Skip to content

THP27: Tweede Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Toerprys:

R73,000.00

Datum:

4 tot 16 Mei 2027 (13 dae)

Plekke nog beskikbaar:

46 plekke

Kliek hier om te bespreek

NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL

 

Hierdie is ons Tweede Hoogtepunte van Europatoer in 2027

Bietjie anders as in die afgelope tien jaar, maar BETER! Hier is 'n paar veranderinge waarna ons toerlede kan uitsien:
  • Ons toerlede het gepraat en ons het geluister! Ons het twee klein veranderinge aan ons roete gemaak, wat ons toerlede die gerief gee van meer gereeld op 'n plek vir twee nagte slaap, i.p.v. elke dag weer inpak. Ons slaap dus nou twee aande in Colmar (heerlik sentraal, in 'n viersterhotel) en geniet die Elsasstreek ('n interessante mengsel van Franse en Duitse kultuur - juis vanweë die geskiedenis van hierdie streek so op die grens van Frankryk en Duitsland) nog meer omdat ons meer tyd hier spandeer om die streek behoorlik te ontgin.
  • Ons stop in Reims om die katedraal te besoek (beslis 'n moet sien!) en 'n lekker koppie koffie te geniet, en ry dan verder na Parys om 'n ekstra nag hier te slaap. Dit gee ons die kans om Parys behoorlik op horings te neem. Ons bly in Parys in 'n lieflike hotelletjie in die hartjie van Montmartre - SO sentraal dat ons spesiaal pendeldienste gebruik om by ons hotel uit te kom!
  • 'n Heerlike ekstra besoek aan die kusdorpie Sirmione. En meer as dit: Ons besoek ook 'n wynplaas en Italiaanse villa, waar ons 'n smakie van eg Italiaanse gasvryheid, kos én wyn as groep kan geniet!
  • Ons verblyf in Nederland is gereël om in die stadsentrum van Leiden te wees. Ons kan nie wag om hierdie universiteitstad saam met julle te ontdek nie!
 

LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.

Dag 1: Tweede Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Dinsdag, 4 Mei 2027

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe na Europa. 'n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.

Dag 2: Tweede Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Woensdag, 5 Mei 2027

- DELFT & LEIDEN, NEDERLAND -

Ons arriveer by Schipol Lughawe, waar ons luukse bus op ons wag en vertrek na die ou Nederlandse stad, Delft. Hierdie stad is bekend vir sy blou porseleinkuns en die pragtige kanale wat deur die stad vloei. Hier het ons groep heerlike vrye tyd, voordat ons laatmiddag na ons hotel in Leiden se stadsentrum vertrek.

Ons geniet aandete saam as groep by 'n plaaslike restaurant.

Delft, Nederland 

Dag 3: Tweede Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Donderdag, 6 Mei 2027

- GOUDA & LEIDEN, NEDERLAND -

Ons geniet ‘n heerlike ontbyt saam. Vandag wag ‘n besonderse dag op ons. Ons besoek die dorpie Gouda - op markdag en geniet ‘n heerlike kaaservaring! 

Laatmiddag keer ons terug na Leiden. Elke toerlid kry €20 subsidie om by ‘n plaaslike restaurant te bestee en so die plaaslike kos te ervaar.

Gouda, Nederland

Dag 4: Tweede  Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Vrydag, 7 Mei 2027

- KEUKENHOF, NEDERLAND -

Ons groep ry vroeg reeds na die wonderlikste tuin in Europa, Keukenhof, met sy sewe miljoen tulpe. Dit is ‘n aangrypende belewenis om vroegoggend in die tuin rond te wandel asof jy die enigste een daar is, want later trap die mense jou byna dood! Hierdie oggend word deur baie toerlede as die hoogtepunt van ons toer beleef.

Loer gerus hier vir meer ingligting: https://keukenhof.nl/en/

Ons vertrek vanmiddag na ons hotel, heerlik sentraal geleë, in Brugge, België. Elke toerlid kry €20 subsidie vir aandete.

Keukenhof, Nederland

Dag 5: Tweede Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Saterdag, 8 Mei 2027

- BRUGGE, BELGIË & PARYS, FRANKRYK -

Ons verken vanoggend die stadjie van Brugge met sy Middeleeuse karakter, kanale, spitsdakhuisies en selfs nog perdekarre op die markplein.  Brugge bied meer as genoeg om ons besig te hou! Soek in die winkels vir jou ‘n stukkie van hulle beroemde kant. Hier kan jy ook van die onverbeterlike Belgiese wafels en aarbeie op die markplein geniet! 

 Later ry ons groep diep die Franse platteland binne en geniet die unieke natuurskoon van hierdie streek. 

Ons bly die volgende twee nagte in die hartjie van Montmartre. Ons geniet ‘n heerlike aandete saam as groep in ‘n restaurant naby die gewilde Place du Tertre.

Brugge, België

Dag 6: Tweede Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Sondag, 9 Mei 2027

- PARYS, FRANKRYK -

‘n Wonderlike dag in Parys! Ons groep besoek die Arc de Triomphe en ry daarna na die Eiffeltoring en geniet ‘n stadstoer saam met ‘n plaaslike gids.

Ons het onder andere geleentheid om die majestueuse Notre-Dame-katedraal, te verken, waar talle Franse konings deur die eeue gekroon is en die indrukwekkende Gotiese argitektuur elke besoeker beïndruk. Ons keer laatmiddag terug na ons hotel in Montmartre.

Toer na Europa - Hoogtepunte van EuropatoerSacre Coeur in Montmartre, Parys, Frankryk

Dag 7: Tweede Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Maandag, 10 Mei 2027

- REIMS & COLMAR, FRANKRYK -

Na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons na Reims en geniet vrye tyd daar. Besoek gerus die Notre-Dame de Reims-katedraal met sy Gotiese argitektuur wat elke besoeker beïndruk- ‘n ware belewenis! 

Later vanmiddag sit ons ons reis in Europa voort, nou in die rigting van die Franse grens. Ons slaap die volgende twee aande oor in ‘n lieflike hotel in die hartjie van Colmar, Frankryk.

Toer na Europa - Hoogtepunte van EuropatoerDie imposante katedraal in Reims, Frankryk

Dag 8:Tweede Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Dinsdag, 11 Mei 2027

- COLMAR & RIQUEWIHR, FRANKRYK -

Na ‘n smaaklike ontbyt, stap ons rustig rond in die skilderagtige Colmar met sy pragtige vakwerk-huisies.

Vanmiddag geniet ons die baie besonderse Middeleeuse dorpie, Riquewihr, waar alles lyk of die tyd eeue lank stilgestaan het.

Colmar, Frankryk

Ons spandeer die aand nog heerlik in Colmar. Elke toerlid ontvang ‘n aandete subsidie van €20.

Riquewihr, Frankryk

Dag 9: Tweede Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Woensdag, 12 Mei 2027

- LUZERN, SWITSERLAND & COMO,  ITALIË -

Van die een hoogtepunt na die volgende: ons ry vandag deur ‘n pragtige natuurgebied Switserland toe vir ‘n verruklike dag in Luzern. Die groot Pilatusbergspits val mens eerste op, en die wonderskone Luzernmeer nooi jou uit vir ‘n onvergeetlike bootvaart. Eers gaan ons as groep na die aangrypende standbeeld van die gewonde leeu kyk, en daarna kan jy gerus stap na die eeue-oue stadsmuur en Kapelbrug. Die toergroep geniet dan 'n heerlike bootvaart op die meer. Hierna het almal vrye tyd om in die mooi ou stad rond te loop en inkopies te doen.

Gebruik gerus jou vrye tyd om by die Schwanenplatz “Chocolate World” met hulle sjokolade waterval wat teen ‘n hele muur afvloei, te stop. Jy kan nie in Switserland wees en nie hul sjokolade proe nie!

Die aanskoulike Lago di Como is ons volgende bestemming. Ons vertrek na hierdie beeldskone mere-distrik in Italië. Hier gaan ons ‘n baie gesellige aand langs die beroemde meer geniet! Toerlede ontvang 'n €20 subsidie vir aandete. Ons slaap in ‘n keurige hotel in Como se stadsentrum.

Luzern, Switserland

Como, Italië

Dag 10: Tweede Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Donderdag, 13 Mei 2027

- SIRMIONE & VERONA, ITALIË -

Ons geniet vanoggend nog vrye tyd in Como, voordat ons na die Gardameer vertrek. 

Ons vertrek dan na ‘n plaaslike wynplaas naby Sirmione vir 'n wynproe en eg tradisionele Italiaanse ete. By die Italiaanse wynplaas en villa ervaar ons as groep die warmte van Italiaanse gasvryheid – met heerlike plaaslike kos, uitstekende wyn en 'n voorsmakie van die ware Italiaanse leefstyl. 

Ons besoek dan die gewilde vakansiedorpie, Sirmione, omring deur die Gardameer. Hierna het ons almal vrye tyd om rustig deur die interessante dorpie te loop.

Ons oornag vanaand in ‘n gesellige driesterhotel in 'n voorstad van Verona. Ons geniet saam aandete.

'n Ete by 'n plaaslike wynplaas, Corte Anna

Dag 11: Tweede Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Vrydag, 14 Mei 2027

- VENESIË & VERONA, ITALIË -

Ons groep besoek die wonderstad op water, Venesië! Ons vaar met die boot na die ou stad, ons geniet ‘n stadstoer deur ‘n plaaslike gids, ons bewonder ‘n meesterlike glasblaser en ons stap lekker hier rond in ons vrye tyd.

Ons groep geniet 'n heerlike aandete saam as groep. Ons slaap weer in dieselfde hotel as gisteraand. 

Venisië, Italië

Dag 12: Tweede Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Saterdag, 15 Mei 2027

- VERONA & VENESIË, ITALIË -

Ons geniet ons laaste oggend in die pragtige antieke stad Verona – vandag ‘n Wêrelderfenisgebied. Hierdie ou stad is bekend vir sy Romeinse arena uit die eerste eeu (hier word steeds konserte voor  15 000 mense op ‘n keer gehou), die eeue-oue stadsmure en die Ponte Pietra-brug (gebou in 100 v.C.).

Ons ry vanmiddag na Venesië Lughawe vir ons aandvlug. Ons vertrek hiervandaan terug na Johannesburg.

Verona, Italië

Dag 13: Tweede Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Sondag, 16 Mei 2027

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Nou, aan die einde van hierdie wonderlike Hoogtepunte van Europatoer, sal jy weet: “Ek is nou anders as toe ek gekom het. Ek het soveel beleef, ek is verryk, en ek neem dit saam met my vir altyd!”

Ons toerprys is R73,000 p.p. wat deel.

Enkeltoeslag is R15,550 p.p.

Teen wisselkoers van €1 = R19.00

*Die toerprys is onderhewig aan 'n aanpassing volgens die wisselkoers. Die finale toepaslike wisselkoers word ongeveer vier maande voor vertrek vasgestel en sal op die finale faktuur weerspieël word, wat drie maande voor vertrek betaalbaar is. Wisselkoerse word vir prysdoeleindes na die naaste ZAR afgerond.

Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?

Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:

Kliek hier om te bespreek

KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:

  • Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Schipol en van Venesië na Johannesburg. Ons vlieg met Turkish Airlines. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.);
  • Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
  • Gehalteverblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer, in drie- en viersterhotelle;
  • Aandetes soos gemeld in ons program of ‘n subsidie van €20 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
  • Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer;
  • Fooi vir die busbestuurder: €26 p.p.;
  • Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.);
  • Kaasproe in Gouda;
  • Toegangskaartjie vir Keukenhof;
  • Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse vir insiggewende stadstoere in Venesië en Parys;
  • Bootvaart op die Luzernmeer;
  • Italiaanse middagete naby Sirmione;
  • Bootvaart na Venesië se ou stad en terug;
  • Toeristebelasting in Venesië;
  • Demonstrasie deur 'n glasblaser in Venesië.

Wat is nie ingesluit nie?

  • Addisionele lughawebelasting a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
  • Visumkoste;
  • Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
  • Middagetes;
  • Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard;
  • Die addisionele koste daaraan verbonde indien jy kies om jou sitplek vooraf te bespreek, soos bepaal deur die lugredery.

LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.

Kom #DroomLeefReis saam!

Toer na Europa - Tweede Hoogtepunte van Europatoer

Tree met ons in verbinding:

Ems: +27 83 637 1542

Ilzé: +27 83 637 1642

droom@winskooptoere.co.za

Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en Youtube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:

Toer na Europa - Tweede Hoogtepunte van Europatoer

**WinskoopToere behou die reg om die prys en toerprogram te wysig.
Back To Top
Your Cart

Your cart is empty.