Beleef die Passiespele – ‘n eens in ‘n leeftyd geleentheid.
Geniet baie buitelug dae (verlaagde Covid19-risiko).
Slaap 4 nagte in 1 hotel!
Alles teen die onverbeterlike Winskoopprys van R39,950.00 per persoon.
Spring vinnig – die toer sluit 25 Maart!
Ons arriveer in München waar ons luuksebus op ons wag. Ons geniet ‘n stadsbesigtingstoer onder leiding van ‘n plaaslike gids (in Engels) voordat ons na ons hotel in München vertrek. Ons groep eet vanaand hier saam aandete.
In Oberammergau het ons eers vrye tyd om al die uitstalware en die besondere, beskilderde huisies te besigtig. Ons neem ook ons intrek in ‘n hotel/gastehuis daar naby. Vanmiddag en vanaand woon ons die Passiespel in die Passiespele teater by (ons het kategorie 1 kaartjies). Tydens pouse kry ons almal ‘n driegangmaaltyd. Na afloop van die opvoering ry ons terug na ons hotel/gastehuis digby Oberammergau.
Hiervandaan vertrek ons na Garmisch-Partenkirchen om die dorpie te verken. Ons stop ook by die Riessermeer om hierlangs te wandel.
Ons vertrek na Reith bei Seefeld. Hier, in die hartjie van die Tirool, bly ons die volgende vier nagte in ‘n heerlike viersterhotel om alles wat die omgewing het om te bied, te ontgin. Ons eet elke aand saam ‘n driegangmaaltyd in die hotel.
Hierna ontmoet ons mekaar om saam die Hungerburgbahn uit Innsbruck te neem om die Nordkette bergreeks te verken en die asemrowende uitsig van bo af te geniet (bergbaan retoerkaartjie ingesluit).
Na vrye tyd hier, ry ons na Pertisau wat aan die Achensee geleë is. Hier geniet ons ‘n bootvaart op die meer en verken die prag-omgewing.
Namiddag stop ons in Seefeld in Tirool (die dorpie digby ons hotel) om ook hierdie dorpie van naderby te leer ken en langs die Wildsee (ook bekend as die Seefeld-meer) te stap.
Terug, op pad hotel toe, gaan ons eers by Swarovski se Kristalwelten aan om hierdie prag en praal te bewonder (en dalk ietsie saam te neem huis toe…).
Ons WinskoopToerprys is slegs
R39,950.00 pp*
wat deel.
Enkel toeslag is R3,500.00
(Geen enkelkamers by die Passiespele)
Toer sal slegs deurgaan met ‘n minimum van 15 toerlede.
Volle bedrag betaalbaar teen 28 Maart 2022.
Kyk wat is ALLES in die toerprys ingesluit:
In Oberammergau:
Die res van die toer:
Neem Kennis:
Uit die aard van die onvoorspelbaarheid van die COVID-19 pandemie en regulasies wat voortdurend verander mag dit dalk gebeur dat ons nie alle toegangskaartjies kan kry soos oorspronklik beplan nie. Sou dit gebeur, sal ons toerlede hiervan inlig en moontlike alternatiewe opsies aanbied of kaartjiefooie terugbetaal.
Die toerprys sluit nie die volgende in nie:
LET WEL:
GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word
in Europa van ons toerlede gevra nie.
COVID-19 REGULASIES OM VAN KENNIS TE NEEM SOOS BEKEND SEP 2021 (LW. dit kan maklik verander)
WinskoopToere sal streng voldoen aan alle gesondheidsriglyne en -vereistes van COVID-19 (bv inentings, maskers, sosiale afstand) in enige land waarheen ons reis.
‘n Bewys van volledige inenting wat minstens 14 dae voor vertrek voltooi is, met ‘n EU goedgekeurde COVID-19-entstof (insluitend Pfizer, Moderna en Johnson & Johnson) word vereis.
Meeste lugrederye vereis ook ‘n onlangse (nie ouer as 48h) negatiewe COVID-19 uitslag ten tye van jou vlug.
Jy moet ‘n aanlynprofiel (of 2) invul voordat jy Europa besoek. WinskoopToere sal volledige inligting hieroor stuur aan toerlede.
Vir meer besonderhede kontak gerus ons kantoor.
Om jou plek te bespreek:
LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting.
Hoe bespreek ek my plek?
Deur die deposito van R15,000.00 pp –
(verwysing: TPS22/Jou Voorletters en Van bv.
TPS22/J.Coetzee) –
in die volgende bankrekening te betaal:
WinskoopToere
ABSA spaarrekening
9343 1803 92
** NB!! Stuur jou inbetalingstrokie na:
admin@winskooptoere.co.za
(Maak asb seker jou e-pos bevat jou e-posadres/kontakbesonderhede)
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons met jou in verbinding tree.
**WinskoopToere behou die reg om die toerprogram en -prys te wysig.