Toerprys:
Kontak ons vir prys
Datum:
April tot Desember 2026
Nog plekke beskikbaar:
Jaarplan vir 2026:
Kliek hier om die brosjure af te laai
HPE26: Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof
20 April - 2 Mei 2026 (13 dae)
- België, Duitsland, Frankryk, Italië, Nederland en Switserland -
Ons begin in Italië en besoek verder fantastiese plekke in Switserland, Duitsland, Frankryk, België en Nederland. Een van die vele hoogtepunte is die miljoene tulpe in Keukenhof. Hierdie toer is werklik hoogtepunt op hoogtepunt!
Ons toerprys is R65,000 p.p. wat deel.
Enkeltoeslag is R13,750 p.p.
VOLBESPREEK: KYK NA ONS TWEEDE HOOGTEPUNTE VAN EUROPATOER
--------
THP26: Tweede Hoogtepunte van Europatoer met Keukenhof
22 April - 4 Mei 2026 (13 dae)
- België, Duitsland, Frankryk, Italië, Nederland en Switserland -
Hierdie toer is presies dieselfde as HPE26. Ons begin in Italië en besoek verder fantastiese plekke in Switserland, Duitsland, Frankryk, België en Nederland. Een van die vele hoogtepunte is die miljoene tulpe in Keukenhof. Hierdie toer is werklik hoogtepunt op hoogtepunt!
Ons toerprys is R65,000 p.p. wat deel.
Enkeltoeslag is R13,750 p.p.
--------
SP26: Spanje en Portugal Hoogtepuntetoer
26 April - 9 Mei 2026 (14 dae)
- Spanje en Portugal -
Ons besoek beroemde stede en pragtige pêrels van Spanje en Portugal. Barcelona, Madrid, Valencia, Salamanca, Lissabon, Porto en Obidos om net maar 'n paar te noem!
Die toerprys is R63,000 p.p. wat deel.
Enkeltoeslag is R11,500 p.p.
--------
ITA26: Bekoorlike Italiëtoer
20 Mei – 2 Junie 2026 (14 dae)
- Italië -
Ons toer van die Amalfikus tot Venesië en stop langs die pad by al die wonders en stede wat hierdie antieke land so spesiaal en wêreldberoemd maak.
Ons toerprys is R69,000 p.p. wat deel.
Enkeltoeslag is R12,900 p.p.
VOLBESPREEK: KYK NA ONS SEPTEMBER ITALIËTOER
--------
FRA26: Verruklike Frankryk Plattelandtoer
17 – 30 Mei 2026 (14 dae)
- Frankryk -
Die Franse platteland bied 'n aanloklike fees vir al vyf jou sintuie! Middeleeuse dorpies, welige groen wingerde en geurige laventelvelde maak dit 'n unieke en spesiale ervaring.
Ons toerprys is R73,000 p.p. wat deel.
Enkeltoeslag is R15,000 p.p.
--------
NITA26: Noord-Italië Mere en Natuurtoer
2 - 15 Junie 2026 (14 dae)
- Duitsland, Italië en Switserland -
Beleef die pragtige natuurskoon van Noord-Italië en die Suide van Switserland in die lieflike somer! Hierdie is ‘n toer wat jou asem gaan wegslaan!
Ons toerprys is R67,000 p.p. wat deel.
Enkeltoeslag is R11,000 p.p.
--------
TANZ26: Serengeti-safari en Zanzibar-seevakansie
24 Mei - 3 Junie 2026 (10 dae)
- Tanzanië -
Afrika roep! Gaan jy luister en saamtoer? Ervaar die onvergeetlike belewenis van die migrasie in Tanzanië en lieflike son, see en sand in Zanzibar.
Ons toerprys is R100,000 p.p. wat deel.
Enkeltoeslag is R14,500 p.p.
--------
BALK26: Ons Unieke Toer na die Balkanlande
29 Mei – 14 Junie 2026 (17 dae)
- Bosnië en Herzegovina, Kroasië, Montenegro en Slowenië. -
Ons besoek asemrowende dele van Kroasië, Slowenië, Montenegro én Bosnië en Herzegovina! Van die Bledmeer, Vintgargorge, Skocjangrotte tot die Plitvice Nasionale Park en nog soveel meer.
Ons toerprys is R80,000 p.p. wat deel.
Enkeltoeslag is R14,000 p.p.
--------
ROOS26: Oos-Europatoer met André Rieu
27 Junie – 11 Julie 2026 (15 dae)
- Frankryk, Duitsland, Hongarye, Nederland, Oostenryk en die Tsjeggiese Republiek -
Hierdie heerlike toer spog met die beste wat Oos-Europa het om te bied. Ons besoek o.a. Budapest, Bratislava, Wenen, Praag, Nürnberg, Rothenburg ob der Tauber en Heidelberg. Die kersie op die koek is natuurlik die André Rieu-konsert in Maastricht.
Ons toerprys is R80,000 p.p. wat deel.
Enkeltoeslag is R17,800 p.p.
--------
RHP26: Hoogtepunte van Europatoer met André Rieu
29 Junie – 13 Julie 2026 (15 dae)
- België, Frankryk, Italië, Nederland en Switserland -
Op hierdie toer kan jy al die hoogtepunte van Europa beleef, sommer so saam met nog 'n wonderlike hoogtepunt: die André Rieu-konsert in Maastricht.
Ons toerprys is R79,000 p.p. wat deel.
Enkeltoeslag is R18,000 p.p.
--------
KRO26: Luilekker Kroasië-boottoer
2 - 13 Julie 2026 (12 dae)
- Kroasië -
Kom beleef 'n eens-in-'n-leeftyd ervaring op die helderblou Kroatiese see. Tydens hierdie toer, vaar ons met 'n privaat luukse boot al langs die kus van Kroasië. Ons besoek ook kusdorpies en daar is genoeg geleentheid om in die kristalhelder water te swem.
Ons toerprys is R70,000 p.p. wat deel (onderdekkajuite) en R74,000 p.p. wat deel (hoofdekkajuite).
--------
SAR26: Somer Europatoer met André Rieu
10 – 24 Julie 2026 (15 dae)
- België, Frankryk, Italië, Nederland en Switserland -
Toer saam deur die mooiste dele en dorpe van Europa! Hierdie juweel van 'n toer bevat werklik die heel mooiste stede, dorpies en plattelandtonele in Nederland, Belgiё, Frankryk, Switzerland en Italiё.
Ons toerprys is R78,000 p.p. wat deel.
Enkeltoeslag is R18,000 p.p.
--------
SK26: Onvergeetlike Skandinawië Boottoer
20 Julie – 3 Augustus 2026 (15 dae)
- Denemarke, Noorweë en Swede -
Toer saam na die fabelagtige skatte van Swede, Denemarke en Noorweë. Ons sien ook die mooiste klein dorpies, Fjords, natuurlandskappe en seetonele aanboord die luukse MSC Musica.
Ons toerprys is R100,000 p.p. wat deel.
Enkeltoeslag is R42,000 p.p. (enkelkajuit & enkelkamer)
Enkeltoeslag is R6,600 p.p. (slegs hotelakkommodasie)
--------
BRIT26: Engeland en Skotlandtoer
24 Julie - 9 Augustus 2026
- Engeland en Skotland -
Ervaar van die mooiste stede en landskappe van Engeland en Skotland. Van Londen tot Lochness met die Cotswolds, die Mere-distrik, Loch Lamond, die asemrowende Hooglande, Edinburgh en vele mere. Meer inligting oor hierdie toer is binnekort beskikbaar.
Verwagte toerprys is R100,000 p.p. wat deel.
SITA26: September Italiëtoer
23 September – 6 Oktober 2026 (14 dae)
- Italië -
Ons toer van die Amalfikus tot Venesië en stop langs die pad by al die wonders en stede wat hierdie antieke land so spesiaal en wêreldberoemd maak.
Toerprys is tans nog onbekend.
--------
TURK26: Ons wonderlike Turkyetoer
4 - 14 Oktober 2026
- Turkye -
Turkye is 'n merkwaardige land waar kontinente en kulture saamsmelt in die antieke-moderne kookpot wat ons vandag ken. Turkye beloof om haar hart vir ons oop te maak, nou moet jy net saamkom!
Toerprys is tans nog onbekend.
--------
MED26: Ons Mediterreense Boottoer
8 - 19 Oktober 2026
- Frankryk, Italië, Spanje -
Beleef van die mooiste Mediterreense dorpe vanuit die gemak van ‘n luukse boot! Plekke soos Barcelona, Valencia, Livorno, Genoa, Marseille en vele meer beloof om jou asem weg te slaan!
Toerprys is tans nog onbekend.
--------
RKERS26: Ons André Rieu Kerstoer
12 - 23 Desember 2026
- Duitsland, Frankryk, Nederland -
Geniet Europa se sprankel in die Feestyd! Ons toer na Nederland, Duitsland en Frankryk en sien die heel beste van die Kersseisoen in Europa. Ons word ook betower met ‘n pragtige Kersspel deur André Rieu en sy simfonie-orkes.
Toerprys is tans nog onbekend.
--------
KERS26: Ons Wit Kersfeestoer
14 - 26 Desember 2026
- Duitsland, Frankryk, Oostenryk, Slowakye, Switserland -
Ervaar die mooiste dorpe en stede in Oostenryk, Slowakye, Duitsland, Switserland en Frankryk op ons betowerende Kersfeestoer! Ons besoek heerlike kersmarkies, geniet 'n bootrit op die Bodensee en ry met kabelkarre op na die hoogste bergspits in Duitsland!
Toerprys is tans nog onbekend.
--------
LUSMAKERTJIE VIR 2027:
SWIS27: Switserlandtoer
Datums nog onbekend
- Switserland -
Switserland is 'n juweel op sy eie, en op hierdie toer gaan ons die land behoorlik verken! Hou ons webblad dop vir meer inligting oor ons 2027 toere.
Toerprys is tans nog onbekend.
















