Toerprys:
Original price was: R85,000.00.R80,000.00Current price is: R80,000.00.
Datum:
Nog plekke beskikbaar:
27 plekke
Kliek hier om te bespreek
NAMIBIË-TOERLEDE: KONTAK ASB. ONS KANTOOR DEUR DIE 'STEL JY BELANG?'-VORM HIER REGS IN TE VUL
Kliek hier om die brosjure af te laai
Toer na Europa - Ons Unieke Toer na die Balkanlande 2026
LET DAAROP DAT ALLE ONTBYTE, AANDETES (OF AANDETE-SUBSIDIES) EN ALLE TOEGANGSGELDE VAN GROEPSBESOEKE OP ONS TOER NA EUROPA REEDS BY ONS PRYS INGESLUIT IS.
Dag 1: Ons Unieke toer na die Balkanlande
Vrydag, 29 Mei 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons groep vertrek vanaf O.R. Tambo Lughawe in Johannesburg na Venesië. ('n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar.)
Dag 2: Ons Unieke toer na die Balkanlande
Saterdag, 30 Mei 2026
- BLED, SLOWENIË -
Ons arriveer in Venesië, Italië, waar ons luukse bus reeds vir ons wag en ons vertrek na Bled in Slowenië. Die gerieflike bus is die hele tyd tot ons beskikking. Met ons aankoms by die pragtige dorpie Bled met sy skilderagtige meer, het al die toerlede die res van die dag vry om goed uit te rus, en om heerlik rond te wandel in die mooi omgewing. Ons oornag in ‘n pragtige hotel wat aan die Bledmeer geleë is, en vanaand eet ons gesellig saam.
Bledmeer, SloweniëDag 3: Ons Unieke toer na die Balkanlande
Sondag, 31 Mei 2026
- BLED, BOHINJ-MEER & UKANC, SLOWENIË -
Na ‘n smaaklike ontbyt besoek ons die pragtige Kasteel by Bled, hoog op ‘n berg, reg langs die meer. Hier leer ons ook meer van die ontstaan van die gletsermeer by Bled. Later vandag ry ons met die tradisionele platboom-bote (Pletna-bote) na die eilandjie in die Bledmeer. Die Pletna-bote se geskiedenis word teruggevoer tot 1590, en hierdie bote word tans nog deur die plaaslike inwoners gemaak.
Op die eiland kan jy die pelgrimskerkie Assumption of Mary besigtig of daar rondstap en koffie drink by die restaurant. Vanmiddag ry ons in hierdie pragtige natuurskoon na die Bohinj-meer daar naby. Van die Bohinj-meer af ry ons bus later na Ukanc (4 km) waar die Savica-waterval is. Hier stroom die water uit die rotse (van die sewe Triglav-mere en valleie af) in die walle van Komarca in die Savica-waterval – die beroemdste waterval in Slowenië.
Pletna-bote op die Bledmeer, Slowenië
Bohinj-meer, Slowenië
Savica-waterval, Slowenië
Dag 4: Ons Unieke toer na die Balkanlande
Maandag, 1 Junie 2026
- VINTGAR GORGE & LJUBLJANA, SLOWENIË -
Na nog ‘n heerlike ontbyt, ry ons na die Vintgar Gorge, waar ons ‘n onvergeetlike wandeling in die asemrowende ravyn het. (Elke toerlid stap teen sy of haar eie pas, en besluit self hoe ver hy/sy wil stap.) Hierna vertrek ons na die hoofstad van Slowenië, Ljubljana, en ons ontmoet ons plaaslike gids wat ons op ‘n interessante stadbesigtigingstoer in hierdie pragtige stad neem.
Vanaand geniet ons ‘n heerlike Sloweense folklore-aand met ‘n tradisionele aandete, heerlike wyn, jolige musiek, pragtige volksdanse en oulike folkore-speletjies. Ons slaap in ‘n lekker hotel oor.

Vintgar Gorge, Slowenië
Ljubljana, Slowenië
Dag 5: Ons Unieke toer na die Balkanlande
Dinsdag, 2 Junie 2026
- PREDJAMA, SKOCJAN & OPATIJA, SLOWENIË -
Ons ry vanoggend eers na die unieke Renaissance kasteel, Predjama, naby Ljubljana. Hierdie besonderse kasteel is in ‘n grot gebou! Hierna gaan ons van die belangrikste en mees fenominale grotte in die wêreld besigtig: die ongeskonde en beroemde Skocjan-grotte wat ook ‘n Wêrelderfenis-natuurgebied is. Hier verdwyn die Reka-rivier in die vallei en ons gaan ook al langs hierdie rivier ondergronds stap.
Ons slaap die volgende twee nagte in Opatija.
Predjama-kasteel, Slowenië
Skocjan-grotte, Slowenië
Dag 6: Ons Unieke toer na die Balkanlande
Woensdag, 3 Junie 2026
- PULA, ROVINJ & OPATIJA, KROASIË -
Na die afgelope paar dae se wonderlike natuurbelewenisse, gaan ons vandag op ‘n historiese uitstappie op die Istriaanse skiereiland. ‘n Plaaslike gids neem ons eers op ‘n baie interessante stadbesigtigingstoer in die ou (Romeinse) stad Pula met sy besonderse antieke amfiteater – die bes behoue Romeinse amfiteater van almal in Europa. Hierna ry ons terug na Rovinj waar ons die res van die dag gaan deurbring.
Ons vertrek dan weer na Opatija, waar ons weer vannag oorbly.
Pula Amfiteater, Kroasië
Dag 7: Ons Unieke toer na die Balkanlande
Donderdag, 4 Junie 2026
- PLITVICE NASIONALE PARK, KROASIË -
Ons vertrek vroegoggend na die beroemde Plitvice Nasionale Park – een van die allermooiste natuurgebiede in Europa! Hier is sestien mere, ontelbare watervalle en strome water, en ongeskonde, groen natuurskoon so ver as wat jy kan sien! Ons spandeer die res van die dag hier (o.l.v. ‘n plaaslike gids) en hou piekniek langs een van die mere – dis ‘n onbeskryflike belewenis! Ons vaar ook met die elektriese (geluidlose) boot op een van die mere.
Na hierdie vyfsterdag, ry ons per bus na ons hotel net buite die Plitvice Nasionale Park.
Plitvice Nasionale Park, Kroasië
Dag 8: Ons Unieke toer na die Balkanlande
Vrydag, 5 Junie 2026
- ZADAR, TROGIR & SPLIT, KROASIË -
Vandag begin ons antieke stadjies in Kroasië besoek. Eers ry ons na die antieke stad Zadar en onderneem ‘n stadbesigtigingstoer onder leiding van ‘n plaaslike gids. Die volgende antieke dorpie wat ons besoek, is Trogir. Hierdie dorpie is tussen die 13de en 15de eeu gebou. Dit is vandag ook ‘n Wêrelderfenisgebied.
Hierna ry ons na Split – die tweede grootste stad in Kroasië. Ons ry direk na ons luukse viersterhotel buite Split waar ons vanaand oornag. Na ‘n smaaklike aandete gaan ons nog vir ‘n wyle per bus na die ou stad. Dis ‘n onvergeetlike ervaring om die ou paleis so verlig in die aand te beleef!
Zadar, Kroasië
Trogir, Kroasië
Dag 9: Ons Unieke toer na die Balkanlande
Saterdag, 6 Junie 2026
- SPLIT, DUBROVNIK & STON, KROASIË -
Vanoggend onderneem ons ‘n stadsbesigtigingstoer van Split se interessante ou stad onder leiding van ‘n plaaslike Engelssprekende gids. In Split is die besonderse paleis van Keiser Diocletianus, wat uit die vierde eeu behoue gebly het. Na afloop van die toer het ons vrye tyd om hier deur te bring. In die antieke paleis sing ‘n bedrewe Klapa-mannekoortjie in die mooiste akoestiese ruimte!
Na ons heerlike besoek aan Split, vertrek ons na Dubrovnik, en op pad besoek ons die stadjie, Ston, met sy indrukwekkende, antieke stadsmuur. In Dubrovnik gaan ons die volgende twee nagte in ‘n pragtige hotel langs die see oorbly. Daar is onder andere ‘n pragtige swembad, en as jy verkies, kan jy ook in die see swem.

Split, Kroasië
Dag 10: Ons Unieke toer na die Balkanlande
Sondag, 7 Junie 2026
- DUBROVNIK, KROASIË -
Ons begin die dag met ‘n interessante stadsbesigtigingstoer van Dubrovnik te voet, onder leiding van ‘n plaaslike gids. Na die besigtigingstoer het toerlede vrye tyd om die stad op hulle eie te verken. Ons gee vandag aan elke toerlid ‘n subsidie van 70 kuna, wat jy bv. kan gebruik om op die stadsmure te gaan loop of om met die kabelkar teen die berg op te ry. Bo-op die berg het mens ‘n wonderlike uitsig oor die stad en die Adriatiese kus. Die stappers onder ons kan hier ook op die rand van die berg ‘n hele ent gaan stap en die asemrowende natuurtonele indrink. (Bo-op die berg is ‘n restaurant waar mens kan ontspan en ‘n drankie geniet.)
Ons ontmoet mekaar vanmiddag by die ou hawe en onderneem almal saam ‘n gesellige bootvaart op die see. Hierna neem die bus ons na ons hotel. Vanaand ry ons na ‘n ongerepte plasie waar ons ‘n baie besonderse, en beslis onvergeetlike, aand met die heerlikste eg Kroatiese kos, wyn en Klapa-musikante uit die boonste rakke geniet!
Ons slaap vanaand weer in dieselfde hotel.
Dubrovnik, Kroasië
Dag 11: Ons Unieke toer na die Balkanlande
Maandag, 8 Junie 2026
- KOTORBAAI & BUDVA, MONTENEGRO -
Ons vat vandag die pad Montenegro toe en ons ry na Kotorbaai. Ons vertrek dan na die ou stad van Budva, waar ons die res van die dag spandeer.
Vanaand oornag ons naby Budva in ‘n gesellige viersterhotel.
Kotorbaai, Montenegro
Budva, Montenegro
Dag 12: Ons Unieke toer na die Balkanlande
Dinsdag, 9 Junie 2026
- SVETI STEFAN, VIRPAZAR, SKADARMEER, MONTENEGRO & MOSTAR, BOSNIË & HERZEGOWINA -
Vanoggend gaan ons eers mooi foto’s neem by die beroemde eilandjie Sveti Stefan waar Novak Djokovic en sy bruid getrou het. Ons ry dan na die Skadarmeer waar ons ‘n bootvaart onderneem. Ons vaar deur ‘n groot gedeelte van die meer in die Skadarmeer Nasionale Park.
Na ons bootvaart kuier ons gesellig saam in ‘n buitelugrestaurant in Virpazar en geniet daar middagete. Ons ry met ons bus verder na die die mooi stad Mostar, in Bosnië & Herzegowina. Ons bly vannag hier oor in 'n viersterhotel - sommer stapafstand van die gewilde Mostarbrug.
Sveti Stefan, Montenegro
Skadarmeer, Montenegro
Dag 13: Ons Unieke toer na die Balkanlande
Woensdag, 10 Junie 2026
- MOSTAR & SARAJEVO, BOSNIË & HERZEGOWINA -
Ons oggend begin met 'n interessante stadsbesigtigingstoer van Mostar saam met 'n plaaslike gids. Dis hier in Mostar waar die eeue-oue Ottomaanse brug tydens die onlangse oorlog in Jugoslawië verwoes is.
Hierna het almal vrye tyd om al die winkeltjies en stalletjies te verken. (Volgens die dames is hierdie 'n heerlike plek vir inkopies!)
Teen die middag vertrek ons na die hoofstad van Bosnië & Herzegowina, Sarajevo. Vir aandete, geniet ons ‘n tipiese tradisionele Bosniese maaltyd.
Ons slaap in die hartjie van Sarajevo vannag.
Mostar, Bosnië & Herzegovina
Sarajevo, Bosnië & Herzegovina
Dag 14: Ons Unieke toer na die Balkanlande
Donderdag, 11 Junie 2026
- SARAJEVO, BOSNIË & HERZEGOWINA & SLAVONSKI BROD, KROASIË -
Vanoggend stap ons saam met ‘n plaaslike gids deur die ou stad van Sarajevo. Dan het almal vrye tyd om in die winkels rond te loer! Later ry ons na die aangrypende oorlogstonnel by Butmir.
Later vertrek ons na Kroasië - na die stad Slavonski Brod. In Slavonski Brod gaan ons eers oor die grens, en bly dan aan die Kroatiese kant sodat ons die volgende oggend direk na Zagreb kan vertrek.
Sarajevo, Bosnië & Herzegovina
Dag 15: Ons Unieke toer na die Balkanlande
Vrydag, 12 Junie 2026
- ZAGREB, KROASIË & OTOČEC, SLOWENIË -
Ons vertrek vanoggend na Zagreb, die hoofstad van Kroasië, waar ‘n Engelssprekende gids op ons wag om ons deur die interessante stad te neem. Hierna geniet ons vrye tyd in die stad. Ons vertrek later na Otočec in Slowenië, een uur buite Kroasië, waar ons vanaand oornag.
Vanaand eindig ons toer met 'n spesiale ete.
Zagreb, Kroasië
Otočec, Slowenië
Dag 16: Ons Unieke toer na die Balkanlande
Saterdag, 13 Junie 2026
- SAMOBOR & ZAGREB, KROASIË -
Ons besoek vanoggend eers Samobor waar ons vrye tyd in hierdie pragtige dorpie geniet. Daarna vertrek ons na Zagreb se lughawe (ZAG) en vertrek later na Suid-Afrika.Dag 17: Ons Unieke toer na die Balkanlande
Sondag, 14 Junie 2026
- JOHANNESBURG, SUID-AFRIKA -
Ons land op O.R. Tambo Lughawe, verryk deur hierdie baie besonderse belewenis van die mooiste dele van Europa!Ons toerprys is R80,000 p.p. wat deel
Enkeltoeslag: R14,000 p.p.
Teen wisselkoers van €1 = R20,50
Wil jy jou plek op hierdie toer bespreek?
Kry 'n digitale afskrif van jou paspoort en 'n informele foto gereed om te kan oplaai, vul die WinskoopToere-inskrywingsvorm hier onder in en betaal jou deposito van R6,000:
Kliek hier om te bespreek
KYK WAT IS ALLES IN ONS TOERPRYS INGESLUIT:
- Ekonomieseklas-retoervliegkaartjie van Johannesburg na Venesië en van Zagreb na Johannesburg. 'n Beperkte aantal retoervliegkaartjies vanaf Kaapstad is op aanvraag beskikbaar;
- Lughawebelasting - mag toeneem a.g.v. wisselkoersverandering (tans geen);
- Gerieflike verblyf (bed en buffetontbyt) in dubbel- of twinkamers, elk met eie badkamer, in drie- en viersterhotelle;
- Aandetes soos gemeld in ons program. Waar groepsaandetes nie voorsien word nie, gee WinskoopToere ‘n ruim kontantbydrae van €20 sodat toerlede hul eie aandete by ‘n plek van hul keuse kan geniet;
- Privaat luukse bus vir die groep (met lugverkoeling en yskas) vir die duur van die toer;
- Twee ervare toerleiers vergesel die toer en neem met kundigheid en vriendelikheid die leiding. Wees ook gerus: Daar is dus altyd ‘n ekstra persoon wat in geval van nood hulp kan verleen;
- Gekwalifiseerde Engelssprekende plaaslike gidse vir insiggewende stadstoere in Ljubljana, Zadar, Split, Pula, Dubrovnik, Mostar, Sarajevo & Zagreb - 'n fantastiese pluspunt op hierdie toer ter waarde van R1,500 per persoon;
- Die gebruik van WinskoopToere se kwaliteit radio'tjies (oudiogidse) sodat almal die gidse ewe goed kan hoor.
- Fooi vir die busbestuurder (€30).
Toegangsgelde/kostes vir die volgende uitstappies is ook by die prys ingesluit:
-
- Pletna-bootvaart op die Bledmeer;
- Bledkasteel;
- Sloweense folklore-aand met aandete, wyn en musiek, danse ens. in Ljubljana;
- Savica Waterval;
- Vintgar Gorge (indien beskikbaar);
- Predjama-kasteel;
- Skocjan-grotte;
- Pula Amfiteater;
- Die Plitvice Nasionale Park (bootvaart op die meer ingesluit) onder leiding van 'n plaaslike gids;
- Diocletianus se tempelkelder in Split;
- ‘n Subsidie van 70 Kuna tydens ons besoek aan Dubrovnik;
- Bootvaart op die see by Dubrovnik;
- Kroatiese aandete met wyn buite Dubrovnik;
- Bootvaart op die Skadarmeer;
- Middagete in Virpazar;
- 'n Tradisionele Bosniese aandete met wyn in Sarajevo;
- Oorlogstonnel in Sarajevo.
Wat is nie ingesluit nie?
- Visumkoste;
- Reisversekering (LW: Sommige reisversekeringsopsies vereis dat jy dit moet aktiveer binne 24h of 48h nadat jy jou deposito aan WinskoopToere betaal het. Tree gerus met ons in verbinding vir meer inligting.);
- Middagetes;
- Drie AA-batterye vir gebruik in die radiotjies;
- Enige ander toegangsgelde en uitstappies wat jy op jou eie onderneem – volgens jou eie voorkeur;
- Fooitjies en uitgawes van persoonlike aard.
LET WEL: GEEN ekstra betalings vir groepsaktiwiteite word in Europa van ons toerlede gevra nie.
Kliek hier om te bespreek
Kom #DroomLeefReis saam!
Toer na Europa - Ons Unieke Toer na die Balkanlande
Tree met ons in verbinding:
Ems: +27 83 637 1542
Sarisna: +27 83 637 1642
Gaan volg WinskoopToere op ons Facebook, Instagram en YouTube blaaie en sien meer oor ons toere na Europa:
Toer na Europa - Ons Unieke Toer na die Balkanlande




