Skip to content

HPE27: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Toerprys:

Original price was: R80,000.00.Current price is: R73,000.00.

Datum:

19 April tot 1 Mei 2027 (13 dae)

Plekke nog beskikbaar:

37 plekke

Kliek hier om te bespreek

NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL

 

Toer na Europa - Hoogtepunte van Europatoer 2027

Bietjie anders as in die afgelope tien jaar, maar BETER! Hier is 'n paar veranderinge waarna ons toerlede kan uitsien:
  • 'n Heerlike ekstra besoek aan die kusdorpie Sirmione. En meer as dit: Ons besoek ook 'n wynplaas en Italiaanse villa, waar ons 'n smakie van eg Italiaanse gasvryheid, kos én wyn as groep kan geniet!
  • Ons toerlede het gepraat en ons het geluister! Ons het twee klein veranderinge aan ons roete gemaak, wat ons toerlede die gerief gee van meer gereeld op 'n plek vir twee nagte slaap, ipv elke dag weer inpak. Ons slaap dus nou twee aande in Colmar (heerlik sentraal, in 'n viersterhotel) en geniet die Elsasstreek ('n interessante mengsel van Franse en Duitse kultuur - juis vanweë die geskiedenis van hierdie streek so op die grens van Frankryk en Duitsland) nog meer omdat ons meer tyd hier spandeer om die streek behoorlik te ontgin.
  • Ons doen aan in Reims om die katedraal te besoek (beslis 'n moet sien!) en 'n lekker koppie koffie te geniet, en ry dan verder na Parys om 'n ekstra nag hier te slaap. Dit gee ons die kans om Parys behoorlik op horings te neem. Ons bly in Parys in 'n lieflike hotelletjie in die hartjie van Montmartre - SO sentraal dat ons spesiaal pendeldienste gebruik om by ons hotel uit te kom!
  • Ons verblyf in Nederland is gereël om in die stadsentrum van Leiden te wees. Ons kan nie wag om hierdie universiteitstad saam met julle te ontdek nie!
  • Ons kon ook ons toerdatums so bewimpel dat ons die geleentheid het om op Donderdag, 29 April op markdag in Gouda te wees. Hierdie is een van die lekkerste maniere om 'n egte ervaring van die Nederlandse kultuur te kry. (Om die besoek aan Gouda in te werk, haal ons dan Amsterdam uit ons reisplan.)
  • Ons besoek aan Keukenhof is dan op Vrydag, 30 April - 'n hoogtepunt op ons laaste dag wat ons vir ewig sal bybly. Ons is teen 15:00 by die lughawe vir ons aandvlug om 19:00.
 

LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.

Dag 1: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Maandag, 19 April 2027

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe na Europa. 'n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.

Dag 2: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Dinsdag, 20 April 2027

- VENESIË & VERONA, ITALIË -

Ons arriveer by Venesië Lughawe, (ons kry etes en drankies tydens die vlugte) waar ons luukse bus op ons wag. (Ons ry die hele tydperk met hierdie bus.)

Ons vertrek direk vir ‘n besoek aan die pragtige antieke stad Verona – vandag ‘n Wêrelderfenisgebied. Hierdie ou stad is bekend vir sy Romeinse arena uit die eerste eeu (hier word steeds konserte voor  15 000 mense op ‘n keer gehou), die eeue-oue stadsmure en die Ponte Pietra-brug (gebou in 100 v.C.).

Ons groep geniet 'n heerlike aandete saam as groep. Ons slaap in ‘n gerieflike driesterhotel in 'n voorstad van Verona.

Verona, Italië

Dag 3: Ons Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Woensdag, 21 April 2027

- VENESIË, ITALIË -

Ons groep besoek die wonderstad op water, Venesië! Ons vaar met die boot na die ou stad, ons geniet ‘n stadstoer deur ‘n plaaslike gids, ons bewonder ‘n meesterlike glasblaser en ons stap lekker hier rond in ons vrye tyd. Ons vaar laatmiddag weer met die boot terug na ons bus. Wat ‘n opwindende dag!

Ons eet vanaand in ‘n gesellige restaurant en slaap weer in dieselfde hotel buite Verona.

cityscapes-lanterns-boats-venice-italy_www-paperhi-com_72Venesië, Italië

Dag 4: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Donderdag, 22 April 2027

- SIRMIONE & COMO, ITALIË -

Ons vertrek vanoggend na Sirmione, omring deur die Gardameer. Ons besoek die Scaligerkasteel saam in twee groepe. Hierna het ons almal vrye tyd om rustig deur die interessante dorpie te loop.

Na Sirimone besoek ons die wynplaas Corte Anna vir 'n wynproe en eg tradisionele Italiaanse ete. By die Italiaanse wynplaas en villa ervaar ons as groep die warmte van Italiaanse gasvryheid – met heerlike plaaslike kos, uitstekende wyn en 'n voorsmakie van die ware Italiaanse leefstyl.  

'n Eg Italiaanse ervaring by Corte Anna, Italië

Die aanskoulike Lago di Como is ons volgende bestemming. Ons vertrek na hierdie beeldskone mere-distrik in Italië. Hier gaan ons ‘n baie gesellige aand langs die beroemde meer geniet! Toerlede ontvang 'n €20 subsidie vir aandete. Ons slaap in ‘n gerieflike hotel in Como se stadsentrum.

Lago di Como, Italië

Dag 5: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Vrydag, 23 April 2027

- LUZERN, SWITSERLAND & COLMAR, FRANKRYK -

Van die een hoogtepunt na die volgende: ons ry vandag deur ‘n pragtige natuurgebied Switserland toe vir ‘n verruklike dag in Luzern. Die groot Pilatusbergspits val mens eerste op, en die wonderskone Luzernmeer nooi jou uit vir ‘n onvergeetlike bootvaart. Eers gaan ons as groep na die aangrypende standbeeld van die gewonde leeu kyk, en daarna kan jy gerus stap na die eeue-oue stadsmuur en Kapelbrug. Die toergroep geniet dan 'n heerlike bootvaart op die meer. Hierna het almal vrye tyd om in die mooi ou stad rond te loop en inkopies te doen.

Stop gerus ook by die Schwanenplatz “Chocolate World” met hulle sjokolade waterval wat teen ‘n hele muur afvloei. Jy kan nie in Switserland wees en nie hul sjokolade proe nie!

Later vanmiddag sit ons ons reis in Europa voort, nou in die rigting van die Franse grens. Ons slaap die volgende twee aande oor in ‘n oulike hotel in die hartjie van Colmar, Frankryk.

Luzern, Switserland

Dag 6: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Saterdag, 24 April 2027

- COLMAR & RIQUEWIHR, FRANKRYK -

Na ‘n smaaklike ontbyt, stap ons rustig rond in die skilderagtige Colmar met sy pragtige vakwerk-huisies.

Colmar, Frankryk

Vanmiddag geniet ons die baie besonderse middeleeuse dorpie, Riquewihr, waar alles lyk of die tyd eeue lank stilgestaan het.

Ons spandeer nog die aand heerlik in Colmar. Elke toerlid ontvang ‘n aandete subsidie van €20.

Riquewihr, Frankryk

Dag 7: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Sondag, 25 April 2027

- REIMS & PARYS, FRANKRYK -

 Vandag ry ons groep diep die Franse platteland binne en geniet die unieke natuurskoon van hierdie streek. Ons besoek Reims in Frankryk en verken onder andere die majestueuse Notre-Dame-katedraal, waar talle Franse konings deur die eeue gekroon is en die indrukwekkende Gotiese argitektuur elke besoeker beïndruk.  Dan ry ons verder na Parys!

Ons bly die volgende twee nagte in die hartjie van Montmartre. Ons geniet ‘n heerlike aandete saam as groep in ‘n restaurant naby die gewilde Place du Tertre.

Toer na Europa - Hoogtepunte van EuropatoerDie imposante katedraal in Reims, Frankryk

Dag 8: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Maandag, 26 April 2027

- PARYS, FRANKRYK -

Vanoggend skop ons af met ‘n stadstoer onderleiding van ‘n plaaslike gids. Hy neem ons met die bus in die stad rond en ons meer oor Parys se interessante geskiedenis vertel. Ons het die res van die dag vry om Parys beter te leer ken! 

Die bekende Notre-Dame Katedraal in Parys, Frankryk

Vanaand kan jy die unieke kunstenaarsgebied Montmartre verder verken en ook die pragtige beligte Sacre Coeur in die aand bewonder. Elkeen kry ‘n aandete subsidie van €20.

Toer na Europa - Hoogtepunte van EuropatoerSacre Coeur in Montmartre, Parys, Frankryk

Dag 9: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Dinsdag, 27 April 2027

- BRUGGE , BELGIË -

Ons vertrek vanoggend na Brugge, België. Ons arriveer eers by ons hotel waarna ons die skatlike ou stadjie op ons eie kan gaan verken. Met sy Middeleeuse karakter, kanale, spitsdakhuisies en selfs nog perdekarre op die markplein, bied Brugge meer as genoeg om ons besig te hou! Soek in die winkels vir jou ‘n stukkie van hulle beroemde kant. Hier kan jy ook nog van die onverbeterlike Belgiese wafels en aarbeie op die markplein geniet! Elke toerlid kry ‘n aandete subsidie van €20.

Brugge, België

Dag 10: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Woensdag, 28 April 2027

- BRUGGE, BELGIË & DELFT, NEDERLAND -

Na ’n heerlike ontbyt en rustige oggend, geniet ons nog vrye tyd in Brugge.

Later ry ons na die ou Nederlandse stad, Delft. Hierdie stad is bekend vir sy blou porseleinkuns en die pragtige kanale wat deur die stad vloei. Hier het ons groep heerlike vrye tyd, voordat ons laatmiddag na ons hotel in Leiden se stadsentrum vertrek. (Elke toerlid kry €20 subsidie vir aandete.)

Toer na Europa - Hoogtepunte van EuropatoerBrugge, België

Dag 11: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Donderdag, 29 April 2027

- GOUDA, NEDERLAND -

Vandag wag ‘n besondere dag op ons: Ons besoek die dorpie Gouda - op markdag! 

Laatmiddag keer ons terug na Leiden. Vanaand, op ons laaste aand, eet ons groep ‘n heerlike aandete gesellig saam in ons hotel.

Gouda, Nederland

Dag 12: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Vrydag, 30 April 2027

- KEUKENHOF, NEDERLAND -

Ons groep ry vroeg reeds na die wonderlikste tuin in Europa, Keukenhof, met sy sewe miljoen tulpe. Dit is ‘n aangrypende belewenis om vroegoggend in die tuin rond te wandel asof jy die enigste een daar is, want later trap die mense jou byna dood! Hierdie oggend word deur baie toerlede as die hoogtepunt van ons toer beleef.

Loer gerus hier vir meer ingligting: https://keukenhof.nl/en/

Ons ry vanmiddag na Schiphol Lughawe vir ons aandvlug. Ons vertrek hiervandaan terug na Johannesburg.

Keukenhof, Nederland

Dag 13: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

Saterdag, 1 Mei 2027

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Nou, aan die einde van hierdie wonderlike toer na Europa - Hoogtepunte van Europatoer, sal jy weet: “Ek is nou anders as toe ek gekom het. Ek het soveel beleef, ek is verryk, en ek neem dit saam met my vir altyd!”

Ons finale toerprys is R73,000* p.p. wat deel.

Enkeltoeslag is R15,550 p.p.

Teen wisselkoers van €1 = R19.00

*Die toerprys is onderhewig aan 'n aanpassing volgens die wisselkoers. Die finale toepaslike wisselkoers word ongeveer vier maande voor vertrek vasgestel en sal op die finale faktuur weerspieël word, wat drie maande voor vertrek betaalbaar is. Wisselkoerse word vir prysdoeleindes na die naaste ZAR afgerond.

Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?

Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:

Kliek hier om te bespreek

KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:

  • Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Venesië en van Schiphol na Johannesburg. Ons vlieg met Turkish Airlines. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.);
  • Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
  • Gehalteverblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer, in drie- en viersterhotelle;
  • Aandetes soos gemeld in ons program of ‘n subsidie van €20 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
  • Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer;
  • Fooi vir die busbestuurder: €26 p.p.;
  • Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.);
  • Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse vir insiggewende stadstoere in Venesië en Parys;
  • Bootvaart na Venesië se ou stad en terug;
  • Toeristebelasting in Venesië;
  • Demonstrasie deur 'n glasblaser in Venesië;
  • Italiaanse middagete naby Sirmione;
  • Bootvaart op die Luzernmeer;
  • Kaasproe in Gouda;
  • Toegangskaartjie vir Keukenhof;

Wat is nie ingesluit nie?

  • Addisionele lughawebelasting a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
  • Visumkoste;
  • Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
  • Middagetes;
  • Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
  • Die addisionele koste daaraan verbonde indien jy kies om jou sitplek vooraf te bespreek, soos bepaal deur die lugredery.

LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.

Kom #DroomLeefReis saam!

Toer na Europa - Hoogtepunte van Europatoer

Tree met ons in verbinding:

Ems: +27 83 637 1542

Ilzé: +27 83 637 1642

droom@winskooptoere.co.za

Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en Youtube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:

Toer na Europa - Hoogtepunte van Europatoer

**WinskoopToere behou die reg om die prys en toerprogram te wysig.
Back To Top
Your Cart

Your cart is empty.