WEENS DIE OORLOG IN OEKRAÏNE IS HIERDIE TOER GEKANSELLEER
Hier volg ‘n kort oorsig van Moskou:
WinskoopToere bied jou weereens een
van die top-toere na Rusland in 2022!
Ons Rusland toer 2022 neem jou na Moskou en St Petersburg en veel meer! Ook na plattelandse juwele soos Suzdal en Vladimir (deel van die Golden Ring), Veliky Novgorod (deel van die Silver Ring), Krohnstadt, Oranienbaum.
Ons Rusland toer groep vertrek van die OR Tambo Lughawe in Johannesburg. ‘n Beperkte aantal Kaapstadvlugte is op aanvraag beskikbaar.
Ons arriveer in Moskou.
Nou skop ons Rusland toer in alle erns af! Ons Rusland toer (luukse) bus wag reeds op ons by die lughawe. Ons Engelssprekende gids neem ons dan op ‘n opwindende oriënterings-besigtigingstoer van Moskou.
Toerlede, kliek hier vir interessante feite oor Moskou >>
‘n Tipiese besigtigingstoer sluit die volgende in: Tverskaya straat – Manezh Plein – Bolshoy Teater – KGB Hoofkwartier – die Kremlingebied – Cathedral of Our Saviour – Vorobiovy (Lenin se) Heuwel by die Universiteit en uitsig-platform – Poklonnaya Heuwel met Victory Park – Kutuzovsky Prospekt met Triumphalnaya Arch en Tverskaya Street. Dan meld ons aan by ons hotel – wat teenaan die Ismailovo Mark geleë is. (Jy kan in jou vrye tyd sommer soontoe stap!) Ons bly hier drie nagte oor.
Om 19:00 eet ons Rusland groep aandete (buffet). Ons gaan vanaand sekerlik vroeg slaap om goed uit te rus!
Vandag bevat een van die hoogtepunte van ons Rusland toer: Na ontbyt ry ons gids saam met ons per bus na die baie beroemde Rooi Plein. Ons Rusland toer groep besoek ook die ewe beroemde St. Basil Katedraal en die Kremlin, met alles daaromheen – ook die katedrale (al die toegangsgelde ingesluit).
Hierna gaan ons Rusland toer groep na die Armory Chamber Museum.
Later ry ons Rusland toer groep na die Novodevichi Begraafplaas waar bekendes soos president Boris Jeltsin, die tjellis Rostropowich en die komponiste Prokofiev en Shostakovich begrawe is. Hierna is daar ruim tyd vir inkopies wanneer ons in Old Arbat Street gaan rondloop.
Toerlede, kliek hier vir idees oor wat om te eet en te drink>>Om 18:00 ry ons Rusland toer groep na ons hotel en geniet aandete daar.
Om 21:00 het ons ons eerste “Rusland toer bederf-uitstappie” (en een wat blywende indrukke by jou gaan laat!): “Moscow by Night” per bus (en saam met ons gids).
Na ‘n smaaklike buffet-ontbyt kom haal ons gids ons Rusland toer groep. Dan ry ons met ons Rusland toerbus na een van die metro-stasies. Nou onderneem ons ‘n baie interessante metro-toer! Ons ry per moltrein na ‘n reeks uitgesoekte metro-stasies. Ons kry nou ruim geleentheid om die besondere kuns in elkeen te besigtig. (Stalin het hierdie stasies “kunsgalerye” genoem.) Dis ook ‘n hele ervaring om die Russiese publiek dop te hou. (Die aantal reisigers op die moltreine is so 9 miljoen per dag!!)
Hierna besoek ons Rusland groep die Tretiakov Galery (toegangsgeld by ons toerprys ingesluit) waar 170,000 kunswerke van Russiese kunstenaars bewaar word. Dit is ‘n openbaring hoeveel kunswerke van besondere hoë gehalte in hierdie galery is! Dis werklik ‘n fees om hier rond te loop!
Ons eet vanaand ‘n vroeë aandete in ‘n plaaslike restaurant. Dan woon ons Rusland groep om 19:00 ‘n merkwaardige vertoning van die Moskouse Old Circus by (prys van middelvlak-sitplekke ingesluit). Ons keer om 21:30 terug na ons hotel.
Ons Rusland toer groep pak na ontbyt reeds om 07:30 ons bagasie in die bus. Dan vertrek ons saam met ons Rusland gids na die interessante, mooi dorpe Vladimir en Suzdal. Dit is baie beroemde dorpe wat vroeër die hoofstede van die sogenaamde Golden Ring in Rusland gevorm het. Hierdie antieke dorpe het ‘n baie belangrike rol in die geskiedenis van Rusland en die Russiese Ortodokse Kerk gespeel. Hulle is ook albei UNESCO Wêrelderfenisgebiede vanweë die belangrike geboue daarin.
Hierdie dorpe word selfs “opelugmuseums” genoem omdat soveel van die unieke Rusland argitektuur van die twaalfde tot die agtiende eeu daar gevind word.
Om ongeveer 12:00 arriveer ons in Vladimir. Hier gaan ons in die Restaurant Russkaya Derevnya (‘n tipiese Russiese dorp-restaurant in ‘n kompleks van hout) met ‘n unieke “Brood en Sout”-verwelkomingseremonie en ‘n tipiese plattelandse Rusland ete verwelkom word! Ons gaan kennis maak met zharkoye (beesvleis in ‘n pot met ‘n broodkors), Russiese pannekoek, ensovoorts (ingesluit by ons toerprys). Om 13:00 begin ons uitstappies in Vladimir met ‘n besoek aan die Dimitrievsky Katedraal (toegang ingesluit).
Later kyk ons Rusland groep ook na die Uspensky Katedraal en die Golden Gate. Dan vertrek ons na Suzdal en besoek die Pokrovsky Klooster en die Kremlingebied (drie toegangsgelde ingesluit). Aansluitend geniet ons ‘n stadstoer in die rustige dorpie. Nadat ons ‘n smaaklike buffet-ete genuttig het, slaap ons vanaand in ‘n plaaslike hotel.
Ongeveer tien kilometer van Suzdal af is die wonderskone Bogolyubovo-gebied met die Wêrelderfenis-kerk (toegang ingesluit) en klooster, wat ons Rusland groep vanoggend besoek.
Dan stap ons ongeveer dertig minute deur ‘n idilliese veld om by die Kerk van Pokrova te kom. Dit is ook deel van die Wêrelderfenisgebied en lê aan die Nerl-rivier (toegangsgeld ingesluit) – wat ‘n heerlike ervaring!
Hierna ry ons na Tver op ‘n roete waar Suid-Afrikaners selde kom (‘n betowerende belewenis!). Ons Rusland groep ry deur allerlei klein dorpies! Ons ry deur Yuriev Polsky, Pereslavl Zalessky waar ons die Rooi Plein, die Botik (boot) van Peter die Grote en die Plesheevo Meer eers fotografeer. Dan volg een van die mees besondere plekke in Rusland: die pragtige klooster Trinity Sergiev Lavra (en katedrale) in Sergiev Posad. Hierdie Rusland klooster is die spirituele kern van die Russiese Ortodokse Kerk. (Toegangsgeld hier ook ingesluit). Dit is ‘n fenominale plek om te besoek!
Hierna ry ons oor Dmitrov en Dubna, en ons behoort teen 20:00 in Tver aan te kom.
Hier bly ons Rusland groep vannag oor. Ons geniet hier ook ons aandete.
Na ontbyt vertrek ons op ‘n kort besigtigingstoer van Tver, met ‘n fotopouse by die kerk.
Dan vat ons die lang pad na Veliky Novgorod, die oudste hoofstad van Rusland – wat ‘n ervaring!Ons arriveer hier teen ongeveer 16:00. Nou besigtig ons eers alles daar. Later meld ons by ons hotel aan. Om 20:00 eet ons daar ‘n driegang-maaltyd saam.
Ons Rusland groep geniet eers ‘n besigtigingstoer van Veliky Novgorod wat die Kremlin daar en die Sophia Katedraal insluit (toegangsgelde ingesluit). Veliky Novgorod is een van die twee hoofdorpe van die Silver Ring in Rusland. Dit word as een van die belangrikste historiese dorpe in Rusland beskou. Die dorp dateer uit die negende eeu. Dit is ook een van UNESCO se Wêrelderfenisgebiede.
Ons besigtig ook die Detinets Fortress en Monument of a Thousand Years of Orthodox Christianism in Russia.
Om 13:00 vertrek ons na St. Petersburg.
Toerlede, kliek hier vir interessante feite oor St.Petersburg >>
Met ons aankoms teen ongeveer 16:00 besoek ons die aangrypende Victory Square. Hierna meld ons by ons hotel aan. Om 17:30 eet ons Rusland groep aandete in ‘n gesellige restaurant terwyl sigeuners vir ons musiek verskaf! Om 19:00 volg ‘n Folklore vertoning in die Nikolaevsky Paleis. In hierdie skilderagtige paleis voel mens of jy inderdaad deel is van die Russiese adel!
Vanoggend besoek ons plekke wat weereens nie so dikwels deur Suid-Afrikaners besoek word nie. Die eerste is die Wêrelderfenisgebied Lomonosov, wat die besondere Sjinese paleis insluit (toegangsgeld ingesluit). Dit was die eerste bouprojek van Catherine the Great.
Ons uitstappie na die interessante militêre stad Krohnstadt is absoluut uniek. Dit is St. Petersburg se hoof-seehawe, geleë op ‘n eiland – ook deel van die Wêrelderfenisgebied. Ons Rusland groep besoek ook die majestueuse Naval Cathedral in die nuwe gedeelte van die stad. Dit is een van die mooiste katedrale hier.
Ons ry dan na Pushkin, ‘n munisipale dorp 24 km buite St. Petersburg, waar die wonderlike Ekaterinskyi (Catherine/Katarina) Paleis geleë is. Hierdie reusagtige, asemrowende paleis is seker die mooiste in die wêreld!
In sy huidige grootte bestaan dit reeds sedert 1756. Dit is 325 meter lank! Ons gaan hier die wonderlike Amber Room besigtig. Later loop ons ook in die pragtige park met die mooiste tuine (toegangsgelde ingesluit).
Vanoggend kom die Peter and Paul Fortress en katedraal aan die beurt (toegangsgeld ingesluit).
Aansluitend besigtig ons Rusland groep ook die pragtige Isaakievsky Katedraal (toegangsgeld ingesluit).
Vanmiddag neem ons gids ons Rusland groep na die betowerende Peterhof. Hier is ‘n reeks paleise en tuine, wat saam met die stadskern as Wêrelderfenisgebied geklassifiseer is. Hier gaan ons hoofsaaklik in die pragtige ruim tuine met fantastiese goue beelde en ander kunswerke rondloop (toegangsgeld ingesluit).
Om 17:00 keer ons Rusland toer groep terug na ons hotel, waar ons aandete gaan nuttig.
Om 23:00 wag daar weer iets heel besonders op ons: ‘n nagtoer van St. Petersburg en sy liggies! Die opening van die brûe – een van die beroemdste gebeurtenisse in St Petersburg – gaan ons dan ook so teen 01:15 beleef! Dit is weereens ‘n ervaring wat lewenslank by jou sal bly!
Na ‘n buffet-ontbyt vertrek ons Rusland toer groep saam met ons gids na die Winter Paleis en die Hermitage Museum (toegangsgeld tot die hoofgebou ingesluit). Dit is ‘n fenominale kunsgalery binne-in die Winter Paleis!
Later besoek ons die Alexander Nevsky Begraafplaas, waar o.a. die komponiste Tchaikovsky, Mussorgsky en Rimsky-Korsakov begrawe is (toegangsgelde ingesluit).
Vandag geniet ons Rusland groep ook ‘n heerlike bootvaart op die Neva-rivier en kanale – weer ‘n hoogtepunt!
Op ons laaste dag in Rusland gaan ons eers rustig vir oulaas inkopies doen by Nevsky Prospect (‘n koopgebied). Ons besoek vandag ook een van die mooiste katerdrale in die stad: The Church of Our Saviour on the Blood.
Om 14:30 vertrek ons na die Pulkovo Lughawe in St Petersburg.
Ons land op OR Tambo Lughawe – vol van die wonderlikste beelde en herinneringe wat ons baie jare lank met ons gaan saamdra!
—————-000—————–
Die winskooptoerprys vir hierdie toer
is slegs R43,990* pp wat deel
Enkeltoeslag (vir enkelkamers) R6,000 pp
*Lughawebelasting van R1,000 is nie hierby ingesluit nie
Dit sluit alle akkommodasie met ontbyt en aandetes in (soms selfs middagete), vervoerkoste, alle uitstappies, konserte en alle toegangsgelde tydens die hele toer in!
Toerlede betaal slegs die fooie (tips) vir die busbestuurders en gidse
LW HIER IS GEEN VERSKUILDE KOSTES NIE!
Die toerprys sluit ALLES* in!
#Ekonomiese klas retoervliegkaartjie met Emirates Airways van Johannesburg oor Dubai na Moskou, en terug van St Petersburg af via Dubai na Johannesburg
#Lughawebelasting (soos met kwotasie van die vlugprys)
#Gerieflike verblyf in hoofsaaklik vier-sterhotelle (in twinkamers met en suite-badkamers).
(Slegs twee drie-sterhotelle word in die platteland gebruik.)
#Elke dag ontbyt en aandete (plus middagete in Vladimir, kyk hierbo)
#Luukse busvervoer
# Gekwalifiseerde Engelssprekende (plaaslike) gidse tydens die hele tydperk in Rusland
# Die gebruik van ons hoë gehalte radio’tjies (audiophones) sodat almal die gids ewe goed kan hoor.
##Al die volgende toegangsgelde, etes, ens. is by ons toerprys ingesluit:
Novodeviche Begraafplaas
Old Circus Performance (middelvlak-sitplekke)
St Basil’s Cathedral Kremlin-gebied en katedrale
Moscow by Night bootvaart (met ‘n ietsie te drinke, verskaf met komplimente vanWinskooptoere)
Verwelkomingsete in Vladimir
Dimitrievsky Katedraal in Vladimir
Kremlin-gebied in Suzdal
Pokrovsky Klooster
Bogolyubovo Wêrelderfeniskerk
Die Kerk van Pokrova Trinity Sergiev Lavra by Sergiev Posad
St Petersburg Kremlin en die St Sophia Cathedral
Folk Show in die Nicolaevsky Paleis
Ekaterinskii Paleis, insluitende die Amber Room en die park
Peter and Paul Fortress (en die katedraal)
Isaakievski Cathedral
Peterhof – slegs die tuine
Lomonosov met die Paleis
Naval Cathedral, Krohnstadt
Alexander Nevsky Begraafplaas
Illumination tour in St Petersburg (met ‘n ietsie – eg Russies! – te drinke, verskaf met komplimente vanWinskooptoere)
Winter Paleis en die Hermitage Museum
The Church of Our Saviour on the Blood
Bootvaart op die Neva-rivier en kanale
*Die toerprys sluit slegs die volgende nie in nie:
Reisversekering
(LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24h of 48h
nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)
Ekstra lughawebelasting (slegs dit wat bykom weens verandering in die wisselkoers sedert kwotasie)
Middagetes
Enige ander toegangsgelde nie gelys hierbo nie (van plekke wat jy self besluit om te besoek)
Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard
Fooi vir die voltydse gids ($33 pp)
Fooi vir die busbestuurder ($22 pp)
LW: SUID-AFRIKANERS HOEF GEEN VISUMKOSTE VIR HIERDIE REIS TE BETAAL NIE!
Neem Kennis:
Uit die aard van die onvoorspelbaarheid van die COVID-19 pandemie en regulasies wat voortdurend verander mag dit dalk gebeur dat ons nie alle toegangskaartjies kan kry soos oorspronklik beplan nie. Sou dit gebeur, sal ons toerlede hiervan inlig en moontlike alternatiewe opsies aanbied of kaartjiefooie terugbetaal.
COVID-19 REGULASIES OM VAN KENNIS TE NEEM SOOS BEKEND SEP 2022
(LW. dit kan maklik verander)
—————-
WinskoopToere sal streng voldoen aan alle gesondheidsriglyne en -vereistes van COVID-19 (bv inentings, maskers, sosiale afstand) in enige land waarheen ons reis.
—————-
‘n Bewys van volledige inenting wat minstens 14 dae voor vertrek voltooi is, met ‘n EU goedgekeurde COVID-19-entstof (insluitend Pfizer, Moderna en Johnson & Johnson) word vereis.
—————-
Meeste lugrederye vereis ook ‘n onlangse (nie ouer as 48h) negatiewe COVID-19 uitslag ten tye van jou vlug.
—————-
Jy moet ‘n aanlynprofiel (of 2) invul voordat jy Europa besoek. WinskoopToere sal volledige inligting hieroor stuur aan toerlede.
—————-
Vir meer besonderhede kontak gerus ons kantoor.
Om jou plek te bespreek:
(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)
Hoe bespreek ek my plek?
(LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24h of 48h
nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)
Deur die deposito van R6,000.00 pp –
(verwysing: RUSL22/Jou voorletters en van bv.
RUSL22/J.Coetzee) –
in die volgende (NUWE) bankrekening te betaal:
WinskoopToere
ABSA
(NUWE) Rekeningnommer: 9343 1803 92
** NB!! Stuur jou inbetalingstrokie na:
admin@winskooptoere.co.za
(Maak asb seker dat jou e-pos wel jou e-pos adres/kontakbesonderhede bevat)
OF
Laai jou strokie direk op WinskoopToere se sisteem:
WinskoopToere Bewys van Betaling
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.
**WinskoopToere behou die reg om die toerprogram en -prys te wysig.
5,043 keer gelees, 2 keer gelees vandag