Kliek hier vir die volle toerprogram. Kom saam met WinskoopToere na Europa in 2024! ONS MAAK…

WinskoopToere se splinternuwe Logo
Ons is baie opgewonde om met julle te deel – WinskoopToere het ‘n nuwe Logo!
Soos die WinskoopToere familie aanhou groei, en soos ons besig is om ons kundigheid uit te brei en
ons fokus op steeds beter produkte en kliëntediens te rig, wil ons graag hê dat ons logo en slagspreuk dit alles ten
beste moet reflekteer. Dit moet ons besonderse naam en doelgerigtheid weerspieël: dit waaraan ons
glo en waarheen ons op pad is. Daarmee wil ons die lewenskragtigheid en betroubaarheid van ons
firma aan almal oordra.
WinskoopToere het begin as ‘n een-man besigheid toe Fanie Jooste alreeds in 1996 toere na Europa begin organiseer het. In 2007 het hy voltyds toere begin reël en stelselmatig sy gesin meer en meer betrek. Vandag is ons ‘n besigheid met 6 voltydse werknemers en 14 toerleiers. Ons het begin met 1 toer in 1996 en gegroei na 12 toere in 2019.
Ons reisvriende ervaar genotvolle toere wat hulle lewens verryk en blywende herinneringe laat.
Ons dra graag ons nuwe logo op aan ons lojale toerlede – mag jul nog baie saam met ons droom – leef – reis!
Kyk hier na die onthulling van ons nuwe logo: