Hierdie toer is ongelukkig gekanselleer
PASSIESPELE 2022
Na die verskuiwing weens die Corona virus, vind die Passiespele weer
in 2022 in Oberammergau plaas.
WINSKOOPTOERE beplan drie verskillende toere in 2022
wat toerlede ook na die Passiespele sal neem.
Passiespele Keukenhof en
Hoogtepunte van Europa
6 – 18 Mei 2022
Ons Passiespele toer groep vertrek van OR Tambo Lughawe na Europa.
Ons ry met ons toerbus na die beroemde ou hawedorpie Volendam. Hier vertoef ons ‘n rustige tydjie, eet “zoute haring” en geniet die hawe uit vervloë dae.
Ons ry dan na ons hotel waar ons vannag beslis goed gaan slaap na ons lugreis!
Vanoggend ry ons Passiespele toer groep vroeg reeds na die wonderlikste tuin in Europa – Keukenhof, met sy sewe miljoen tulpe!Dit is ‘n aangrypende ervaring om vroegoggend in die tuin rond te loop asof jy die enigste een daar is! (Later trap die mense jou byna dood!) Hierdie oggend word deur baie toerlede as die hoogtepunte van ons toer beleef.
Van Keukenhof af ry ons na die besondere buitelug museum Zaanse Schans. Hier het almal vrye tyd om die verskillende interessante plekke te bekyk: klompemakery, kaasmakery, windmeulens, ‘n gesellige restaurant waar mens tipiese Nederlandse pannekoeke kan eet, en veel meer.
Dan ry ons vir die middag Amsterdam toe. Hier kan jy na hartelus op jou eie rondloop. Besoek gerus die Rijksmuseum en die wonderlike Van Gogh Museum. Ons slaap vanaand in dieselfde hotel. Daar eet ons ook almal vanaand saam aandete.
Vanmiddag ry ons na Brugge, die pragtige Belgiese dorpie met sy middeleeuse karakter, kanale, spitsdakhuisies en selfs nog perdekarre op die Markplein! Soek in die winkels vir jou ‘n stukkie van hulle beroemde kant, en moenie vergeet om van die onverbeterlike wafels en aarbeie op die markplein te eet nie!
Ons Passiespele toer groep gaan almal saam by die Eiffeltoring op (met die hysbak tot by die 2de vlak) en geniet die bekoorlik uitsig oor die stad.
Ons bly in ‘n lieflike hotel wat in die hartjie van Montmartre geleë is. Van hier kan toerlede saam met die toerleiers dié unieke kunstenaarsgebied verken, sowel as die pragtig beligte Sacre Cœur in die aand bewonder. Elke toerlid ontvang ‘n subsidie van €15 vir aandete.
Vir die lewenslustiges onder ons bied vanaand nog ‘n geleentheid om Montmatre verder te verken… (Subsidie van €15 vir aandete.)
Ons vertrek van Reims na Heidelberg, een van die mooiste stede in Duitsland. Hier slaap ons vannag.
Ons het vrye tyd in Heidelberg vanoggend. Hier kan ons heerlik rondstap en selfs bo na die ou Kasteel toe loop. (Vir die ouer knieë is daar gelukkig ‘n Bergbahn tot bo!) Vandaar het mens ‘n asemrowende uitsig oor die Ou Stad en die Neckar rivier.
Later ry ons na Riquewihr in Frankryk, waar ons die bekoring en skoonheid van ‘n egte middeleeuse dorpie beleef.
Vandaar vertrek ons na die lieflike dorpie Colmar. Na ‘n heerlike middag in hierdie besondere stadjie met sy vele vakwerkhuisies, vertrek ons na ons hotel buite die stad, waar ons ‘n heerlike driegang maaltyd saam geniet en vanaand oornag.
Ons Passiespele groep ry hierna deur die asemrowende Arlberg gebied na die skilderagtige dorpie Seefeld in Oostenryk.
Hier bly ons vanaand oor in ‘n vierster-hotel met die mooiste uitsig. Ons eet almal saam ‘n smaaklike driegang maaltyd daar.
Vanmiddag ry ons München toe waar ons vanaand slaap.
Aankoms van ons Passiespele toer groep by OR Tambo Lughawe. Ons groet mekaar met die wete dat ons ‘n innige ervaring van ‘n leeftyd met mekaar deel.
Finale prys:
R50,990.00*
per persoon wat deel
*Slegs ‘n R1,000 lughawebelasting nie hierby ingesluit nie.
Enkeltoeslag: R7,000.00
Let daarop dat geen enkelkamers in Oberammergau beskikbaar is tydens ons een-nagverblyf daar nie.
(Jy kan wel ‘n twin-kamer deel met iemand van dieselfde geslag)
Enkelkamers is wel vir die res van die toer beskikbaar.
Kyk wat is ALLES in die toerprys ingesluit:
In Oberamergau:
* Jou toegangskaartjie vir die Passiespel in die Passiespel-teater, aandete tydens die pouse, ‘n Passiespel-gedenkprogram en relevante plaaslike belastings
* Een nag verblyf in die Oberammergau omgewing (met ontbyt)
Die res van die toer:
*Ekonomiese klas retoervlugte met Emirates.
* Lughawebelasting (behalwe R1,000 en wat nog mag bykom as gevolg van wisselkoerswisseling –
sedert die kwotasie tot met die uitreiking van die vliegkaartjie).
* Luuksebusvervoer (met lugverkoeling, ens.) vir die volle tydperk
* Akkommodasie in twin-kamers (bed en ontbyt) in drie- en vierster-hotelle
* Aandetes of ‘n subsidie van €15 per persoon vir ‘n aandete elke dag
* Professionele plaaslike gidse (Engelssprekend) soos hierbo aangedui
* Twee Winskooptoerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding.
(Wees ook gerus: Daar is altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood noodsaaklike hulp kan verleen)
* Toegangskaartjie tot die Eiffeltoring (met die hysbak tot 2de vlak)
* Die kanaalvaart in Amsterdam
* Toegangskaartjie na Keukenhof
* Die gebruik van ons hoë gehalte radio’tjies (oudiofone) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
Die toerprys sluit nie die volgende in nie:
Lughawebelasting-bybetaling van R1000 pp
Ekstra lughawebelasting agv wisselkoers
Visumkoste
Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)
Middagetes
Toegangsgelde van plekke wat jy dalk addisioneel wil besoek
Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard
Fooi vir die busbestuurder (€26 per persoon)
LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa
van ons toerlede gevra nie.
Neem Kennis:
Uit die aard van die onvoorspelbaarheid van die COVID-19 pandemie en regulasies wat voortdurend verander mag dit dalk gebeur dat ons nie alle toegangskaartjies kan kry soos oorspronklik beplan nie. Sou dit gebeur, sal ons toerlede hiervan inlig en moontlike alternatiewe opsies aanbied of kaartjiefooie terugbetaal.
COVID-19 REGULASIES OM VAN KENNIS TE NEEM
SOOS BEKEND SEP 2021 (LW. dit kan maklik verander)
—————-
WinskoopToere sal streng voldoen aan alle gesondheidsriglyne en -vereistes van COVID-19 (bv inentings, maskers, sosiale afstand) in enige land waarheen ons reis.
—————-
‘n Bewys van volledige inenting wat minstens 14 dae voor vertrek voltooi is, met ‘n EU goedgekeurde COVID-19-entstof (insluitend Pfizer, Moderna en Johnson & Johnson) word vereis.
—————-
Meeste lugrederye vereis ook ‘n onlangse (nie ouer as 48h) negatiewe
COVID-19 uitslag ten tye van jou vlug.
—————-
Jy moet ‘n aanlynprofiel (of 2) invul voordat jy Europa besoek.
WinskoopToere sal volledige inligting hieroor stuur aan toerlede.
—————-
Vir meer besonderhede, kontak gerus ons kantoor.
—————-
Wees verseker van jou plek op hierdie besondere toer!
Betaal jou deposito van R6,000 pp in ons bankrekening en
stuur die bewys daarvan aan een van ons toerorganiseerders
(met die volgende kode: HPS22 en jou naam).
Om jou plek te bespreek:
LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting.
(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)
Hoe bespreek ek my plek?
Deur die deposito van R6,000.00 pp –
(verwysing: HPS22/Jou Voorletters en Van bv.
HPS22/J.Coetzee) –
in die volgende bankrekening te betaal:
WinskoopToere
ABSA
Spaarrekening 9343 1803 92
** NB!! Stuur u inbetalingstrokie na
(Maak asb seker jou e-pos bevat jou e-pos adres/kontakbesonderhede)
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons verder met jou in verbinding tree.
3,737 keer gelees, 5 keer gelees vandag