto hieronder) ‘n entjie die berg opgaan. Daar is dan ‘n maklike wandelroete tot by ‘n gesellige berg restaurant. Hier gaan ons iets kouds drink, terwyl ons ons verlustig in die groen weivelde en majestueuse Alpe.
Dan vertrek ons Passiespele toer groep na Seefeld waar ons die volgende paar nagte in ‘n pragtige vierster-hotel gaan oorbly. Met ons aankoms wag daar ‘n smaaklike driegangmaaltyd op ons.
Na ontbyt ry ons Passiespele toer groep na die Partnach Gorge (kloof) naby Garmisch-Partenkirchen. As die kloof begaanbaar is, gaan ons daar besoek aflê (onthou om waterdigte klere aan te trek!)
Naby Partnach is die hoogste Alpe-spits in Duitsland, die Zugspitze. Hier geniet ons almal weer vrye tyd.
As ons vandag nie by Partnach mag ingaan nie, gaan ons na die groot Olympiaschanze daarnaby. Dit is in 2011 vir die Winter Olimpiese Spele gebou. Sedertdien is dit een van die beroemdste plekke waar skiërs lang ski-spronge uitvoer. Later keer ons terug na ons hotel by Seefeld.
Na ontbyt ry ons Passiespele toer groep na Füssen waar die beroemde sprokiesagtige Neuschwanstein Kasteel van Koning Ludwig II is.
Neuschwanstein Kasteel
Ons besoek die kasteel (slegs buite). Dit is in die allermooiste natuur geleë – ‘n fotograaf se droom!
Na heerlike vrye tyd in die natuur, vertrek ons terug in die rigting van ons hotel. By die besondere viooldorpie, Mittenwald (waar eeue lank al vioolmakers woon) gaan ons stilhou en sorgeloos in hierdie peagtige dorpie rondwandel.
Hier is ook ‘n interessante vioolmuseum met ‘n besondere versameling stryk- en ander instrumente. Om van die heerlike straatkafee’tjies nie eers te praat nie!
Later ry ons Passiespele toer groep na ons hotel daar naby, waar ons heerlik gaan saameet en kuier.
Vandag is die groot dag! Ons Passiespele toer groep ry vroeg na Oberammergau. Ons het eers vrye tyd om al die uitstalware en die besondere, beskilderde huisies te besigtig. Ons neem ook ons intrek in ‘n hotel/gastehuis daar naby. Vanmiddag en vanaand woon ons die Passiespel in die Passiespele teater by. Tydens pouse kry ons almal aandete.
Na afloop van die opvoering ry ons terug na ons hotel digby Oberammergau.
Ons Passiespele toer groep vertrek vroegoggend na die Chiemsee. Hier vaar ons per boot na die beroemde Herreneiland. Ons besoek dan die majestueuse Herrenchiemsee Paleis van Koning Ludwig II (onder leiding van ‘n toergids deur die hele paleis).
Vanmiddag reis ons Passiespele toer groep na München. Hier neem ons ons intrek in ‘n gerieflike hotel.
Ons beleef vanaand in München ‘n jolige aand met Umpah-blaasmusiek, tipiese Duitse kos en bier in die beroemde Hofbräuhaus!
Ons slaap vanaand in München.
Vanoggend geniet ons Passiespele toer groep ‘n insiggewende stadsbesigtigingstoer van München onder leiding van ‘n opgeleide, Engelssprekende gids. Daarna het ons vrye tyd om vir oulaas inkopies te doen en die stad op ons eie te geniet.
Laatmiddag ry ons na die lughawe vanwaar ons vanaand per vliegtuig na Suid-Afrika vertrek.
Ons Passiespele toer groep land vanoggend op OR Tambo Lughawe in Johannesburg. Hier moet ons al ons ou en nuwe vriende dan groet. En ons is almal onder die indruk dat ons op ‘n baie besondere manier deur die skoonheid van Europa verryk is…
WinskoopToerprys:
R51,990.00*
per persoon wat deel
*Slegs R1,000 lughawebelasting nie ingesluit nie
Enkeltoeslag: R5,500.00
Let daarop dat geen enkelkamers in Oberammergau beskikbaar is tydens ons een-nagverblyf daar nie.
Jy kan wel ‘n twin-kamer deel met iemand van dieselfde geslag
Enkelkamers is wel vir die res van die toer beskikbaar.
Ons toerprys gaan die volgende insluit:
* Jou kaartjie vir die Passiespel in die Passiespel-teater, ‘n Passiespele gedenkprogram en ‘n aandete tydens pouse.
(Alle oordbelasting en agentkostes ook ingesluit).
* Een nag se verblyf in ‘n hotel/gastehuis in die Oberammergau omgewing.
*Ekonomiese klas retoervlugte met Emirates.
* Lughawebelasting (behalwe R1,000 en wat nog mag bykom as gevolg van wisselkoerswisseling – sedert die kwotasie
tot met die uitreiking van die vliegkaartjie).
* Luuksebusvervoer (met lugverkoeling, ens.) vir die volle tydperk
* Akkommodasie in twin-kamers (bed en ontbyt) in drie- en viersterhotelle
* Aandetes – of ‘n subsidie van 15 euro per persoon vir ‘n aandete – elke dag
* ‘n Subsidie van 20 euro vir jou om in die Hofbräuhaus te gebruik
* Professionele plaaslike gidse (Engelssprekend) soos hierbo aangedui
* Dr Fanie Jooste en nog ‘n Winskooptoerleier vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding.
(Wees ook gerus: Daar is altyd ‘n ekstra persoon wat in geval noodsaaklike hulp kan verleen)
* Dagtoegang tot Mainau eiland (Euro 21,50)
* Veerbootvaart oor die Bodensee
* Kaartjie vir die Sesselbahn in Lech
* Toegangskaartjie by Partnach Gorge.
* Bootvaart na die Herrenchiemsee– en Frauen-eiland
* Toegangskaartjie by Herrenchiemsee Paleis (gids ingesluit)
*Die gebruik van ons hoë gehalte radio’tjies (audiophones) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
* Die amptelike, Engelsprekende gids in München.
Die toerprys sluit nie die volgende in nie:
Ekstra lughawebelasting agv wisselkoers (tans geen)
Visumkoste
Reisversekering
Middagetes
Toegangsgelde van plekke wat jy dalk addisioneel wil besoek
Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard
Fooi vir die busbestuurder (€26 per persoon)
LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa
van ons toerlede vereis nie.
Neem Kennis:
Uit die aard van die onvoorspelbaarheid van die COVID-19 pandemie en regulasies wat voortdurend verander mag dit dalk gebeur dat ons nie alle toegangskaartjies kan kry soos oorspronklik beplan nie. Sou dit gebeur, sal ons toerlede hiervan inlig en moontlike alternatiewe opsies aanbied of kaartjiefooie terugbetaal.
COVID-19 REGULASIES OM VAN KENNIS TE NEEM SOOS BEKEND SEP 2021
(LW. dit kan maklik verander)
—————-
WinskoopToere sal streng voldoen aan alle gesondheidsriglyne en -vereistes van COVID-19 (bv inentings, maskers, sosiale afstand) in enige land waarheen ons reis.
—————-
‘n Bewys van volledige inenting wat minstens 14 dae voor vertrek voltooi is, met ‘n EU goedgekeurde COVID-19-entstof (insluitend Pfizer, Moderna en Johnson & Johnson) word vereis.
—————-
Meeste lugrederye vereis ook ‘n onlangse (nie ouer as 48h) negatiewe COVID-19 uitslag ten tye van jou vlug.
—————-
Jy moet ‘n aanlynprofiel (of 2) invul voordat jy Europa besoek. WinskoopToere sal volledige inligting hieroor stuur aan toerlede.
—————-
Vir meer besonderhede kontak gerus ons kantoor.
Om te verseker dat jy een van die beperkte aantal plekke op hierdie toer kry,
betaal nou reeds ‘n deposito* van R15,000 pp in ons bankrekening. Stuur die bewys daarvan
aan een van ons toerorganiseerders (kyk hieronder)
(met die volgende kode: DPS20 en jou naam).
#Oberammergau verblyfreëlings:
Omdat verblyfbesprekings deur ‘n plaaslike agent in Oberammergau gedoen word,
kry ons nie vooraf die presiese detail van die plek/gastehuis/hotel waar ons
groep gaan oornag nie. Ons het vir hierdie een nag 20 twin-kamers beskikbaar.
(Ongelukkig is op hierdie toer geen enkelkamers aan ons toegewys nie.
Enkelpersone sal dus noodgedwonge slegs vir hierdie een nag saam met
‘n ander persoon van dieselfde geslag in ‘n twin-kamer moet tuisgaan.)
Om jou plek te bespreek:
(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)
Hoe bespreek ek my plek?
Deur die deposito van R15,000.00 pp –
(verwysing: DPS22/Jou Voorletters en Van bv.
DPS22/J.Coetzee) –
in die volgende (NUWE) bankrekening te betaal:
WinskoopToere
ABSA
(NUWE) Rekeningnommer: 9343 1803 92
** NB!! Stuur jou inbetalingstrokie na:
katrien@winskooptoere.co.za
CC asb:
(Maak asb seker jou e-pos bevat jou e-pos adres/kontakbesonderhede)
OF
Laai jou strokie direk op WinskoopToere se sisteem:
WinskoopToere Bewys van Betaling
3,326 keer gelees, 1 keer gelees vandag