Hier volg ‘n kort video oor Spanje:
Ons Spanje en Portugal toer groep arriveer op Barcelona Lughawe. Hier wag ons Spanje en Portugal luuksebus reeds op ons. Ons ry die hele tydperk met hierdie bus.
Barcelona is ‘n wonderlike stad! Dit het ongeveer 4,7 miljoen inwoners en dit is die stad met die sewende meeste inwoners in die Europese Unie. Dit word beskou as “one of the world’s most global cities”.
Ons begin met ‘n interessante stadsbesigtigingstoer per bus onder leiding van ‘n plaaslike Engelssprekende gids. Elke toerlid ontvang ‘n radio’tjie en oorfone waarmee hulle die toerleier baie goed kan volg (WinskoopToere het hulle eie sisteem aangekoop en dit is telkens op die toer vir al die toerlede beskikbaar.)
Eers neem die gids ons per bus na ‘n hele aantal interessante besienswaardighede in die stad. Hierdie toer word afgesluit by die fenominale La Sagrada Familia Katedraal (toegangskaartjie ingesluit). Werk aan hierdie katedraal het al in 1882 begin, en dit word steeds nog voortgesit! Dit is een van die aller-uitsonderlikste plekke om te besigtig!
Na ons stadsbesigtigingstoer neem die bus ons na ons hotel, waar ons vanaand almal saam gesellig aandete nuttig.
Ons Spanje en Portugal toer groep slaap die volgende twee nagte in ‘n pragtige luukse viersterhotel in een van die (nabygeleë) buitewyke van die stad.
Ons het nog ‘n heerlike vol dag in Barcelona vandag! Nou het jy genotvolle vrye tyd om Barcelona te verken. Jy kan na die indrukwekkende Akwarium gaan, in een van die hotelle se daktuine ‘n drankie gaan drink of sommer net in die bekende straat, La Rambla, gaan rondwandel en hier en daar inkopies doen. Jy sal ook genoeg tyd hê om op jou eie (byvoorbeeld) in die besondere antieke Gotiese Buurt te gaan rondloop.
Gedurende die dag is daar genoeg tyd om die beroemde Benediktynse Klooster Montserrat (ongeveer 38 km buite Barcelona – op eie koste) te gaan besoek. ‘n Mens kan per trein of per bus soontoe ry en ook die besondere natuurskoon geniet.
Kliek hier vir Montserrat beplanning >>
Toerlede, kliek hier vir Barcelona vryetydsgids >>
Ons Spanje en Portugal toer bus kom haal ons groeplede op die afgespreekte plek en tyd (in die middestad), en neem ons hotel toe. As jy egter in die stad wil agterbly om die aand daar deur te bring, kan jy dit ook doen. Die bus ry weer hotel toe om 21:00. Elke toerlid kry ‘n subsidie van €15 pp om aandete in die stad te geniet.
Ons Spanje en Portugal toer groep ry vanoggend al langs die kus af na Peniscola. Hierdie skat van ‘n klein kusdorpie met sy kasteel is ‘n heerlike verrassing – op ‘n skiereilandjie in die see, met pragtige loopstraatjies en -gangetjies, en oral oulike winkeltjies…
Dan ry ons na Valencia. Dit is ‘n pragtige, rustige stad met baie besondere marmer-sypaadjies en statige geboue!
Toerlede, kliek hier vir reiswenke en ekstra inligting >>
Valencia is baie bekend vir sy Paella, en in oulike eetplekkies kan jy dit sommer oor die toonbank koop (met ‘n glasie rooiwyn as jy wil!)
Hier het ons almal vrye tyd, en jy kan byvoorbeeld die Torres de Serranos (die oorblywende stadsmure) en die pragtige katedraal gaan besigtig. Die Beurs van Sy (waar sy verhandel is – Llotja de la Seda) is ‘n baie besondere plek en is nie ver daarvandaan nie. Moet dit nie mis nie!
Later ry ons Spanje en Portugal toer groep na die fassinerende City of Arts and Sciences waar ons gaan rondloop en die buitekant van naderby besigtig.
Ons oornag in ‘n pragtige viersterhotel. Ons geniet weer vanaand ‘n lekker aandete as groep in die hotel.
Vandag ry ons eers tot by die hawestad Alicante aan die Costa Brava – met die ou kasteel op die berg. Daar geniet ons ‘n aangename tydjie langs die strand.
Alicante, met die kasteel bo-op die berg.
Dan vat ons Spanje en Portugal toer groep die pad na die beroemde stad Granada waar top belewenisse op ons wag!
Toerlede, kliek hier vir Granada vryetydsgids >>
In Granada gaan ons eers in die stad rondloop voordat ons by ons hotel aanmeld. Vanaand, om 22:30, bring ons ‘n baie unieke besoek aan die oudste Flamenco Klub in Granada. Dit is net Donderdagaande oop vir die publiek!
Ons ry die aand per bus na die kompleks in die voorstad Abaicin. Dan moet ons selfs ‘n entjie stap omdat die straatjies te nou is vir die bus! Wanneer die vertoning om 22:30 begin – terwyl ons aan ons Manzanilla-drankie teug – beleef ons die wonderwêreld van Spaanse danse en intense musiek. Hierdie aand sal jy nie gou vergeet nie! Ons sit saam met die plaaslike Spaanse inwoners in ‘n saaltjie, en op sekere plekke in die sang en musiek hoor ‘n mens hulle roep uit die gehoor. Dit is werklik aangrypende tradisionele kuns!
En buite, so in die aandlug, sien mens dan die grote Alhambra aan die oorkant teen die berg!
Na die vertoning ry ons weer per spesiale plaaslike bus terug na ons hotel toe.
Omdat ons vandag ‘n lekker vol dag het, vertrek ons reeds 10:00 na die baie besondere stad, Ronda, met die brug Puente Nuevo uit 1793. Dit oorspan ‘n ravyn van 300 voet!
In die dorpie is daar ook ‘n uitsonderlike bulgeveg-arena, die Plaza de Toros.
Na hierdie interessante gedeelte van Ronda, vertrek ons na Cordoba. In Cordoba gaan ons net genoeg tyd hê om saam met ‘n amptelike Engelssprekende gids die besondere moskee-katedraal te besoek (toegang ingesluit). Ons bly vanaand oor in Cordoba in ‘n viersterhotel en nuttig almal saam ons smaaklike aandete in die hotel.
Vanoggend het ons eers vrye tyd vir allerlei inkopies in Cordoba, voordat ons na die baie beroemde stad Sevilla vertrek. Daar neem ‘n gids ons deur die belangrikste dele van die stad, en besoek ons onder andere die pragtige en baie besondere Plaza di España. Hier is soveel besondere kuns dat mens nie kan ophou foto’s neem nie! Daarna gaan ons almal op ons eie in die pragtige Ou Stad met sy imposante katedraal rondloop.
Ons het heelwat tyd in hierdie pragtige, beroemde stad om dit op ons eie te ontgin. Ons slaap vannand in Sevilla ook in ‘n gerieflike viersterhotel in die stad.
Toerlede, kliek hier vir Lissabon vryetydsgids >>
Ons vertrek vanoggend vroegerig na Lissabon. Hierdie stad is (naas Athene) Europa se tweede oudste hoofstad, en dit is hiervandaan dat Vasco da Gama sy seereise aangepak het! Dit is ‘n rustige kusdorp – ryk aan geskiedenis, en ons ontmoet hier weer ‘n Engelssprekende gids wat ons vanoggend in die stad rondneem en vele plekke van historiese belang aan ons uitwys. Op ‘n hele paar plekke gaan ons skakels met Suid-Afrika ontdek. Sy vertel ons ook van die Portugese se gewoontes en later gaan ons van hulle beroemde vla-tertjies – so eie aan Lissabon – eet.
Na ons stadstoer het ons vrye tyd om oral in die stad rond te dwaal. Jy moet beslis ook in Trem nr 28 (‘n outydse trem op ‘n interessante roete) gaan ry. Dit is ‘n onvergeetlike belewenis (maar pasop tog net vir sakkerollers!)
Vanaand kan jy een van die interessante bymekaarkomplekke besoek waar fado-sangers die mooiste fado’s harstogtelik sing. Dit is ‘n unieke ervaring. (Ons bus verskaf vervoer na die middestad. Later moet ons egter met eie vervoer teruggaan na ons hotel toe. Verder gee ons in ons Vryetydsgids riglyne waar om na fado’s te gaan luister.)
Ons slaap vanaand in ‘n voorstad van Lissabon – nie te ver van die strand af nie. Ons geniet saam aandete in ons hotel.
Toerlede, kliek hier vir meer inligting oor Fado en Fado-huise in Lissabon >>
Vandag ry ons noord en besoek ons die besondere dorpie Obidos met net 3,100 inwoners. Hier is ‘n antieke stadsmuur, en die dorpie beskik ook oor ‘n pragtige kasteel!
Kyk net hoe fraai lyk sommige van die straatjies hier!
Hierna besoek ons Spanje en Portugal toer groep die interessante stad Porto. Dit is die tweede grootste stad in Portugal en is aan die pragtige Douro-rivier geleë. Die historiese kern van Porto is ‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied. Ons bring die res van die dag in hierdie pragtige stad deur. Ons hotel is naby die sentrale besigheidsgebied, en hier moet ons vanaand beslis ook van hulle eie egte port gaan geniet! (Subsidie van €15 pp word aan elke toerlid gegee om aandete by ‘n plek van jou keuse in die Ou Stad van Porto te geniet.)
Ons ry vanoggend weer Spanje binne, op pad na Salamanca. Die Ou Stad van Salamanca is ook ‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied en is een van die belangrikste universiteitstede in Spanje. Hierdie universiteit is reeds in 1134 gestig – die oudste in Spanje.
Dit is werklik ‘n belewenis om in hierdie stokou stad met sy ryke geskiedenis rond te loop. Vyftien van die boë in die antieke brug oor die rivier wat na die Ou Stad lei, kom byvoorbeeld uit die Romeinse tydperk – uit die eerste eeu voor Christus!
Daarna ry ons na Segovia – ook weer ‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied as gevolg van al die historiese geboue daarin. Die stad beskik oor ‘n aqueduct wat uit die laat eerste eeu n.C. dateer en dit word as die belangrikste antieke Romeinse ingenieurswerk in Spanje beskou. Ons gaan vanaand in hierdie karaktervolle antieke stad ‘n gesellige aand beleef! Ons pragtige viersterhotel is slegs 150m van die aqueduct af.
Na ‘n tydjie waarin ons almal vrye tyd in die stad het om dit te verken, ry ons dan per bus na die Spaanse hoofstad, Madrid, waar ons die volgende twee nagte gaan oornag. Ons bly hier weer in ‘n luukse viersterhotel in ‘n mooi buurt wat ‘n entjie van die middestad af geleë is.
Toerlede, kliek hier vir Madrid vryetydsgids >>
Vanoggend ry ons Spanje en Portugal toer groep na die beroemde stad Toledo (ook ‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied) waar ‘n gids ons ook gaan rondneem. Sinagoges, moskees en kerke staan langs mekaar in die historiese ou stadsgebied. Hier is ook ‘n magdom museums, ou brûe, poorte, kloosters en vele meer om te sien. Hier kan die mans hulle reghou om van die baie beroemde Toledo messe koop!
Na ons heerlike besoek aan Toledo ry ons terug na Madrid vir die tweede besigtigingstoer van die dag. Met ‘n amptelike gids leer ons die besondere besienswaardighede van Madrid ken. Sy toon ons onder andere ook die Koninklike Paleis waar die Spaanse Koninklike Familie woonagtig is (wanneer hulle in Madrid oorbly). Dit is een van die grootste paleise in Europa.
Vir die sokkergeesdriftiges is dit ‘n belewenis om die Real Madrid Stadion van naby af te sien. Dan is daar die Plaza de Toros de Las Ventas, die bulgeveg arena in Madrid waar ons beslis ook ‘n draai gaan maak.
Later geniet ons vrye tyd in die stad. Daarna vertrek ons na ons hotel in Madrid en geniet saam aandete.
Ons laaste dag bied nog vele geleenthede om van die baie besienswaardighede in Madrid op ons eie te besigtig. Doen byvoorbeeld die bekende Hop On Hop Off Bustoer of besoek die beroemde Prado Museum (https://www.museodelprado.es/en). Dit is Spanje se beroemdste kunsmuseum met ‘n ontsaglike versameling kunswerke.
Op die boonste verdieping van die koninklike paleis wat ons juis die vorige dag gesien het, kan jy ‘n drankie gaan drink terwyl jy ‘n fantastiese uitsig op die stad het. Daar is natuurlik ook baie tyd om allerlei interessante inkopies in die stad te doen.
Later ry ons per bus na die lughawe vanwaar ons vanaand terug Suid-Afrika toe vertrek.
Ons land in Johannesburg. Nadat ons soveel gesien en beleef het, gaan ons nog jare lank die mooiste herinneringe hieraan koester!
WinskoopToerprys:
R43,990
per persoon wat deel
Enkeltoeslag: R6,400.00
Ons toerprys sluit al die volgende in:
* Ekonomiese klas retoervliegkaartjie van Johannesburg na Barcelona, en van Madrid na Johannesburg. ‘n Beperkte aantal vlugte vanaf Kaapstad is beskikbaar op aanvraag (R200 pp ekstra).
* Lughawe- en ander belasting behalwe R1,000 pp.
* Gerieflike verblyf (bed en buffet-ontbyt) in dubbel- of twin-kamers met eie badkamer. Ons slaap 9 aande in vierster-hotelle.
* Aandetes soos gemeld hierbo of ‘n subsidie van €15pp vir aandete op die aande wat ons nie saam as groep in die hotel eet nie.
* ‘n Eie luuksebus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die hele tydperk.
* Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood noodsaaklike hulp kan verleen)
* Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse vir insiggewende stadtoere (soos vermeld) – ‘n besondere pluspunt op hierdie toer. Hierdie koste – meer as R1,000 pp – is by ons toerprys ingesluit
* Die gebruik van ons eie kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
* Toegangsgelde by:
Die toerprys sluit slegs die volgende nie in nie:
-Visumkoste (slegs Schengenvisum)
-Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)
-Ekstra lughawebelasting (R1,000.00 plus wat mag bykom agv wisselkoersverandering)
-Middagetes
-Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies.
-Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem –
volgens jou eie voorkeur
-Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard
-Fooi vir die busbestuurder: €26 pp
Neem Kennis:
Uit die aard van die onvoorspelbaarheid van die COVID-19 pandemie en regulasies wat voortdurend verander mag dit dalk gebeur dat ons nie alle toegangskaartjies kan kry soos oorspronklik beplan nie. Sou dit gebeur, sal ons toerlede hiervan inlig en moontlike alternatiewe opsies aanbied of kaartjiefooie terugbetaal.
COVID-19 REGULASIES OM VAN KENNIS TE NEEM SOOS BEKEND JUNIE 2022
(LW. dit kan maklik verander)
—————-
WinskoopToere sal streng voldoen aan alle gesondheidsriglyne en -vereistes van COVID-19 (bv inentings, maskers, sosiale afstand) in enige land waarheen ons reis.
—————-
Vir meer besonderhede kontak gerus ons kantoor.
Om jou plek te bespreek:
LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting.
(LW: Die bankrekeningnommer vir deposito’s het verander)
Hoe bespreek ek my plek?
Deur die deposito van R6,000.00 pp –
(verwysing: SP23/Jou Voorletters en Van bv.
SP23/J.Coetzee) –
in die volgende bankrekening te betaal:
WinskoopToere
ABSA
Spaarrekening
9343 1803 92
** NB!! Stuur u inbetalingstrokie na:
(Maak asb seker jou e-pos bevat jou e-pos adres/kontakbesonderhede)
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons met jou in verbinding tree.
**WinskoopToere behou die reg om die toerprogram te wysig.
201 keer gelees, 1 keer gelees vandag