Skip to content
Categories: ,

SWIS27: Die Hart van Switserland-boetiektoer

Toerprys:

Kontak ons vir prys

Datum:

 14 September – 26 September (13 dae)

Plekke nog beskikbaar:

28 plekke

"'n Wonderlike unieke ervaring!"

Kliek hier om te bespreek

NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL

 

Toer na Switserland - Die Hart van Switserland-boetiektoer: Eksklusief, luuks en sorgvuldig saamgestel.

Hierdie is een van WinskoopToere se splinternuwe boetiektoere vir 2027! Alles is by die toerprys ingesluit, jy kan net agteroor sit en jouself gate uit geniet! 

Let wel: Ons WinskoopToere-groep bestaan uit 28 toerlede !

LET DAAROP DAT DIE VOLGENDE ETES REEDS INGESLUIT IS BY ONS PRYS:

  • Op land: ALLE ONTBYTE EN AANDETES

Dag 1: Die Hart van Switserland-boetiektoer

Dinsdag, 14 September 2027

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Die groot avontuur begin vandag! Ons vertrek vanaf Suid-Afrika op pad na die sprokiesland van sneeubedekte bergpieke, smaraggroen valleie en kristalhelder mere. ’n Onvergeetlike Switserse avontuur wag op ons.

Dag 2: Die Hart van Switserland-boetiektoer

Woensdag, 15 September  2027

- ZÜRICH & GRINDELWALD, SWITSERLAND -

Ons arriveer vandag in Switserland waar ons luukse bus op ons wag. Die reis na Grindelwald is reeds ’n hoogtepunt op sigself – met skilderagtige landskappe, tradisionele Switserse dorpe en die indrukwekkende Alpe wat al hoe nader kom.

Die volgende vier nagte bly ons in die wêreldbekende bergdorp Grindelwald, aan die voet van die magtige berg Eiger. Hierdie prentjiemooi dorpie met sy houtchalets, blomversierde balkonne en asemrowende uitsigte gaan sommer vinnig ’n plek in jou hart steel.

Vanaand geniet ons ons eerste gesamentlike Switserse aandete terwyl ons uitsien na alles wat die komende dae vir ons inhou.

Grindelwald, Switserland

Dag 3: Die Hart van Switserland-boetiektoer

Donderdag, 16 September 2027

- MÄNNLICHEN, KLEINE SCHEIDEGG & WENGEN -

Vandag wag een van die mooiste uitsigte in die Switserse Alpe op ons. Met die moderne gondel klim ons op na Männlichen waar ’n wêreld van majestueuse bergpieke, groen weivelde en vars berglug ons asems wegslaan. 'n Gondel is 'n geslote kabelkar wat jou gerieflik en veilig teen die berg uit neem. Gondels is een van die gewildste maniere om Switserland se asemrowende berglandskappe te beleef, met panoramiese uitsigte wat reeds die rit self 'n hoogtepunt van die dag maak.

Vir dié wat lus is om die natuur van nader te ervaar, bied die panoramiese staproete na Kleine Scheidegg een van die mooiste wandelings in Switserland. Diegene wat dit rustiger wil neem, kan ontspan met ’n koppie koffie terwyl die uitsigte oor die Jungfrau-streek geniet word.

Later reis ons per trein na die lieflike dorpie Wengen – ’n motorvrye Alpe-dorpie met ’n rustige atmosfeer en ongelooflike uitsigte oor die Lauterbrunnenvallei.

Männlichen, Switserland

Dag 4: Die Hart van Switserland-boetiektoer

Vrydag, 17 September 2027

- JUNGFRAUJOCH & HARDER KULM -

Vandag beleef ons een van Switserland se grootste skatte – die beroemde Jungfraujoch, ook bekend as die Top of Europe. Met die indrukwekkende Eiger Expressgondel en bergtrein reis ons deur die hart van die Alpe na die hoogste treinstasie in Europa.

Hier bo wag ’n wêreld van ewige sneeu, glinsterende gletsers en uitsigte wat moeilik is om in woorde te beskryf.

Later besoek ons Harder Kulm, die uitsigpunt hoog bo Interlaken, waar die twee turkoois mere en indrukwekkende berglandskappe ’n prentjie vorm wat jy nooit sal vergeet nie.

Jungfraujoch, Switserland 

Dag 5: Die Hart van Switserland-boetiektoer

Saterdag, 18 September 2027

- FIRST & MÜRREN -

Nog ’n dag van ongekende natuurskoon wag op ons in die hart van die Switserse Alpe. Ons neem die gondel hoog op na First, ’n bergparadys met asemrowende uitsigte oor sneeubedekte pieke, groen valleie en die bekende Eiger-massief.

Die meer avontuurlustiges kan die skilderagtige wandeling na die kristalhelder Bachalpsee aanpak – ’n ikoniese Alpe-meer wat soos ’n spieël die indrukwekkende berge weerspieël. Die res kan dit rustiger neem en die unieke Cliff Walk geniet of eenvoudig die uitsigte met ’n warm drankie inneem.

Later reis ons na die betowerende dorpie Mürren, ’n motorvrye juweel waar tradisionele chalets en asemrowende berguitsigte ’n egte Switserse atmosfeer skep.

First, Switserse Alpe, Switserland 

Grindelwald, Switserland 

Dag 6: Die Hart van Switserland-boetiektoer

Sondag, 19 September 2027

- GRIMSELPAS & SAAS-FEE -

Vandag neem ons afskeid van die pragtige Grindelwald en reis deur een van Switserland se mees indrukwekkende bergstreke. Ons ry oor die asemrowende Grimselpas – ’n roete van kronkelende bergpaaie, dramatiese rotse, bergmere en panoramiese uitsigte wat elke oomblik van die reis besonders maak.

Ons bestemming is Saas-Fee, dikwels bekend as die “Pêrel van die Alpe”. Hierdie motorvrye bergdorp, omring deur indrukwekkende vierduisend-meter-pieke, bied ’n rustige en eg Switserse atmosfeer.

Saas-Fee, Switserland

Dag 7: Die Hart van Switserland-boetiektoer

Maandag, 20 September 2027

- ZERMATT & DIE MATTERHORN -

Vandag besigtig ons een van die bekendste bergpieke ter wêreld – die majestueuse Matterhorn.

Ons reis na die beroemde Alpe-dorpie Zermatt, met sy rustige straatjies, houtchalets en ’n besonderse bergatmosfeer. Van hier neem ons die historiese tandrattrein na Gornergrat, een van die skouspelagtigste uitsigpunte in Switserland.

Bo-op die berg word ons beloon met ’n asemrowende 360°-uitsig oor gletsers, sneeubedekte pieke en natuurlik die indrukwekkende Matterhorn wat trots oor die landskap waak.

Daarna geniet ons vrye tyd in Zermatt om deur die boetieks te wandel, ’n koppie koffie te geniet of eenvoudig die besonderse atmosfeer van hierdie wêreldbekende bestemming in te neem.

Matterhorn, Switserland

Zermatt, Switserland

Dag 8: Die Hart van Switserland-boetiektoer

Dinsdag, 21 September 2027

- SAAS-FEE & MITTELALLALIN -

Vandag ontdek ons nog 'n wonder van die Switserse Alpe wanneer ons met die indrukwekkende Metro Alpin opstyg na Mittelallalin – een van die hoogste ondergrondse bergspoorweë ter wêreld.

Hier, hoog tussen die ewige sneeu en gletsers, word ons beloon met asemrowende panoramiese uitsigte oor die omliggende bergreekse. Die vars berglug, indrukwekkende gletsers en stilte van hierdie unieke omgewing maak dit 'n ervaring wat moeilik in woorde beskryf kan word.

Vanmiddag geniet ons 'n egte Switserse fondue-ervaring voordat daar tyd is om nog 'n laaste keer deur die bekoorlike strate van Saas-Fee te wandel of eenvoudig die rustige bergatmosfeer te geniet.

'n Eg tradisionele fondue

Dag 9: Die Hart van Switserland-boetiektoer

Woensdag, 22 September 2027

- LUZERN -

Vandag neem ons afskeid van die majestueuse Alpe en reis na die pragtige stad Luzern, een van Switserland se mees geliefde bestemmings.

Met ons aankoms verken ons die bekoorlike ou stad, waar geplaveide straatjies, historiese geboue en kleurvolle gevels die ryk geskiedenis van die stad weerspieël. Ons besoek ook die ikoniese Kapelbrug, die oudste bedekte houtbrug in Europa en een van Switserland se bekendste landmerke.

Daar is tyd om Luzern op jou eie pas te geniet voordat ons 'n heerlike Switserse sjokolade-ervaring beleef – die perfekte geleentheid om meer te leer oor een van die land se bekendste uitvoerprodukte en natuurlik ook daarvan te proe.

Vanmiddag boek ons by ons hotel in, waar ons die volgende drie nagte tuisgaan – die ideale basis om die wonders van Sentraal-Switserland te ontdek.

Die Kapelbrug, Luzern

Dag 10: Die Hart van Switserland-boetiektoer

Donderdag, 23 September 2027

- DIE PILATUS “GOLDEN ROUND TRIP”-

Vandag wag een van Switserland se mees ikoniese bergervarings op ons.

Ons begin die dag met ’n rustige bootvaart oor die pragtige Vierwoudstreke-meer voordat ons die steil tandratspoor neem wat ons hoog teen die hange van die legendariese Pilatusberg uitklim.

Bo-op die berg word ons beloon met panoramiese uitsigte oor die omliggende Alpe, valleie en mere – ’n uitsig wat nog lank in ons geheue sal voortleef.

Ons keer terug met die kabelkar en gondel na die vallei en voltooi só die beroemde Pilatus Golden Round Trip – ’n ervaring wat die verskillende gesigte van Switserland se natuurskoon op ’n unieke manier saamvat.

Uitsig vanaf die Pilatusberg

Dag 11: Die Hart van Switserland-boetiektoer

Vrydag, 24 September 2027

-  TITLIS & ONS FEESTELIKE AFSLUITING -

Ons laaste volle dag in Switserland bring ons by nog ’n indrukwekkende Alpe-hoogtepunt – die majestueuse Titlis.

Met die unieke draaiende Rotairgondel styg ons op deur ’n wêreld van rotse, sneeu en gletsers tot by die bergtop waar onvergeetlike panoramiese uitsigte op ons wag.

Ons geniet die betowerende bergwêreld van hierdie ongelooflike land voordat ons vanaand saamkom vir ’n feestelike afsluitingsete.

Dit is die perfekte geleentheid om terug te dink aan twee weke van asemrowende landskappe, heerlike kos, nuwe vriendskappe en herinneringe wat vir altyd sal bly.

Die brug oor Titlisberg, Switserland

Dag 12: Die Hart van Switserland-boetiektoer

Saterdag, 25 September 2027

-  ENTLEBUCHER ALPABFAHRT & ZÜRICH LUGHAWE -

Vandag beleef ons ‘n kulturele hoogtepunte van ons toer – die eeue-oue Entlebucher Alpabfahrt.

Hierdie tradisie vier die terugkeer van die koeie vanaf die hoë Alpe na die valleie ná die somer. Die koeie word pragtig versier met groot tradisionele klokke en kleurvolle blomkranse, terwyl plaaslike inwoners in tradisionele drag die feesvieringe met volksmusiek, markstalletjies en plaaslike kaas en produkte aanvul.

Dit is ’n unieke geleentheid om die ware hart van Switserland te beleef – ’n ervaring wat slegs op sekere tye van die jaar moontlik is en wat hierdie toer werklik uitsonderlik maak.

Na hierdie onvergeetlike laaste ervaring vertrek ons na Zürich Lughawe vir ons terugvlug na Suid-Afrika.

Entlebucher, Switserland

Dag 13: Die Hart van Switserland Boetiektoer

Sondag, 26 September 2027

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Ons arriveer terug in Suid-Afrika ná ’n reis gevul met majestueuse Alpe, glinsterende mere, bekoorlike dorpies en die warm tradisies van Switserland.

Van die indrukwekkende pieke van die Jungfrau-streek en die ikoniese Matterhorn tot die eeue-oue Alpabfahrt – hierdie was ’n reis van kontraste en onvergeetlike ervarings.

Ons neem afskeid met ’n hart vol dankbaarheid, nuwe vriendskappe en herinneringe aan ’n land wat werklik soos ’n sprokie voel.

Ons toerprys is tans onbekend. 

*Die toerprys is onderhewig aan 'n aanpassing volgens die wisselkoers. Die finale toepaslike wisselkoers word ongeveer vier maande voor vertrek vasgestel en sal op die finale faktuur weerspieël word, wat drie maande voor vertrek betaalbaar is. Wisselkoerse word vir prysdoeleindes na die naaste ZAR afgerond.

Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?

Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hier onder in en betaal jou deposito van R6,000:

Kliek hier om te bespreek

 

KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:

  • Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Switserland en terug. 'n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar;
  • Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
  • Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer;
  • Busbestuurdersfooi: CHF26 p.p.;
  • 10 nagte se gehalteverblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer, in drie- en viersterhotelle. ’n Groot voordeel van hierdie toer is dat ons vir langer tydperke op een plek bly, wat beteken minder in- en uitpak en meer tyd om elke streek rustig te beleef:
    • Grindelwald-omgewing – vier nagte (die ideale basis om die asemrowende Jungfrau-streek te ontdek);
    • Saas-Fee-omgewing – drie nagte (’n rustige, motorvrye bergdorpie omring deur die majestueuse Alpe);
    • Luzern-omgewing – drie nagte (die perfekte basis om die skatte van Sentraal-Switserland te verken).
  • Aandetes soos aangedui in die toerprogram. Op dae waar ’n aandete nie ingesluit word nie, ontvang elke toerlid ’n subsidie van CHF25 per persoon om ’n aandete van eie keuse te geniet;
  • Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding; (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.)
  • Alle vervoer soos aangedui in die program, insluitend die volgende onvergeetlike Switserse berg- en treinervarings:
    • Gondelrit na Männlichen;
    • Treinrit van Kleine Scheidegg na Wengen;
    • Eiger Expressgondel en bergtrein na Jungfraujoch – die bekende Top of Europe;
    • Gondelrit na First;
    • Treinrit na en vanaf Zermatt;
    • Gornergrat-tandrattrein met asemrowende uitsigte op die ikoniese Matterhorn;
    • Metro Alpinfunikulêr na Mittelallalin;
    • Die volledige Pilatus Golden Round Trip:
      • Bootvaart oor die Vierwoudstreke-meer;
      • Pilatus-tandratspoor;
      • Kabelkar en gondel terug na die vallei;
    • Titlis Rotairgondel wat 360° draai.

Uitppies wat ingesluit is:

  • Die pragtige Alpe-dorpe Wengen, Mürren en Zermatt;
  • Tradisionele fondue-ervaring;
  • Switserse sjokolade-ervaring.
Kostes wat uitgesluit is:
  • Addisionele lughawebelasting a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
  • Visumkoste;
  • Reisversekering (L.W.: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit binne 24 of 48 uur nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het, moet aktiveer. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
  • Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.

Kom #DroomLeefReis saam!

Die Hart van Switserland-boetiektoer

Tree met ons in verbinding:

Ems: +27 83 637 1542

Ilzé: +27 83 637 1642

droom@winskooptoere.co.za

Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en YouTube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:

Toer na Switserland - Die Hart van Switserland-boetiektoer

**WinskoopToere behou die reg om die prys en toerprogram te wysig.
Back To Top
Your Cart

Your cart is empty.