Toerprys:
Kontak ons vir prys
Datum:
Plekke nog beskikbaar:
47 plekke
Kliek hier om te bespreek
NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL
Toer na Europa - Ons Bekoorlike Italiëtoer 2027
LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.
Dag 1: Ons Bekoorlike Italiëtoer
Woensdag, 19 Mei 2027
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg na Rome - mens kan die opgewondenheid reeds op die lughawe aanvoel oor hierdie toer na Europa. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.)
Dag 2: Ons Bekoorlike Italiëtoer
Donderdag, 20 Mei 2027
- ROME & CASERTA, ITALIË -
Ons arriveer in Rome en ons luukse bus staan gereed om ons na ons pragtige viersterhotel in Caserta te neem. Ons besoek die pragtige Caserta-paleis en oornag die die eerste twee aande in Caserta.
Dag 3: Ons Bekoorlike Italiëtoer
Vrydag, 21 Mei 2027
- AMALFI & POSITANO, ITALIË -
‘n Besoek aan die bekoorlike kusdorpies, Amalfi en Positano, is eerste aan die beurt.
Om daar te kom, neem ons bus ons na die hawe in Salerno. Daar haal ons die veerboot na Amalfi. Ons bring vrye tyd hier deur en klim die mooi stel trappe op by die middeleeuse katedraal in die hartjie van die dorp. Later vaar ons van Amalfi se hawe met die veerboot na Positano (veerbootkaartjies ingesluit). Dit is die beste manier om hierdie pragtige kus te beleef!
Ons vaar weer met die veerboot terug na Salerno en keer dan terug na Caserta.
Ons geniet aandete saam in die hotel.
Amalfi, Italië
Positano, Italië
Dag 4: Ons Bekoorlike Italiëtoer
Saterdag, 22 Mei 2027
- POMPEIÏ & ROME, ITALIË -
Na ontbyt ry ons groep al langs die beroemde Vesuviusberg tot by Pompeii. Hierdie antieke Romeinse dorp is in 79 n.C. onder meters as en fyn vulkaniese stof begrawe na die uitbarsting van die vuurspuwende berg, Vesuvius. Dis ‘n baie interessante plek om te besoek. Hier neem ‘n plaaslike, Engelssprekende gids ons rond.
Na ons besoek vertrek ons na ons hotel lekker sentraal geleë in Rome. In Rome gaan ons meestal van openbare vervoer gebruik maak, en die middestad gaan ons te voet verken. Ons oornag drie nagte in Rome.
Pompeiï met die Vesuviusberg, Italië
Rome, Italië
Dag 5: Ons Bekoorlike Italiëtoer
Sondag, 23 Mei 2027
- ROME, ITALIË -
Vandag bring ons die hele dag in Rome deur! Ons besoek die Colosseum en die Forum Romanum - ‘n wonderlike belewenis van antieke Rome. Ons groep het ook genoeg vrye tyd om op hulle eie te doen wat hulle wil in hierdie indrukwekkende stad.
Rome, Italië
Dag 6: Ons Bekoorlike Italiëtoer
Maandag, 24 Mei 2027
- ROME & FRASCATI, ITALIË -
Vandag wag ‘n ekstra spesiale uitstappie op ons groep. Ons vertrek met ons bus na ‘n dorpie net buite Rome: Frascati.
Hiér besoek ons ‘n wynplaas en plaashuis wat reeds vir die negende generasie in dieselfde familie is. Ons word hier ontvang deur plaaslike inwoners wat ons ‘n smakie gaan gee van die Italiaanse plattelandse gasvryheid. Ons spandeer 'n heerlike dag saam met hulle - ons maak pasta (ja! Egte tuisgemaakte pasta!), proe wyn en eet heerlik saam. Hierna keer ons terug na Rome en geniet die aand nog weer hier vir oulaas.
Frascati, Italië
Dag 7: Ons Bekoorlike Italiëtoer
Dinsdag, 25 Mei 2027
- VATIKAANSTAD, ROME & TOSKANE, ITALIË -
Vanoggend besoek ons die Basilica di San Pietro (Sint Pieterskerk) – een van die grootste basilikas in Europa. Daarna besigtig ons ook die Vatikaanse Museums en die unieke Sistynse Kapel met Michelangelo se wonderbaarlike kunswerke.
Verryk deur alles wat ons in die “ewige stad” beleef het, vertrek ons met ons eie bus na ons hotel in die Toskaanse gebied buite Siena.
Ons slaap die volgende twee aande in hierdie rustige wynlandgebied by ‘n pragtige hotel. Hier geniet ons vanaand ‘n smaaklike aandete saam as groep.
Sint Pieterskerk, Vatikaanstad
Dag 8: Ons Bekoorlike Italiëtoer
Woensdag, 26 Mei 2027
- SAN GIMIGNANAO & TOSKANE, ITALIË -
Vanoggend ry ons na die beroemde dorpie San Gimignano waar ons ‘n genotvolle oggend spandeer.
Hierna keer ons lekker vroeg terug na ons hotel buite Siena om langs die swembad uit te span en die omgewing te geniet. Ons geniet vanaand 'n spesiale Toskaanse aandete by ‘n nabygeleë restaurant saam as groep.
San Gimignano, Italië
Dag 9: Ons Bekoorlike Italiëtoer
Donderdag, 27 Mei 2027
- FLORENCE, PISA & LA SPEZIA, ITALIË -
Ons besoek vandag die buitengewone kunsstad, Florence. Hier kan jy die Ponte Vecchio-brug en die pragtige Duomo (katedraal) besigtig. In die Galleria dell’Accademia di Firenze wag die beroemde Dawidbeeld van Michelangelo en ander baie besonderse kunswerke op dié wat dalk hierdie galery wil besoek!
Volgende vertrek ons na Pisa om die indrukwekkende toring te besigtig.
Ons slaap vanaand in La Spezia.
Pisa, Italië
Dag 10: Ons Bekoorlike Italiëtoer
Vrydag, 28 Mei 2027
- CINQUE TERRE & LA SPEZIA, ITALIË -
Vandag besoek ons ‘n juweel in Italië en Europa: Cinque Terre. Dit is vyf eeue-oue stranddorpies aan die Italiaanse Riviera-kuslyn. In elk van die vyf dorpies is kleurvolle huise en wingerde. Probeer gerus van die smaaklike seekosspesialiteite saam met die beroemde sous van die gebied – pesto. Die Sentiero Azzurro-wandelroete verbind die dorpe en bied pragtige uitsigte oor die see. Elke toerlid kry ‘n veerbootkaartjie om tussen vier van die vyf dorpies te beweeg.
Vanaand slaap ons in dieselfde hotel in La Spezia.
Cinque Terre, Italië
Dag 11: Ons Bekoorlike Italiëtoer
Saterdag, 29 Mei 2027
- PARMA, ITALIË -
Ons ry vanoggend na Parma, die universiteitstad in die Emilia-Romagna-streek. Die streek is bekend vir Parmesankaas en Parma-ham. Maak gerus ‘n draai by die Parma-katedraal met die spesiale dooparea.
In die Palazzo Della Pilotta is kunswerke van Correggio en Canaletto te sien.
Ons spandeer die middag op ‘n wynplaas in die streek waar ons ‘n wynproe en middagete geniet. Ons slaap vanaand in die omgewing.
Parma, Italië
Dag 12: Ons Bekoorlike Italiëtoer
Sondag, 30 Mei 2027
- MODENA, VERONA & TREVISO, ITALIË -
Vanoggend ry ons in die rigting van Modena. Hier het Balsamiese asyn sy oorsprong en daarom besoek ons ‘n Balsamiese asynmaker en geniet ons die delikatesse hier. (Ingesluit by die toerprys.)
Ons laaste bestemming vandag is Verona – vandag ‘n Wêrelderfenisgebied. In die fenominale Romeinse Arena uit die eerste eeu n.C. word vandag steeds konserte voor 15,000 mense op ‘n keer gehou.
Ons gaan die eeue-oue stadsmure te siene kry. Besoek gerus ook die Ponte Pietra-brug wat reeds in die jaar 100 v.C. gebou is!
Ons slaap die volgende twee aande in die omgewing.
Verona, Italië
Dag 13: Ons Bekoorlike Italiëtoer
Maandag, 31 Mei 2027
- VENESIË, ITALIË -
Ons groep vertrek vandag na die verruklike Venesië. Ons bus neem ons na die tronchetto (waar die motors en ons bus parkeer). Daarvandaan vaar ons per boot na die ou stad van Venesië.
Hier ontmoet ons ’n plaaslike gids wat baie interessante feite met ons deel en die belangrikste besienswaardighede aan ons uitwys.
Aan die einde van die stadstoer kan ons ‘n glasblaser dophou wat met hierdie baie ou kuns – eie aan die stad – ‘n meesterlike demonstrasie vir ons lewer. Die res van die dag het ons vrye tyd om Venesië terdeë te geniet.
Ons eet vanaand saam as groep aandete in ons hotel.
Venesië, Italië
Dag 14: Ons Bekoorlike Italiëtoer
Dinsdag, 1 Junie 2027
- VENESIË & CHIOGGIA, ITALIË -
Ons besoek vandag die bekoorlike kusdorpie Chioggia – ’n versteekte juweel met kleurvolle geboue, rustige kanale en 'n egte Italiaanse atmosfeer. Hier kan jy deur die historiese straatjies wandel, vars seekos by plaaslike eetplekke geniet en die unieke kombinasie van seelewe en kultuur ervaar. Met sy ontspanne ritme en pragtige uitsigte bied Chioggia die perfekte daguitstappie vir reisigers wat die sjarme van Italië op ’n rustige manier wil ontdek.
Ons vertrek na Venesië Lughawe, vanwaar ons terugkeer na Suid-Afrika na ons wonderlike toer in Europa.
Dag 15: Ons Bekoorlike Italiëtoer
Woensdag, 2 Junie 2027
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons land vandag in Suid-Afrika vanaf Europa – met die wete dat ons op ‘n wonderlike wyse verryk is deur al die onvergeetlike beelde en belewenisse! Dit is onbeskryflike herinneringe vir altyd van hierdie Italiëtoer!
Ons toerprys is tans onbekend
Teen wisselkoers van €1 = R20,50
Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?
Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hieronder in en betaal jou deposito van R6,000:
Kliek hier om te bespreek
KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:
- Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Rome en van Venesië na Johannesburg. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is soms op aanvraag beskikbaar.);
- Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
- Gehalte verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer in drie- en viersterhotelle;
- Aandetes soos gemeld in ons program of ‘n subsidie van €20 p.p. vir aandetes wat nie as groep saamgeëet word nie;
- Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer (Rome-middestad uitgesluit);
- Fooi vir die busbestuurder: €26 p.p.;
- Uitstappie na ‘n wynplaas buite Frascati wat die volgende insluit: pastamaakklas, wynproe, middagete, busvervoer tussen Rome en Frascati;
- Middagete in die Emilia-Romagna-streek met wynproe;
- Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen;
- Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse vir insiggewende stadstoere in Pompeii en Venesië.
- Metro-kaartjies in Rome;
- Metrobuskaartjies in Rome;
- Toeristebelasting vir Venesië se ou stad;
Toegangsgelde vir die volgende uitstappies is ook by die prys ingesluit:
-
- Caserta-paleis;
- Pompeii;
- Colosseum in Rome;
- Forum Romanum in Rome;
- Vatikaanstadmuseums en die Sistynse Kapel;
- Veerbootvaarte (Positano – Amalfi en Cinque Terre);
- Balsamiese asynproe;
- Parmigiano Reggiano-kaastoer met middagete en wynproe;
- Die bootvaart vanaf die tronchetto by Venesië na die ou stad (retoer).
Wat is nie ingesluit nie?
- Visumkoste;
- Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24 of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
- Middagetes;
- Drie AA-batterye vir gebruik in die radio’tjies;
- Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
Kom #DroomLeefReis saam!
Toer na Europa - Italiëtoer!
Tree met ons in verbinding:
Ems: +27 83 637 1542 of Ilzé: +27 83 637 1642
Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en YouTube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:
Toer na Europa - Italiëtoer!





