Skip to content

2027 Jaarplan

Jaarplan vir 2027:

HPE27: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof

19 April – 1 Mei 2027 (13 dae)

– België, Duitsland, Frankryk, Italië, Nederland en Switserland –

Ons begin in Italië en besoek verder fantastiese plekke in Switserland, Duitsland, Frankryk, België en Nederland. Een van die vele hoogtepunte is die miljoene tulpe in Keukenhof. Hierdie toer is werklik hoogtepunt op hoogtepunt!

Ons toerprys is tans onbekend.

—–

LLL27: Ons historiese Normandië en Lae Lande Lentetoer 

25 April – 8 Mei 2027 (14 dae)

– België, Frankryk en Nederland  –

Ons begin in Frankryk en besoek verder historiese plekke in België en Nederland. Een van die vele hoogtepunte is die miljoene tulpe in Keukenhof. Hierdie toer kombineer die geskiedenis en ongelooflike besienswaardighede van die Lae Lande!

Ons toerprys is tans onbekend.

—–

SP27: Spanje en Portugal Hoogtepuntetoer

26 April – 9 Mei 2027 (14 dae)

– Spanje en Portugal –

Ons besoek beroemde stede en pragtige pêrels van Spanje en Portugal. Barcelona, Madrid, Valencia, Salamanca, Lissabon, Porto en Obidos om net maar ‘n paar te noem!

Die toerprys is tans onbekend.

—–

ITA27: Bekoorlike Italiëtoer

19 Mei – 2 Junie 2027 (15 dae)

– Italië –

Ons toer van die Amalfikus tot Venesië en stop langs die pad by al die wonders en stede wat hierdie antieke land so spesiaal en wêreldberoemd maak.

Die toerprys is tans onbekend.

—–

FRA27: Verruklike Frankryk Plattelandtoer

30 Mei – 12 Junie 2027 (14 dae)

– Frankryk –

Die Franse platteland bied ‘n aanloklike fees vir al vyf jou sintuie! Middeleeuse dorpies en welige groen wingerde maak dit ‘n unieke en spesiale ervaring.

Die toerprys is tans onbekend.

—–

TANZ27: Serengeti-safari en
Zanzibar-seevakansie 

Gedurende Mei en Junie 2027 (10 dae)

– Tanzanië –

Afrika roep! Gaan jy luister en saam toer? Ervaar die onvergeetlike belewenis van die migrasie in Tanzanië en lieflike son, see en sand in Zanzibar.

Die toerprys is tans onbekend.

—–

ROOS27: Oos-Europatoer met André Rieu

27 Junie – 11 Julie 2027 (15 dae)

– Frankryk, Duitsland, Hongarye, Nederland, Oostenryk en die Tsjeggiese Republiek –

Hierdie heerlike toer spog met die beste wat Oos-Europa het om te bied. Ons besoek o.a. Budapest, Bratislava, Wenen, Praag, Nürnberg, Rothenburg ob der Tauber en Heidelberg. Die kersie op die koek is natuurlik die André Rieu-konsert in Maastricht.

 Datums onderhewig aan verandering.

Die toerprys is tans onbekend.

ARP27: Europese Plattelandtoer

Julie 2027

– Duitsland, Nederland en Frankryk –

Hierdie skatkis van ‘n toer bevat werklik die heel mooiste dorpies in Duitsland, Nederland en Frankryk se platteland. En natuurlik is die kersie op die koek die wonderlike André Rieu-konsert in Maastricht!

Die toerprys is tans onbekend.

—–

RHP27: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu

16 Junie – 9 Julie 2027 (15 dae)

– België, Frankryk, Italië, Nederland en Switserland –

Op hierdie toer kan jy al die hoogtepunte van Europa beleef, sommer so saam met nog ‘n wonderlike hoogtepunt: die André Rieu-konsert in Maastricht.

Datums onderhewig aan verandering, die André Rieu-konserte se datums vir 2027 is nog nie bevestig nie.

Die toerprys is tans onbekend.

—–

SITA27: Bekoorlike September Italiëtoer

11 – 25 September 2027 (14 dae)

– Italië –

Ons toer van die Amalfikus tot Venesië en stop langs die pad by al die wonders en stede wat hierdie antieke land so spesiaal en wêreldberoemd maak.

Die toerprys is tans onbekend.

—–

SWIS27: Switserland Septembertoer

14-26 September 2027

– Switserland –

‘n Splinternuwe toer in 2027! Ons verken die pragtige heuwels en dorpies van Switserland.

Die toerprys is tans onbekend.

—–

TURK27: Ons wonderlike Turkyetoer

Septembervakansie 2027

– Turkye –

Turkye is ‘n merkwaardige land waar kontinente en kulture saamsmelt in die antieke-moderne kookpot wat ons vandag ken. Turkye beloof om haar hart vir ons oop te maak, nou moet jy net saamkom!

Die toerprys is tans onbekend.

—–

MED27: Ons Mediterreense Boottoer

Oktober 2027

– Frankryk, Italië, Spanje –

Beleef van die mooiste Mediterreense dorpe vanuit die gemak van ‘n luukse boot! Plekke soos Barcelona, Valencia, Livorno, Genoa, Marseille en vele meer beloof om jou asem weg te slaan!

Die toerprys is tans onbekend.

—–

HBAL27: Ons Unieke Toer na die Balkanlande

Oktober 2027

– Bosnië en Herzegovina, Kroasië, Montenegro en Slowenië. –

Ons besoek asemrowende dele van Kroasië, Slowenië, Montenegro én Bosnië en Herzegovina! Van die Bledmeer, Vintgargorge, Skocjangrotte tot die Plitvice Nasionale Park en nog soveel meer.

Ons toerprys is tans onbekend.

—–

NSP27: Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer

Oktober 2027

– Spanje –

Hierdie besonderse deel van Europa is nog baie onbekend, op hierdie toer beleef jy van die mooiste natuurskoon, pragtige middeleeuse strate en pleine in die kostelikste dorpies, sowel as ‘n tikkie van die geritsel van die groot stede. Ons gaan tot hoog in die Pireneë.

Ons toerprys is tans onbekend.

—–

JAPAN27: Ons Japantoer

26 November – 8 Desember 2027

– Japan –

‘n Splinternuwe boottoer in 2027! Ons geniet die fassinerende Japan in egte WinskoopToere-styl.

Die toerprys is tans onbekend.

—–

RKERS27: Ons André Rieu Kerstoer

11 – 22 Desember 2027

– Duitsland, Frankryk, Nederland –

Geniet Europa se sprankel in die Feestyd! Ons toer na Nederland, Duitsland en Frankryk en sien die heel beste van die Kersseisoen in Europa. Ons word ook betower met ‘n pragtige Kersspel deur André Rieu en sy simfonie-orkes.

Die toerprys is tans onbekend.

—–

KERS27: Ons Wit Kersfeestoer

14 – 27 Desember 2027

– Duitsland, Frankryk, Oostenryk, Slowakye, Switserland –

Ervaar die mooiste dorpe en stede in Oostenryk, Slowakye, Duitsland, Switserland en Frankryk op ons betowerende Kersfeestoer! Ons besoek heerlike kersmarkies, geniet ‘n bootrit op die Bodensee en ry met kabelkarre op na die hoogste bergspits in Duitsland!

Die toerprys is tans onbekend.

——–

BKERS27: Ons Donau Winterboottoer

9 – 19 Desember 2027

– Duitsland, Hongarye, Oostenryk –

Kom beleef Europa se winterbekoring op ’n onvergeetlike Donau Winterboottoer. Van die eeue-oue Kersmarkte van Nürnberg tot die keiserlike prag van Wene en die verligte skoonheid van Budapest – elke dag bring nuwe ontdekkings. Met ’n luukse bootvaart, pragtige historiese stede, tradisionele Kerslekkernye en die feestelike atmosfeer van Europa in Desember, is hierdie BoetiekToer ’n ware winterdroom.

Die toerprys is tans onbekend.

——–

Kom #DroomLeefReis saam!

Tree met ons in verbinding:

Ems: +27 83 637 1542 
Ilzé: +27 83 637 1642 

Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en Youtube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:

**WinskoopToere behou die reg om die prys en toerprogram te wysig.

Loading

Back To Top
Your Cart

Your cart is empty.