Toerprys:
Kontak ons vir prys
Datum:
16 – 24 September 2027 (voorlopige datums)
Plekke nog beskikbaar:
24 plekke
Stap. Beleef. Groei.
Daar is reise wat gaan oor die eindbestemming - en dan is daar reise wat gaan oor alles tussenin!
In September 2027 beplan WinskoopToere ’n besonderse nuwe staptoer in die groen noordweste van Spanje. Ons gaan ’n gedeelte van die Portugese Camino deur Galisië stap en uiteindelik saam die beroemde katedraal van Santiago de Compostela bereik.
Hierdie intieme toer kombineer die stilte en eenvoud van die Camino met die kameraadskap en ondersteuning waarvoor WinskoopToere bekend is. Ons beplan ook tyd aan Galisië se pragtige Atlantiese kus, met voorlopige besoeke aan die historiese kusdorp Baiona, Vigo, die asemrowende Cíes-eilande, Arcade, Ponte Sampaio, Pontevedra, Caldas de Rei en Padrón.
Hierdie is 'n besonderse Camino-staptog, met 'n eksklusiewe groep van 24!
Cies-eilande, Spanje
Is hierdie toer vir jou?
Hierdie is ’n aktiewe toer vir reisigers wat graag stap, die buitelewe geniet en iets anders as ’n gewone toer wil beleef. Jy hoef nie ’n ervare langafstandstapper te wees nie, maar ’n goeie vlak van stapfiksheid en deeglike voorbereiding sal noodsaaklik wees.
Deelnemers moet bereid wees om verskeie dae agtereenvolgens te stap en ongelyke terrein, opdraandes en wisselende weersomstandighede te hanteer. Ons sal vooraf praktiese riglyne oor oefening, stapskoene, toerusting en voorbereiding verskaf.
Camino de Santiago, Spanje
Meer as net 'n staptoer
Die Camino gaan nie bloot oor hoe ver jy stap nie. Dit gaan oor die mense langs die pad, die eenvoud van elke dag se ritme, die tyd om stil te word en die besonderse gevoel wanneer jy uiteindelik saam met jou medestappers Santiago bereik.
Kom stap stadig genoeg om alles raak te sien – en ver genoeg om jouself (en jou Maker) weer te vind.
Caldas de Reis, Spanje
WAT KAN JY VERWAG?
- Onvergeetlike stapdae op die Camino-roete;
- Die laaste ongeveer 100 km na Santiago de Compostela;
- Daaglikse stapafstande van ongeveer 12 km tot 26 km;
- Pragtige kuslandskappe, woude, wingerde, klippaaie en klein Galisiese dorpies;
- Verblyf in gerieflike privaatkamers, eerder as tradisionele pelgrimsslaapsale;
- Beoogde bagasievervoer tussen oornagplekke – jy dra slegs jou dagrugsak;
- ’n Pelgrimspaspoort wat onderweg gestempel word;
- Die geleentheid om, onderhewig aan die amptelike vereistes, jou Compostela-pelgrimsertifikaat te ontvang;
- Ervare WinskoopToere-toerleiers wat die groep vergesel en ondersteun;
- ’n Eksklusiewe groep van 24 toerlede en ’n rustige en persoonlike reis-ervaring.
Santiago de Compostela-katedraal, Spanje
Stel jy belang?
Die toer is tans in die navorsings- en beplanningsfase. Volg ons op sosiale media (kliek hier!) om ons navorsingsreis van 7 - 22 September 2026 van naderby te volg!
Die finale roete, datums, stapafstande, vlugte, verblyf, insluitings en toerprys sal so gou moontlik bevestig word.
Bespreek nou al jou plek om te verseker dat jy deel van hierdie intieme groepie is wat hierdie belewenis in 2027 kan ervaar.
Ons toerprys is tans onbekend.
Kliek hier om te bespreek
Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000.
Baiona Galicia, Spanje
Kom #DroomLeefReis saam!
Ons Camino-pelgrimstog 2027
Tree met ons in verbinding: Ems: +27 83 637 1542
Ilzé: +27 83 637 1642 droom@winskooptoere.co.za
Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en YouTube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa & Afrika:
Toer na Afrika - Serengeti-Safari!


