Skip to content
Categories: , ,

NSP27: Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer

Toerprys:

Kontak ons vir prys

Datum:

3  – 16 September 2027 (14 dae)

Plekke nog beskikbaar:

44 plekke

"'n Wonderlike unieke ervaring!"

Kliek hier om te bespreek

NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL

 Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer bied jou die mooiste dorpies en plattelandtonele in Noord-Spanje en die Spaanse Pireneë! 

LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.

Dag 1: Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer

Vrydag, 3 September 2027

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg na Barcelona. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.)

Dag 2: Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer

Saterdag, 4 September 2027

- BARCELONA, VILAFRANCA DEL PENEDÈS, BESALÚ & GIRONA, SPANJE -

Ons arriveer in Barcelona waar ons luukse toerbus op ons wag. Die bus laai ons gerieflik naby aan die Mercat dels Dissabtes (Saterdagstraatmark) in die hartjie van Vilafranca del Penedès af. 

Die mark strek onder meer oor Plaça de la Vila en die omliggende strate en pleine en is een van die oudste en mees lewendige straatmarkte in die streek. Die dorpsplein en nou stegies word gepak met stalletjies wat vars vrugte, groente, plaaslike kase, charcuterie en tradisionele gebak verkoop. Omdat dit in die hartjie van die wynland is, sal jy ook baie plaaslike produsente vind wat hul eie wyn en cava (Spanje se bekende vonkelwyn) aanbied.

Ons geniet vanaand 'n meesleurende, private flamenco-vertoning gekombineer met tradisionele Spaanse tapas en plaaslike cava - die perfekte, romantiese afskop vir ons toer deur Noord-Spanje!

Flamenco-vertoning, Girona

Dag 3: Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer

Sondag, 5 September 2027

- MAS BLANCH I JOVÉ, GERRI DE LA SAL, PERAMEA & RIALP, SPANJE -

Na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons na Mas Blanch i Jové - ’n unieke familie-wynlandgoed waar kuns, wyn en die Katalaanse landskap saamvloei. 

Na hierdie heerlike en gesellige kuier vertrek ons na die dorpie, Gerri de la Sal in die Lleida-provinsie se Pallars Sobirà-streek. Met ons aankoms in Gerri de la Sal, neem minibusse ons op na Peramea - ‘n dorpie met net sowat 80 permanente inwoners. 

Ons stap rustig in hierdie dwergdorpie rond en indien die plaaslike kroegie oop is, geniet ons ietsie te drinke. 

Ons oornag vanaand in Rialp.

Gerri de la Sal, Spanje

Dag 4: Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer

Maandag, 6 September 2027

- SORT & VIELHA, SPANJE -

Ons geniet vanoggend ‘n heerlike ontbyt in ons hotel. 

Ons vertrek na die dorpie Sort, wat net sowat 10 minute se ry verder is. By Tros de Sort luister ons na ‘n inligtingsessie oor hierdie familiebesigheid en kry ons die geleentheid om van hul unieke kase te proe en te koop.

Omring deur die allermooiste berge reis ons verder na nog ‘n familieplaas by Llessui. David, die skaapwagter wag ons in by die Llessui-museum en ons kry ‘n blik op ‘n ander tipe skaapplaas as wat ons Karooboere aan gewoond is! Plaaslike versnapperinge is ingesluit.

Ons vertrek vanaf Llessui oor die Puerto de la Bonaigua-bergpas na Vielha.

Ons arriveer by ons hotel in Vielha en teken in vir die eerste van twee nagte in dié gerieflik geleë hotel in die hartjie van die Pireneë. 

Aneto-vallei

Dis ‘n taamlike lang pad voordat ons by die hoogste piek van die Pireneë kom (3404 m). Hierdie formidabele berg heet Aneto en is Spanje se derde hoogste berg. In hierdie aanskoulike omgewing is ‘n imposante dorpie met die naam van Vielha. Sy volle naam is Vielha e Mijaran en dit val in Katalonië. Nou is ons midde-in die asemrowende berggebied. Dink net hoe lekker gaan ons hier wandel in die vrye natuur! Dit is in Vielha waar ons die volgende twee aande heerlik gaan kuier en oorslaap! 

Vielha, Spanje 

Dag 5: Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer

Dinsdag, 7 September 2027

- VIELHA & OMGEWING, SPANJE -

Ons geniet ‘n heerlike ontbyt in ons hotel. 

Vandag is 'n luilekker dag in die Val d'Aranstreek. ‘n Voormiddag-uitstappie na Arties en Baqueira is opsioneel vir dié toerlede wat die berge wil invaar. Ons bus vervoer toerlede volgens ‘n skedule sodat diegene wat verkies om heerlik laat te slaap, te ontspan of Vielha op hul eie pas te verken, dit ook kan doen!

Die Aran-vallei

Met ons aankoms in Arties, kan ons rustig wandel deur een van die mooiste blommedorpies in die vallei. Die netjiese tradisionele kliphuise, Garonne-rivier en die 13de eeuse kerk laat beslis ‘n blywende indruk. Ons besoek volgende die bekende Baqueira-ski-oord en neem die Telecabina Baqueira (kabelkar) op vir ‘n 360-grade panoramiese uitsig oor die Pireneë-berge en valleie.

Ons bus neem ons terug na Vielha waar ons 'n laat Spaanse middagete en 'n vinnige siesta geniet terwyl die dorpswinkels vir die middag sluit.

Arties, Spanje

Dag 6: Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer

Woensdag, 8 September 2027

- AINSA, OLITE & PAMPLONA, SPANJE -

Vandag ry ons verder deur die Pireneë. Op pad besoek ons 'n juweel van 'n dorpie, Ainsa, waar ons op die stadsmuur kan loop en 'n lekker koue bier op die stadsplein kan geniet. Benewens die omliggende berglandskap, is die 12de- euse Iglesia parroquial de Santa María-kerk en die 11de eeuse kasteel die belangrikste besienswaardighede van die dorp.

Ainsa, Spanje

Later vandag ry ons na Olite om die Koninklike Paleis van Olite te besoek. Die vesting is beide 'n kasteel en paleis, hoewel dit meer soos 'n hofgebou gebou is om 'n militêre funksie te vervul. Sedert die 13de eeu word die Kasteel van Olite die Paleis van die Koning van Navarra genoem.

Hierna ry ons na Pamplona. Pamplona is die hoofstad van die Navarra-provinsie. Die stad is wêreldwyd bekend vir die hardloop van die bulle tydens die San Fermínfees, wat jaarliks ​​van 6 tot 14 Julie gehou word. Ons slaap die volgende twee aande in Pamplona oor. Ons geniet vanaand saam aandete in ons hotel.

Kasteel van Olite die Paleis van die Koning van Navarra, Spanje

Dag 7: Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer

Donderdag, 9 September 2027

- PAMPLONA, SPANJE -

Ons geniet vanoggend ‘n heerlike ontbyt in die hotel. 

Na ‘n stadsbesigtigingstoer o.l.v. ‘n plaaslike gids, het elkeen die res van die dag vry om op jou eie die stad te beleef. Pamplona se historiese middestad behou steeds sy Middeleeuse karakter. Die Santa María-katedraal is 'n moet-sien besoekpunt. Moenie mislei word deur die streng neoklassieke fasade nie, want binne sal jy jou verwonder aan die asemrowende Spaanse gotiese werke.

Jy moet ook tyd maak om die stad se Renaissance-juweel, wat die Pamplona-stadsmure is, te sien. Na meer as 500 jaar en verskeie oorloë is hierdie mure steeds in onberispelike toestand. Dit kom as geen verrassing dat dit as 'n nasionale monument en 'n bate van kulturele belang verklaar is nie. Die beste deel is dat jy bo-op die mure kan stap en die pragtige plekke en panoramiese uitsigte, wat oor die historiese stadsentrum en die Taconera-tuine uitkyk, kan geniet. Die roete bereik die Sitadel, wat 'n ikoon van die stad is.

Elkeen ontvang €25 subsidie vir aandete.

Plaza del Castillo, Pamplona

Dag 8: Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer

Vrydag, 10 September 2027

- SAN SEBASTIÁN -

Vanoggend vertrek ons na San Sebastián, ‘n oord aan die sogenaamde Baai van Biskaje in die bergagtige Baskiese gebied. Hier is ‘n paar skilderagtige eilande in die see. Ons verken van die gewildste uitsigpunte en besienswaardighede saam as groep. 

Dit bestaan uit drie massiewe Corten-staalbeelde wat deur die beroemde Baskiese beeldhouer Eduardo Chillida ontwerp is. Die beelde is in 1977 stewig aan die rotse vasgeanker waar Ondarreta-strand, Monte Igueldo en die Atlantiese Oseaan bymekaarkom. Onder die plein is lug- en waterkanale. Wanneer groot branders inkom, word water en lug deur ronde openinge opgeblaas, wat indrukwekkende geiser-effekte en fluitende geluide skep.

Later ry ons na ons hotel waar ons inteken. Daarna het ons heerlike vrye tyd om die stad verder te verken. Jy kan lekker ver gaan stap op die promenade teen die strand.

Baie restaurante en winkels met plaaslike spesialiteite en wyn lok ook heelwat besoekers. Elkeen ontvang €25 subsidie vir aandete. Ons oornag in San Sebastián.

Baai van Biskaje in die bergagtige Baskiese gebied, San Sebastián

Dag 9: Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer

Saterdag, 11 September 2027

- LEKEITIO & BILBAO, SPANJE -

Na ontbyt in die hotel het ons nog heerlike tyd vanoggend om San Sebastián verder te geniet. 

Daarna vertrek ons na die kusdorpie, Lekeitio. Die vissersdorpie het ‘n eiland, ‘n berg, ‘n rivier en ‘n strand. En moet natuurlik nie die kerk vergeet nie (‘n gotiese basilica wat uittroon oor die dorp). Later vertrek ons na die voortreflike stad, Bilbao. Dit is ‘n industriële hawestad in Noord-Spanje wat omring is deur groen berge. Dit is ook die de facto hoofstad van die Baskiese Gebied. Bilbao is die tiende grootste stad in Spanje. Elkeen ontvang €25 subsidie vir aandete by ‘n plaaslike restaurant.

Bilbao, Spanje

Dag 10: Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer

Sondag, 12 September 2027

- BILBAO & SANTILLANA DEL MAR, SPANJE -

Vanoggend skop ons af met ‘n stadstoer o.l.v. ‘n plaaslike gids.

Bilbao is ook baie bekend vir die hiper-moderne Guggenheim Museum wat in 1997 in gebruik geneem is. Daarin is onder andere ‘n permanente versameling van die visuele kunste van die twintigste eeu. Elke toerlid ontvang hier sy eie toegangskaartjie om op sy eie tyd na al die interessante kunswerke in hierdie baie besonderse museum te kyk. Dit is buitengewoon en ‘n moet-sien!

Guggenheim Museum, Bilbao

Later vertrek ons na Santilana del Mar, een van die antieke dorpies hier naby. Volgens Sartre is dit die mooiste dorpie in Spanje! Eers besoek ons die Altamira Nasionale Museum en Navorsingsentrum. Die permanente uitstalling "The Times of Altamira" laat besoekers die voorgeskiedenis van Spanje verken. Die museum bevat ook 'n presiese replika van die Altamira-grotte en die Paleolitiese grotskilderye wat 'n rewolusie in argeologie veroorsaak het.

Hierna teken ons in by ons lieflike hotel in die omgewing waar ons vir die volgende drie aande gaan oornag.

Bilbao, Spanje

Dag 11: Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer

Maandag, 13 September 2027

-  SANTANDER & SANTILLANA DEL MAR, SPANJE -

Vandag se uitstappie neem ons na die besonderse stad Santander. Die hawestad is die hoofstad van die outonome gemeenskap en die historiese streek van Kantabrië aan die Noordkus van Spanje. Die voormalige koninklike Palacio de la Magdalena lê in die mond van die Baai van Santander. Dit was vroeër die koninklike somerpaleis op die rotsagtige La Magdalena Skiereiland. Ons onderneem met ons aankoms ‘n besigtigingstoer met ons bus en sorg dat niks ongesiens by ons verbygaan nie!

Santander, Spanje

Op die Paseo de Pereda-promenade is daar pragtige beelde oorkant die Jardines de Pereda-tuine te sien. Hier is ook ‘n strand met swemplek. Geniet gerus tapas op die gewilde Plaza de Cañadίo of besoek die Santanderkatedraal wat dateer uit die 13de eeu. Later neem ons bus ons terug na ons hotel buite Santillana del Mar waar lede kans kry om bietjie te rus. Laatmiddag besoek ons Santillana del Mar vir vrye tyd. Besoek gerus die Collegiate Church of Santa Juliana of die Belardes Paleis.

Santillana del Mar, Spanje

Dag 12: Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer

Dinsdag, 14 September 2027

-  FUENTE DÉ, POTES & SANTILLANA DEL MAR, SPANJE -

Na ontbyt het ons ‘n lieflike uitstappie in die omgewing. Ons ry met die beroemde kabelspoor Teleférico Fuente Dé: dit neem ons 1823 meter op in slegs vier minute tot in die hart van die Picos de Europa Nasionale Park – absoluut verruklik! Wat ‘n skilderagtige landskap wag vir ons daar bo! Elkeen kan sorgvry wandel op verskillende bergpaadjies.

Kabelspoor by Santilana, Spanje

Ons vertrek later na Potes. Potes is een van die aantreklikste klein Middeleeuse dorpies in Kantabrië – nie ver van die voortreflike berge in die Picos de Europa Nasionale Park nie.

Potes, Spanje

Na heerlike vrye tyd in die pragtige dorpie ry ons terug na ons hotel buite Santillana del Mar waar ons vir oulaas saam heerlike aandete geniet.

Santillana, Spanje

Dag 13:  Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer

Woensdag, 15 September 2027

- SEGOVIA & MADRID, SPANJE -

Na ontbyt vertrek ons na Segovia, waar ons die middag deurbring.

Ons vertrek laatmiddag na die lughawe buite Madrid vanwaar ons vanaand terugreis na Suid-Afrika.

Segovia, Spanje

Dag 14:  Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer

Donderdag, 16 SEPTEMBER 2027

- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -

Ons vlug land in Johannesburg.

Nadat ons soveel gesien en beleef het, gaan ons nog jare lank die mooiste herinneringe hieraan koester!

Ons verwagte toerprys is tans onbekend. 

Teen wisselkoers van €1 = R19.00

*Die toerprys is onderhewig aan 'n aanpassing volgens die wisselkoers. Die finale toepaslike wisselkoers word ongeveer vier maande voor vertrek vasgestel en sal op die finale faktuur weerspieël word, wat drie maande voor vertrek betaalbaar is. Wisselkoerse word vir prysdoeleindes na die naaste ZAR afgerond.

Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?

Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hier onder in en betaal jou deposito van R6,000:

Kliek hier om te bespreek

 

KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:

  • Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie  van Johannesburg na Barcelona (met een oorstop) en van Madrid na Johannesburg (met een oorstop). (Beperkte aantal Kaapstadvlugte moontlik beskikbaar op aanvraag);
  • Lughawe- en ander belasting behalwe wat mag bykom weens wisselkoersverswakking (tans geen);
  • Gehalteverblyf (bed en meestal buffet-ontbyt) in dubbel- of twin-kamers met eie badkamer;
  • Vir aandetes soos gemeld hierbo, ontvang elke toerlid ‘n subsidie van €25 p.p. vir aandete op die aande wat ons nie saam as groep in hotelle eet nie. By die meeste plekke eet ons aandete in die hotel;
  • ‘n Eie luuksebus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die hele tydperk;
  • *Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding.(Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood noodsaaklike hulp kan verleen);
  • Fooi vir die busbestuurder: €26 pp.

Uitstappies wat ingesluit is:

  • Stadsbesigtigingstoere o.l.v. Engelssprekende gidse in Santander, Bilbao, Pamplona;
  • Kaasproe;
  • Begeleide besoek aan skaapboerdery (proe van plaaslike produkte ingesluit);
  • Middagete naby die skaapboerdery;
  • Privaat taxi’s om die groep na Peramea te neem;
  • Kabelspoor toegang by Teleférico Fuente;
  • Guggenheim Museum, Bilbao;
  • Koninklike Paleis van Olite.
Kostes wat uitgesluit is:
  • Visumkoste;
  • Reisversekering (L.W.: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit binne 24 of 48 uur nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het, moet aktiveer. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting);
  • Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
  • Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard;
  • Die addisionele koste daaraan verbonde indien jy kies om jou sitplek vooraf te bespreek, soos bepaal deur die lugredery.

Kom #DroomLeefReis saam!

Ons Noord-Spanje en die Spaanse Pireneëtoer

Tree met ons in verbinding:

Ems: +27 83 637 1542

Ilzé: +27 83 637 1642

droom@winskooptoere.co.za

Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en YouTube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:

**WinskoopToere behou die reg om die prys en toerprogram te wysig.
Back To Top
Your Cart

Your cart is empty.