Toerprys:
R85,000.00
Datum:
Plekke nog beskikbaar:
45 plekke
Kliek hier om te bespreek
NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL
Toer na Europa - Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu 2027
Behalwe vir hierdie goedbeplande roete wat jou soveel hoogtepunte van Europa wys en regtig moeite doen om vir jou die outentieke geur van elke land te laat beleef, bly ons ook 11 uit 13 aande in sentraalgeleë hotelle wat jou die geleentheid gee om rond te loop en die omgewing verder te verken in die aande met die son wat eers lekker laat in die aand ondergaan!
Jy kan uitsien na 'n André Rieu-konsert in Maastricht, 'n sjampanj-keldertoer en -proe in Reims en 'n eg Italiaanse middagete met wynproe in die Italiaanse platteland. Onverbeterlik!
LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.
Dag 1: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Donderdag, 1 Julie 2027
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg na Amsterdam. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.)
Dag 2: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Vrydag, 2 Julie 2027
- LEIDEN, NEDERLAND -
Ons arriveer by Schiphol Internasionale Lughawe in Amsterdam, waar ons luukse bus op ons wag. (Ons ry die hele tydperk met hierdie bus.)
Ons vertrek na ons heerlike hotel in die stadsentrum van Leiden waar ons die volgende twee aande oornag.
Net ’n klipgooi van ons hotel af bied Leiden die perfekte mengsel van kultuur, kos en kanale – ’n plek waar jy tussen museums, markte en molens kan dwaal en steeds voel of jy ’n geheime juweel ontdek het.
Ons eet vanaand almal saam aandete in die hotel.
Leiden, Nederland
Dag 3: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Saterdag, 3 Julie 2027
- LEIDEN, NEDERLAND -
Ons geniet vandag die Leiden Grote Mark - ‘n bruisende mark gevul met plaaslike produkte, heerlike kos en ‘n lekker kultuurervaring met pragtige historiese geboue wat die mark omring. Dit is 'n belewenis!
Ons het die res van die dag vry om hierdie stad na hartelus te verken. Leiden is 'n heerlike stad om op jou eie te ontdek. Dwaal deur die historiese sentrum, geniet die atmosfeer langs die kanale, besoek een van die interessante museums of vaar op 'n kanaalboot deur die ou stad. Vir die avontuurlustiges is Delft, een van Nederland se mooiste historiese stede en wêreldbekend vir sy blou Delft-erdewerk, net sowat 20 minute per trein weg – ideaal vir 'n ekstra uitstappie.
Elkeen ontvang €20 bydrae vir aandete in ‘n plaaslike restaurant.
Leiden, Nederland
Dag 4: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Sondag, 4 Julie 2027
- MAASTRICHT & VALKENBURG, NEDERLAND -
Vandag is beslis 'n hoogtepunt! Vanoggend vertrek ons na Maastricht waar ons vanaand die André Rieu-vertoning gaan bywoon. Die toergroep geniet hier eers vrye tyd voordat die bus ons na ons hotel (in Valkenburg) neem om mooi te maak vir vanaand se konsert. Die groep eet saam aandete by 'n restaurant in Valkenburg. Ons ry dan na Vrijthof Plein waar André Rieu en sy simfonie-orkes ons met hul pragtige musiek betower. ‘n Ervaring van ‘n leeftyd!
André Rieu, die “Koning van die Wals”, is 'n Nederlandse violis en dirigent van die Johann Strauss-orkes. Die orkes bestaan uit 60 musikante en voer gewilde klassieke werke en walse uit.
Na die konsert keer ons terug na ons hotel.
André Rieu-konsert, Maastricht, Nederland
Dag 5: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Maandag, 5 Julie 2027
- VALKENBURG, NEDERLAND & BRUGGE, BELGIË -
Na 'n lekker laat ontbyt vertrek ons na Brugge in België. Brugge, met sy middeleeuse karakter, spitsdakhuisies en selfs nog perdekarre op die markplein is ‘n skatlike stadjie! Skilderagtige geplaveide lanings en dromerige kanale verbind pragtige markpleine wat met hoë torings, historiese kerke en laning op laning ou witgekalkte aalmoeshuise versier is.
Ons bly vanaand in ‘n lieflike sentrale hotel in Brugge en elkeen ontvang €20 om aandete in ‘n plaaslike restaurant te geniet.
Valkenburg, Nederland
Dag 6: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Dinsdag, 6 Julie 2027
- BRUGGE, BELGIË & PARYS, FRANKRYK-
Ons geniet nog ‘n luilekker oggend in Brugge vanoggend. Raak verlore in die Grote Mark, geniet ‘n perdekoetsrit of besoek die Basilika van die Heilige Bloed. Daar is ook baie winkels om in rond te soek vir daardie stukkie egte kant.
Daarna vertrek ons na die nimlike Parys. Hier bly ons vir die volgende twee nagte in die hartjie van Montmartre.
Ons geniet vanaand saam aandete in ‘n plaaslike restaurant, ‘n klipgooi van die gewilde Place du Tertre waar die kunsteraars destyds gewoon en gekuier het.
Brugge, België
Dag 7: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Woensdag, 7 Julie 2027
- PARYS, FRANKRYK -
Na ‘n heerlike ontbyt by ons hotel neem ons die moltrein na die Notre Dame waar ons die fantastiese katedraal bewonder.
‘n Plaaslike gids neem ons later op ‘n stadstoer van Parys wat by die Notre Dame begin en by die Eiffeltoring eindig.
Ons bus neem ons later na Museé D’Orsay waar ons groep vrye tyd geniet. Besoek gerus een van die nabygeleë museums of parke of geniet net alles wat die lieflike Frankryk bied!
Ons het die res van die aand weer vry om die lieflike Montmartre verder te verken. Elke toerlid ontvang ‘n subsidie van €20 vir aandete.
Notre Dame, Parys, Frankryk
Dag 8: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Donderdag, 8 Julie 2027
- REIMS, FRANKRYK -
Na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons na Reims.
Ons groep geniet ‘n spesiale sjampanje-proe by die Vranken Pommery. Ons geniet vanmiddag vrye tyd om die lieflike dorp te verken.
Ons oornag vanaand in 'n hotel in Reims. Elke toerlid ontvang ‘n subsidie van €20 vir aandete.
Reims, Frankryk
Dag 9: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Vrydag, 9 Julie 2027
- RIQUEWIHR & COLMAR, FRANKRYK -
Vandag vertrek ons na Riquewihr en Colmar in die Elsasprovinsie. Ons eerste stop is die baie besonderse dorpie, Riquewihr, waar alles lyk of die tyd eeue lank stilgestaan het. Riquewihr is 'n middeleeuse dorpie reg in die hartjie van die Elsaswingerde, geklassifiseer onder die "mooiste dorpies in Frankryk" en was deels die inspirasie vir die tuisdorp van Belle in die Disney-film “The Beauty and the Beast”.
Hierna vertrek ons na Colmar. Hierdie stadjie is veral bekend vir sy goedbewaarde argitektoniese erfenis, sy ontelbare geplaveide strate asook die mooiste vakwerkhuisies wat, nes Riquewihr, jou na die middeleeue sal terugneem. Ons kry die geleentheid om vrye tyd in Colmar te spandeer om hierdie mooi dorpie te verken.
Ons slaap vanaand in die ou stad van Colmar. Elkeen geniet aandete op hulle eie in die dorp, waarvoor WinskoopToere €20 bydra.
Colmar, Frankryk
Riquewihr, Frankryk
Dag 10: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Saterdag, 10 Julie 2027
- LUZERN, SWITSERLAND & COMO, ITALIË -
Na ontbyt ry ons deur ‘n pragtige natuurgebied Switserland toe vir ‘n verruklike dag in Luzern. Die groot Pilatusbergspits val mens eerste op, en die wonderskone Luzernmeer nooi jou uit vir ‘n onvergeetlike bootvaart.
Eers gaan ons as groep na die aangrypende standbeeld van die gewonde leeu kyk en daarna stap ons na die eeue-oue Kapelbrug. Die groep geniet ook 'n heerlike bootvaart op die meer. Later het almal vrye tyd om in die mooi ou stad rond te loop en inkopies te doen.
Ons vertrek vanmiddag na die mere-distrik van Italië. Die aanskoulike Comomeer is ons volgende bestemming. Ons slaap die volgende twee aande in ‘n hotel in Como. Elkeen ontvang ‘n €20 bydrae vir aandete.
Luzern, Switserland
Dag 11: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Sondag, 11 Julie 2026
- COMO & BELLAGIO, ITALIË -
Kan jy jou voorstel wat ‘n genot dit is om met die veerboot van Como na Bellagio te vaar? Ons vaar heerlik op die pragtige Comomeer - ‘n ervaring wat jy sekerlik vir altyd sal onthou! In Bellagio self spandeer ons ‘n hele paar genotvolle ure.
Daarna neem ons die veerboot weer terug na Como vir vrye tyd.
Vanaand geniet ons saam aandete in ‘n heerlike restaurant.
Como, Italië
Dag 12: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Maandag, 12 Julie 2027
- SIRMIONE & TREVISO, ITALIË -
Ons vertrek vanoggend na Sirmione, omring deur die Gardameer. Hier het jy die geleentheid om die Scaligerkasteel te besoek, die skiereiland plat te stap, ‘n bootvaart te onderneem of dalk selfs te swem! Ons geniet vrye tyd in hierdie interessante dorpie.
Na Sirimone besoek ons die wynplaas Corte Anna vir 'n wynproe en eg tradisionele Italiaanse ete. By die Italiaanse wynplaas en villa ervaar ons as groep die warmte van Italiaanse gasvryheid – met heerlike plaaslike kos, uitstekende wyn en 'n voorsmakie van die ware Italiaanse leefstyl.
Ons ry laatmiddag na Treviso, waar ons die volgende twee nagte slaap.

Eg Italiaanse ete, Corte Anna, Italië
Dag 13: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Dinsdag, 13 Julie 2027
- VENESIË, ITALIË -
Vandag het ons die geleentheid om die wonderstad op water, Venesië, ordentlik te verken! Ons vaar met die boot na die ou stad, ons geniet ‘n stadstoer deur ‘n plaaslike gids, ons bewonder ‘n meesterlike glasblaser en ons stap lekker hier rond in ons vrye tyd. Ons vaar eers laatmiddag weer met ons boot terug na ons bus. Wat ‘n opwindende dag!
Ons geniet saam vir 'n laaste keer aandete by ons hotel in Treviso en gesels oor al ons wonderlike ervarings op die toer!
Venesië, Italië
Dag 14: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Woensdag, 14 Julie 2027
- TREVISO, ITALIË -
Ons laaste dag in Europa het aangebreek! Na ons vanoggend vir oulaas saam ontbyt geëet het, geniet ons 'n paar ure in die pragtige stadjie, Treviso, voor ons na die Venesië lughawe vertrek vir ons vlug na Suid-Afrika.

Treviso, Italië
Dag 15: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Donderdag, 15 Julie 2027
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons vlug land in Johannesburg.Nadat ons soveel gesien en beleef het, gaan ons nog jare lank die mooiste herinneringe hieraan koester!
Ons verwagte toerprys is R85,000* p.p. wat deel.
*Die toerprys is onderhewig aan 'n aanpassing volgens die wisselkoers. Die finale toepaslike wisselkoers word ongeveer vier maande voor vertrek vasgestel en sal op die finale faktuur weerspieël word, wat drie maande voor vertrek betaalbaar is. Wisselkoerse word vir prysdoeleindes na die naaste ZAR afgerond.Wil jy jou plek vir die toer bespreek?
Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:
Kliek hier om te bespreek
KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:
- Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Amsterdam en van Venesië na Johannesburg. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.);
- Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
- Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer;
- Aandetes soos gemeld in ons program of ‘n subsidie van €20 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
- Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer;
- Fooi vir die busbestuurder: €26 p.p.;
- Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding;
- Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse vir insiggewende stadstoere in Parys & Venesië.
Toegangsgelde vir die volgende uitstappies is ook by die prys ingesluit:
- André Rieu-konsert in Maastricht;
- Sjampanje-keldertoer en -proe in Reims;
- Bootvaart op die Luzernmeer;
- Retoerveerbootvaart op die Comomeer na Bellagio;
- Italiaanse middagete en wynproe;
- Tronchetto-bootvaart asook toeristebelasting in Venesië;
- Glasblaserdemonstrasie in Venesië.
Wat is nie ingesluit nie?
- Visumkoste;
- Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
- Middagetes;
- Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard;
- Die addisionele koste daaraan verbonde indien jy kies om jou sitplek vooraf te bespreek, soos bepaal deur die lugredery.
LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.
Kom #DroomLeefReis saam!
Toer na Europa - Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
Tree met ons in verbinding:
Ems: +27 83 637 1542
Ilzé: +27 83 637 1642
Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en Youtube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:
Toer na Europa - Hoogtepunte van Europa Toer met André Rieu



