Toerprys:
Original price was: R170,000.00.R139,000.00Current price is: R139,000.00.
Datum:
Plekke nog beskikbaar:
31 plekke
"'n Wonderlike unieke luukse bootervaring!"
Kliek hier om te bespreek
NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL
Toer na Japan - Ons Japan en Goue Kus Boottoer: Eksklusief, luuks en sorgvuldig saamgestel.
'n Reis van uitsonderlike WinskoopToere-waarde.
Hierdie is een van WinskoopToere se eksklusiewe luukse boottoere en ons eerste na die Ooste! Alles is by die toerprys ingesluit, jy kan net agteroor sit en jouself gate uit geniet!
Let wel: Ons WinskoopToere-groep van 40 toerlede vaar met die Norwegian Jade - loer gerus onder aan hierdie blad vir meer inligting en foto's van ons luukse boot!
LET DAAROP DAT DIE VOLGENDE ETES REEDS INGESLUIT IS BY ONS PRYS:
- Op land: ALLE ONTBYTE EN AANDETES
- Op die boot: ALLE ONTBYTE, MIDDAG- EN AANDETES EN GESELLIGE VERMAAK
Dag 1: Ons Japan en Goue Kus Boottoer
Vrydag, 26 November 2027
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg na Tokyo. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.)
Dag 2: Ons Japan en Goue Kus Boottoer
Saterdag, 27 November 2027
- TOKYO, JAPAN -
Ons arriveer in Tokyo, waar 'n luukse bus ons na ons lieflike sentrale hotel in Tokyo neem.
Ons eet vanaand almal saam aandete in die hotel.
Tokyo, Japan
Dag 3: Ons Japan en Goue Kus Boottoer
Sondag, 28 November 2027
- TOKYO, JAPAN -
Ons groep ontdek vandag die wonder van Tokyo tydens ’n opwindende dag vol kultuur, tegnologie en tradisie. Ons stap na Meiji Jingu, ‘n reusagtige bosagtige area in die middel van die stad, en stap daarna deur Takeshita-straat in Harajuku om die buitensporige, kleurvolle modes te sien en die bekende reuse crêpes (pannekoeke) te proe.
Laatmiddag keer ons terug na 'n wonderlike dag en ons geniet weer aandete saam in die hotel.
'n Mark in Takeshita-straat in Harajuku, Japan
Dag 4: Ons Japan en Goue Kus Boottoer
Maandag, 29 November 2027
- TOKYO, JAPAN & NORWEGIAN JADE -
Ons geniet ‘n heerlike dag in Tokyo. ‘n Besoek aan Senso-ji, Tokyo se oudste en mees ikoniese Boeddhistiese tempel, neem jou terug in tyd. Die pad na die tempel Nakamise-dori is gevul met eeue-oue stalletjies wat tradisionele snuisterye en heerlike warm Japannese fyngebak verkoop.
Later vanmiddag gaan ons by Tokyo se hawe aan boord die Norwegian Jade, waar ons bootvaart begin.
Ons boot, die Norwegian Jade
Dag 5: Ons Japan en Goue Kus Boottoer
Dinsdag, 30 November 2027
- FIJI SHIMIZU, JAPAN & NORWEGIAN JADE -
Ons meer vanoggend by die hawe van die berg Fiji Shimizu vas. Hier beleef ons die asemrowende skoonheid van die Fuji-berg, Japan se hoogste berg en ‘n UNESCO-wêrelderfenisgebied, en die rustige kusdorpie Shimizu. Ons eerste Norwegian Jade-uitstappie begin vandag! Ses eksklusiewe Norwegian Jade-daguitstappies (ter waarde van R23,000 p.p.) vorm deel van hierdie luukse toer!
Die eerste stop is by die Fujisan Hongu Sengen Taisha-gedenkplek. Meer as 500 kersiebome versier die terrein in hulle herfsbaadjie. Binne die kompleks is daar ’n dam wat gevoed word deur smeltende sneeu en ys vanuit die Fuji-berg. Hierdie dam is as ’n Spesiale Natuurmonument verklaar.
Die volgende stop is die Fuji-berg se tweede stasie, op ongeveer 1 430 meter bo seevlak. Hier kry jy die geleentheid om asemrowende uitsigte oor die berg te bewonder.
Die laaste besoekpunt is by die Fuji-berg se UNESCO-wêrelderfenisgebiedsentrum, wat in Desember 2017 geopen is.
Ons keer laatmiddag terug na ons luukse skip en vaar verder. Ons geniet aandete aan boord.
Fiji Shimizu, Japan
Dag 6: Ons Japan en Goue Kus Boottoer
Woensdag, 1 Desember 2027
- KYOTO OSAKA, JAPAN & NORWEGIAN JADE -
Na ‘n heerlike ontbyt aan boord, vertrek ons per bus na Kyoto wat al vir meer as ‘n duisend jaar die keiserlike hoofstad van Japan is. Ons besoek vandag drie van Kyoto se mees betowerende besienswaardighede tydens ‘n fantastiese begeleide daguitstappie (kostes reeds in die toerprys ingesluit).
Eerste is die indrukwekkende Kinkakuji (Goue Pawiljoen), Kyoto se wêreldbekende en mees gefotografeerde tempel en tuin. Die oorspronklike Kinkakuji is in 1394 gebou as ’n aftreevilla vir ’n voormalige Sjogoen.
Volgende besoek ons die Nijo-kasteel, met sy indrukwekkende mure en grag. Die kasteel, wat in 1603 voltooi is, is veral bekend vir sy sogenaamde 'nagtigaalvloere', wat ontwerp is om die voetstappe van ninja-sluipmoordenaars op te spoor en die inwoners teen indringers te waarsku. Die Nijo-kasteel is as ’n UNESCO-wêrelderfenisterrein gelys en word beskou as een van die wêreld se groot historiese geboue.
Ons keer laatmiddag terug na die Norwegian Jade, waar ons vannag oornag en heerlik verder vaar op hierdie unieke Japantoer.
Kyoto, Japan
'n Geisha van Kyoto, Japan
Dag 7: Ons Japan en Goue Kus Boottoer
Donderdag, 2 Desember 2027
- KOCHI, JAPAN & NORWEGIAN JADE -
Ons meer vanoggend by Kochi se hawe vas en vertrek op ‘n daguitstappie na die asemrowende Iya-vallei. Die hoogtepunt van die uitstappie is ’n rustige bootvaart deur die indrukwekkende Oboke-ravyn naby die ingang van die vallei. Die boot neem jou stroomaf op die smaraggroen Yoshino-rivier, verby steil rotskranse wat dramaties uit die water verrys.
Nabygeleë is die besonder indrukwekkende Biwa-waterval, wat ongeveer 45 meter teen mosbedekte rotse afstort.
Na ‘n fantastiese dag keer ons terug na die Norwegian Jade en geniet ‘n heerlike aandete.
Kochi, Japan
Dag 8: Ons Japan en Goue Kus Boottoer
Vrydag, 3 Desember 2027
- HIROSHIMA& MIYAJIMA-EILAND, JAPAN & NORWEGIAN JADE -
Ons ontdek vandag die geskiedenis en hoop van Hiroshima tydens ’n indrukwekkende daguitstappie.
Ons besoek ’n gedenkpark wat die verwoesting van die atoombom wat in 1945 op Hiroshima gegooi is, uitbeeld, en geniet daarna die natuurskoon van die pragtige Miyajima-eiland.
Die Hiroshima Peace Memorial Park is ná die Tweede Wêreldoorlog opgerig as ’n gedenkteken vir die tienduisende mense wat tydens die atoombomaanval gesterf het. Hier sal jy die Atoombomkoepel sien, een van die min strukture wat die ontploffing oorleef het, asook die Hiroshima Peace Memorial Museum, waar betekenisvolle voorwerpe en uitstallings die verhaal van die ramp vertel.
Ná middagete as groep saam beleef ons ’n heel ander kant van die streek tydens ’n veerbootrit na Miyajima-eiland, ’n UNESCO-wêrelderfenisterrein wat wêreldbekend is vir sy ikoniese 'drywende' rooi torii-poort.
Ons keer vanaand terug na ons boot en geniet aandete aan boord.
Atoombomkoepel in Hiroshima, Japan
Dag 9: Ons Japan en Goue Kus Boottoer
Saterdag, 4 Desember 2027
- NORWEGIAN JADE -
Ons geniet ‘n heerlike ontbyt aan boord en vaar rustig langs die kus in die rigting van Naha. Geniet die ongelooflike natuurskoon en ontspan vandag heerlik op die skip. Geniet 'n ete in een van die restaurante, besoek die Stardust-teater of geniet die luukses op die sondek!
Dag 10: Ons Japan en Goue Kus Boottoer
Sondag, 5 Desember 2027
- NAHA, OKINAWA, JAPAN & NORWEGIAN JADE-
Ons vaar vanoggend tot by die lieflike dorpie Naha met sy tropiese skoonheid, die hoofstad van Okinawa, die tropiese eilandgroep suid van die Japannese vasteland .
Hierdie lewendige kusstad bied ’n unieke mengsel van Japannese en Ryukyu-kultuur, kleurvolle markte, historiese besienswaardighede en pragtige see-uitsigte. Geniet ’n ontspanne dag vol plaaslike disse, tradisionele kuns en die warm gasvryheid waarvoor Okinawa bekend is.
Ons oornag weer vanaand aan boord ons luukse skip.
Shuri-kasteel, Okinawa, Japan
Dag 11: Ons Japan en Goue Kus Boottoer
Maandag, 6 Desember 2027
- KEELUNG & TAIPEI, TAIWAN & NORWEGIAN JADE -
Ons geniet ‘n heerlike ontbyt aan boord. Ná ’n skilderagtige rit vanaf Keelung na Taipei, vertrek ons op ’n stadstoer wat van die stad se bekendste besienswaardighede insluit.
’n Dag in Taipei stel jou bekend aan hierdie kosmopolitiese stad waar antieke kultuur en tradisie naatloos met die moderne wêreld saamvloei.
Ons besoek die wêreldbekende National Palace Museum, wat een van die mees indrukwekkende versamelings van Chinese keiserlike kuns huisves. Die National Revolutionary Martyrs' Shrine, wat opgedra is aan diegene wat hul lewens vir die Republiek van China opgeoffer het, is ’n uitstekende voorbeeld van klassieke Ming-dinastie-argitektuur.
Ons besoek na middagete die Sun Yat-sen Memorial Hall, wat in 1972 voltooi is en opgedra is aan die Republiek van China se 'Vader van die Nasie', dr. Sun Yat-sen.
Voordat ons Taipei verlaat, stop ons by die indrukwekkende Taipei 101 vir foto’s. Met sy 101 verdiepings en spits van 60 meter hoog bly dit steeds een van Taiwan se mees ikoniese landmerke.
Ons oornag vanaand op die Norwegian Jade.
Sun Yat-sen Memorial Hall, Taipei, Taiwan
Dag 12: Ons Japan en Goue Kus Boottoer
Dinsdag, 7 Desember 2027
- NORWEGIAN JADE -
Ons geniet ‘n heerlike dag aan boord die Norwegian Jade en geniet die fantastiese geriewe van die skip, tesame met die ongelooflike uitsig van die natuurskoon.
Dag 13: Ons Japan en Goue Kus Boottoer
Woensdag, 8 Desember 2027
- HONGKONG, CHINA & NORWEGIAN JADE -
Ons geniet vanoggend ontbyt aan boord en bereik laatoggend die hawe van die indrukwekkende Hongkong van waar ons op ‘n Norwegian Jade-daguitstappie gaan.
Die dinamiese stad Hongkong is lewendig, bruisend, modern, opwindend, kleurvol, misterieus, vermaaklik en aanloklik – maar bo alles enigmaties. Hierdie toer neem jou op ’n ontdekkingstog deur die geheime van Hongkong, waar eeue-oue tradisies steeds voortleef langs ’n ultramoderne metropool.
Ons besoek die Hongkong-eiland waar ons die bekende Peak Tram neem vir ’n opwindende rit na die kruin van die berg.
Ons besoek daarna die beroemde drywende vissersdorpie, Aberdeen, vir ’n onvergeetlike ervaring. Hoewel moderne kommersiële geboue en fabrieke die gebied in onlangse jare omring het, behou Aberdeen steeds die karakter van ’n tradisionele vissersgemeenskap. Hier klim jy aan boord van ’n sampan – ’n klein houtboot – wat deur die nou waterweë van die dorpie vaar sodat jy die unieke bootgemeenskap van nader kan beleef.
Ons keer terug na die hawe en oornag vanaand in ons luukse boot.
Hongkong, China
Dag 14: Ons Japan en Goue Kus Boottoer
Donderdag, 9 Desember 2027
- HONGKONG, CHINA & NORWEGIAN JADE -
Dag 14: Ons Japan en Goue Kus Boottoer
Vrydag, 10 Desember 2027
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons verwagte toerprys is R139,000 p.p. wat deel.
Enkeltoeslag (slegs op land): R4,000.
Geen enkelkajuite beskikbaar nie.
Teen wisselkoers van $1 = R16,50
Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?
Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hier onder in en betaal jou deposito van R6,000:
Kliek hier om te bespreek
KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:
- Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Tokyo en terug vanaf Hongkong na Johannesburg. 'n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.
- Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen).
- Luukse verblyf (bed en buffetontbyt) in enkel of dubbelkamers, elk met eie badkamer in 'n viersterhotel in Tokyo.
- Bootvaart vir tien nagte op die Norwegian Jade.
- Die volgende is op die Norwegian Jade ingesluit:
- Alle hawebelasting ($170);
- Verpligte fooitjies op die boot ($200);
- Alle ontbyte, middag- en aandetes - heerlike etes, buffets, eksklusiewe eetplekkies en wegneemetes vorm deel van die opsies;
- Uitstappies met die hand uitgesoek om 'n onverbeterlike Japan en Goue Kus-ervaring te verseker (soos beskryf hierbo, ter waarde van R23,000 p.p.) en
- Balkonkajuite.
- Fooitjie vir die busbestuurder ($10 p.p. vir die toer).
- Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding;
- Luukse busvervoer in Tokyo, van die lughawe na die hotel, en van die hotel na die hawe asook vir die uitstappies tydens ons Norwegian Jade-vaart soos nodig;
- Metro-vervoer in Tokyo;
- Luukse busvervoer vanaf Hongkong-hawe na lughawe.
Uitstappies wat ingesluit is:
Norwegian Jade-uitstappies, o.l.v. professioneel plaaslike gidse, waarna jy kan uitsien (kostes reeds by ons toerprys ingesluit):- Kyoto: Antieke tempel- en kasteeltoer;
- Fuji-berg: Uitstappie teen die heilige berg;
- Kochi: Bootrit deur die Oboke-ravyn;
- Hiroshima: Historiese eiland- en gedenkparktoer;
- Taipei: Stadstoer en ryk kultuurhoogtepunte; en
- Hongkong: Peak Tram- en ikoniese hawestadstoer
- Visumkoste
- Reisversekering (L.W.: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit binne 24 of 48 uur nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het, moet aktiveer. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
- Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur.
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
MEER OOR ONS LUUKSE BOOT, DIE NORWEGIAN JADE
- Verskeie restaurante met ’n wye verskeidenheid internasionale disse;
- Hoofeetsale soos Alizar en Grand Pacific;
- Spesialiteitsrestaurante soos Le Bistro (Frans), La Cucina (Italiaans), Cagney’s Steakhouse en Teppanyaki;
- ’n Groot buffetrestaurant en verskeie informele eetplekke;
- Verskeie stylvolle kroeë en sitkamers, insluitend ’n sjampanje- en wynkroeg, mojitokroeg en martini-kroeg;
- Die indrukwekkende Stardust-teater met wêreldklas vermaak;
- Swembaddek en sondekke vir ontspanning;
- ’n Moderne spa- en welstandsarea;
- Gimnasium en fiksheidsgeriewe;
- Kasino en nagklub;
- ‘n Hysbak tussen die verskillende vlakke.
Kom #DroomLeefReis saam!
Ons Japan en Goue Kus Boottoer
Tree met ons in verbinding:
Ems: +27 83 637 1542
Ilzé: +27 83 637 1642
Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en YouTube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:
Toer na Japan - Ons Japan en Goue Kus Boottoer









