Toerprys:
Original price was: R75,000.00.R69,000.00Current price is: R69,000.00.
Datum:
Plekke nog beskikbaar:
21 plekke
Kliek hier om te bespreek
NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL
Kliek hier om die brosjure af te laai
Toer na Europa - Ons Kerstoer met André Rieu
LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.
Dag 1: Ons Kerstoer met André Rieu
Vrydag, 11 Desember 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons André Rieu Kerstoer begin op O.R, Tambo Lughawe waar die opgewonde toerlede bymekaarkom! Ons vertrek na Brussel in België. Etes en drankies tydens die vlugte is ingesluit. ‘n Beperkte aantal Kaapstadvlugte is beskikbaar op aanvraag - doen vroegtydig hiervoor aansoek.
Dag 2: Ons Kerstoer met André Rieu
Saterdag, 12 Desember 2026
- BRUSSEL, BELGIë -
Ons arriveer vroeg vanoggend in Brussel. Hier wag ons luukse toerbus reeds op ons. Ons geniet vanoggend ‘n lekker warm WinskoopToere verrassing voor ons heerlike vrye tyd in Brussel spandeer om self die pragtige ou dorpie te leer ken.
Ons stap dan saam na Brussel se “Winter Wonders and Christmas Market” om ons eerste smakie van hierdie Kerswonder te beleef. Ons vertrek na ons sentraal-geleë hotel en hierna het ons die res van die dag vry om uit te rus of die dorp verder te verken. Ons geniet almal saam ‘n smaaklike aandete by die hotel.
Brussel, België
Dag 3: Ons Kerstoer met André Rieu
Sondag, 13 Desember 2026
- MAASTRICHT, NEDERLAND -
Maastricht, Nederland
Dag 4: Ons Kerstoer met André Rieu
Maandag, 14 Desember 2026
- VALKENBURG & KEULEN, DUITSLAND -
Keulen, Duitsland
Dag 5: Ons Kerstoer met André Rieu
Dinsdag, 15 Desember 2026
- WIESBADEN & HEIDELBERG, DUITSLAND-
Ons vertrek vanoggend eers na Wiesbaden, en dan na die beroemde universiteitstad Heidelberg waar ons oornag.
Ons groep besoek saam die eeue-oue kasteel wat oor die ou stad waak en later kan jy ronddwaal en verlore raak in die atmosfeer van die seisoen. Ons ontmoet mekaar op die afgespreekte plek en vertrek na ons luukse hotel wat lekker sentraal-geleë is.
Ons deel weer vanaand aan elkeen ‘n subsidie van €20 vir aandete uit.
Wiesbaden, Duitsland
Heidelberg, Duitsland
Dag 6: Ons Kerstoer met André Rieu
Woensdag, 16 Desember 2026
- BADEN-BADEN, DUITSLAND & COLMAR, FRANKRYK-
Na ontbyt vertrek ons na Baden-Baden. Ons ervaar die betowerende atmosfeer van hierdie wêrelderfenisstad omring deur die Swartwoud en die berge.
Baden-Baden, Duitsland
Ons verken die Elsasgebied verder en ry na Colmar waar ons die volgende twee aande in ons sentraal-geleë hotel oornag. Ons groep geniet ‘n betowerende aand in Colmar se ou stad.
Vanaand geniet ons as groep saam aandete by ‘n restaurant wat naby ons hotel geleë is..
Colmar, Frankryk
Dag 7: Ons Kerstoer met André Rieu
Donderdag, 17 Desember 2026
- COLMAR, RIBEAUVILLE & STRASBOURG, FRANKRYK -
Vanoggend ry ons na die goed behoue middeleeuse dorpie Ribeauville. Hierdie dorpie is gekies as een van die mooiste dorpies in Frankryk en is omring deur die wingerde van Elsas. Hierna ry ons verder na Strasbourg wat spog met van die mooiste versierde strate ter wêreld tydens die Kersseisoen. Teen die aand begin duisende kersliggies en kersversierings skitter en glinster.
Toerlede geniet hier vrye tyd. Na ons besoek hier keer ons weer terug na Colmar. Ons eet saam aandete in ons hotel.
Ribeauville, Frankryk
Strasbourg, Frankryk
Dag 8: Ons Kerstoer met André Rieu
Vrydag, 18 Desember 2026
- ROTHENBURG OB DER TAUBER & NüRNBERG, DUITSLAND -
Vanoggend ry ons na nog ‘n juweelstadjie uit die Middeleeue: Rothenburg ob der Tauber. Jy kan nie anders as om jouself af te vra of die tyd in Rothenburg stilgestaan het vanaf die Middeleeue nie. Daar is baie min plekke elders in die wêreld met so baie oorspronklike geboue wat uit die Middeleeue dateer soos in hierdie dorpie. Ons geniet hier vrye tyd.
Rothenburg ob der Tauber, Duitsland
Ons toerbus neem ons later na Nürnberg waar ons vanaand oornag. Na ons by ons hotel in die ou stad ingeteken het kan toerlede gerus in Nürnberg gaan rondloop. In die houthokkies van die “stadjie van hout en lap” vind ’n mens tradisionele, dikwels handgemaakte Kersversierings en lekkernye soos gemmerkoek en Spekulatius-amandelkoekies. Elkeen ontvang €20 subsidie vir aandete.
Dag 9: Ons Kerstoer met André Rieu
Saterdag, 19 Desember 2026
- NüRNBERG & OBERAMMERGAU, DUITSLAND-
Na ontbyt vertrek ons op ‘n besonderse stadstoer van die mooie ou Nürnberg met sy kasteel wat omstreeks 1140 gebou is. Nürnberg se historiese myl eindig (of begin) by die kasteel en beskik oor pragtige kerke, uitgebreide fonteine en die Tucherschlossmuseum. In skrille kontras dien ander terreine in Nürnberg as noodsaaklike herinneringe aan die donkerder jare in die stad se lang geskiedenis, o.a. waar die hoofoortreders van die Nazi-gruweldade in 1946 verhoor en skuldig bevind is.
Na ons stadstoer ry ons verder na Oberammergau waar ons die volgende twee aande gaan oornag. Ons geniet aandete by die hotel.
Nürnberg, Duitsland
Dag 10: Ons Kerstoer met André Rieu
Sondag, 20 Desember 2026
- ZUGSPITZE, ETTAL-KLOOSTER & OBERAMMERGAU, DUITSLAND -
Vanoggend ry ons na die Zugspitze - die hoogste bergpiek in Duitsland. Ons ry met die kabelkar tot bo in die berge. Daarbo is lieflike restaurante waar ons oor die sneeu kan uitkyk. Hier beleef ons tipiese sneeu soos die Europeërs dit geniet! Na ons heerlike oggend in die berge, besoek ons die Ettal-klooster (gestig op 28 April 1330). Ons ry later terug na ons hotel in Oberammergau. Ons geniet ons laaste aandete saam in die hotel.
Zugspitze, Duitsland
Dag 11: Ons Kerstoer met André Rieu
Maandag, 21 Desember 2026
- MüNCHEN, DUITSLAND -
München, Duitsland
Dag 12: Ons Kerstoer met André Rieu
Dinsdag, 22 Desember 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons arriveer in Suid-Afrika en so kom ons lieflike Kerstoer tot ‘n einde. En ons weet: die herinneringe bly by ons vir die res van ons lewens!
Ons toerprys is R69,000 p.p. wat deel.
Enkeltoeslag is R13,300Teen wisselkoers van €1 = R19,00
Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?
Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:
Kliek hier om te bespreek
KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:
- Ekonomieseklas-retoervlugte met Qatar Airways. ‘n Beperkte aantal vlugte vanaf Kaapstad is beskikbaar op aanvraag. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.);
- Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
- Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer in drie-en viersterhotelle;
- Aandetes soos gemeld in ons program of ‘n subsidie van €20 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
- Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer;
- Fooi vir die busbestuurder: €30 p.p.;
- Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. (Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen.);
Toegangsgelde vir die volgende uitstappies is ook by die prys ingesluit:
-
- Stadstoere in Brussel, Köln en Nürnberg met professionele plaaslike gidse (Engelssprekend).
- Klas 1 André Rieu-konsertkaartjies in Maastricht.
- Toegang na die Heidelberg-kasteel en Bergbahn.
- Toegang na die Köln Dom (Keulenkatedraal).
- Kabelkarretjie op met Zugspitze.
- Ettal-klooster toegangskaartjies.
- Die gebruik van WinskoopToere se kwaliteit radio’tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
Wat is nie ingesluit nie?
- Visumkoste;
- Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
- Middagetes;
- Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies;
- Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.
Kom #DroomLeefReis saam!
Toer na Europa - Kerstoer met André Rieu
Tree met ons in verbinding:
Ems: +27 83 637 1542
Ilzé: +27 83 637 1642
Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en Youtube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:
Toer na Europa - Kerstoer met André Rieu



