Toerprys:
R100,000.00
Datum:
Plekke nog beskikbaar:
18 plekke
Onder die waaksame arms van antieke kremetartbome roer die Serengeti met die roep van leeus en die gefluister van die wind. Dae ontvou in goue lig, waar avontuur en wonder hand aan hand loop .
Dit is Afrika. Dit is tydloos. Dit is onvergeetlik.
Nou met 'n lugballonvaart oor die Serengeti en alle fooitjies ingesluit!
Hierdie is ons tweede Serengeti-Safari boetiektoer, met slegs 24 plekke!
Kliek hier om te bespreek
NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL
Toer na Afrika - Serengeti-Safari 2027
LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, MIDDAGETES, AANDETES EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.
Dag 1: Serengeti-Safari
Sondag 23 Mei, 2027
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons groep ontmoet mekaar die aand op O.R. Tambo Lughawe vanwaar ons vroegoggend met Kenya Airways na Arusha vertrek - mens kan die opgewondenheid reeds op die lughawe aanvoel oor hierdie Afrika-avontuur wat op ons wag. Daar is ongelukkig geen Kaapstadvlugte vir hierdie toer beskikbaar nie.
Dag 2: Serengeti-Safari
Maandag, 24 Mei 2027
- ARUSHA, TANZANIË -
Wanneer ons by Kilimanjaro Internasionale Lughawe aankom, wag ons vriendelike gids om ons hartlik te verwelkom. Ons word na ons lodge in Arusha geneem waar ons inteken en vir die eerste keer die rustige atmosfeer van Tanzanië begin ervaar.
Ons begin met ‘n “Bean-to-Cup” koffietoer by ‘n plaaslike koffielandgoed. Hier kan ons sien hoe koffiebone gekweek, geoes en verwerk word voordat dit in ‘n perfekte koppie koffie beland. Die res van die dag het ons tyd om te ontspan en gewoond te raak aan die nuwe omgewing.
Vanaand geniet ons ‘n heerlike ete saam by ons lodge, waar ons die opgewondenheid oor die komende avontuur deel. Ons oornag by Kahawa House, waar ‘n kalm atmosfeer en luukse gemak op ons wag.
Kremetartboom, Tanzanië
Dag 3: Serengeti-Safari
Dinsdag, 25 Mei 2027
- MANYARA-MEER, TANZANIË -
Na ‘n heerlike ontbyt ry ons verder na Manyara-meer, waar ons in ons lodge inteken. Hier ontspan ons saam terwyl ons die pragtige uitsigte oor die meer inneem en later ‘n smaaklike aandete geniet.
Ons oornag by Lake Manyara Serena Safari Lodge, ‘n juweel van eenvoud en styl in die hart van die natuur.
Manyara-meer, Tanzanië
Manyara-meer, Tanzanië
Dag 4: Serengeti-Safari
Woensdag, 26 Mei 2027
- NGORONGORO-KRATER & MANYARA-MEER, TANZANIË -
Na ‘n rustige ontbyt vertrek ons na die ikoniese Ngorongoro-krater, ‘n UNESCO Wêrelderfenisgebied wat dikwels die “agtste wonder van die wêreld” genoem word. Op pad stop ons by die African Galleria naby Manyara-meer, waar ons tyd spandeer om unieke kunswerke, juwele en handgemaakte aandenkings te ontdek.
Wanneer ons by die krater aankom, maak ons gereed vir een van die mees onvergeetlike oomblikke van ons reis: ‘n wildrit binne die majestueuse krater self. Hier leef ongeveer 30 000 diere vrylik, insluitend die seldsame swartrenoster, reuse olifante, leeus, sebras, seekoeie en ‘n groot verskeidenheid voëls. Die digte konsentrasie wild in hierdie dramatiese landskap is iets wat ons vir altyd sal onthou.
Ons slaap vanaand by Ngorongoro Serena Safari Lodge, hoog teen die krater se rand, waar elke kamer ‘n asemrowende uitsig oor die vulkaniese amfiteater bied. Die atmosfeer hier bo is vreedsaam, en die sonsondergang oor die krater is eenvoudig uitsonderlik.
Ngorongoro-krater, Tanzanië
Ngorongoro-krater, Tanzanië
Dag 5: Serengeti-Safari
Donderdag, 27 Mei 2027
- SERENGETI NASIONALE PARK & MAASAI, TANZANIË -
Ons word vroegoggend wakker, geniet ‘n heerlike ontbyt en vertrek na die wêreldbekende Serengeti Nasionale Park, die toneel van die grootste wildmigrasie op aarde. Op pad besoek ons die Maasai-dorpie, waar ons ‘n blik kry op die eeue-oue tradisies en kleurvolle kultuur van die Maasai-mense.
Wanneer ons die Serengeti binnegaan, voel jy onmiddelik die afwagting aan. Ons ry stadig deur die park en beleef ons eerste wildritte tussen oop grasvlaktes, akasiabome en groot kuddes wild. Elke draai van die pad bring nuwe verrassings, van statige leeus wat in die son lê tot elegante kameelperde wat rustig wei.
Ons oornag die volgende drie aande in die Serengeti Serena Safari Lodge, perfek geleë te midde van die ongerepte wildernis. Hier geniet ons die luukse gerief van die lodge gekombineer met die ongeskonde ritme van die natuur.
Maasai-stam, Tanzanië
Serengeti Nasionale Park, Tanzanië
Dag 6: Serengeti-Safari
Vrydag, 28 Mei 2027
- SERENGETI NASIONALE PARK, TANZANIË -
Hierdie dag word geheel en al gewy aan die verkenning van die Serengeti. Ons beleef 'n absolute hoogtepunt - die wonder van die Groot Migrasie, waar miljoene wildebeeste, sebras en ander wildspesies oor die vlaktes beweeg in hul soektog na vars weivelde. Ons ervaar die ekstase van hierdie oorweldigende natuurverskynsel, terwyl roofdiere soos leeus, luiperds en jagluiperds die bewegende troppe fyn dophou.
‘n Absolute hoogtepunt wag op ons groep: ‘n lugballonsafari oor die uitgestrekte vlaktes van die Serengeti. Ons vertrek vroegoggend na die lanseerterrein en styg op presies wanneer die son oor die horison breek. Die stilte in die lug, afgewissel met die gedempte klanke van die wildernis onder ons, skep ‘n ervaring wat ons nooit sal vergeet nie. Na die vlug wag daar ‘n pragtige ontbyt in die oopte, in ware “Out of Africa”-styl.
Wanneer die son begin sak, keer ons terug na die lodge waar ons saam aandete geniet en die dag se sielsroerende belewenis met mekaar deel.
Lugballonvaart, Serengeti
Lugballonvaart, Serengeti
Lugballonvaart, Serengeti
Lugballonvaart, Serengeti
Dag 7: Serengeti-Safari
Saterdag, 29 Mei 2027
- SERENGETI NASIONALE PARK, TANZANIË -
Ons geniet vandag nog ‘n wonderlike dag in die Serengeti, gevul met wildsritte om die oorvloedige natuurlewe verder te verken. Die Serengeti hou om elke hoek en draai ‘n verrassing in, en geen dag is ooit dieselfde nie.
Ons oornag weer vanaand in die Serengeti Serena Safari Lodge.
Serengeti Nasionale Park, Tanzanië
Serengeti Nasionale Park, Tanzanië
Dag 8: Serengeti-Safari
Sondag, 30 Mei 2027
- SERENGETI NASIONALE PARK & ARUSHA, TANZANIË -
Ons laaste oggend in Tanzanië begin rustig. Ons neem ‘n laaste keer die atmosfeer van die grasvlaktes in, voordat ons na die lughawe vertrek. Hier neem ons afskeid van hierdie Afrika- paradys en keer terug huis toe.
Serengeti Nasionale Park, Tanzanië
Dag 9: Serengeti-Safari
Maandag, 31 Mei 2027
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons arriveer in Johannesburg met harte vol herinneringe en ‘n kamera vol foto's van een van die mooiste reise van ons lewe - ons Serengeti-Safari!
Ons toerprys is R100,000* p.p. wat deel.
Enkeltoeslag is R10,000 p.p.
Teen wisselkoers van $1=R17.00
*Die toerprys is onderhewig aan 'n aanpassing volgens die wisselkoers. Die finale toepaslike wisselkoers word ongeveer vier maande voor vertrek vasgestel en sal op die finale faktuur weerspieël word, wat drie maande voor vertrek betaalbaar is. Wisselkoerse word vir prysdoeleindes na die naaste ZAR afgerond.
Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?
Kliek hier om te bespreek
Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000.
KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:
- Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie met Ethiopian Air;
- 4x4 "Stretched” Land Cruiser safari-voertuie (maksimum 6 persone per voertuig), met “pop-up” dakke vir uitstekende wildbesigtiging;
- Lugballonsafari ter waarde van R11,000 per persoon;
- Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse in die Serengeti - een per voertuig;
- Alle fooitjies is ingesluit;
- Ervare WinskoopToere toerleier vergesel die groep en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding.
Luukse verblyf
- 1 nag by Kahawa House, Arusha;
- 1 nag by Lake Manyara Serena Safari Lodge;
- 1 nag by Ngorongoro Serena Safari Lodge;
- 3 nagte by Serengeti Serena Safari Lodge.
Ingesluit in die Serengeti:
- Alle ontbyte, middag- en aandetes.
Safari-ervarings wat ingesluit is:
- “Bean-to-Cup” koffietoer;
- Wildrit in die Ngorongoro-krater;
- Besoek aan Maasai-dorpie;
- Wildritte in die Serengeti (soos uiteengesit in die program)
- Verwysingsboeke en kaarte;
- Gebottelde water in die safari-voertuie.
Wat is nóg ingesluit:
- Alle Nasionale Park- en bewaringsfooie in Tanzanië;
- 24-uur ondersteuning tydens die reis;
- Volledige reisinligtingspakket.
Wat is nie in die toerprys ingesluit nie:
- Visumfooie vir Tanzanië (SA-paspoort vereis NIE 'n visum nie);
- Reisversekering (sterk aanbeveel);
- Drankies in die Serengeti;
- Wasgoeddienste;
- Alle opsionele aktiwiteite en uitgawes van 'n persoonlike aard.
-
Kom #DroomLeefReis saam!
Toer na Afrika - Serengeti-Safari!
Tree met ons in verbinding: Ems: +27 83 637 1542
Ilzé: +27 83 637 1642 droom@winskooptoere.co.za
Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en YouTube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa & Afrika:
Toer na Afrika - Serengeti-Safari!


