Ons Onvergeetlike Wit Kersfeestoer in Europa
15 – 26 Desember 2022
Ons Wit Kersfeestoer in Europa begin al op die OR Tambo Lughawe waar die opgewonde groep Kersfees toerlede bymekaarkom! (‘n Beperkte aantal vlugte vanaf Kaapstad is beskikbaar op aanvraag.) Ons vertrek vanaand na München in Suid-Duitsland. Ons kry etes en drankies tydens al die vlugte.
Ons arriveer op München se lughawe. Hier wag ons luukse Kersfeestoerbus reeds op ons. Hierdie gerieflike bus bly ons s’n tydens ons hele Kersfeestoer.
Ons vertrek van die lughawe af na Nürnberg. Hierdie beroemde stad het ‘n eeue-lange, ryke geskiedenis. (Ons gaan môre hier ‘n insiggewende stadstoer onderneem.) In Nürnberg is ook die grootste Kersmark in die hele Duitsland. Wat ‘n wonderlikheid om te beleef!
Ons slaap vanaand in ‘n gerieflike hotel in Nürnberg en ons eet ‘n smaaklike driegang-aandete. (Die hotel is in 2017 met die Certificate of Excellence van Tripadvisor bekroon.)
Vanoggend ontmoet ons ons Engelssprekende stadsgids wat ons gaan inlei in die baie interessante geskiedenis van hierdie stad. (Uiteraard sien en hoor ons heelwat van die Tweede Wêreldoorlog, maar hierdie besondere stad het ook in die eeue wat die twintigste eeu voorafgegaan het, ‘n belangrike rol in die Duitse geskiedenis gespeel.)
Later ry ons na die plek waar die sg. Nazi Rallies plaasgevind het.
Hierna besoek ons die Kasteel (Nürnberger Burg) – ‘n groep versterkte geboue uit die Middeleeue wat oor die Ou Stadgebied uitkyk. Die grootse Kasteel en die ou stadsmure word as een van Europa se formidabelste Middeleeuse fortifikasies beskou.
Dan stap ons na die pragtige Kersmark op die markplein – ‘n pragtige gesig.
Om 12:15 woon ons die gratis Advent-orreluitvoering in die St Lorenzkirche by – wat ‘n belewenis!
Na ‘n heerlike tyd in Nürnberg, vertrek ons vanmiddag na Bamberg – nog ‘n pragtige stad met ‘n ryke geskiedenis. Die besondere Ou Stadgebied is ‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied.
Das Alte Rathaus (ou stadshuis) is op ‘n eiland in die Regnitz-rivier gebou!
Die bouwerk aan die pragtige Romaanse Bamberg Katedraal met sy vier torings het reeds in die elfde eeu begin. In hierdie besondere stad het vele strukture vanaf die 11de tot die 19de eeu bewaar gebly. Dit laat ‘n onuitwisbare indruk op die vele besoekers daar.
Ons vertrek dan na Bad Mergentheim waar ons vanaand in ‘n heerlike vierster hotel slaap. Ons eet saam aandete in die hotel.
Vanoggend sit ons ons Wit Kersfeestoer in Europa voort. Ons vertrek na die pragstadjie, Rothenburg ob der Tauber, waar ons op die ou stadsmuur kan loop en die gewilde Kersfeeswinkel Kaethe Wohlfahrt kan besoek.
Laatoggend vertrek ons na München, die hoofstad van die staat, Beiere.
Vanaand bring ons ‘n jolige aand van vrolikheid, volksmusiek en -danse in die beroemde historiese Hofbräuhaus deur.
Hofbräuhaus
Ons geniet vanoggend ‘n baie interessante stadsbesigtigingstoer van München o.l.v. ‘n plaaslike Engelssprekende gids. Sy neem ons ook na die beroemde Nymphenburg Paleis.
Daarna is daar tyd om die Kersmark voor die Marienplatz en die winkels in die loopstraat digby te ontgin.
Vanmiddag ry ons na die Oostenrykse platteland, naby Seefeld. Hier bly ons twee nagte in ‘n viersterhotel tussen die berge oor. Ons kuier vanaand gesellig saam oor ‘n smaaklike driegang-maaltyd.
Ons ry vanoggend na die pragtige hoofstad van die Tirool, Innsbruck, waar almal vrye tyd geniet.
Dan gaan ons na die beroemde Stubaier Gletser waar ons per kabelspoor tot heelbo in die berge ry. Met die kabelkarre kan mens tot by die Alpespits ry!
Daarbo is gerieflike restaurante waar ons oor die sneeu kan uitkyk. Hier beleef ons ‘n tipiese sneeu-opset soos die Europeërs dit geniet!
Ons ry met ons bus tot naby die die Königssee, vanwaar ons met die geruislose elektriese boot na die eiland St. Bartholomä vaar. Halfpad stop die bootsman en blaas ‘n paar note op sy Flügelhorn sodat almal die besondere eggo’s van die klank kan hoor.
Op die eiland is die beroemde kapelletjie (op die foto hierbo) waar ons ‘n Kerslied of twee gaan saamsing. Verder is daar lekker plek vir die jonges van gees om in die sneeu te speel en mekaar met sneeuballe te gooi…
Die middag vertrek ons na Salzburg en bring ons ons eerste besoek aan die Ou Stad. Ons ontmoet ons gids wat ons op ‘n interessante besigtigingsgtoer deur die stad neem.
Ons slaap vanaand in ‘n luukse viersterhotel in Bad Reichenhall – nie ver van Salzburg af nie. Hier geniet ons ‘n smaaklike maaltyd.
Ons ontmoet ‘n plaaslike boer en sy vriende met vier perdekoetse by Eugendorf. Hulle neem ons dan op ‘n onvergeetlike perdekoets rit in die sneeu op die heuwels naby Salzburg!
Daarna bring ons ‘n tweede besoek aan Salzburg se Ou Stad. Jy kan nou ook nog die Kersmark, die kasteel op die berg en nog veel meer na hartelus geniet.
Later vertrek ons na Cesky Krumlov in Tsjeggië. Hier gaan ons tuis in die hartjie van die Ou Stad in ‘n luukse vyfsterhotel. Vanaand geniet ons saam in ons hotel aandete.
Ons bring ‘n heerlike oggend in Cesky Krumlov deur. In hierdie allermooiste dorpie (‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied) is daar baie winkeltjies, ‘n tipiese Tsjeggiese (klein) Kersmark en ‘n stokou kasteel.
Cesky Krumlov
Vanmiddag ry ons na Praag waar ons in ‘n pragtige viersterhotel oorbly. Ons ontmoet vanmiddag ons plaaslike gids en hy neem ons op ‘n baie interessante besigtigingstoer.
Vanaand woon ons ‘n tipiese Tsjeggiese folklore byeenkoms in Praag by. Hier geniet ons die pragtige Tsjeggiese volksmusiek en volksdanse. Ons eet ‘n smaaklike Tsjeggiese driegang-maaltyd en geniet baie joligheid!
Oukersdag in Praag!
Vanoggend besoek ons groep die beroemde Klemetinum-kompleks waar ons saam met hulle gids ‘n begeleide toer onderneem. Dit bevat onder andere ‘n pragtige Barok pêrel biblioteek – een van die mooistes in Europa.
Daarna beleef ons die groot (en baie besige!) Kersmark.
Vir musiekliefhebbers is daar ‘n geleentheid om ‘n kamermusiekkonsert in die Lobkowitz Paleis by te woon (toerlede moet self vooraf plek bespreek.)
Vanaand eet ons almal ons Kersete gesellig saam in ons hotel.
Na ons Kersontbyt en nog bietjie tyd vir inkopies op die Kersmark, vertrek ons vanoggend terug huis toe via Dubai.
Ons Wit Kersfeestoer in Europa kom op OR Tambo Lughawe tot ‘n einde. En ons weet: so baie mooi herinneringe bly nou verder by ons vir die res van ons lewens!
Ons verwagte toerprys is slegs R41,990.00* pp wat deel.
Enkeltoeslag is R6,000.00 pp.
*Slegs R1,000 lughawebelasting is nie hierby ingesluit nie.
Die prys sal AL die volgende insluit:
# ‘n Ekonomiese klas retoervliegkaartjie van Johannesburg na Dubai en dan na München en terug van Praag oor Dubai na Johannesburg. ‘n Beperkte aantal vlugte vanaf Kaapstad is beskikbaar op aanvraag.
# ‘n Gedeelte van die lughawe- en brandstofbelasting (Slegs R1,000 pp is nie by die toerprys ingesluit nie)
# Hotel-akkommodasie (bed en ontbytbuffet) in gerieflike dubbelkamers of twin-kamers met en-suite badkamers in luukse drie- en viersterhotelle
# Alle aandetes
# Stadsbesigtigingstoere in Nürnberg, München en Praag per bus en te voet,
met ervare plaaslike Engelssprekende gidse
# ‘n Subsidie van €20 pp vir iets te ete en drinke van jou eie keuse in
die Hofbräuhaus in München sowel as in Bamberg
# Luuksebusvervoer vir die hele tydperk
# Die bootvaart op die Königssee
# ‘n Vriendelike bydrae van Winskooptoere vir verversings in die restaurant by St.Bartholomä
# Die 1,5 uur lange perdekoetsrit in die heuwels buite Salzburg
# Die retoerkaartjie vir die kabelkarre by die Stubaier Gletser (€28)
# ‘n Genotvolle folklore-aand met volksmusiek en -danse, en ‘n smaaklike driegang maaltyd op Ou Kersaand in Praag
# Toegangsgeld en ‘n amptelike gids in Klementinum in Praag
# Ervare toerleiers wat oral saamtoer en sorg dat alles vlot verloop en dat ‘n
aangename atmosfeer heers
LW: Alle groepsaksies is by ons prys ingesluit.
By ons is daar nie verskuilde kostes nie.
Die toerprys sluit slegs die volgende nie in nie:
Visumkoste (Slegs Schengenvisum)
Reisversekering
(LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24h of 48h
nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)
Lughawebelasting van slegs R1,000 pp is nie by die toerprys ingesluit nie.
Verhoging van lughawebelasting weens wisselkoersveranderinge
gedurende die jaar (tans geen)
Middagetes
Alle ander toegangsgelde (slegs vir die enkele plekke wat jy dalk
addisioneel wil besoek)
Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard (wat ook drankies, koffie, ens. insluit)
Die fooi vir die busbestuurder (€26 per persoon)
Neem Kennis:
Uit die aard van die onvoorspelbaarheid van die COVID-19 pandemie en regulasies wat voortdurend verander mag dit dalk gebeur dat ons nie alle toegangskaartjies kan kry soos oorspronklik beplan nie. Sou dit gebeur, sal ons toerlede hiervan inlig en moontlike alternatiewe opsies aanbied of kaartjiefooie terugbetaal.
COVID-19 REGULASIES OM VAN KENNIS TE NEEM SOOS BEKEND SEP 2021
(LW. dit kan maklik verander)
—————-
WinskoopToere sal streng voldoen aan alle gesondheidsriglyne en -vereistes van COVID-19 (bv inentings, maskers, sosiale afstand) in enige land waarheen ons reis.
—————-
‘n Bewys van volledige inenting wat minstens 14 dae voor vertrek voltooi is, met ‘n EU goedgekeurde COVID-19-entstof (insluitend Pfizer, Moderna en Johnson & Johnson) word vereis.
—————-
Meeste lugrederye vereis ook ‘n onlangse (nie ouer as 48h) negatiewe COVID-19 uitslag ten tye van jou vlug.
—————-
Jy moet ‘n aanlynprofiel (of 2) invul voordat jy Europa besoek. WinskoopToere sal volledige inligting hieroor stuur aan toerlede.
—————-
Vir meer besonderhede kontak gerus ons kantoor.
Hoe bespreek ek my plek?
(LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24h of 48h
nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Kontak ons vir meer inligting)
Deur die deposito van R6,000.00 pp –
(verwysing: KERS22/Jou Voorletters en Van bv.
KERS22/J.Coetzee) –
in die volgende bankrekening te betaal:
WinskoopToere
ABSA
Rekeningnommer: 9343 1803 92
** NB!! Stuur u inbetalingstrokie na:
admin@winskooptoere.co.za
(Maak asb seker jou e-pos bevat jou eü-pos adres/kontakbesonderhede)
OF
Laai jou strokie direk op WinskoopToere se sisteem:
WinskoopToere Bewys van Betaling
Nadat ons jou deposito ontvang het, sal ons aan jou ‘n inskrywingsvorm stuur.
2,412 keer gelees, 6 keer gelees vandag