Toerprys:
R70,000.00
Datum:
Plekke nog beskikbaar:
Vol Bespreek
Kliek hier om te bespreek
NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL
Kliek hier om die brosjure af te laai
Toer na Europa - Ons wit Kersfeestoer 2026
LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.
Dag 1: Ons Wit Kersfeestoer
Maandag, 14 Desember 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons Kersfeestoer begin al op O.R. Tambo Lughawe waar die opgewonde toerlede bymekaarkom! Ons vertrek na Wene in Oostenryk. Ons kry etes en drankies tydens al die vlugte. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.)
Dag 2: Ons Wit Kersfeestoer
Dinsdag, 15 Desember 2026
- WENE, OOSTENRYK & BRATISLAVA, SLOWAKYE -
Ons arriveer op Wene se lughawe. Hier wag ons luukse bus reeds op ons. Hierdie gerieflike bus bly ons s’n tydens ons hele Kersfeestoer. Ons vertrek van die lughawe af na Bratislava, die hoofstad van Slowakye. Hier beleef ons die uniekheid van hierdie land se Kerstyd. Ons besoek eerstens hulle pragtige Kersmark en daarna geniet ons vrye tyd in Bratislava se ou stad.
Later neem ons bus ons na Wene waar ons die volgende twee nagte in ‘n gerieflike hotel tuisgaan.
Bratislava, Slowakye
Domkirche St. Stephan in Wene, Oostenryk
Dag 3: Ons Wit Kersfeestoer
Woensdag, 16 Desember 2026
- WENE, OOSTENRYK -
Vanoggend begin ons met ‘n interessante stadsbesigtigingstoer van Wene. Hierna het ons die hele dag vry in die pragtige ou stad. Die artistieke en intellektuele nalatenskap van die stad is gevorm deur sy bekende inwoners, o.a. Mozart, Beethoven en Sigmund Freud. Die stad is ook bekend vir sy keiserlike paleise, insluitend Schönbrunn, die Habsburgers se somerwoning. In die Museumkwartiere vertoon historiese en kontemporêre werke van Egon Schiele, Gustav Klimt en vele ander kunstenaars.
Jy het vandag geleentheid om die menigde Kersmarkte en van hierdie museums te besoek. Vanaand eet ons aandete by die Heuriger waar Beethoven graag besoek afgelê het.
Dag 4: Ons Wit Kersfeestoer
Donderdag, 17 Desember 2026
- DüRNSTEIN & HALLSTATT, OOSTENRYK & BAD REICHENHALL, DUITSLAND -
Ons groep vertrek vanoggend na Hallstatt. Op pad stop ons in die pragtige Dürnstein, ‘n dorpie bekend vir sy blou barok-kerktoring.
In Halstatt – een van die allermooiste dorpies – geniet ons 'n bootvaart, stap rond en jy kan ‘n gesellige koffiewinkel besoek! Hierna ry ons na Bad Reichenhall waar ons vanaand gaan slaap.
Dürnstein, Oostenryk
Hallstat, Oostenryk
Dag 5: Ons Wit Kersfeestoer
Vrydag, 18 Desember 2026
- EUGENDORF & SALZBURG & BAD REICHENHALL, DUITSLAND -
Salzburg, Oostenryk
Dag 6: Ons Wit Kersfeestoer
Saterdag, 19 Desember 2026
- INNSBRUCK, OOSTENRYK & OBERAMMERGAU, DUITSLAND -
Innsbruck, Oostenryk
Dag 7: Ons Wit Kersfeestoer
Sondag, 20 Desember 2026
- ZUGSPITZE, ETTAL-KLOOSTER & OBERAMMERGAU, DUITSLAND -
Vanoggend ry ons na die Zugspitze – die hoogste bergpiek in Duitsland. Ons ry met die kabelkar tot bo in die berge. Daarbo is lieflike restaurante waar ons oor die sneeu kan uitkyk. Hier beleef ons tipiese sneeu soos die Europeërs dit geniet!
Na ons heerlike oggend in die berge besoek ons die Ettal-klooster. Ons slaap weer in Oberammergau oor.
Zugspitze, Duitsland
Dag 8: Ons Wit Kersfeestoer
Maandag, 21 Desember 2026
- LECH, OOSTENRYK & BODENSEE & SINGEN, DUITSLAND -
Ons vertrek vanoggend na die lieflike Bodensee. Ons spandeer eers tyd in die skilderagtige Lech. Dan besoek ons verskeie dorpies rondom die Bodensee waar die Kers-atmosfeer teen die agtergrond van dié meer jou meesleur. Ons geniet ‘n bootvaart en besoek Lindau. Daarna vertrek ons na ons hotel in Konstanz waar ons oornag.
Dag 9: Ons Wit Kersfeestoer
Dinsdag, 22 Desember 2026
- KONSTANZ & SINGEN, DUITSLAND -
Ons besoek vandag die universiteitstad Konstanz. Die Altstadt (ou stad) van Konstanz het baie ou geboue en kronkelende stegies. Die stadshorison word oorheers deur die Konstanz-katedraal, verskeie ander kerke en drie torings wat van die stadsmuur oorgebly het. Ons geniet die aand in ons hotel in Konstanz
Konstanz, Duitsland
Dag 10: Ons Wit Kersfeestoer
Woensdag, 23 Desember 2026
- TRIBERG, DUITSLAND & COLMAR, FRANKRYK -
Colmar, Frankryk
Dag 11: Ons Wit Kersfeestoer
Donderdag, 24 Desember 2026
- STRASBOURG & COLMAR, FRANKRYK -
Strasbourg, Frankryk
Dag 12: Ons Wit Kersfeestoer
Vrydag, 25 Desember 2026
- COLMAR, FRANKRYK -
Dag 13: Ons Wit Kersfeestoer
Saterdag, 26 Desember 2026
- ZÜRICH, DUITSLAND -
Na nog 'n heerlike ontbyt, val ons in die pad na Zürich om vanmiddag ons vlug terug na Suid-Afrika te haal.Ons land in Johannesburg. Nadat ons soveel gesien en beleef het, gaan ons nog jare lank die mooiste herinneringe hieraan koester!
Dag 14: Ons Wit Kersfeestoer
Sondag, 27 Desember 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons toerprys is R70,000 p.p. wat deel.
Verwagte enkeltoeslag is R13,500.
Teen wisselkoers van €1 = R19,00
Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?
Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:
Kliek hier om te bespreek
KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:
- Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.);
- Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
- Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer.
- Aandetes soos gemeld in ons program of ‘n subsidie van €20 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
- Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer;
- ‘n Stadstoer met professionele Engelsprekende gidse in Wene, Salzburg, Konstanz en Strasbourg.
- Bootvoort op die Hallstättermeer;
- Perdekoetsrit in Eugendorf;
- 'n Besoek aan Swarovski Welt;
- Kabelkarretjie op met Zugspitze;
- 'n Besoek aan Ettalklooster;
- Swartwoudkoek en koffie in die Swartwoud;
- Kabelkarretjie op met Zugspitze;
- Bootvaart op die Bodensee;
- Fooi vir die busbestuurder: €24 p.p.;
- Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.);
- Die gebruik van WinskoopToere se kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
Wat is nie ingesluit nie?
- Visumkoste;
- Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
- Middagetes;
- Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies;
- Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.
Kom #DroomLeefReis saam!
Toer na Europa - Wit Kersfeestoer!
Tree met ons in verbinding:
Ems: +27 83 637 1542
Ilzé: +27 83 637 1642
Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en Youtube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:
Toer na Europa - Wit Kersfeestoer!





